Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
2022
WES-KAAP
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 363.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van
die vrae oor die teks(te) wat jy hierdie jaar bestudeer het.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Kortverhale (40)
OF
AFDELING B: Drama (40)
3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 90 minute
OF
AFDELING B: 90 minute
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
INHOUDSOPGAWE
Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Verhaal A 20 4
"Potyster sweis nie"
EN
Verhaal B 20 6
"Om laaste te kan lag"
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs die EEN vraag.
2. Perdekrag 40 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
AFDELING A: KORTVERHALE
VRAAG 1: FEESMAAL – EA Swanepoel
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.
Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale.
VERHAAL A: "POTYSTER SWEIS NIE" – PG du Plessis (20)
EN
VERHAAL B: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard (20)
VERHAAL A: "POTYSTER SWEIS NIE" – PG du Plessis
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
Die seun kyk my 'n oomblik aan en begin wegstap.
Die Portugees praat hom agterna: Hy kan nie aanhou om uit jammerte vir mense te
sorg net omdat die pa weggeloop het nie.
Dit was stomp van my om die seun agterna te ry – waar hy langs die pad loop met
'n stywe seunsrug wat weier om iets te wys. 5
Ek het vir hom gesê ek wil hom iets gee vir die geselskap, maar hy het die
tienrandnoot een keer aangekyk, sy kop vorentoe gedraai en nie weer na my gekyk
nie.
1.1 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal.
1.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die hoofkarakter in hierdie verhaal is die (skoolseun/verteller). (1)
1.1.2 Waarom sê jy so? (1)
1.2 Wat het die verteller by die skrootwerf gekoop? (1)
1.3 Hoe het die verteller geweet dat die seun wat staan en duimgooi nog op skool
was? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
1.4 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.
Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Die skoolseun A ... het baie keer nie gaan werk nie.
1.4.2 Die verteller B ... het baie leuens vertel.
1.4.3 Die Portugees C ... het gereeld tennis gespeel.
1.4.4 Die seun se ma D ... was moeg vir die siekspelery.
E ... was op pad plaas toe.
(4 x 1) (4)
1.5 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.
Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
figuurlik is. (2)
1.6 Die titel van hierdie verhaal is "Potyster sweis nie".
1.6.1 Waar speel die verhaal af? (1)
1.6.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1)
1.7 1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie verhaal het die verteller gewys dat hy vir ander mense
(omgegee het/nie omgegee het nie). (1)
1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1 met TWEE feite uit die
verhaal. (2)
1.8 Aan die einde van die verhaal het die seun weggestap van die verteller.
1.8.1 Waarom het die verhaal vir die skoolseun ongelukkig geëindig? (1)
1.8.2 Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat die skoolseun gelukkig
kon wees? (1)
1.9 Die seun het iets verkeerds gedoen.
1.9.1 Wat het die seun verkeerd gedoen? (1)
1.9.2 As jy die seun was, wat sou jy eerder gedoen het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
1.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.10) neer.
Die tema van hierdie verhaal is ...
A eerlikheid.
B vriendskap.
C goeie keuses.
D slegte gewoontes. (1)
EN
VERHAAL B: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
My mense is doodgewone mense. Elkeen met sy ambag of sy lappie aarde. Harde
werkers, al sê ek dit nou self. En geen muisneste nie.
Aardse mense is hulle. Prakties en nugter en pligsgetrou en sonder fieterjasies. Jy
doen 'n ding só en nooit anders nie. Reg is reg en verkeerd bly nou eenmaal verkeerd.
Jy doen jou werk, trou, sorg vir jou gesin, word diaken of ouderling, gaan kuier 5
Sondagmiddag, bepaal jou by jou sake. Jy is so gemaak en so laat staan en so hoort
dit ook. Die lewe is doodmaklik.
Net oom Apie was anders.
Om mee te begin, het hy nooit getrou nie. Daar was 'n storie wat niemand my
destyds wou vertel nie. Ek moes dus aflei dis nie 'n storie vir kinders nie. Maar 10
'n woord hier en 'n woord daar het my laat glo die storie het te make met een van
oom Apie se jeugliefdes.
1.11 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal.
1.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die hoofkarakter in hierdie verhaal is (oom Apie/die verteller). (1)
1.11.2 Waarom sê jy so? (1)
1.12 Oom Apie was anders as die res van sy familie, want hy het nooit getrou nie.
Gee EEN rede waarom oom Apie nooit getrou het nie. (1)
1.13 Wat het oom Apie saam met hom gedra as hy van huis tot huis geloop het? (1)
1.14 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die verhaal gebeur:
Oom Apie se jeugliefde wou met hom trou.
Oom Apie se jeugliefde se man het doodgegaan.
Oom Apie het gesterf en so is sy probleem opgelos.
Oom Apie wou nie trou nie en het advies gaan vra. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
1.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.
Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
figuurlik is. (2)
1.16 Die titel van die verhaal is "Om laaste te kan lag".
1.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie verhaal speel in 'n (landelike/stedelike) omgewing af. (1)
1.16.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1)
1.17 1.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Ons leer oom Apie ken as 'n (skelm/vriendelike) mens. (1)
1.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1 met TWEE feite uit die
verhaal. (2)
1.18 1.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was (reg/verkeerd) van die grootmense om die kinders soms uit
die geselskap te stuur as oom Apie grappe vertel het. (1)
1.18.2 Waarom sê jy so? (1)
1.19 Oom Apie was aan die einde van die verhaal in die moeilikheid.
1.19.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het om uit die moeilikheid te
kom? (1)
1.19.2 Hoe sou hierdie raad vir oom Apie uit dié moeilikheid kry? (1)
1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.20) neer.
Die tema van hierdie verhaal is ...
A familiebande.
B geldgierigheid.
C liefdesverhoudings.
D verantwoordelikheid. (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
AFDELING B: DRAMA
VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag.
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS C
WILMA: (Waarskuwend.) Ek wag vir jou.
LUCKY: (Klik vererg met sy tong.) Ek wil net gou 'n paar SMS'e stuur. (Hy bly besig
met die selfoon.)
WILMA: (Kwaai.) En ek sê nee. Sit dit weg. Nou.
LUCKY: (Sug oordrewe.) No sweat. Jy kan relax. (Hy druk die selfoon in sy jeans 5
se agtersak.)
WILMA: Daarso. (Wilma beduie weer na die stoorkamer en wag terwyl Lucky sy
sak ingooi en dan skoorvoetend naderkom.)
Jy gaan hier by die stalle werk.
(Wilma kry 'n hooivurk en hou dit na Lucky uit. Lucky maak asof hy nie die 10
vurk in Wilma se hand sien nie en stap na Binki. Hy vat die bottel met
leerolie uit haar hand. Hy ruik daaraan en trek 'n suur gesig.)
LUCKY: Dit stink soos vrot voete.
(Hy vat die lap uit Binki se hand asof hy by haar gaan oorneem.)
2.1 'n Drama het spesifieke kenmerke.
2.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Reël 10–12 is (dialoog/toneelaanwysings). (1)
2.1.2 Wat is die doel hiervan? (1)
2.2 Noem EEN van die werkies wat Lucky by die stalle moes doen. (1)
2.3 Waaraan het Binki leerolie gesmeer? (1)
2.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die drama gebeur:
Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen.
Lucky het iemand se katjies doodgemaak.
Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan.
Lucky ontmoet vir Binki. (4)
2.5 2.5.1 Op watter perdeplaas speel hierdie drama af? (1)
2.5.2 Watter woord in reël 8 sê vir ons dat Lucky nie wil saamwerk nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
2.6 2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie drama is (modern/outyds). (1)
2.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel
aanhaal. (1)
2.7 2.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Wilma is 'n persoon wat (nie simpatie met ander mense het nie/
omgee vir ander mense). (1)
2.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1 met TWEE feite/bewyse uit
die drama. (2)
2.8 2.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Dit was (verkeerd/reg) dat Lucky gemeenskapsdiens moes doen. (1)
2.8.2 Waarom sê jy so? (1)
2.9 Ons lees in die uittreksel dat Lucky besig is om Wilma kwaad te maak.
2.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het? (1)
2.9.2 Hoe sou hierdie raad Lucky gehelp het? (1)
2.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.10) neer.
Die tema van hierdie drama is ...
A familieverhoudings.
B dieremishandeling.
C vriendskap.
D genesing. (1)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
LUCKY: Hei, jy sal maak soos ek sê. Kom hier!
(Kaizer bly staan. Lucky stap nader aan Kaizer en lig die karwats. Die
oomblik toe hy vorentoe tree om Kaizer oor die neus te slaan, ruk Kaizer
sy kop op en stamp Lucky terug. Lucky struikel agteroor en val in die hoop
strooi. Kaizer runnik kwaai en trippel dreigend rondom en bo-oor Lucky. 5
Lucky skuifel verskrik weg en Kaizer keer hom teen die staldeur vas.
Lucky hou sy kop vas en skree bang.)
Nee! Moenie! Asseblief! Moenie! Asseblieeeef!
(Kaizer staan stil en Lucky kruip weg. As hy voel dat hy veilig is, laat hy sy
kop in sy hande sak en begin te snik van pure skok. Kaizer staan rustig 10
eenkant en snuffel deur die hooi.)
Ek is so verskriklik verskriklik jammer jammer jammer.
(Hy kyk pleitend na Kaizer.)
Binki sê julle perde verstaan beter as mense. Asseblief, vergewe my.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
2.11 Daar is verskillende karakters in 'n drama.
2.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die hoofkarakter in hierdie drama is (Wilma/Lucky). (1)
2.11.2 Waarom sê jy so? (1)
2.12 Wat het Lucky ná die konfrontasie in die stal vir Kaizer gegee? (1)
2.13 Kaizer is een van die perde op die perdeplaas.
Noem EEN van die ander perde se naam. (1)
2.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen.
Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.14.1 Lucky A ... het nie maklik met ander mense
gepraat nie.
2.14.2 Binki
B ... het geweet hoe om met perde te
2.14.3 Sabrina werk.
2.14.4 Wilma C ... het in ander mense se huise gewerk.
D ... het nie van ryk mense gehou nie.
E ... het baie keer oorsee gereis.
(4 x 1) (4)
2.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees.
Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel
figuurlik is. (2)
2.16 In hierdie uittreksel kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik tussen Lucky en
Kaizer.
2.16.1 Wat het Lucky gedoen? (1)
2.16.2 Wat het Kaizer gedoen? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2022
SS/NSS (Wes-Kaap)
2.17 2.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
(Sabrina/Binki) is die karakter wat die meeste in hierdie drama
verander het. (1)
2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1.
Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en
hoe die karakter aan die einde anders was. (2)
2.18 Aan die einde van die drama loop Lucky en die perde saam in 'n sirkel.
2.18.1 Waarom het die drama vir Lucky gelukkig geëindig? (1)
2.18.2 Hoe sou jy die drama laat eindig het sodat dinge vir Lucky nog
beter sou wees? (1)
2.19 Binki het haar letsels weggesteek.
2.19.1 Verduidelik wat jy ANDERS sou doen as jy letsels gehad het. (1)
2.19.2 Hoe sou dit wat jy sou doen, jou lewe makliker gemaak het? (1)
2.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.20) neer.
'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat jy ...
A jou vriende goed moet kies.
B vir alle diere lief moet wees.
C die beste van jou omstandighede moet maak.
D die werk wat jy kry om te doen, goed moet doen. (1)
TOTAAL AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum