Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paperAfrikaans SALGrade 12202215 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 2022 VRYSTAAT PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die vrae oor die teks(te) wat jy hierdie jaar bestudeer het. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) OF AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Verhaal A 20 4 "Rooikoos Willemse is soek" EN Verhaal B 20 6 "Die ramp" OF 2. Verhaal C 20 8 "Om laaste te kan lag" EN Verhaal D 20 10 "Tant Nelie se veerpluime" OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs die EEN vraag. 2. Perdekrag 40 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) AFDELING A: KORTVERHALE VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20) EN VERHAAL B: "DIE RAMP" – TT Cloete (20) VERHAAL A: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A ... Toe kyk hy weer in die spieël. En toe loop hy by die deur uit. Onder in die ingangsportaal van die hotel staan 'n telefoonhokkie. Hy stap soontoe, soek in sy sakke na geld en draai die slingertjie. Hy vra die nommer van die hotel op my dorp, die sentrale sê vir hom sy sal hom sommer dadelik deurskakel, en hy bly 5 staan. Een van die skoonmakers in die hotel op my dorp gee antwoord, want die hotel se mense het Sondae altyd bietjie later geslaap. "Ja, meneer ..." Toe weet Rooikoos nie wat om te sê nie. Hy staan net en die eerste groot traan loop oor sy gladgeskeerde wange. Net voordat die man aan die ander kant weer die 10 telefoon wil neersit, toe kry Rooikoos dit oor sy hart – en oor sy lippe: 1.1 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal. 1.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die hoofkarakter in hierdie verhaal is (Jan, die skoonmaker/ Rooikoos Willemse). (1) 1.1.2 Waarom sê jy so? (1) 1.2 In watter dorp se hotel het Rooikoos die Sondagoggend wakker geword? (1) 1.3 "Toe kyk hy weer in die spieël." (Reël 1) Wat het Rooikoos in die spieël gesien? Noem EEN ding. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) 1.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur:  Rooikoos het sy klere aangetrek.  Rooikoos het met Jan gepraat.  Die kelner het Rooikoos se koffie gebring.  Rooikoos het besef hy is nie in sy eie hotelkamer nie. (4) 1.5 In hierdie verhaal kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik. 1.5.1 Tussen wie was die konflik? (1) 1.5.2 Waaroor was daar konflik? (1) 1.6 1.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die verhaal is 'n (moderne/outydse) verhaal. (1) 1.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel aanhaal. (1) 1.7 1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Wanneer Rooikoos Willemse te veel gedrink het, het hy (aggressief geraak/nie baie gepraat nie). (1) 1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1 met TWEE feite/bewyse uit die verhaal. (2) 1.8 1.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit was (reg/verkeerd) van die mense om ná die wedstryd vir Rooikoos so baie drankies te koop. (1) 1.8.2 Waarom sê jy so? (1) 1.9 Aan die einde van die verhaal was Rooikoos in die moeilikheid. 1.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het om uit die moeilikheid te kom? (1) 1.9.2 Hoe sou hierdie raad vir Rooikoos uit dié moeilikheid gekry het? (1) 1.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.10) neer. Die tema van hierdie verhaal is ... A goeie vriende. B goeie keuses. C goeie maniere. D goeie sportmanskap. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) VERHAAL B: "DIE RAMP" – TT Cloete Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B ... Die kinders huil, die groteres sag, die kleineres hard, behalwe die kleinste wat buite weste van koors lê en yl. Daar is byna geen verkeer hierdie tyd van die nag nie, en die motors wat wel verbykom, hou nie vir my smekende gebare stil nie. In die newelagtige reën kan hulle my dalk ook nie behoorlik sien nie. 5 Later is ek papnat en koud. Toe ek weer 'n motor hoor aankom van Humansdorp se kant af, dink ek daaraan om die oudste seuntjie saam met my te laat staan en smeek om hulp. Mense hou dalk stil as hulle die kind sien. Die plan deug. Dis 'n klein, geel Mini-stasiewaentjie wat stilhou. Die bestuurder klim 10 uit, hoor my aan, sê min, asof hy die vrede nie heeltemal vertrou nie, luister afgetrokke na my, lig met sy flits in die motor en sien die ander kinders. 1.11 Daar is verskillende tipes vertellers in 'n kortverhaal. 1.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. In hierdie verhaal kry ons 'n (ek-verteller/derdepersoonsverteller). (1) 1.11.2 Waarom sê jy so? (1) 1.12 Dit was vir die verteller moeilik om Port Elizabeth toe te bestuur, want dit het gereën. Gee nog EEN rede waarom hy moeilik bestuur het. (1) 1.13 Watter ongeluk het naby Jeffreysbaai gebeur? (1) 1.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen. Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.14.1 Die verteller A ... was die weldoener. 1.14.2 Die verteller se vrou B ... was afgetree en kon nie regtig help nie. 1.14.3 Die bestuurder van die geel motortjie C ... kon nie help om na die kinders te kyk nie. 1.14.4 Die bestuurder van die insleepmotor D ... het roekeloos en vinnig gery. E ... moes alles alleen reël dat almal terug by die huis kon kom. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) 1.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel figuurlik is. (2) 1.16 In hierdie verhaal is daar baie rampe wat gebeur. 1.16.1 Waarheen was die verteller en sy kinders op pad toe al die rampe gebeur het? (1) 1.16.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1) 1.17 1.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die (verteller/weldoener) is die karakter wat die meeste in hierdie verhaal verander het. (1) 1.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1. Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter se lewe aan die begin was en hoe die karakter se lewe aan die einde verander het. (2) 1.18 Die ergste ramp het aan die einde van die verhaal gebeur. 1.18.1 Waarom het die verhaal vir die verteller ongelukkig geëindig? (1) 1.18.2 Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat die verteller gelukkig kon wees? (1) 1.19 Die weldoener het verkeerd opgetree nadat hy die verteller gehelp het. 1.19.1 Wat het die weldoener gedoen wat verkeerd was? (1) 1.19.2 As jy die weldoener was, wat sou jy eerder gedoen het? (1) 1.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer. Die boodskap van hierdie verhaal is ... A almal moet padreëls gehoorsaam. B 'n mens moet weet hoe om noodsituasies te hanteer. C 'n mens moet ander mense help hoe en wanneer jy kan. D almal moet goeie maniere teenoor ander padgebruikers hê. (1) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) VRAAG 2: OM LAASTE TE KAN LAG – Pirow Bekker Beantwoord die vrae oor AL TWEE verhale. VERHAAL C: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard (20) EN VERHAAL D: "TANT NELIE SE VEERPLUIME" – Henriette Grové (20) VERHAAL C: "OM LAASTE TE KAN LAG" – Chris Barnard Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C My mense is doodgewone mense. Elkeen met sy ambag of sy lappie aarde. Harde werkers, al sê ek dit nou self. En geen muisneste nie. Aardse mense is hulle. Prakties en nugter en pligsgetrou en sonder fieterjasies. Jy doen 'n ding só en nooit anders nie. Reg is reg en verkeerd bly nou eenmaal verkeerd. Jy doen jou werk, trou, sorg vir jou gesin, word diaken of ouderling, gaan kuier 5 Sondagmiddag, bepaal jou by jou sake. Jy is so gemaak en so laat staan en so hoort dit ook. Die lewe is doodmaklik. Net oom Apie was anders. Om mee te begin, het hy nooit getrou nie. Daar was 'n storie wat niemand my destyds wou vertel nie. Ek moes dus aflei dis nie 'n storie vir kinders nie. Maar 10 'n woord hier en 'n woord daar het my laat glo die storie het te make met een van oom Apie se jeugliefdes. 2.1 Daar is verskillende karakters in 'n kortverhaal. 2.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die hoofkarakter in hierdie verhaal is (oom Apie/die verteller). (1) 2.1.2 Waarom sê jy so? (1) 2.2 Oom Apie was anders as die res van sy familie, want hy het nooit getrou nie. Gee EEN rede waarom oom Apie nooit getrou het nie. (1) 2.3 Wat het oom Apie saam met hom gedra as hy van huis tot huis geloop het? (1) 2.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur:  Oom Apie se jeugliefde wou met hom trou.  Oom Apie se jeugliefde se man het doodgegaan.  Oom Apie het gesterf en so is sy probleem opgelos.  Oom Apie wou nie trou nie en het advies gaan vra. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) 2.5 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel figuurlik is. (2) 2.6 Die titel van die verhaal is "Om laaste te kan lag". 2.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie verhaal speel in 'n (landelike/stedelike) omgewing af. (1) 2.6.2 Hoe is die atmosfeer (stemming) in hierdie verhaal? (1) 2.7 2.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Ons leer oom Apie ken as 'n (skelm/vriendelike) mens. (1) 2.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1 met TWEE feite uit die verhaal. (2) 2.8 2.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit was (reg/verkeerd) van die grootmense om die kinders soms uit die geselskap te stuur as oom Apie grappe vertel het. (1) 2.8.2 Waarom sê jy so? (1) 2.9 Oom Apie was aan die einde van die verhaal in die moeilikheid. 2.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het om uit die moeilikheid te kom? (1) 2.9.2 Hoe sou hierdie raad vir oom Apie uit dié moeilikheid kry? (1) 2.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.10) neer. Die tema van hierdie verhaal is ... A familiebande. B geldgierigheid. C liefdesverhoudings. D verantwoordelikheid. (1) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) VERHAAL D: "TANT NELIE SE VEERPLUIME" – Henriette Grové Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D Ursa het gemeen dit sou in tant Nelie se slaapkamer wees, in die groot kis waarin sy al haar linne gebêre het. Ons het by die agterdeur ingegaan. Ek was tog al baiekeer in daardie kombuis van tant Nelie en sonder om te dink, sou ek presies kon sê: in die linkerhoek is die es met die koperpanne daarvoor; by die agterdeur is die wateremmer met die klein drupkraantjie; voor die venster is die marmerblad vir die skilferkors. Maar 5 daardie aand het ek soos 'n dief gevoel toe Ursa die kers opsteek. Dit was so hittete of ek draai daar op die plek om. En alles was so onnodig. Skielik het ek ongeduldig gevoel met Kit. Dit was haar skuld. Maar voor ek nog kon kop uittrek, was Ursa al halfpad kamer toe. Sy het die kis oopgesluit en ek het die kers vasgehou. Toe begin sy uitpak. Eers 'n 10 stapel spierwit linne, ... 2.11 Daar is verskillende tipes vertellers in 'n kortverhaal. 2.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. In hierdie verhaal kry ons 'n (ek-verteller/derdepersoonsverteller). (1) 2.11.2 Waarom sê jy so? (1) 2.12 Vir wie was die goed in die kis bedoel? (1) 2.13 Waarna het Ursula en Peet eintlik in die kis gesoek? (1) 2.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen. Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.14.1 Kit A ... sou enige iets doen om Peet gelukkig te maak. 2.14.2 Ursula B ... het mooi trouklere gemaak. 2.14.3 Peet se ma C ... het net aan haarself gedink. 2.14.4 Tant Nelie D ... het die familieresep goed bewaar. E ... het nie tyd gehad vir kinderagtigheid nie. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) 2.15 In hierdie verhaal kry ons voorbeelde van uiterlike konflik. 2.15.1 Tussen wie was die konflik om die beste te bak? (1) 2.15.2 Wat was die gevolg van hierdie konflik? (1) 2.16 2.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die verhaal is 'n (moderne/outydse) verhaal. (1) 2.16.2 Haal aan uit die uittreksel om jou antwoord te motiveer. (1) 2.17 2.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (Kit/Peet) is die karakter wat die meeste in hierdie verhaal verander het. (1) 2.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.17.1. Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en hoe die karakter aan die einde anders was. (2) 2.18 Peet het sy liefdesverhaal aan sy kinders vertel. 2.18.1 Waarom het die verhaal vir Peet gelukkig geëindig? (1) 2.18.2 Hoe sou jy die verhaal laat eindig het sodat dit nog beter vir Peet was? (1) 2.19 Ursula het Peet gehelp om iets verkeerds te doen. 2.19.1 Wat het Ursula en Peet verkeerd gedoen? (1) 2.19.2 As jy Ursula was, wat sou jy eerder gedoen het? (1) 2.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.20) neer. Die boodskap van hierdie verhaal is jy moenie ... A sonder toestemming in ander se goed moet krap nie. B moeilikheid tussen ander mense veroorsaak nie. C ander forseer om jou met verkeerde dinge te help nie. D verkeerde dinge doen sodat ander van jou hou nie. (1) [40] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 12 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) AFDELING B: DRAMA VRAAG 3: PERDEKRAG – Cecilia du Toit Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS E WILMA: (Waarskuwend.) Ek wag vir jou. LUCKY: (Klik vererg met sy tong.) Ek wil net gou 'n paar SMS'e stuur. (Hy bly besig met die selfoon.) WILMA: (Kwaai.) En ek sê nee. Sit dit weg. Nou. LUCKY: (Sug oordrewe.) No sweat. Jy kan relax. (Hy druk die selfoon in sy jeans 5 se agtersak.) WILMA: Daarso. (Wilma beduie weer na die stoorkamer en wag terwyl Lucky sy sak ingooi en dan skoorvoetend naderkom.) Jy gaan hier by die stalle werk. (Wilma kry 'n hooivurk en hou dit na Lucky uit. Lucky maak asof hy nie die 10 vurk in Wilma se hand sien nie en stap na Binki. Hy vat die bottel met leerolie uit haar hand. Hy ruik daaraan en trek 'n suur gesig.) LUCKY: Dit stink soos vrot voete. (Hy vat die lap uit Binki se hand asof hy by haar gaan oorneem.) 3.1 'n Drama het spesifieke kenmerke. 3.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Reël 10–12 is (dialoog/toneelaanwysings). (1) 3.1.2 Wat is die doel hiervan? (1) 3.2 Noem EEN van die werkies wat Lucky by die stalle moes doen. (1) 3.3 Waaraan het Binki leerolie gesmeer? (1) 3.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur:  Die magistraat het gesê Lucky moes gemeenskapsdiens doen.  Lucky het iemand se katjies doodgemaak.  Lucky kom by Wilma se perdeplaas aan.  Lucky ontmoet vir Binki. (4) 3.5 3.5.1 Op watter perdeplaas speel hierdie drama af? (1) 3.5.2 Watter woord in reël 8 sê vir ons dat Lucky nie wil saamwerk nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 13 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) 3.6 3.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie drama is (modern/outyds). (1) 3.6.2 Motiveer jou antwoord. Jy mag woorde/sinne uit die uittreksel aanhaal. (1) 3.7 3.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Wilma is 'n persoon wat (nie simpatie met ander mense het nie/ omgee vir ander mense). (1) 3.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.7.1 met TWEE feite/bewyse uit die drama. (2) 3.8 3.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit was (verkeerd/reg) dat Lucky gemeenskapsdiens moes doen. (1) 3.8.2 Waarom sê jy so? (1) 3.9 Ons lees in die uittreksel dat Lucky besig is om Wilma kwaad te maak. 3.9.1 Watter raad sou jy vir hom gegee het? (1) 3.9.2 Hoe sou hierdie raad Lucky gehelp het? (1) 3.10 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.10) neer. Die tema van hierdie drama is ... A familieverhoudings. B dieremishandeling. C vriendskap. D genesing. (1) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS F LUCKY: Hei, jy sal maak soos ek sê. Kom hier! (Kaizer bly staan. Lucky stap nader aan Kaizer en lig die karwats. Die oomblik toe hy vorentoe tree om Kaizer oor die neus te slaan, ruk Kaizer sy kop op en stamp Lucky terug. Lucky struikel agteroor en val in die hoop strooi. Kaizer runnik kwaai en trippel dreigend rondom en bo-oor Lucky. 5 Lucky skuifel verskrik weg en Kaizer keer hom teen die staldeur vas. Lucky hou sy kop vas en skree bang.) Nee! Moenie! Asseblief! Moenie! Asseblieeeef! (Kaizer staan stil en Lucky kruip weg. As hy voel dat hy veilig is, laat hy sy kop in sy hande sak en begin te snik van pure skok. Kaizer staan rustig 10 eenkant en snuffel deur die hooi.) Ek is so verskriklik verskriklik jammer jammer jammer. (Hy kyk pleitend na Kaizer.) Binki sê julle perde verstaan beter as mense. Asseblief, vergewe my. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 14 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) 3.11 Daar is verskillende karakters in 'n drama. 3.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die hoofkarakter in hierdie drama is (Wilma/Lucky). (1) 3.11.2 Waarom sê jy so? (1) 3.12 Wat het Lucky ná die konfrontasie in die stal vir Kaizer gegee? (1) 3.13 Kaizer is een van die perde op die perdeplaas. Noem EEN van die ander perde se naam. (1) 3.14 Die verskillende karakters het verskillende dinge in hierdie verhaal gedoen. Kies elke keer dit uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.14.1 tot 3.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 3.14.1 Lucky A ... het nie maklik met ander mense gepraat nie. 3.14.2 Binki B ... het geweet hoe om met perde te 3.14.3 Sabrina werk. 3.14.4 Wilma C ... het in ander mense se huise gewerk. D ... het nie van ryk mense gehou nie. E ... het baie keer oorsee gereis. (4 x 1) (4) 3.15 Die titel van hierdie verhaal kan letterlik of figuurlik wees. Gee EEN rede waarom die titel letterlik is en EEN rede waarom die titel figuurlik is. (2) 3.16 In hierdie uittreksel kry ons 'n voorbeeld van uiterlike konflik tussen Lucky en Kaizer. 3.16.1 Wat het Lucky gedoen? (1) 3.16.2 Wat het Kaizer gedoen? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 15 DBE/2022 SS/NSS (Vrystaat) 3.17 3.17.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. (Sabrina/Binki) is die karakter wat die meeste in hierdie drama verander het. (1) 3.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.17.1. Jy moet in jou antwoord sê hoe die karakter aan die begin was en hoe die karakter aan die einde anders was. (2) 3.18 Aan die einde van die drama loop Lucky en die perde saam in 'n sirkel. 3.18.1 Waarom het die drama vir Lucky gelukkig geëindig? (1) 3.18.2 Hoe sou jy die drama laat eindig het sodat dinge vir Lucky nog beter sou wees? (1) 3.19 Binki het haar letsels weggesteek. 3.19.1 Verduidelik wat jy ANDERS sou doen as jy letsels gehad het. (1) 3.19.2 Hoe sou dit wat jy sou doen, jou lewe makliker gemaak het? (1) 3.20 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.20) neer. 'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat jy ... A jou vriende goed moet kies. B vir alle diere lief moet wees. C die beste van jou omstandighede moet maak. D die werk wat jy kry om te doen, goed moet doen. (1) TOTAAL AFDELING B: 40 GROOTTOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all