You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans SAL P2 May-June 2022 Limpopo_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans SalGrade 12202211 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 2022 LIMPOPO PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die vrae oor die teks(te) wat jy hierdie jaar bestudeer het. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) OF AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Verhaal A 20 4 "Koning Leeu se geskenke" EN Verhaal B 20 6 "Die stem van 'n kind" OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. 2. Perdekrag 40 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) AFDELING A: KORTVERHALE VRAAG 1: BLADSAK – Lucas Malan Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "KONING LEEU SE GESKENKE" – Pieter W Grobbelaar (20) EN VERHAAL B: "DIE STEM VAN 'N KIND" – Pieter Pieterse (20) VERHAAL A: "KONING LEEU SE GESKENKE" – Pieter W Grobbelaar Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A Seekoei sit glad met vier slagtande opgeskeep, en Slang kry per ongeluk Leeu se eie kalbas veldmedisyne wat hy by 'n Boesman gesteel het. Hy slaan alles sommer met een sluk weg. Die goed begin gis, en hy wil net spu; die goed trek gif, en hy wil net byt. "Kap sy bene af!" skree koning Leeu, maar dit help nie. Slang is nou so malkop dat 5 hy sommer op sy maag wegseil, en vandag nog byt hy wat voorkom, en sy gif is nou eers gevaarlik. Muishond kry weer vrou Leeu se laventelpotjie in die hande, en hy smyt die hele spul op hom uit. Sie, toe ruik dit darem aardig. Die diere druk neus toe en gryp in die bondel: horings en hoef en waaierstert. Toe maak hulle dat hulle wegkom. 10 "Wat van ons?" skree Wolf en Jakkals wat nog niks het nie omdat hulle te uitsoekerig was. 1.1 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal. 1.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die hoofkarakter in hierdie verhaal is (Renoster/Koning Leeu). (1) 1.1.2 Waarom sê jy so? (1) 1.2 Wie het NIE Koning Leeu se partytjie bygewoon NIE? (1) 1.3 Wat het die diere by die partytjie geëet? (1) 1.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur:  Die diere het gedans en gesing.  Padda het gaan swem en was later in die knyp.  Koning Leeu het vir al die diere geskenke uitgedeel.  Koning Leeu het al die diere na die partytjie toe genooi. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) 1.5 In hierdie uittreksel kry ons voorbeelde van uiterlike konflik. 1.5.1 Tussen wie was hierdie konflik? (1) 1.5.2 Hoekom was daar konflik? (1) 1.6 1.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die verhaal is 'n (moderne/outydse) verhaal. (1) 1.6.2 Haal aan uit die uittreksel om jou antwoord te motiveer. (1) 1.7 1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. In hierdie verhaal het Koei gewys dat sy daarvan gehou het om (anders te wees/soos al die ander diere te lyk). (1) 1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1 met TWEE feite uit die verhaal. (2) 1.8 1.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit was (regverdig/onregverdig) van Koning Leeu om vir Boerbok se vrou 'n baard te gee. (1) 1.8.2 Waarom sê jy so? (1) 1.9 Aan die einde van die verhaal lees ons dat Padda in die moeilikheid was. 1.9.1 In watter moeilikheid was Padda? (1) 1.9.2 As jy Padda was, wat sou jy eerder gedoen het? (1) 1.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.10) neer. Die tema van hierdie verhaal is 'n mens moet ... A 'n leier wees. B vriendelik wees. C goeie maniere hê. D waardeer wat jy het. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) VERHAAL B: "DIE STEM VAN 'N KIND" – Pieter Pieterse Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B Maar vanaand is dit anders. Toe die kinders, voor dit té donker word vir speel, bymekaarkom om die ou man met die blouwit baard en die krom skouers te gaan uitkoggel, is Molaeledi nie tussen hulle nie. Hy staan nog in die oopte laer af langs die rivier waarvandaan hy oor die water geroep het, asof hy miskien wens dat daar nóg iemand sal kom met 'n boodskap wat hy oor die water kan stuur. 5 Hy hoor die kinders tussen die papajabome deurkom, en deur die lande waar die mielies en die pampoene en die boontjies geplant is, al met die rivier af op pad na Morobula. Ineens stoot daar 'n gevoel in hom op wat hy nie ken nie en wat nie vir hom 'n goeie gevoel is nie. Dit is 'n warmte wat hom wil versmoor. Nog warmer as die naglug is dit, nog warmer as die hittegolwe wat gedurende die warmste dag van die 10 somer van die heuwels in die suide af opslaan 1.11 Daar is verskillende tipes vertellers in 'n kortverhaal. 1.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. In hierdie verhaal kry ons 'n (ek-verteller/derdepersoonsverteller). (1) 1.11.2 Waarom sê jy so? (1) 1.12 Waaraan het Morobula jare lank gewerk? (1) 1.13 Waarom het die kinders Morobula gespot? (1) 1.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen. Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.14.1 Mamaropeni A ... het op die myne gaan werk. 1.14.2 Molaeledi B ... het tot laat in die nag gehuil. 1.14.3 Morobula C ... het duidelike boodskappe gestuur. 1.14.4 Mokgadi D ... het 'n boodskap gekry. E ... was die enigste een wat kon lees. (4 x 1) (4) 1.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel figuurlik is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) 1.16 1.16.1 Waar speel hierdie verhaal af? (1) 1.16.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1) 1.17 1.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (Molaeledi/Morobula) is die karakter wat die meeste in hierdie verhaal verander het. (1) 1.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1. Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en hoe die karakter aan die einde anders was. (2) 1.18 Molaeledi het die hele nag naby Mokgadi gebly. 1.18.1 Waarom het die verhaal vir Molaeledi gelukkig geëindig? (1) 1.18.2 Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat dit nog beter vir Molaeledi was? (1) 1.19 Molaeledi het iets verkeerds gedoen in sy optrede teenoor die ander kinders. 1.19.1 Wat het Molaeledi verkeerd gedoen? (1) 1.19.2 As jy Molaeledi was, wat sou jy eerder gedoen het? (1) 1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer. Die boodskap van hierdie verhaal is ... A kinders moet ouer mense respekteer. B 'n mens moet verantwoordelik optree. C kinders moenie in die nag rondloop nie. D 'n mens moet aanvaar dat grootword verandering bring. (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) AFDELING B: DRAMA VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C WILMA: (Waarskuwend.) Ek wag vir jou. LUCKY: (Klik vererg met sy tong.) Ek wil net gou 'n paar SMS'e stuur. (Hy bly besig met die selfoon.) WILMA: (Kwaai.) En ek sê nee. Sit dit weg. Nou. LUCKY: (Sug oordrewe.) No sweat. Jy kan relax. (Hy druk die selfoon in sy jeans 5 se agtersak.) WILMA: Daarso. (Wilma beduie weer na die stoorkamer en wag terwyl Lucky sy sak ingooi en dan skoorvoetend naderkom.) Jy gaan hier by die stalle werk. (Wilma kry 'n hooivurk en hou dit na Lucky uit. Lucky maak asof hy nie die 10 vurk in Wilma se hand sien nie en stap na Binki. Hy vat die bottel met leerolie uit haar hand. Hy ruik daaraan en trek 'n suur gesig.) LUCKY: Dit stink soos vrot voete. (Hy vat die lap uit Binki se hand asof hy by haar gaan oorneem.) 2.1 'n Drama het spesifieke kenmerke. 2.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Reël 10–12 is (dialoog/toneelaanwysings). (1) 2.1.2 Wat is die doel hiervan? (1) 2.2 Noem EEN van die werkies wat Lucky by die stalle moes doen. (1) 2.3 Waaraan het Binki leerolie gesmeer? (1) 2.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur:  Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen.  Lucky het iemand se katjies doodgemaak.  Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan.  Lucky ontmoet vir Binki. (4) 2.5 2.5.1 Op watter perdeplaas speel hierdie drama af? (1) 2.5.2 Watter woord in reël 8 sê vir ons dat Lucky nie wil saamwerk nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) 2.6 2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie drama is (modern/outyds). (1) 2.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel aanhaal. (1) 2.7 2.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Wilma is 'n persoon wat (nie simpatie met ander mense het nie/ omgee vir ander mense). (1) 2.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1 met TWEE feite/bewyse uit die drama. (2) 2.8 2.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit was (verkeerd/reg) dat Lucky gemeenskapsdiens moes doen. (1) 2.8.2 Waarom sê jy so? (1) 2.9 Ons lees in die uittreksel dat Lucky besig is om Wilma kwaad te maak. 2.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het? (1) 2.9.2 Hoe sou hierdie raad Lucky gehelp het? (1) 2.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.10) neer. Die tema van hierdie drama is ... A familieverhoudings. B dieremishandeling. C vriendskap. D genesing. (1) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D LUCKY: Hei, jy sal maak soos ek sê. Kom hier! (Kaizer bly staan. Lucky stap nader aan Kaizer en lig die karwats. Die oomblik toe hy vorentoe tree om Kaizer oor die neus te slaan, ruk Kaizer sy kop op en stamp Lucky terug. Lucky struikel agteroor en val in die hoop strooi. Kaizer runnik kwaai en trippel dreigend rondom en bo-oor Lucky. 5 Lucky skuifel verskrik weg en Kaizer keer hom teen die staldeur vas. Lucky hou sy kop vas en skree bang.) Nee! Moenie! Asseblief! Moenie! Asseblieeeef! (Kaizer staan stil en Lucky kruip weg. As hy voel dat hy veilig is, laat hy sy kop in sy hande sak en begin te snik van pure skok. Kaizer staan rustig 10 eenkant en snuffel deur die hooi.) Ek is so verskriklik verskriklik jammer jammer jammer. (Hy kyk pleitend na Kaizer.) Binki sê julle perde verstaan beter as mense. Asseblief, vergewe my. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) 2.11 Daar is verskillende karakters in 'n drama. 2.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die hoofkarakter in hierdie drama is (Wilma/Lucky). (1) 2.11.2 Waarom sê jy so? (1) 2.12 Wat het Lucky ná die konfrontasie in die stal vir Kaizer gegee? (1) 2.13 Kaizer is een van die perde op die perdeplaas. Noem EEN van die ander perde se naam. (1) 2.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen. Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.14.1 Lucky A ... het nie maklik met ander mense gepraat nie. 2.14.2 Binki B ... het geweet hoe om met perde te 2.14.3 Sabrina werk. 2.14.4 Wilma C ... het in ander mense se huise gewerk. D ... het nie van ryk mense gehou nie. E ... het baie keer oorsee gereis. (4 x 1) (4) 2.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. (2) Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel figuurlik is. 2.16 In hierdie uittreksel kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik tussen Lucky en Kaizer. 2.16.1 Wat het Lucky gedoen? (1) 2.16.2 Wat het Kaizer gedoen? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2022 SS/NSS (Limpopo) 2.17 2.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (Sabrina/Binki) is die karakter wat die meeste in hierdie drama verander het. (1) 2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1. Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en hoe die karakter aan die einde anders was. (2) 2.18 Aan die einde van die drama loop Lucky en die perde saam in 'n sirkel. 2.18.1 Waarom het die drama vir Lucky gelukkig geëindig? (1) 2.18.2 Hoe sou jy die drama laat eindig het sodat dinge vir Lucky nog beter sou wees? (1) 2.19 Binki het haar letsels weggesteek. 2.19.1 Verduidelik wat jy ANDERS sou doen as jy letsels gehad het. (1) 2.19.2 Hoe sou dit wat jy sou doen, jou lewe makliker gemaak het? (1) 2.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.20) neer. 'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat jy ... A jou vriende goed moet kies. B vir alle diere lief moet wees. C die beste van jou omstandighede moet maak. D die werk wat jy kry om te doen, goed moet doen. (1) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Sal

Explore more published documents in this catalogue.

View all