You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans SAL P2 May-June 2022 MG Free State_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans SalGrade 12202213 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com . SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 2022 VRYSTAAT NASIENRIGLYNE PUNTE: 40 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) NASIEN VAN DIE LETTERKUNDE 1. Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is. (Foute moet steeds aangedui word.) Waar die foute die betekenis van die woord(e) verander, word dit wel gepenaliseer. 2. Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal wat geassesseer word, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar. 3. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/ EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering/bewys moet oorweeg word. 4. Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING/LUG JOU MENING-vrae word geen punte toegeken nie. Net die rede/motivering/aanhaling word bepunt. 5. Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek, mits die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word. 6. Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien. 7. Aanvaar dialektiese variasies. 8. Aanvaar die letter en/of die korrekte antwoord wat uitgeskryf is by 'n meervoudigekeuse-vraag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) AFDELING A: KORTVERHALE VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries VRAAG ANTWOORD PUNT 1.1.1 Rooikoos Willemse 1 1.1.2  Die leser leer hom die beste ken. 1  Dit is die karakter wat die meeste verandering ondergaan.  Die verhaal gaan oor Rooikoos/wat Rooikoos doen. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.1.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.1.2 te verdien) 1.2 Barrydale 1 1.3  Sy gesig was skoon./Sy baard was afgeskeer./Hy het nie meer 1 'n baard gehad nie.  Sy kop was swart/sy kop was nie meer rooi nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.4  Die kelner het Rooikoos se koffie gebring. 1  Rooikoos het besef hy is nie in sy eie hotelkamer nie. 1  Rooikoos het sy klere aangetrek. 1  Rooikoos het met Jan gepraat. 1 1.5.1 Rooikoos en die Barrydalers 1 (albei karakters moet genoem word om die punt te verdien) 1.5.2  Rugby(spanne) 1  Rooikoos wat gevloek het/met die Barrydalers baklei het/veroorsaak het dat Barrydale nie gewen het nie. (Of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.5.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.5.2 te verdien) 1.6.1 outydse 1 1.6.2  "staan 'n telefoonhokkie"/daar word 1  "draai die slingertjie"  "die sentrale sê vir hom" (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Penaliseer nie indien dit nie tussen aanhalingstekens is nie) (Kandidate kan ook omskryf/verduidelik) (Antwoord op Vraag 1.6.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.6.2 te verdien) 1.7.1 aggressief geraak 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 1.7.2  Hy en die Barrydalers het in die kroeg rusie gemaak. 2  Hy het die Barrydalers geskel/gevloek.  Hy en die Barrydalers het amper vuisgeslaan.  Tydens die rugbywedstryd het hy op die losskakel geskreeu.  Hy het vir ander mense "julle ditse-datse"/"ditsemsedatsemse" gesê.  Daar was konflik tussen Rooikoos en die Barrydalers.  Wanneer hy nugter was, was Rooikoos 'n goeie man. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.7.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.7.2 te verdien) 1.8.1 verkeerd 1 1.8.2  Hulle het geweet Rooikoos het 'n drankprobleem. 1  Jy gee nie drank vir iemand wat 'n drankprobleem het nie.  Jy moet eerder iemand met 'n drankprobleem help om nie te drink nie.  Hulle het geweet hy raak aggressief as hy te veel drink.  Hulle moes nie sy probleem vererger het nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.8.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.8.2 te verdien) 1.9.1  Hy moet iemand vra om hom in Barrydale te kom haal. 1  Hy moet die Barrydalers om verskoning gaan vra/askies sê.  Hy moet ophou drink. (Aanvaar verbuiging van drink, bv. drank/dronk.)  Hy moet sy lewe regruk. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.9.2  Hy sou kon terug gaan na sy blyplek. 1  Hy sou vrede maak met die Barrydalers./Die Barrydalers sou hom vergewe het.  Hy sou 'n beter lewe kon hê as hy nie so baie gedrink het nie.  Hy sou nie weer in sulke situasies beland het nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.9.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.9.2 te verdien) 1.10 B/goeie keuses 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) VERHAAL B: "DIE RAMP" – TT Cloete VRAAG ANTWOORD PUNT 1.11.1 ek-verteller 1 1.11.2  Die hoofkarakter vertel self die storie. 1  Die verteller vertel wat hy self dink en doen en wat al die ander karakters doen.  Die verteller gebruik die woorde ek/ons/my. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.11.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.11.2 te verdien) 1.12  Dit was donker. 1  Die wind het gewaai.  Die pad was vol draaie en passe.  Die jongste kind het 'n hoë koors gehad.  Die verteller was bekommerd/gespanne. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.13 Die verteller het 'n (steen)bokkie gestamp/raakgery. 1 (Of soortgelyk aan bogenoemde) 1.14.1 E/moes alles alleen reël dat almal terug by die huis kon kom. 1 1.14.2 C/kon nie help om na die kinders te kyk nie. 1 1.14.3 A/was die weldoener. 1 1.14.4 D/het roekeloos en vinnig gery. 1 1.15 Letterlik: 1  Die bestuurder van die motor het 'n ongeluk gemaak/'n steenbokkie raakgery.  Die bestuurder se motor het gebreek.  Die jongste kind het koors gehad/die verteller het nie meer aspirine gehad nie.  Die weldoener se bril het gebreek.  Die weldoener het verongeluk/is dood.  Verskeie rampe het die verteller in die verhaal getref. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Kandidaat mag voorbeeld van rampe noem of 'n samevattende antwoord gee wat daarop dui dat baie rampe gebeur het) Figuurlik: 1  Iemand wat probeer help het, het gesterf.  Daar is baie uitdagings/hindernisse op 'n mens se lewenspad. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.16.1 Port Elizabeth 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 1.16.2  Tragies. 1  Hartseer.  Rampspoedig. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.17.1 verteller 1 1.17.2 Aan die begin vertel die verteller van die een ramp na die ander 1 asof dit die einde van die wêreld is./Die verteller was gelukkig met vakansie saam met sy gesin. (Of soortgelyk aan bogenoemde) Aan die einde van die verhaal besef die verteller hy het die grootste 1 ramp SELF veroorsaak./Die verteller het skuldig gevoel oor die weldoener se dood. (Of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.17.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.17.2 te verdien) 1.18.1  Hy het besef dat hy eintlik die weldoener se dood veroorsaak 1 het.  Hy het besef dat hy op geen manier kon vergoed vir wat die weldoener vir hom gedoen het nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.18.2 Ek sou ... 1  nie die weldoener laat sterf het nie.  dat die verteller iets doen om die weldoener se kinders te help. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1.19.1 Hy het sonder sy bril bestuur. 1 1.19.2  Ek sou gesê het dat ek nie sonder my bril kan bestuur nie. 1  Ek sou (gevra het om) saam met die verteller/die man in die insleepmotor (te) ry. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 1.19.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 1.19.2 te verdien) 1.20 C/'n mens ander mense moet help hoe en wanneer jy kan. 1 TOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) VRAAG 2: OM LAASTE TE KAN LAG – Pirow Bekker VERHAAL C: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard VRAAG ANTWOORD PUNT 2.1.1 Oom Apie 1 2.1.2  Die leser leer hom die beste ken. 1  Dit is die karakter wat die meeste verandering ondergaan.  Dis die karakter oor wie die verhaal handel. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.1.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.1.2 te verdien) 2.2  Hy het 'n liefdesteleurstelling gehad. 1  Hy wou nie verantwoordelikhede hê nie.  Daar was iemand wat hom versorg het. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.3 'n Stoel 1 2.4  Oom Apie se jeugliefde se man het doodgegaan. 1  Oom Apie se jeugliefde wou met hom trou. 1  Oom Apie wou nie trou nie en het advies gaan vra. 1  Oom Apie het gesterf en so is sy probleem opgelos. 1 2.5 Letterlik: 2  Oom Apie het altyd die laaste gelag, want hy het hom uit elke situasie gekry.  Toe oom Apie dood is, het dit gelyk asof hy lag. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) Figuurlik:  Die titel beteken eintlik dat oom Apie se dood hom "gehelp" het om sy probleem op te los.  Deur sy dood het oom Apie sy sin gekry/nie vir sy jeugliefde haar sin gegee nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.6.1 landelike 1 2.6.2 Humoristies/grappig/snaaks 1 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.7.1 vriendelike 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 2.7.2  Oom Apie het baie vriende gehad. 2  Oom Apie het mense laat lag.  Oom Apie het ander mense met sy stories vermaak.  Oom Apie het graag dinge vir ander mense gedoen. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.7.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.7.2 te verdien) 2.8.1 reg 1 2.8.2 Party van oom Apie se grappe was nie vir kinders bedoel nie. 1 (Of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.8.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.8.2 te verdien) 2.9.1  Ek sou vir hom sê hy moet trou. 1  Ek sou vir hom gesê het om vir 'n ruk lank weg te gaan uit die kontrei uit.  Ek sou vir hom gesê het dat hy met die jeugliefde moes praat. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.9.2  Dan sou die jeugliefde nie sy geheime verklap het nie. 1  Hy moes tyd gee vir die stof om te gaan lê/om homself te onttrek en na te dink.  Die jeugliefde sou dalk dan verstaan het en hom nie meer gedreig het nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.9.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.9.2 te verdien) 2.10 D/verantwoordelikheid. 1 VERHAAL D: "TANT NELIE SE VEERPLUIME" – Henriette Grové VRAAG ANTWOORD PUNT 2.11.1 Ek-verteller 1 2.11.2  Die verteller vertel self die storie. 1  Die verteller vertel wat hy self dink en doen en wat al die ander karakters doen.  Die verteller gebruik die woorde ek/ons/my. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.11.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.11.2 te verdien) 2.12 (vir) Ursula 1 2.13 (Tant Nelie se) resepteboek/veerpluimresep 1 2.14.1 C/het net aan haarself gedink. 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 2.14.2 A/sou enige iets doen om Peet gelukkig te maak. 1 2.14.3 E/het nie tyd gehad vir kinderagtigheid nie. 1 2.14.4 D/het die familieresep goed bewaar. 1 2.15.1 Kit en tant Nelie 1 (Albei karakters moet genoem word om die punt te verdien) 2.15.2  Tant Nelie was kwaad vir Peet omdat hy die resep gesteel het. 1  Peet sê vir Kit dat hy nie meer met haar gaan trou nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.15.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.15.2 te verdien) 2.16.1 outydse 1 2.16.2  "es met die koperpanne" 1  "by die agterdeur is die wateremmer"  "Ursa die kers opsteek/ek het die kers vasgehou" (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Penaliseer nie indien dit nie tussen aanhalingstekens is nie) (Kanidaat kan ook verduidelik/omskryf) (Antwoord op Vraag 2.16.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.16.2 te verdien) 2.17.1 Peet 1 2.17.2 Aan die begin ... 1  was Peet dolverlief op Kit.  wou Peet graag met Kit trou.  sou Peet enige iets vir Kit gedoen het.  het Peet gedink Kit is die mooiste. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) Aan die einde ... 1  was daar niks oor van Peet en Kit se verhouding nie.  het Peet besef dat hy lief vir Ursula was/eerder met Ursula wou trou.  het Peet besef Kit was selfsugtig/was hy kwaad vir Kit.  het Peet besef dat Ursula mooier as Kit was. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.17.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.17.2 te verdien) 2.18.1  Hy het met Ursula getrou 1  Hy was ontslae van Kit. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 2.18.2 Ek sou nie vir Peet gehelp het om die resepteboek te soek nie. 1 (Of soortgelyk aan bogenoemde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 2.19.1 Hulle het saam na die resepteboek gaan soek. 1 2.19.2  Ek sou hom nie gehelp het nie. 1  Ek sou vir hom verduidelik het waarom dit verkeerd is.  Ek sou vir tant Nelie vertel het/gevra het om die resep te deel. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.19.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.19.2 te verdien) 2.20 D/ verkeerde dinge doen sodat ander van jou hou nie. 1 TOTAAL: 40 AFDELING B: DRAMA VRAAG 3: PERDEKRAG – Cecilia du Toit VRAAG ANTWOORD PUNT 3.1.1 toneelaanwysings 1 3.1.2  Dit sê wat die akteurs moet doen. 1  Dit sê vir die leser wat op die verhoog gebeur/hoe die verhoog moet lyk. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 3.1.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 3.1.2 te verdien) 3.2  Hy moes die stalle uithark/ou strooi/gras uit die stalle haal/die 1 stalle skoonmaak.  Hy moes vars strooi in die stalle sit. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 3.3 (Aan die) saals 1 (Of soortgelyk aan bogenoemde) 3.4  Lucky het iemand se katjies doodgemaak. 1  Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen. 1  Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan. 1  Lucky ontmoet vir Binki. 1 3.5.1  Silwerkloof(stalle) 1  Wilma se perdeplaas (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 3.5.2 "skoorvoetend" 1 (Penaliseer nie indien die woord nie tussen aanhalingstekens is nie.) 3.6.1 modern 1 3.6.2  " 'n paar SMS'e stuur "/Lucky stuur SMS'e. 1  " selfoon "/Hulle gebruik selfone. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Penaliseer nie indien dit nie tussen aanhalingstekens is nie) (Antwoord op Vraag 3.6.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 3.6.2 te verdien) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 3.7.1 omgee vir ander mense 1 3.7.2  Sy het ingestem dat Lucky sy gemeenskapsdiens op die 2 perdeplaas kan doen.  Sy het haar oor Binki ontferm/vir Binki blyplek gegee/vir Binki gehelp.  Sy het gestremde kinders gehelp. (Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 2.7.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 2.7.2 te verdien) 3.8.1 reg 1 3.8.2  Lucky het diere mishandel./Hy het (ses) katjies verdrink. 1  Lucky moes leer om diere te respekteer.  Lucky moes leer om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar.  Lucky moes uit sy foute leer/leer wat is reg en verkeerd. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 3.8.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 3.8.2 te verdien) 3.9.1  Hy moet na Wilma luister/doen wat Wilma vra/gehoorsaam 1 wees.  Hy moet ordentlik met Wilma praat/Wilma respekteer/met respek met Wilma praat.  Hy moet sy houding verander. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 3.9.2  Daar sou vrede tussen hom en Wilma wees. 1  Wilma sou nie gedreig het om hom weg te stuur nie.  Dit sou Lucky se lewe makliker maak/hom help om uit die moeilikheid uit te bly. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 3.9.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 3.9.2 te verdien) 3.10 D/genesing. 1 3.11.1 Lucky 1 3.11.2  Die leser leer hom die beste ken./Hy is die meeste van die tyd 1 teenwoordig.  Dit is die karakter wat die meeste verandering ondergaan.  Die drama gaan oor Lucky. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 3.11.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 3.11.2 te verdien) 3.12 water 1 3.13  Lady Jane 1  Tinkerbelle (Enige EEN) 3.14.1 D/het nie van ryk mense gehou nie. 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 3.14.2 A/het nie maklik met ander mense gepraat nie. 1 3.14.3 E/het baie keer oorsee gereis. 1 3.14.4 B/het geweet hoe om met perde te werk. 1 3.15 Letterlik: 1 Die drama gaan oor die fisieke krag van perde. (Of soortgelyk aan bogenoemde) Figuurlik: Die drama gaan oor die genesende krag van perde. 1 (Of soortgelyk aan bogenoemde) 3.16.1  Lucky wou vir Kaizer slaan./Lucky het die karwats by Kaizer 1 gelig.  Lucky het lelik met Kaizer gepraat. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Aanvaar ook aanhalings uit die teks) 3.16.2 Kaizer het ... 1  Lucky gestamp.  Lucky teen die staldeur vasgedruk.  bo-oor Lucky getrippel.  kwaai gerunnik. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Aanvaar ook aanhalings uit die teks) 3.17.1 Binki 1 3.17.2 Aan die begin ... 1  was Binki skaam vir haar letsels.  was Binki bang vir die perde.  was Binki teruggetrokke.  was Binki nie gemaklik om oor haar lewe te praat nie.  het Binki haar ma op haar naam/Sabrina genoem. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) Aan die einde het Binki ... 1  kaalarms rondgehardloop.  saam met die perde gehardloop.  maats geword met Lucky.  vir Lucky alles vertel wat met haar gebeur het.  Sabrina ''Ma'' genoem (en nie meer op haar naam nie) (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 3.17.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 3.17.2 te verdien) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 13 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne (Vrystaat) 3.18.1  Lucky het verstaan dat ander mense ook swaarkry. 1  Hy het vrede gemaak met sy omstandighede.  Hy het vriende gemaak met Binki.  Hy het respek aangeleer vir diere/mense.  Hy het 'n beter verhouding met die perde gehad.  Hy het besef dat nie alle ryk mense varke/rotte is nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 3.18.2 Ek sou ... 1  dat Lucky se ma 'n werk kry waar sy meer geld sou kry.  dat Lucky se ma op die perdeplaas kom werk het/dat die mense van Shangri La Villas weer vir Lucky se ma werk gee.  dat Lucky naweke teen betaling by die stalle werk.  dat Lucky vakansies op die plaas werk.  Lucky toelaat om ook perd te ry. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 3.19.1 Ek sou ... 1  nie my letsels weggesteek het nie.  daaroor gepraat het indien iemand gevra het.  nie skaam gewees het nie.  die letsels aanvaar, want ek kon niks daaraan verander nie.  'n dokter vir raad gevra het. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 3.19.2  Mense sou my so aanvaar het. 1  Ek sou vriende gehad het/nie so alleen gewees het nie.  Ek sou dalk weer na 'n gewone skool toe gegaan het.  Ek sou nie bang/skaam vir ander mense gewees het nie. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) (Antwoord op Vraag 3.19.1 moet korrek wees om die punt by Vraag 3.19.2 te verdien) 3.20 C/die beste van jou omstandighede moet maak. 1 TOTAAL: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Sal

Explore more published documents in this catalogue.

View all