Skip to content

Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12201716 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 75 TYM: 1½ uur NAAM: PUNTE HVD GROEP PROVINSIAAL V1 15 TOTALE V2 20 MOD. PUNT V3 25 V4 15 75 75 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ʼn bladsy vir rofwerk en berekeninge.
2 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) BRONMATERIAAL 1. ʼn Uittreksel uit topografiese kaart 3219CA CITRUSDAL. 2. Ortofotokaart 3219CA 11 CITRUSDAL. 3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem word. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou NAAM in die spasies op die voorblad voorsien word. 2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. 3. Jy word van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (3219CA CITRUSDAL) en ʼn ortofotokaart (3219CA 11 CITRUSDAL), van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied voorsien. 4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie aan die toesighouer oorhandig. 5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE. 6. Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 7. Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan. Maak seker dat eenhede in al jou berekeninge en finale antwoord in stand gehou word. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings wat op die topografiese kaart getoon verskyn, word hieronder vertoon. WOORDELYS (SOMMIGE VAN DIÉ ENGELSE TERME OF HULLE AFRIKAANS VERTALINGS MAG OP DIE KAARTE VERSKYN.) ENGLISH AFRIKAANS Landing strip Vliegveld Furrow Voor Caravan park Karavaanpark Diggings Uitgrawings Sewerage works Rioolwerke Hot springs Warmwaterbronne Nature reserve Natuurreservaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 3 ALGEMENE INLIGTING OOR CITRUSDAL Citrusdal is ʼn dorp van 5 000 mense in die Olifantsriviervallei in die Wes-Kaapse provinsie van Suid-Afrika. Dit is geleë aan die voet van die Sederberge, wat deel van die Kaapse plooiberge vorm en is sowat 160 km noord van Kaapstad geleë. Landbou in die omgewing word oorheers deur sitrusboerdery, vandaar die dorp se naam. Natuurlike warmwaterbronne kom in hierdie area voor. Koördinate: 32°35′22″S 19°00′53″O / 32°35,3′S 19°00,8′O [Bron: https://www.citrusdal.info] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3219CA CITRUSDAL, sowel as die ortofotokaart wat ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied dek. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag. 1.1 Die kaartverwysing van die topografiese kaart noord van Citrusdal is ... A 1932AC. B 3218BC. C 3219AC. D 3219AD. 1.2 Die gemiddelde magnetiese deklinasie vir die topografiese kaart uittreksel 3219CA Citrusdal in 2007 is, ... A 32°30ʹ W van Ware Noord. B 19°00ʹ W van Ware Noord. C 23°16ʹ W van Ware Noord. D 24°22ʹ W van Ware Noord. 1.3 Die ortofotokaartskaal van 1 : 10 000 beteken dat een sentimeter op die ortofotokaart verteenwoordig ... kilometers op die grond. A 0,01 B 0,1 C 0,5 D 0,05 1.4 Die werklike afstand van nommer 4 tot nommer 1 op die ortofotokaart is ... km. A 5 B 5,3 C 1,3 D 1 1.5 Die provinsie gemerk B op die Algemene Inligtingskaart van Citrusdal op bladsy 3 is die ... A Vrystaat. B Noordwes. C Noord-Kaap. D Oos-Kaap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 5 1.6 Aan watter tipe bergreeks behoort die Sederberge? A Tafelberg B Kaapse Plooiberge C Drakensberg D Middelberg 1.7 Die dorp Citrusdal sal gedurende die nag ... winde ervaar. A seebries B katabatiese winde C anabatiese winde D landbries 1.8 ʼn Ortofotokaart is ʼn ... lugfoto. A vertikale B hoë skuins C lae skuins D horisontale 1.9 Die boerdery-aktiwiteit wat in die gebied gemerk 2 op die ortofotokaart gemerk is, is ... -boerdery. A weiding B vrugte C bosbou D gewas 1.10 Die laagliggende landvorm by H in blok F8 op die topografiese kaart is ʼn ... A vlakte. B saal. C uitloper. D vallei. 1.11 Die verskynsel gemerk 1 op die ortofotokaart is ʼn … A meer. B dam. C reservoir. D rivier. 1.12 Die ruitverwysing (koördinate) van die trigonometriese stasie nommer 94, in blok G5 is ... A 19°04'60"S 32°36'55"O / 19°04,1'S 32°36,9'O. B 32°36'43"S 19°04'08"O / 32°36,7'S 19°04,1'O. C 19°04'10"S 32°36'40"O / 19°04,1'O 32°36,6'O. D 32°37'55"S 19°05'06"O / 32°37,9'S 19°05,1'O. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.13 Die dreineringspatroon gemerk C in blok C7 en C8 is … A tralies. B dentreties. C radiaal. D reghoekig. 1.14 Die natuurlike verskynsel by D in blok G9, op die topografiese kaart is ʼn … A nie-standhoudende rivier. B droë water loop. C moeras en vlei. D nie-standhoudende water. 1.15 Gewasboerdery word by 8 op die ortofotokaart aangetref. Hierdié tipe boerdery word deur sy ... geïdentifiseer. A donker toon B growwe tekstuur C fyn tekstuur D gladde toon (15 x 1) (15) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 7 VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE 2.1 FIGUUR 2.1 verteenwoordig ʼn onvolledige dwarssnit tussen punte 4 en 5 op die ortofotokaart. 2.1.1 Voltooi die dwarssnit. 2.1.2 Benoem die posisie van punthoogte 203. (2 x 1) (2) 2.1.3 Waarom is daar geen intersigbaarheid tussen punte 4 en 5 op die dwarssnit nie? (1 x 1) (1) 2.1.4 Bereken die vertikale vergroting van die dwarsdeursnee. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. 𝑽𝒆𝒓𝒕𝒊𝒌𝒂𝒍𝒆 𝒔𝒌𝒂𝒂𝒍 (𝑽𝑺) Formule: VV = 𝑯𝒐𝒓𝒊𝒔𝒐𝒏𝒕𝒂𝒍𝒆 𝒔𝒌𝒂𝒂𝒍 (𝑯𝑺) (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 2.1.5 Verskaf EEN rede waarom die vertikale skaal in ʼn dwarssnit oordrewe (vergroot) is. (1 x 1) (1) 2.2 2.2.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen die trigonometriese stasie (blok G5), na die trigonometriese stasie (blok H2) op die topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Vertikale interval (VI) Formule: Gradiënt = Horisontale ekwivalent (HE) (4 x 1) (4) 2.2.2 Met verwysing na die antwoord in VRAAG 2.2.1, is die helling ʼn ware weerspieëling van die werklike landskap? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 9 2.3 2.3.1 Verwys na die afgebakende gebied in ROOI op die topografiese kaart wat die ortofotokaart voorstel. Gebruik die afgebakende gebied om die oppervlakte van die ortofotokaart in km² te bereken. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: Oppervlakte = lengte (L) x breedte (B) (5 x 1) (5) 2.3.2 Verduidelik waarom die gebied wat deur die ortofotokaart op die topografiese kaart gedek is, kleiner as die ortofotokaart self lyk. (1 x 1) (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) SECTION C VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE 3.1 Verwys na die grafiek hieronder, die inligting op bladsy 3 en die topografiese kaart om die vrae wat volg te beantwoord. [Bron: https://en.klimaat-data.org/plek/23402/] 3.1.1 Bereken die gemiddelde maandelikse reënval (mm) vir Citrusdal. (1 x 1) (1) 3.1.2 Noem die tipe klimaat waarmee hierdie tipe reënval geassosieer word. (1 x 1) (1) 3.1.3 Gegewe die bogenoemde reënval-data (grafiek) en Citrusdal se ligging. Verskaf EEN rede waarom daar baie nie-standhoudende strome in die gebied voorkom. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 11 3.2 Graad 12-leerders op ʼn uitstappie na Citrusdal, ontdek dat die temperatuur om 12:00 (middag), by die karavaanpark wat A gemerk is, ʼn paar grade laer is as die temperatuur naby die nywerheidsgebied gemerk G, op die topografiese kaart. Verskaf redes vir die verskil in temperatuur tussen die karavaanpark en die nywerheidsgebied. (2 x 2) (4) 3.3 Verskaf TWEE bewyse om te regverdig dat die standplaas van die Olifants- riviervallei, geleë wes op die topografiese kaart, ideaal vir landbou is. (2 x 2) (4) 3.4 Daar is talle damme in die landbougebied wat deur die topografiese kaart gedek word. Van watter belang is hierdie damme tydens die droë seisoene vir die boere? (1 x 2) (2) 3.5 Verwys na die Olifantsrivier in blok I2 op die topografiese kaart. 3.5.1 Identifiseer die stroomkanaalpatroon. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 3.5.2 Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord in VRAAG 3.5.1 te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.6 Verwys na die dorp Citrusdal. 3.6.1 Is Citrusdal ʼn ontspanning-, mynbou- of poortdorp? (1 x 1) (1) 3.6.2 Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord te ondersteun. (1 x 2) (2) 3.6.3 Verduidelik die ekonomiese voordeel van Citrusdal se ligging. (2 x 2) (4) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 13 VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 4.1 Gedurende die 2008 vloede was toegang tot die Olifantsriviervallei beperk om die omvang van die skade te bepaal. ʼn GIS-spesialis het afstandswaarneming gebruik om toegang tot oorstroomde gebiede langs die Olifantsriviervallei te verkry. 4.1.1 Definieer die term afstandswaarneming. (1 x 1) (1) 4.1.2 Noem TWEE redes waarom die GIS-spesialis afstandswaarneming gekies het. (2 x 1) (2) 4.1.3 Die GIS-spesialis het ook bevind dat boerdery ʼn negatiewe impak op die Olifantrivier gehad het. Hy/sy het voorgestel dat buffersones rondom die Olifantrivier geplaas moet word. Evalueer hoe dit die wanbestuur van die rivier sal voorkom. (2 x 2) (4) 4.2 Definieer die term ruimtelike data. (1 x 1) (1) 4.3 Klassifiseer elk van die volgende ruimtelike voorwerpe in blok E5, as ʼn punt, lyn of veelhoek (area). (a) Nie-standhoudende rivier / voetslaanpad: (b) Punthoogte 1328: (c) Dam / landerye: (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 4.4 Die diagram hieronder illustreer die konsep van data-integrasie in blok A10 op die topografiese kaart. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae hieronder. [Bron: Eksaminator se skets] 4.4.1 Definieer die term data-integrasie. (1 x 1) (1) 4.4.2 Noem EEN probleem wat met data-integrasie ervaar is soos aangedui in die diagram/figuur, voor die bekendstelling van GIS. (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 15 4.4.3 Noem TWEE maniere waarop data-integrasie die boer kan help om sy plaas op Kleinplaas, blok E8, ekonomies lewensvatbaar te maak. (2 x 1) (2) [15] TOTAAL: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) ROFWERK EN BEREKENINGE (LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak maak NIE.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all