Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
2022
KWAZULU-NATAL
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 365.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van
die vrae oor die teks(te) wat jy hierdie jaar bestudeer het.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Kortverhale (40)
OF
AFDELING B: Drama (40)
3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 90 minute
OF
AFDELING B: 90 minute
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
INHOUDSOPGAWE
Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Verhaal A 20 4
"Soldate in wit klere"
EN
Verhaal B 20 6
"Die twee gesinne van Lizzie Mnqebisa"
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs die EEN vraag.
2. Perdekrag 40 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
AFDELING A: KORTVERHALE
VRAAG 1: LUGSPIEËLINGS – Myicelie Pienaar
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.
Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.
VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – Hannah Bell (20)
EN
VERHAAL B: "DIE TWEE GESINNE VAN LIZZIE MNQEBISA" – Myicelie Pienaar (20)
VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – Hannah Bell
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
Terwille van veiligheid het die regering 'n reël gemaak dat geen boer alleen op 'n
plaas mag bly nie. As hy aangeval word, moes daar iemand wees wat hom kan help.
Soms het 'n bejaarde egpaar saam met so 'n boer op sy plaas gaan bly. Gelukkig het die
Koelkamers juis in daardie tyd nog 'n jong man, Nevil Horn na Wanedzi gestuur om
oom Labu met die boerdery te help. Die werk was lank reeds te veel vir een man. 5
Kort na hy by oom Labu aangekom het, het Nevil siek geword. Hy het vir dae
uitgehou, gesê hy sal self beter word, want hy het mos pille wat hy drink.
"Ek is nog pas hier," het hy vir oom Labu gesê. "Ek kan nie nou al gaan lê nie. Ek is
taai, oor 'n paar dae is ek weer piekfyn!"
Maar hy het nie beter geword nie. 10
1.1 Daar is verskillende tipes vertellers in 'n kortverhaal.
1.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie verhaal kry ons 'n (ek-verteller/derdepersoonsverteller). (1)
1.1.2 Waarom sê jy so? (1)
1.2 Watter werk het oom Labu vir die Koelkamers gedoen? (1)
1.3 Die dokter het Nevil in die hospitaal gehou, want hy was baie siek.
Wat het Nevil makeer? (1)
1.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die verhaal gebeur:
Oom Labu het lank gebid.
Oom Labu het die werk op die werf afgehandel.
Oom Labu het teruggegaan plaas toe.
Oom Labu het die deure gesluit en die ligte aangeskakel. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
1.5 In hierdie verhaal kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik.
1.5.1 Tussen wie was hierdie konflik? (1)
1.5.2 Hoekom was daar konflik? (1)
1.6 1.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie verhaal (het in die verlede gebeur/gebeur in die hede). (1)
1.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.6.1 uit die verhaal. (1)
1.7 1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
(Nevil/Oom Labu) is die karakter wat die meeste in hierdie verhaal
verander het. (1)
1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1.
Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en
hoe die karakter aan die einde anders was. (2)
1.8 1.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was (reg/verkeerd) van Nevil om so lank te wag om dokter toe
te gaan. (1)
1.8.2 Waarom sê jy so? (1)
1.9 Ons lees in die verhaal dat oom Labu 'n verkeerde keuse gemaak het.
1.9.1 Watter verkeerde keuse het oom Labu gemaak? (1)
1.9.2 As jy oom Labu was, wat sou jy eerder gedoen het? (1)
1.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.10) neer.
Die boodskap van hierdie verhaal is ...
A mense moet mekaar help.
B wonderwerke gebeur wel.
C dit is verkeerd om oorlog te maak.
D oorlog is sleg vir die land se mense. (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
VERHAAL B: "DIE TWEE GESINNE VAN LIZZIE MNQEBISA" – Myicelie Pienaar
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
"Ag nee Lizzie, wat te erg is, is te erg! Van nou af sal jy ook maar vir jou oproepe moet
opdok. Hier is oproepe van oor die R120 en dis nie myne nie. Vir wat bel jy heeldag?
G'n wonder dat jy nie deur jou werk kom nie." Estrelita is omgekrap maar haar woorde
is ernstiger as haar stem en Lizzie se geoefende ore tel dit dadelik op.
"Lyk vir my jy's lus vir 'n teetjie, ou Dâhl. Sien dit werk so, ek is mos die chair van 5
die chars se stokvel en moet die members contact."
Estrelita het al baie gewonder oor die 'ou Dâhl', maar is te skaam om te vra. Sy wil
darem nie haar naam krater maak nie. "Tee sal lekker wees, ja, maar watse stokvel is
dit?" wil sy nuuskierig weet.
"Ons sit elkeen R30 die maand in die kitty ..." 10
1.11 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal.
1.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die hoofkarakter is hierdie verhaal is (Estrelita/Lizzie). (1)
1.11.2 Waarom sê jy so? (1)
1.12 Waar het Lizzy haar aftreehuis gebou? (1)
1.13 Wat het Beate vir Lizzy van Grahamstad af gebring? (1)
1.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.
Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.14.1 Beate A ... het probeer om almal gelukkig te hou.
1.14.2 Tanya B ... kon baie goed organiseer.
1.14.3 Estrelita C ... was 'n rebelse persoon.
1.14.4 Lizzie D ... was 'n lieftallige persoon.
E ... was 'n bitsige persoon.
(4 x 1) (4)
1.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.
Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
figuurlik is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
1.16 1.16.1 Waar speel die uittreksel af? (1)
1.16.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1)
1.17 1.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Lizzie hou daarvan om (reëls te gehoorsaam/dinge te doen soos sy
wil). (1)
1.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1 met TWEE feite uit die
verhaal. (2)
1.18 Lizzie was kwaad omdat sy minder tyd vir haar committee gehad het.
1.18.1 Waarom het die verhaal vir Joseph en Princess gelukkig geëindig? (1)
1.18.2 Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat dit nog beter vir Joseph
en Princess was? (1)
1.19 Ná die vakansie was Estrelita in die moeilikheid by Lizzie.
1.9.1 Wat het Estrelita verkeerd gedoen? (1)
1.9.2 As jy Estrelita was, wat sou jy eerder gedoen het? (1)
1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.20) neer.
Die tema van hierdie verhaal is ...
A armoede.
B frustrasie.
C vakansieplanne.
D gesinsverhoudings. (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS C
WILMA: (Waarskuwend.) Ek wag vir jou.
LUCKY: (Klik vererg met sy tong.) Ek wil net gou 'n paar SMS'e stuur. (Hy bly besig
met die selfoon.)
WILMA: (Kwaai.) En ek sê nee. Sit dit weg. Nou.
LUCKY: (Sug oordrewe.) No sweat. Jy kan relax. (Hy druk die selfoon in sy jeans 5
se agtersak.)
WILMA: Daarso. (Wilma beduie weer na die stoorkamer en wag terwyl Lucky sy
sak ingooi en dan skoorvoetend naderkom.)
Jy gaan hier by die stalle werk.
(Wilma kry 'n hooivurk en hou dit na Lucky uit. Lucky maak asof hy nie die 10
vurk in Wilma se hand sien nie en stap na Binki. Hy vat die bottel met
leerolie uit haar hand. Hy ruik daaraan en trek 'n suur gesig.)
LUCKY: Dit stink soos vrot voete.
(Hy vat die lap uit Binki se hand asof hy by haar gaan oorneem.)
2.1 'n Drama het spesifieke kenmerke.
2.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Reël 10–12 is (dialoog/toneelaanwysings). (1)
2.1.2 Wat is die doel hiervan? (1)
2.2 Noem EEN van die werkies wat Lucky by die stalle moes doen. (1)
2.3 Waaraan het Binki leerolie gesmeer? (1)
2.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die drama gebeur:
Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen.
Lucky het iemand se katjies doodgemaak.
Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan.
Lucky ontmoet vir Binki. (4)
2.5 2.5.1 Op watter perdeplaas speel hierdie drama af? (1)
2.5.2 Watter woord in reël 8 sê vir ons dat Lucky nie wil saamwerk nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
2.6 2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie drama is (modern/outyds). (1)
2.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel
aanhaal. (1)
2.7 2.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Wilma is 'n persoon wat (nie simpatie met ander mense het nie/
omgee vir ander mense). (1)
2.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1 met TWEE feite/bewyse uit
die drama. (2)
2.8 2.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was (verkeerd/reg) dat Lucky gemeenskapsdiens moes doen. (1)
2.8.2 Waarom sê jy so? (1)
2.9 Ons lees in die uittreksel dat Lucky besig is om Wilma kwaad te maak.
2.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het? (1)
2.9.2 Hoe sou hierdie raad Lucky gehelp het? (1)
2.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.10) neer.
Die tema van hierdie drama is ...
A familieverhoudings.
B dieremishandeling.
C vriendskap.
D genesing. (1)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
LUCKY: Hei, jy sal maak soos ek sê. Kom hier!
(Kaizer bly staan. Lucky stap nader aan Kaizer en lig die karwats. Die
oomblik toe hy vorentoe tree om Kaizer oor die neus te slaan, ruk Kaizer
sy kop op en stamp Lucky terug. Lucky struikel agteroor en val in die hoop
strooi. Kaizer runnik kwaai en trippel dreigend rondom en bo-oor Lucky. 5
Lucky skuifel verskrik weg en Kaizer keer hom teen die staldeur vas.
Lucky hou sy kop vas en skree bang.)
Nee! Moenie! Asseblief! Moenie! Asseblieeeef!
(Kaizer staan stil en Lucky kruip weg. As hy voel dat hy veilig is, laat hy sy
kop in sy hande sak en begin te snik van pure skok. Kaizer staan rustig 10
eenkant en snuffel deur die hooi.)
Ek is so verskriklik verskriklik jammer jammer jammer.
(Hy kyk pleitend na Kaizer.)
Binki sê julle perde verstaan beter as mense. Asseblief, vergewe my.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
2.11 Daar is verskillende karakters in 'n drama.
2.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die hoofkarakter in hierdie drama is (Wilma/Lucky). (1)
2.11.2 Waarom sê jy so? (1)
2.12 Wat het Lucky ná die konfrontasie in die stal vir Kaizer gegee? (1)
2.13 Kaizer is een van die perde op die perdeplaas.
Noem EEN van die ander perde se naam. (1)
2.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.
Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.14.1 Lucky A ... het nie maklik met ander mense
gepraat nie.
2.14.2 Binki
B ... het geweet hoe om met perde te
2.14.3 Sabrina werk.
2.14.4 Wilma C ... het in ander mense se huise gewerk.
D ... het nie van ryk mense gehou nie.
E ... het baie keer oorsee gereis.
(4 x 1) (4)
2.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.
Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
figuurlik is. (2)
2.16 In hierdie uittreksel kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik tussen Lucky en
Kaizer.
2.16.1 Wat het Lucky gedoen? (1)
2.16.2 Wat het Kaizer gedoen? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2022
SS/NSS (KwaZulu-Natal)
2.17 2.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
(Sabrina/Binki) is die karakter wat die meeste in hierdie drama
verander het. (1)
2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1.
Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en
hoe die karakter aan die einde anders was. (2)
2.18 Aan die einde van die drama loop Lucky en die perde saam in 'n sirkel.
2.18.1 Waarom het die drama vir Lucky gelukkig geëindig? (1)
2.18.2 Hoe sou jy die drama laat eindig het sodat dinge vir Lucky nog
beter sou wees? (1)
2.19 Binki het haar letsels weggesteek.
2.19.1 Verduidelik wat jy ANDERS sou doen as jy letsels gehad het. (1)
2.19.2 Hoe sou dit wat jy sou doen, jou lewe makliker gemaak het? (1)
2.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.20) neer.
'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat jy ...
A jou vriende goed moet kies.
B vir alle diere lief moet wees.
C die beste van jou omstandighede moet maak.
D die werk wat jy kry om te doen, goed moet doen. (1)
TOTAAL AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum