Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)


Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 238.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology15 marks
- Question 1.6Geomorphology15 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather15 marks
- Question 2.4Climate and weather15 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements14 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.1Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.3Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
5. Los ʼn lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.
8. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.
9. Die puntetoekenning is soos volg: (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN
punt elk verwag word.
(2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir
TWEE punte elk verwag word.
10. As woorde/aksie werkwoorde soos noem, identifiseer, verskaf, klassifiseer
in ʼn vraag gebruik word, is EEN woord antwoorde aanvaarbaar.
As woorde/aksie werkwoorde soos bespreek, definieer, verduidelik, lewer
kommentaar, evalueer, regverdig, stel voor en staaf in ʼn vraag gebruik
word, word volsinne of frases verwag.
Alle paragraafvrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 FIGUUR 1.1 toon sinoptiese weerkaart verskynsels wat met ʼn kuslaag
geassosieer word. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die
onderstaande meervoudige keuse vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in jou
ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 C.
1.1.1 Die plaaslike lugbeweging wat die temperatuur van Kaapstad
beïnvloed, staan as … bekend
A ʼn bergwind
B aanlandige winde
C aflandige winde
D vallei-winde
1.1.2 Die lugdruk wat deur die isobaar by B aangedui word, is … hPa.
A 1004
B 1006
C 1010
D 1012
1.1.3 Watter sinoptiese weerkaart simbool sal die neerslag by Langebaan
illustreer?
A
B
C
D
1.1.4 Die seisoen wat heelwaarskynlik deur die sinoptiese weerkaart
voorgestel word, is …
A winter.
B lente.
C somer.
D herfs.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.1.5 Verskaf die windrigting by C.
A Noordoos
B Noordwes
C Suidoos
D Suidwes
1.1.6 Die winde in die omgewing van C sal ... wees as/aan die winde in die
omgewing van E.
A sterker
B swakker
C dieselfde
D gelyk
1.1.7 Die kuslaagdruksisteem by D sal in ʼn ... rigting, langs die kus migreer.
A suidwestelike
B noordwestelike
C suidoostelike
D noordoostelike (7 x 1) (7)
1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 wat dreineringbekken verskynsels toon. Gebruik die
letters in FIGUUR 1.2 om jou te ondersteun om die korrekte term/konsep vir
die vrae hieronder, te verskaf.
1.2.1 Die punt by A, waar twee riviere/strome ontmoet
1.2.2 Die gebied by B wat sytakke van dieselfde dreineringbekken skei
1.2.3 Die boonste oppervlak van die versadigingsone van die grondwater
by C
1.2.4 Die kollektiewe naam vir die hoofstroom en sy sytakke by D
1.2.5 Die hoogliggende gebied by E, wat twee dreineringbekkens skei
1.2.6 Die proses wat sal veroorsaak dat die hoogliggende by E in ʼn
oostelike rigting beweeg
1.2.7 ʼn Manier om dreineringdigtheid te bepaal, wat deur die nommer by F
aangetoon word.
1.2.8 Die proses (aangedui deur die pyltjies) by G, wat grondwater aanvul.
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 5
1.3 FIGUUR 1.3, toon ʼn tropiese sikloon in sy volwasse stadium.
1.3.1 Identifiseer TWEE faktore vanaf die diagram wat verantwoordelik was
vir die oorspronklike ontwikkeling van hierdie tropiese sikloon.
(2 x 1) (2)
1.3.2 Verwys na areas A en B op die diagram.
(a) Identifiseer areas A en B onderskeidelik. (2 x 1) (2)
(b) Onderskei tussen die lugbewegings by areas A en B
onderskeidelik. (1 x 2) (2)
(c) Verskaf die redes vir die verskille in die lugbeweging, soos
genoem in VRAAG 1.3.2(b). (2 x 1) (2)
1.3.3 Teken ʼn geannoteerde sinoptiese kaart verteenwoordiging van die
stadium van die tropiese sikloon soos in die diagram aangetoon.
(3 x 1) (3)
1.3.4 Verduidelik hoe die situasie wat by C op die diagram beskryf word, ʼn
negatiewe invloed op die ekonomie van die geaffekteerde kusgebiede
sal het. (2 x 2) (4)
1.4 FIGUUR 1.4 wys ʼn vallei in die Noordelike halfrond.
1.4.1 Noem die weerverskynsel wat deur X op die diagram aangetref word.
(1 x 1) (1)
1.4.2 Verduidelik hoe die weerverskynsel X, wat in VRAAG 1.4.1 genoem
was, ontwikkel. (2 x 2) (4)
1.4.3 Lewer kommentaar oor die digte plantegroei op helling A. (1 x 2) (2)
1.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel redes voor vir die lae
temperature by standplaas B, en evalueer hoe hierdie temperature
die lemoene wat by standplaas B verbou word, beïnvloed. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5, wat verskillende dreineringpatrone aantoon.
1.5.1 Wat is ʼn dreineringpatroon? (1 x 1) (1)
1.5.2 Noem die dreineringpatrone A en B in FIGUUR 1.5. (2 x 1) (2)
1.5.3 Verduidelik die verskil tussen dreineringpatrone A en B deur na
hulle hoofstrome en sytakke te verwys. (2 x 2) (4)
1.5.4 Lewer kommentaar oor hoe die onderliggende gesteentestruktuur
die vorming van dreineringpatroon A, beïnvloed het. (2 x 2) (4)
1.5.5 Verduidelik hoe die verskillende weerstandbiedende, onderliggende
gesteentes wat dreineringpatrone A en B beïnvloed, die
dreineringsdigthede van die onderskeie dreineringpatrone sal
bepaal. (2 x 2) (4)
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6, ʼn foto van ʼn rivier in ʼn hoogliggende gebied.
1.6.1 Watter fase van die fluviale siklus word in die foto geïllustreer?
(1 x 1) (1)
1.6.2 Beskryf die kanaal van die rivier in die foto. (1 x 1) (1)
1.6.3 Verskynsel A is ʼn stroomversnelling wat veroorsaak dat die
stroomsnelheid toeneem.
(a) Verskaf die tipe stroomvloei wat met stroomversnellings
geassosieer word. (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik hoe stroomversnellings ontstaan. (2 x 2) (4)
1.6.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die prosesse wat
die landskap van die rivier vanaf die bo-loop, tot die benede-loop
sal verander. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 7
VRAAG 2
2.1 FIGUUR 2.1 verteenwoordig TWEE lugdruksisteme in Suid-Afrika.
Beantwoord die volgende vrae deur óf A óf B (behalwe 2.1.1) te kies om die
stelling WAAR te maak. Skryf SLEGS die letter/antwoord van jou keuse langs
die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) neer, bv. 2.1.9 B.
2.1.1 Lug beweeg altyd vanaf (A na B/B na A) op die aardoppervlakte.
2.1.2 (A/B) maak deel uit van die sub-tropiese hoogdruk sone by 30° noord
en suid van die ewenaar.
2.1.3 Die binneland van Suid-Afrika word deur (A/B) gedurende somer,
gedomineer.
2.1.4 Die lugbeweging van (A/B) is antikloksgewys in die noordelike
halfrond.
2.1.5 (A/B) bring relatiewe droë, koel en stabiele lug vanaf die suidweste na
die binneland van Suid-Afrika.
2.1.6 (A/B) veroorsaak lyndonderstorms wat in die noordoostelike en
oostelike binneland van Suid-Afrika ervaar word.
2.1.7 Die wig van lug sal by (A/B) plaasvind.
2.1.8 (A/B) veroorsaak aanlandige en aflandige lugvloei langs die kus
van Suid-Afrika gedurende winter. (8 x 1) (8)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat die vloeipatrone van ʼn rivier toon. Kies tussen
LAMINÊRE VLOEI en TURBULENTE VLOEI om by die onderstaande
stellings te pas. Skryf SLEGS die vraagnommer en óf turbulent óf laminêr
neer.
2.2.1 Die vloeipatroon waar water in dun lae vloei.
2.2.2 Die vloeipatroon wat die bo-loop van ʼn rivier domineer.
2.2.3 Die vloeipatroon wat by die stoot-oewer van ʼn meander voorkom.
2.2.4 Die vloeipatroon wat oor ʼn eenvormige en gelyke rivierbed, voorkom.
2.2.5 Die vloeipatroon waar daar ʼn hoë tempo van erosie voorkom.
2.2.6 Die vloeipatroon wat meestal in ʼn ongegradeerde rivierprofiel sal
voorkom.
2.2.7 Die vloeipatroon wat sal voorkom waar deltas ontstaan. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.3 FIGUUR 2.3 toon ʼn sinoptiese weerkaart en die weervoorspelling vir
Kaapstad.
2.3.1 Watter seisoen word op die sinoptiese weerkaart verteenwoordig?
(1 x 1) (1)
2.3.2 Waarom word middelbreedte siklone as deel van siklogenese
ontwikkel gesien? (1 x 1) (1)
2.3.3 Verwys na die dag tot dag weervoorspelling van Kaapstad. Hoe wys
die voorspelling dat ʼn aantal middelbreedte siklone die weer van
Kaapstad in die opkomende week sal beïnvloed? (2 x 2) (4)
2.3.4 Teken die onvoltooide weerstasie oor in jou ANTWOORDEBOEK en
voltooi dit deur die reënval en wolkdekking vir Sondag by die stasie-
informasie te voeg. (2 x 1) (2)
2.3.5 Verwys na die windrigting veranderinge vanaf Vrydag tot Dinsdag.
(a) Watter term word gebruik om die windrigting verandering vanaf
Vrydag tot Dinsdag te beskryf? (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik die term wat jy in VRAAG 2.3.5(a) genoem het.
(1 x 2) (2)
(c) Waarom verander die windrigting vanaf Vrydag na Dinsdag?
(2 x 2) (4)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4, wat klimaatkontraste (verskille) tussen stedelike en
landelike gebiede, uitwys.
2.4.1 Definieer die term insolasie. (1 x 1) (1)
2.4.2 Onderskei tussen die aantal insolasie wat deur die stedelike gebiede
ontvang word, in vergelyking tot die landelike gebiede. (1 x 2) (2)
2.4.3 Verklaar die onderskeiding wat jy in VRAAG 2.4.2 genoem het en
verduidelik waarom die stedelike gebiede ʼn hoër gemiddelde jaarlike
temperatuur as landelike gebiede het. (2 x 2) (4)
2.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, lewer kommentaar oor die
feit dat die neerslag hoër oor die stedelike gebiede is, ten spyte dat
stedelike gebiede ʼn laer relatiewe humiditeit het. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 9
2.5 Bestudeer die sketse in FIGUUR 2.5 wat ʼn rivier meander (kronkel) toon.
2.5.1 Wat word verskynsel A genoem? (1 x 1) (1)
2.5.2 Verwys na die dwarsprofiel.
(a) Noem die geomorfologiese prosesse wat onderskeidelik by
hellings X en Y domineer. (2 x 1) (2)
(b) Beskryf hoe die geomorfologiese prosesse by X plaasvind.
(2 x 2) (4)
2.5.3 Verduidelik waarom die rivier in Fase 2, sy oewers meer gereeld as
die rivier in Fase 4 sal oorvloei. (2 x 2) (4)
2.5.4 Lewer kommentaar oor hoe verskynsel B geskei van die hoofstroom
is, soos in die sketse in FIGUUR 2.5 aangedui. (2 x 2) (4)
2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat die proses van stroomroof illustreer.
2.6.1 Noem die verskynsels van stroomroof by A en B onderskeidelik. (2)
(2 x 1)
2.6.2 Verwys na verskynsel C.
(a) Noem verskynsel C. (1 x 1) (1)
(b) Verduidelik hoe verskynsel C deur stroom D oor tyd verander
is. (1 x 2) (2)
2.6.3 Verduidelik hoe die finale stroomroof as ʼn voordeel vir toekomstige
vervoerdoeleindes gesien kan word. (1 x 2) (2)
2.6.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer hoe die omgewing
rondom die geroofde (verarmde) stroom by E, geaffekteer sal word.
(4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Gebruik die inligting in FIGUUR 3.1 om die tipe sakegebied met die stellings
hieronder te pas. ʼn Spesifieke sakegebied mag meer as een keer na verwys
word.
3.1.1 Winkels soos motorhuise wat langs belangrike roetes in die stad
gevind word.
3.1.2 Die kommersiële hart van die stad.
3.1.3 Hierdie sakegebied kom langs snelweë voor en het ʼn baie groot
invloedsfeer.
3.1.4 Hierdie klein sakegebied kan in feitlik elke voorstad aangetref word.
3.1.5 Die onbeplande kommersiële sakegebied wat gewoonlik die mees
toeganklikste is.
3.1.6 ʼn Onbeplande sakegebied wat langs belangrike kruispaaie of waar
daar ʼn hoë bevolkingdigtheid is, voorkom.
3.1.7 Hierdie beplande sakegebied kom meestal in voorstede voor.
(7 x 1) (7)
3.2 Pas die term/konsep hieronder met die stellings wat volg. Skryf SLEGS die
term/konsep langs die vraagnommer (3.2.1 – 3.2.8), bv. 3.1.9 Suid-Afrika.
Veredeling / Desentralisasie / Voedselsekerheid / Nieplekgebonde /
Buitelandse valuta / Bruto Binnelandse Produk / Invoervervanging /
Informele sektor/ Voedselonsekerheid
3.2.1 Die somtotaal van inkomste verdien in een jaar van ʼn land.
3.2.2 Waar werkers geen wettige regte het nie.
3.2.3 Die proses waar die ekonomiese waarde van erts verbeter word,
sodat dit tot hoër uitvoerwaarde lei.
3.2.4 Hierdie nywerhede hoef nie naby grondstowwe of markte te wees om
ʼn bestaan te maak nie.
3.2.5 Wanneer entrepreneurs produkte produseer wat oorspronklik van
ander lande ingevoer is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 11
3.2.6 Wanneer alle mense te alle tye toegang tot voldoende en voedsame
kos het.
3.2.7 Die proses van herverdeling van funksies, magte, mense, ens. weg
van ʼn fokuspunt.
3.2.8 Wanneer een geldeenheid vir ʼn ander verruil word. (8 x 1) (8)
3.3 Bestudeer die foto in FIGUUR 3.3 wat ʼn nedersettingspatroon wys.
3.3.1 Waarom word hierdie nedersetting as ʼn landelike nedersetting
beskou? (1 x 1) (1)
3.3.2 Identifiseer die nedersetting-patroon in FIGUUR 3.3. (1 x 1) (1)
3.3.3 Verduidelik hoe reliëf en water beskikbaarheid die patroon van die
nedersetting in FIGUUR 3.3 beïnvloed het. (2 x 2) (4)
3.3.4 Verskaf bewyse uit FIGUUR 3.3 om die feit dat ekstensiewe
kommersiële boerdery beoefen word, te staaf. (2 x 2) (4)
3.3.5 Bespreek TWEE ekonomiese voordele vir die boer wat in hierdie
nedersetting woon. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, A en B, wat die probleem van verkeersopeenhoping
in moderne stede beklemtoon.
3.4.1 Wat is ʼn verkeersopeenhoping? (1 x 1) (1)
3.4.2 Verskaf TWEE redes vir die verkeersopeenhopings in stedelike
gebiede. (2 x 1) (2)
3.4.3 Lewer kommentaar oor die ironie (teenoorgestelde) gedagtes van
die bestuurders in FIGUUR 3.4 A. (1 x 2) (2)
3.4.4 Verwys na FIGUUR 3.4B, wat ʼn gevolg/effek van
verkeersopeenhoping toon.
(a) Noem die tipe gevolg/effek wat geïllustreer word. (1 x 1) (1)
(b) Evalueer die sosiale impak wat hierdie tipe gevolg/effek in
FIGUUR 3.4 B op bestuurders mag het. (1 x 2) (2)
3.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maniere voor wat die
plaaslike owerhede kan implementeer om verkeersopeenhoping in
stedelike gebiede te verminder. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.5 Bestudeer FIGUUR 3.5 wat belangrike sektore van Suid-Afrika se ekonomie
illustreer.
3.5.1 Lys die volgende vanaf die data wat verskaf word:
(a) Die jaar waarin die eerste kwartaal ʼn negatiewe groeikoers
toon (1 x 1) (1)
(b) Die ekonomiese aktiwiteit wat ʼn positiewe groeikoers in die
sekondêre sektor toon (1 x 1) (1)
3.5.2 Verwys na die tweede kwartaal ekonomiese groeikoerse vanaf 2012
tot 2015.
(a) Noem die algemene neiging in die ekonomiese groeikoers
vanaf 2012 tot 2015. (1 x 1) (1)
(b) Bereken die verskil in die ekonomiese groeikoers tussen die
tweede kwartaal van 2014 en 2015. (1 x 1) (1)
(c) Gebruik die data wat deur die verskillende ekonomiese
sektore verskaf word, en bespreek die ekonomiese groeikoers
in die tweede kwartaal van 2015. (2 x 2) (4)
3.5.3 Verskaf ʼn rede waarom handel in die tersiêre sektor, heel moontlik
ʼn negatiewe ekonomiese groeikoers opgeteken het. (1 x 2) (2)
3.5.4 Analiseer die impak wat die negatiewe groeikoers van landbou op die
breër bevolking van Suid-Afrika sal het, as die neiging voortduur.
(2 x 2) (4)
3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, ʼn kaart van die Suidwes-Kaap industriële streek.
3.6.1 Noem die landbouproduk wat by Clanwilliam bewerk word. (1 x 1) (1)
3.6.2 Verwys na die kernkragstasie by A.
(a) Noem die kernkragstasie by A. (1 x 1) (1)
(b) Bespreek hoe die kernkragstasie by A industriële ontwikkeling
in die Suidwes-Kaap streek bevoordeel. (1 x 2) (2)
3.6.3 Lewer kommentaar oor die koue Benguela stroom se invloed op
kommersiële vissery langs die weskus van hierdie streek. (2 x 2) (4)
3.6.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die belangrikste
faktore wat industriële ontwikkeling in die Suidwes-Kaap industriële
streek beperk. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 13
VRAAG 4
4.1 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
SLEGS die letter (A–J) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) neer, bv. 4.1.9 K.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Wanneer boere konsentreer op die A Versnippering/
produkte wat die hoogste opbrengs en Fragmentasie
inkomste lewer
4.1.2 Proses waarin die bevolkingsdigtheid B Verstedeliking
van landelike gebiede mettertyd daal
4.1.3 Die beweging van mense weg vanaf C Konsolidasie
landelike gebiede
4.1.4 Gebruik van masjinerie in plaas van D Trekfaktore
handearbeid om produksie te verhoog
4.1.5 Wanneer boerderyprodukte geoes word, E Meganisasie
om direk aan verbruikers te verkoop
4.1.6 Die faktore in landelike gebiede wat F Spesialisasie
mense dwing om na stede te beweeg
4.1.7 Wanneer ʼn enkele plaas uit talle ruimtelik G Mark-georiënteerd
geskeide plaaseenhede bestaan
4.1.8 Die proses in kommersialisering H Stootfaktore
wanneer klein plaasplotte saamgevoeg
word om een groot plaas te vorm
I Landelike-stedelike
migrasie
J Landelike ontvolking
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
4.2 FIGUUR 4.2 verwys na TWEE verskillende sektore van indiensneming in
Suid-Afrika. Die onderstaande vrae gee ʼn beskrywing van die TWEE sektore.
Skryf jou keuse van SLEGS A of B langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) wat
ooreenstem met die stelling.
4.2.1 Hierdie sektor vul die gaping in die mark deur ʼn wye verskeidenheid
goedkoop goedere te bied
4.2.2 Hierdie sektor het werknemers wat deur die regering gereguleer word
4.2.3 Hierdie sektor bied gewoonlik werksgeleenthede aan mense met baie
min vaardighede
4.2.4 Hierdie sektor het ʼn gebrek aan formele wettige registrasie
4.2.5 Hierdie sektor dra grootliks by tot die BBP van die land
4.2.6 Hierdie sektor kan in die meer ontwikkelde nedersettings van die land
gevind word
4.2.7 Die regering het beperkte beheer in hierdie sektor (7 x 1) (7)
4.3 FIGUUR 4.3 is ʼn gevallestudie oor grondrestitusie in Macleantown.
4.3.1 Definieer die term grondrestitusie. (1 x 1) (1)
4.3.2 Noem TWEE doelwitte van grondhervorming in Suid-Afrika (2 x 1) (2)
4.3.3 Verskaf DRIE redes waarom die mense in die gevallestudie in
FIGUUR 4.3 nie ʼn 'bestaan uit landbou' kan genereer nie. (3 x 1) (3)
4.3.4 Verduidelik wat die skrywer met die volgende stelling bedoel: 'Die
voordele van grondrestitusie blyk meer simbolies as werklik te wees.'
(1 x 2) (2)
4.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe die regering die
begunstigdes van grondrestitusie kan bemagtig (help) om die armoede
in Suid-Afrika te verlig. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GEOGRAFIE V1 15
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, ʼn foto van ʼn grondgebruiksone in ʼn stedelike
gebied.
4.4.1 Identifiseer die grondgebruiksone wat in die foto geïllustreer word.
(1 x 1) (1)
4.4.2 Verskaf ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 4.4.1. (1 x 1) (1)
4.4.3 Stel TWEE redes voor waarom die fabriekeienaars hierdie
grondgebruiksone (antwoord op VRAAG 4.4.1) gekies het om ʼn
fabriek te bou. (2 x 1) (2)
4.4.4 Bespreek TWEE voordele wat die boer sal hê deur in hierdie
grondgebruiksone (antwoord op VRAAG 4.4.1) te vestig (bly).
(2 x 2) (4)
4.4.5 Hoekom is dit belangrik vir stedelike munisipaliteite om verdere
stedelike uitbreiding in hierdie grondgebruiksone (antwoord op
VRAAG 4.4.1) te beperk? (3 x 2) (6)
4.5 Verwys na die uittreksel in FIGUUR 4.5 oor vervaardiging in Suid-Afrika.
4.5.1 Definieer die term vervaardiging. (1 x 1) (1)
4.5.2 Noem die ekonomiese sektor waaronder vervaardiging val. (1 x 1) (1)
4.5.3 Gee EEN spesifieke uitkoms wat die vervaardigingsektor, volgens
die uittreksel, kan bereik (1 x 1) (1)
4.5.4 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid vir Suid-Afrika as die
vervaardigingsektor 'in die wêreldekonomie kan meeding'. (2 x 2) (4)
4.5.5 '... vervaardiging bied ʼn geleentheid om die land se groei en
ontwikkeling aansienlik te versnel.' In ʼn paragraaf van AGT reëls,
lewer kommentaar op hoe arbeidsvoorsiening en internasionale
mededinging enige voorgenome versnelling in die
vervaardigingsektor kan belemmer. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
4.6 Verwys na FIGUUR 4.6, wat inligting oor die Maputo Ontwikkelingskorridor
verskaf.
4.6.1 Wat is ʼn ontwikkelingskorridor? (1 x 1) (1)
4.6.2 Noem EEN ander buurland (NIE Mosambiek) wat voordeel uit
die Maputo Ontwikkelingskorridor trek. (1 x 1) (1)
4.6.3 Verskaf ʼn rede vir die verbinding tussen Johannesburg en Maputo.
(1 x 1) (1)
4.6.4 Verduidelik hoe die Maputo Ontwikkelingskorridor die
toerismebedryf in die gebied bevoordeel. (1 x 2) (2)
4.6.5 Bespreek DRIE hoof doelwitte van die Maputo Ontwikkelingskorridor
as ʼn Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief. (3 x 2) (6)
4.6.6 Verduidelik hoe die Mpumalanga provinsie tot die sukses van
die Maputo-ontwikkelingskorridor bygedra het. (2 x 2) (4)
[75]
GROOTTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Question Paper
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum