Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202211 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 2022 NOORDWES PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die vrae oor die teks(te) wat jy hierdie jaar bestudeer het. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) OF AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Verhaal A 20 4 "Rooikoos Willemse is soek" EN Verhaal B 20 6 "Die dag van die roos" OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. 2. Perdekrag 40 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) AFDELING A: KORTVERHALE VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20) EN VERHAAL B: "DIE DAG VAN DIE ROOS" – Jan Rabie (20) VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A ... Toe kyk hy weer in die spieël. En toe loop hy by die deur uit. Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie. Hy stap soontoe, soek in sy sakke na geld en draai die slingertjie. Hy vra die nommer van die hotel op my dorp, die sentrale sê vir hom sy sal hom sommer dadelik deurskakel, en hy bly 5 staan. Een van die skoonmakers in die hotel op my dorp gee antwoord, want die hotel se mense het Sondae altyd bietjie later geslaap. "Ja, meneer ..." Toe weet Rooikoos nie wat om te sê nie. Hy staan net en die eerste groot traan loop oor sy gladgeskeerde wange. Net voordat die man aan die ander kant weer die 10 telefoon wil neersit, toe kry Rooikoos dit oor sy hart – en oor sy lippe: 1.1 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal. 1.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die hoofkarakter in hierdie verhaal is (Jan, die skoonmaker/ Rooikoos Willemse). (1) 1.1.2 Waarom sê jy so? (1) 1.2 In watter dorp se hotel het Rooikoos die Sondagoggend wakker geword? (1) 1.3 "Toe kyk hy weer in die spieël." (Reël 1) Wat het Rooikoos in die spieël gesien? Noem EEN ding. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) 1.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur:  Rooikoos het sy klere aangetrek.  Rooikoos het met Jan gepraat.  Die kelner het Rooikoos se koffie gebring.  Rooikoos het besef hy is nie in sy eie hotelkamer nie. (4) 1.5 In hierdie verhaal kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik. 1.5.1 Tussen wie was die konflik? (1) 1.5.2 Waaroor was daar konflik? (1) 1.6 1.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die verhaal is 'n (moderne/outydse) verhaal. (1) 1.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel aanhaal. (1) 1.7 1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Wanneer Rooikoos Willemse te veel gedrink het, het hy (aggressief geraak/nie baie gepraat nie). (1) 1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1 met TWEE feite/bewyse uit die verhaal. (2) 1.8 1.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit was (reg/verkeerd) van die mense om ná die wedstryd vir Rooikoos so baie drankies te koop. (1) 1.8.2 Waarom sê jy so? (1) 1.9 Aan die einde van die verhaal was Rooikoos in die moeilikheid. 1.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het om uit die moeilikheid te kom? (1) 1.9.2 Hoe sou hierdie raad vir Rooikoos uit dié moeilikheid gekry het? (1) 1.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.10) neer. Die tema van hierdie verhaal is ... A goeie vriende. B goeie keuses. C goeie maniere. D goeie sportmanskap. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) VERHAAL B: "DIE DAG VAN DIE ROOS" – Jan Rabie Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B Toe hy sien dat die meisies aan terugkom is, het hy verbouereerd begin rondstaan in die sand. Die roosstengel het begin brand in sy beswete hand. Die stippeltjies het groter geword, en 'n lamheid en 'n skaamte het oor hom geval dat hy so daar staan. Hy het gedink hulle sal dalk lag. Skielik het hy die rooi roos regop ingedruk in die sand waar hulle verby sou kom. Hy het nog 'n oomblik daarlangs gestaan, en beangs gedink 5 dat die vriendin dalk kan meen die roos is vir haar bedoel. Haastig het hy weer gebuk en VIR ALTA in groot lomp sandletters langs die roos geskrywe, en weggespring daarvandaan en gemaak asof hy skulpe soek in die voorste branders. Hy het flarde van hul hoë sopraanstemme soos hul 'n liedjie loop en sing, bo die branders gehoor. Dit het hom benoud laat dink aan vlug, maar tog in 'n soet, verskrikte 10 bedwelming teruggehou. 1.11 Daar is verskillende tipe vertellers in 'n kortverhaal. 1.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. In hierdie verhaal kry ons 'n (ek-verteller/derdepersoonsverteller). (1) 1.11.2 Waarom sê jy so? (1) 1.12 Watter tyd van die jaar het hierdie verhaal afgespeel? (1) 1.13 Waarmee het een van die seuns vir Alta geterg? (1) 1.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen. Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.14.1 Die verliefde seun A … het vrolik op die sand gespeel. 1.14.2 Die jongklomp B … het eerste langs die roos gebuk. 1.14.3 Alta C … kon nie oor dieper gevoelens praat nie. 1.14.4 Alta se vriendin D … het teruggegaan om die roos te gaan haal. E … het in die see om hulp geroep. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) 1.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel figuurlik is. (2) 1.16 Die titel van die verhaal is "Die dag van die roos". 1.16.1 Waar speel hierdie verhaal af? (1) 1.16.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1) 1.17 1.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (Alta/Die verliefde seun) is die karakter wat die meeste in hierdie verhaal verander het. (1) 1.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1. Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en hoe die karakter aan die einde anders was. (2) 1.18 Die verhaal eindig waar die seun uitbundig in die see swem. 1.18.1 Waarom het die verhaal vir die verliefde seun gelukkig geëindig? (1) 1.18.2 Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat dit nog beter vir die verliefde seun was? (1) 1.19 Alta het verkeerd opgetree daar op die strand. 1.19.1 Wat het Alta gedoen wat verkeerd was? (1) 1.19.2 As jy Alta was, wat sou jy eerder gedoen het? (1) 1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer. Die boodskap van hierdie verhaal is jy moet ... A romanties wees. B vir ander sê hoe jy voel. C weet waarvan meisies hou. D dit aanvaar as ander nie voel soos jy voel nie. (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) AFDELING B: DRAMA VRAAG 2: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C WILMA: (Waarskuwend.) Ek wag vir jou. LUCKY: (Klik vererg met sy tong.) Ek wil net gou 'n paar SMS'e stuur. (Hy bly besig met die selfoon.) WILMA: (Kwaai.) En ek sê nee. Sit dit weg. Nou. LUCKY: (Sug oordrewe.) No sweat. Jy kan relax. (Hy druk die selfoon in sy jeans 5 se agtersak.) WILMA: Daarso. (Wilma beduie weer na die stoorkamer en wag terwyl Lucky sy sak ingooi en dan skoorvoetend naderkom.) Jy gaan hier by die stalle werk. (Wilma kry 'n hooivurk en hou dit na Lucky uit. Lucky maak asof hy nie die 10 vurk in Wilma se hand sien nie en stap na Binki. Hy vat die bottel met leerolie uit haar hand. Hy ruik daaraan en trek 'n suur gesig.) LUCKY: Dit stink soos vrot voete. (Hy vat die lap uit Binki se hand asof hy by haar gaan oorneem.) 2.1 'n Drama het spesifieke kenmerke. 2.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Reël 10–12 is (dialoog/toneelaanwysings). (1) 2.1.2 Wat is die doel hiervan? (1) 2.2 Noem EEN van die werkies wat Lucky by die stalle moes doen. (1) 2.3 Waaraan het Binki leerolie gesmeer? (1) 2.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur:  Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen.  Lucky het iemand se katjies doodgemaak.  Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan.  Lucky ontmoet vir Binki. (4) 2.5 2.5.1 Op watter perdeplaas speel hierdie drama af? (1) 2.5.2 Watter woord in reël 8 sê vir ons dat Lucky nie wil saamwerk nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) 2.6 2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie drama is (modern/outyds). (1) 2.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel aanhaal. (1) 2.7 2.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Wilma is 'n persoon wat (nie simpatie met ander mense het nie/ omgee vir ander mense). (1) 2.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1 met TWEE feite/bewyse uit die drama. (2) 2.8 2.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit was (verkeerd/reg) dat Lucky gemeenskapsdiens moes doen. (1) 2.8.2 Waarom sê jy so? (1) 2.9 Ons lees in die uittreksel dat Lucky besig is om Wilma kwaad te maak. 2.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het? (1) 2.9.2 Hoe sou hierdie raad Lucky gehelp het? (1) 2.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.10) neer. Die tema van hierdie drama is ... A familieverhoudings. B dieremishandeling. C vriendskap. D genesing. (1) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D LUCKY: Hei, jy sal maak soos ek sê. Kom hier! (Kaizer bly staan. Lucky stap nader aan Kaizer en lig die karwats. Die oomblik toe hy vorentoe tree om Kaizer oor die neus te slaan, ruk Kaizer sy kop op en stamp Lucky terug. Lucky struikel agteroor en val in die hoop strooi. Kaizer runnik kwaai en trippel dreigend rondom en bo-oor Lucky. 5 Lucky skuifel verskrik weg en Kaizer keer hom teen die staldeur vas. Lucky hou sy kop vas en skree bang.) Nee! Moenie! Asseblief! Moenie! Asseblieeeef! (Kaizer staan stil en Lucky kruip weg. As hy voel dat hy veilig is, laat hy sy kop in sy hande sak en begin te snik van pure skok. Kaizer staan rustig 10 eenkant en snuffel deur die hooi.) Ek is so verskriklik verskriklik jammer jammer jammer. (Hy kyk pleitend na Kaizer.) Binki sê julle perde verstaan beter as mense. Asseblief, vergewe my. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) 2.11 Daar is verskillende karakters in 'n drama. 2.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die hoofkarakter in hierdie drama is (Wilma/Lucky). (1) 2.11.2 Waarom sê jy so? (1) 2.12 Wat het Lucky ná die konfrontasie in die stal vir Kaizer gegee? (1) 2.13 Kaizer is een van die perde op die perdeplaas. Noem EEN van die ander perde se naam. (1) 2.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen. Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.14.1 Lucky A ... het nie maklik met ander mense gepraat nie. 2.14.2 Binki B ... het geweet hoe om met perde te 2.14.3 Sabrina werk. 2.14.4 Wilma C ... het in ander mense se huise gewerk. D ... het nie van ryk mense gehou nie. E ... het baie keer oorsee gereis. (4 x 1) (4) 2.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel figuurlik is. (2) 2.16 In hierdie uittreksel kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik tussen Lucky en Kaizer. 2.16.1 Wat het Lucky gedoen? (1) 2.16.2 Wat het Kaizer gedoen? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2022 SS/NSS (Noordwes) 2.17 2.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (Sabrina/Binki) is die karakter wat die meeste in hierdie drama verander het. (1) 2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1. Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en hoe die karakter aan die einde anders was. (2) 2.18 Aan die einde van die drama loop Lucky en die perde saam in 'n sirkel. 2.18.1 Waarom het die drama vir Lucky gelukkig geëindig? (1) 2.18.2 Hoe sou jy die drama laat eindig het sodat dinge vir Lucky nog beter sou wees? (1) 2.19 Binki het haar letsels weggesteek. 2.19.1 Verduidelik wat jy ANDERS sou doen as jy letsels gehad het. (1) 2.19.2 Hoe sou dit wat jy sou doen, jou lewe makliker gemaak het? (1) 2.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.20) neer. 'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat jy ... A jou vriende goed moet kies. B vir alle diere lief moet wees. C die beste van jou omstandighede moet maak. D die werk wat jy kry om te doen, goed moet doen. (1) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all