hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 12 NSS-voorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PROEFEKSAMEN 2026
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2026 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November Mock 2026 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC November Mock Exam 2026, 19 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2026
- Exam period
- NSC November Mock Exam
- Paper
- 2
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 170.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Mock Exam 2026
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V2 2 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIENERS
• Hierdie nasienriglyne is nie volledig nie. Aanvaar enige ander antwoord wat sinvol is,
binne konteks val en deur die teks gesteun word.
• By oop vrae word geen punt vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE
alleen toegeken nie; die motivering verdien die punt.
• Spel- en taalfoute word by kontekstuele vrae nie gepenaliseer nie, tensy dit die betekenis
beïnvloed.
• Wanneer TWEE/DRIE feite gevra word en ’n reeks gegee word, sien slegs die eerste
TWEE/DRIE na.
• Aanvaar by meervoudigekeuse-vrae die letter EN/OF die uitgeskryfde antwoord.
• Opstelvrae word met die rubrieke aan die einde van hierdie nasienriglyne geassesseer.
Die argumente in die raamwerke is ’n breë riglyn; nie alle feite hoef genoem te word nie.
• Kopiereg: Slegs “Suiwer wiskunde” is in die vraestel afgedruk. Die antwoorde vir die
ander gedigte, romans en dramas berus op die voorgeskrewe tekste soos dit in die
klas bestudeer is. Nasieners moet bladsy-/versreëlverwysings aan die hand van hul eie
eksemplare kontroleer.
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: “SUIWER WISKUNDE” – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die poësie-opstel (10 punte). Moontlike argumente:
ARGUMENT MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
Inleiding: Die gedig beeld Die gedig beantwoord die implisiete vraag: wat sou gebeur
’n hipotetiese oomblik uit as tyd tot stilstand kom?
waarin tyd stilstaan.
Beeldspraak: Die uurwerk Die kort eerste sin “Die uurwerk kantel.” werk soos ’n
wat “kantel” is die oorsaak skielike breuk; daarna volg die gevolge.
van die stilstand.
Die by wat “roerloos” hang, Die blom sal “nooit bevrug” word, “nooit sal saadskiet, welk”
beeld die stilstand van die nie – lewe (bevrugting, saad) en dood (verwelk) word albei
natuur se kringloop uit. opgeskort.
Die lug en see is verstar. Vergelyking: die lug het “stil soos ys” gaan staan; kleure
“wit en blou” is koel en helder. Die brander wat wou
“oorbuig” bly “in sy ligte sirkels vasgehou” – ’n perfekte,
bevrore beweging.
Ewigheid/verlies. Die brander moet “sy see ’n ewigheid versuim”: die stilstand
is permanent en hou ’n verlies in (die golf bereik nooit sy
bestemming nie).
Klank: Rym en halfrym Kruisrym abab cdcd (by/verby, bevrug/lug, blou/vasgehou,
ondersteun die skuim/versuim) skep ’n gebalanseerde, simmetriese
geslotenheid. patroon soos ’n wiskundige formule. Die lang vokale (-ou,
-uim) vertraag die tempo. Herhaling van “nooit” beklemtoon
die finaliteit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 3 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
Versbou: Enjambement en Enjambement (bv. “bevrug / word”, “verby / hierdie
sinsbou. verstarde uur”) laat die sinne oor die versreëls vloei, terwyl
die beweging in die beeld self stilstaan – ’n spanning
tussen vorm en inhoud. Die kort sin in reël 1 kontrasteer
met die lang, uitgerekte sinne daarna.
Titel: “Suiwer wiskunde”. Suiwer wiskunde handel oor abstrakte, tydlose, perfekte
verhoudings. Die verstarde oomblik is net so perfek, presies
en buite die tyd – vgl. die “sirkels” (meetkundige vorm). Die
titel suggereer dat so ’n volmaakte stilstand slegs in die
abstrakte (nie in die lewende werklikheid) kan bestaan.
Slot Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
[10]
VRAAG 2: “TSUNAMI” – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
2.1 Die tsunami (wat ná ’n aardbewing ontstaan het) (1) 2
Japan (Nippon) (1)
2.2 Personifikasie/metafoor (1) 2
Die monster beeld die vernietigende, onbeheerbare, woedende krag van
die see uit wat weerlose mense “verslind”./Dit maak die natuurkrag lewend
en vreesaanjaend. (1)
2.3 ’n Slang sis (die sisgeluid van die aanstormende water)./beweeg 2
kronkelend en vinnig./val skielik en dodelik aan./is giftig/dodelik./beweeg
laag oor die grond.
Die kandidaat bied TWEE eienskappe vir EEN punt elk aan.
2.4 Die mens is weerloos/nietig teenoor die natuur – duisende verdwyn net so 1
skielik en spoorloos soos mis wat oplos.
Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
2.5 Die wit spasie beeld die leemte/die verdwyning van die mense 1
uit./beklemtoon die skokkende verlies.
2.6 Alliterasie (t-, d-klanke)/assonansie (aa-klanke in “traag maar”) – die klanke 1
vertraag die tempo en beeld die stadige, versadigde terugtrek van die water
uit.
Die kandidaat bied klankmiddel EN effek vir EEN punt aan.
2.7 Dreigend: die monster het net “teruggetrek” en is nie vernietig nie; dit kan 1
weer toeslaan.
OF
Gerusstellend: die monster is ver weg/in die dieptes en die ramp is verby.
Geen punt vir JA/NEE alleen nie; die motivering verdien die punt.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 4 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: “DIE BOKSER” – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.1 “kryt” 1
3.2 Die pare rymende reëls (koeplette) weerspieël die twee boksers wat 1
teenoor mekaar staan/die spieëlbeeld (twee gelyke helftes).
3.3 Sy beeld versplinter in die glas waar sy eie gestalte netnou was. 2
Die weerskyn (refleksie) word verskerf.
Die twee figure is identies (wit bors teen wit bors, skim teen skim).
Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.
3.4 Vergelyking (1) 2
’n Afgesnyde koringgerf val slap en magteloos om./Die beeld herinner aan
die oes/die dood (die maaier) – die bokser se val is finaal. (1)
3.5 Die bokser verloor sy bewussyn/is verward/herken homself nie meer nie; 1
die perspektief verskuif na iemand wat van buite kyk.
3.6 Die dood/die verlies van bewussyn/die einde van die lewe. 1
3.7 Elke mens stry teen homself (sy eie swakhede/innerlike teenstander) (1) 2
en uiteindelik teen sy eie sterflikheid – ’n stryd wat almal op die ou end
verloor. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 5 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: “VROUE VAN VERMEER” – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.1 Die vroue wat in Vermeer se skilderye uitgebeeld word. 1
4.2 Die vrou se plek was in die huis/sy was beperk tot die huishoudelike 1
sfeer/geïsoleer.
4.3 Die brief/die (oop) venster/die land- of wêreldkaart teen die 2
muur/(verwysing na) seestrome en skeepvaart.
Die kandidaat bied TWEE voorwerpe vir EEN punt elk aan.
4.4 Herhaling/polisindeton/opsomming (1) 2
Dit beklemtoon die verskeidenheid poses/aktiwiteite in Vermeer se
verskillende skilderye./skep ’n ritme wat die rustige, herhalende huislike
handelinge naboots. (1)
4.5 Lig wat “in vlokkies of korrels brand”/die “sonnende pêrel”/lig wat oorvloedig 2
“afstraal” in die klein vertrek. (1)
Die lig simboliseer die verbinding met die groter (oneindige) heelal/’n
geestelike dimensie/hoop en lewe wat die geslote ruimte binnedring. (1)
4.6 Die klein, geslote, stil vertrek word deur die lig met die onmeetlike heelal 2
verbind (1)
en dit kom lewendig voor/“asem” (personifikasie) – die stilte word lewe en
vryheid. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 6 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: “BEURTKRAG” (ONGESIENE GEDIG) – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.1 Personifikasie (“sterf die stad”) (1) 2
Vergelyking (“soos ’n kers wat iemand doodblaas”) (1)
5.2 Opsomming/opeenvolging (“eers … dan … dan”)/klimaks/herhaling. 1
5.3 ’n Verkeerslig se rooi lig lyk soos ’n oog; wanneer die krag afgaan, “sluit” dit 1
– die stad “slaap”/is dood.
Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
5.4 Die ma koester/beskerm haar kind se opvoeding (1) 2
en bid/hoop op ’n beter toekoms vir haar kind ondanks moeilike
omstandighede. (1)
5.5 A/Personifikasie 1
5.6 Letterlik: (kers)lig/elektriese lig; figuurlik: kennis/opvoeding/liefde/hoop. 1
Die kandidaat bied albei betekenisse vir EEN punt aan.
5.7 Die geraas van die elektriese toestelle (die yskas “brom”, die televisie 2
“skree”) kontrasteer met die stil, intieme oomblik by kerslig. (1)
Die spreker wil die warmte/nabyheid/liefde van die ma (“my ma se lig”) nog
’n rukkie geniet. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 7 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: ROMAN
VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
ARGUMENT MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
Letterlike onderwêreld: Die Trapper-ritueel waartydens graad 8’s deur die tonnels
Die tonnels moet kruip. Greg moet as hoofseun besluit of Eckardt in die
(stormwaterpype) onder donker gat laat sak word, maar hy trek hom uit omdat
Lawson Kollege. Eckardt se oë hom aan John herinner.
Kuberkraakwêreld: ’n Eckardt (Ekk-0) leer Greg om te kraak; Greg werk deur die
Verborge wêreld van “challenges” en kry ’n eie skuilnaam (G-4ce). Eckardt vra
skuilname en geheime. telkens “white hat or black hat?” – die morele grys sone van
die onderwêreld. Greg se skoolwerk, sy hoofseunpligte en
sy verhouding met Nicole ly daaronder; hy begin lieg en
reëls oortree.
Eckardt noem Greg ’n Die ritueel in die tonnels word ’n metafoor vir Greg se
tegnologiese Trapper. “inlywing” in die kuberkraakwêreld.
Misdadige onderwêreld: Dok Pienaar (die skoolhoof) is “die Butcher”; Greg se pa is
Project Nursery Rhyme. “the Candlestick-maker”. Die komplot (met die
farmaseutiese maatskappy Plus Ultramed en ’n
siekte-uitbreking waarvoor ’n entstof verkoop kan word)
word deur kuberkrakery ontbloot. Eckardt se verdwyning lei
Greg dieper in hierdie wêreld in. Dok Pienaar word
gearresteer.
Die ouers se verborge Greg se pa en Dok Pienaar was vroeër by bedrog (“insider
verlede. trading”) en omkopery van ’n regter betrokke. Die
respektabele boonste wêreld (skool, mediamaatskappy)
steun op ’n korrupte onderwêreld.
Greg se innerlike John het selfdood gepleeg (met pille van Plus Ultramed).
onderwêreld: Onverwerkte Greg se pa het hom verbied om te huil; Greg onderdruk sy
rou. hartseer. Hy voel vasgevang in sy pa se verwagtinge (nege
onderskeidings, opvolger by Turret Media).
Onsekerheid en innerlike Wantroue teenoor Eckardt (Nicole), skuldgevoelens oor sy
konflik. pligte, twyfel oor sy leierskap. Ná die ontmaskering van Dok
Pienaar konfronteer Greg sy pa oor John se dood; hy kry
insig dat sy pa ook net ’n (gebroke) mens is.
Slot Greg kom uit die “onderwêreld” met groter selfkennis; hy
besef dat selfs Eckardt se naam vals is – die onderwêreld
laat nie alle geheime los nie.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 8 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
7.1 Hoofseun 1
7.2 Uitstekende akademiese resultate/nege onderskeidings. 2
Dat hy John se plek inneem/die opvolger by Turret Media word.
Dat hy ’n sterk leier/hoofseun is en goed in rugby presteer.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
7.3 Hy het selfdood gepleeg (’n oordosis pille geneem). (1) 2
Die pille was afkomstig van Plus Ultramed, die farmaseutiese maatskappy
waarby Greg se pa (en Dok Pienaar) betrokke was. (1)
7.4 Greg moet sy hartseer onderdruk/kan nie oor John rou nie (1) 2
en hy stry tussen sy behoefte om te treur (en sy liefde vir sy ma) en sy
begeerte om sy pa tevrede te stel. (1)
7.5 ’n Mens sou verwag dat die pa self ’n man met ’n ruggraat is (1) 2
MAAR hy dans self na Dok Pienaar se pype/neem nie standpunt in teen die
misdadige planne nie. (1)
Albei kante van die ironie moet aangedui word.
7.6 Dit is ’n inlywingsritueel vir nuwe (graad 8-)leerders (1) 2
in die tonnels/stormwaterpype onder die skoolterrein. (1)
7.7 Eckardt is reeds in graad 12/’n matriekleerder, nie ’n graad 8 nie. 1
7.8 Eckardt se oë herinner hom aan sy broer, John. 1
7.9 Eckardt noem Greg ’n tegnologiese Trapper wanneer hulle kuberkraak. 1
7.10 Die naam klink soos “eggo” – dit verwoord die soeke na antwoorde wat net 1
as eggo’s uit die (onder)wêreld terugkom./Eckardt het die naam ná sy pa se
selfdoodpoging gekies.
7.11 Dok (Alec) Pienaar, die skoolhoof. (1) 2
Greg ontbloot hom deur kuberkrakery en gee die inligting aan die polisie; hy
word gearresteer. (1)
7.12 Eckardt wou Dok Pienaar (en Greg se pa) se misdade/Project Nursery 2
Rhyme aan die kaak stel (as wraak vir wat met sy pa gebeur het). (1)
Greg het toegang/vaardighede gehad (hy is die hoofseun en die
mediamagnaat se seun) en kon na sy verdwyning die ondersoek voortsit.(1)
7.13 Hy moes sy mediamaatskappy (Turret Media) gebruik om die gevaar van 1
die siekte bekend te maak/die “kers” van vrees aan te steek sodat mense
die entstof koop.
7.14 Clarens 1
7.15 Ek-verteller/eerstepersoonsverteller (1) 2
Die leser kry direk toegang tot Greg se gedagtes en gevoelens; sy innerlike
stryd word geloofwaardig en intens oorgedra. (1)
7.16 Dat Eckardt ook ’n skuilnaam is; hy weet steeds nie wat sy vriend se regte 1
naam is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 9 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
7.17 Ja: hy staan uiteindelik vir die waarheid op, selfs teen gesagsfigure/sy eie 1
pa.
OF
Nee: hy het sy pligte afgeskeep, gelieg en reëls oortree.
Geen punt vir JA/NEE alleen nie; die motivering verdien die punt.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 10 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
ARGUMENT MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
In armoede: Tant Wonnie Ná haar man Heinrich se dood in die oorlog verkoop sy
kies onafhanklikheid en haar huis aan die Wingroves, maar hou die buitekamer vir
eerlike werk. haar en haar dogters. Sy is ’n wasvrou en gaan nooit bedel
nie; haar kinders het nooit honger gaan slaap nie.
Sy deel die min wat sy het. Sy maak velriemskoene en gee dit meestal verniet weg; sy
maak medisyne van wilde knoffel en sê “gee wat jy wil”; sy
verkoop die waterput vir ’n koei en ’n kalf, en deel die water
en vleis met die gemeenskap.
In haar verhoudings: Sy weerstaan Piet de Bruin se toenadering (sy byt hom). Sy
Selfrespek en sin vir reg. staan teen mev. De Bruin op wat haar kind aan die
Bosmans wil gee. Sy weier om later haar geld te gaan haal,
want sy is nie ’n bedelaar nie.
Sy steur haar nie aan Ander vroue is jaloers/venynig, maar om “skoon” te lewe is
skinder nie. vir haar die vernaamste.
In teenspoed: Die Settie September beskuldig haar vals van die diefstal van ’n
arrestasie. trouring. Sy loop met waardigheid na Du Toitspan, lig haar
kop en bid. Die tronktyd word ’n geestelike reis wat haar
geloof versterk.
Erkenning van haar Die magistraat reik ’n huweliksertifikaat uit sodat sy vir ’n
waardigheid. oorlogsweduweepensioen kwalifiseer, en reël nuwe skoene
en ’n rok vir haar.
Blywende invloed op die Kenneth betaal losies vir haar en Suzan, vra haar om die
gemeenskap. oudstes bymekaar te kry vir die kliniekplan, maak ná haar
dood self haar kis en ’n ysterkruis vir haar graf. Haar
naasteliefde leef voort in die kliniek en in die gemeenskap
se samewerking.
Slot Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 11 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 9: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
9.1 Settie September het haar (vals) van die diefstal van haar trouring 1
beskuldig.
9.2 Sy het sonder om te kla geloop./Sy het haar kop gelig./Sy het gebid./Sy het 2
haar lot met kalmte en geloof aanvaar.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.3 Hy reik ’n huweliksertifikaat aan haar uit (1) 2
sodat sy vir ’n oorlogsweduweepensioen kwalifiseer. (1)
9.4 Opvoeding/kennis/geleerdheid is vir hom belangrik./Hy respekteer Kaaitjie 1
en wil hê sy moet groei.
9.5 Hy is by sy werk beseer/was in ’n (werks)ongeluk. 1
9.6 Hy bring kos vir haar, vra na borgtog en wil haar uit die tronk help, al is sy 1
nie sy familie nie./Hy behandel haar soos ’n ma (“Ma-Ma”).
9.7 Kliniek Katrina (1) 2
Om Kaaitjie (Katrina) se nagedagtenis te eer/te verseker dat niemand
anders soos sy sonder behoorlike gesondheidsorg sterf nie. (1)
9.8 Dit was sy idee/hy het die bouplanne opgetrek/hy het Tant Wonnie gevra 2
om die oudstes bymekaar te kry/hy het daarop aangedring om Oom Flip vir
die vervoer van die boumateriaal te betaal.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.9 Mister Burns 1
9.10 Vatmaar se mense mag nie van die khadie drink nie (1) 2
want sy het dit sterker as gewoonlik gemaak om die mense van die Pan ’n
les te leer (hulle dronk te maak). (1)
9.11 Vroeër was hy selfgesentreerd/verwaand/’n daggaroker (1) 2
later is hy ’n leiersfiguur: stigterslid en afrigter van die sokkerspan, help by
die brandende huis, deel van die gemeenskap. (1)
9.12 Hy meet die sokkerveld uit/wys die grond aan/skenk die doelpale en 1
kalk/skryf die brief aan die dorpsraad/skenk geld vir die stokvel.
Die kandidaat bied EEN antwoord vir EEN punt aan.
9.13 Daar is nie voorsiening vir ’n kerkgebou op Vatmaar gemaak nie. (1) 2
Die inwoners werk saam en samel self geld vir ’n kerk in. (1)
9.14 Elsa was baie krities oor Tommy se verhouding met Nellie Ndola oor 1
kleurgrense heen, MAAR nou besluit sy self dat Kenny (’n bruin man) die
man vir haar is.
Albei kante van die ironie vir die punt.
9.15 Hy maak self haar kis by sy werkplek. 2
Hy maak saam met sokkerspelers ’n ysterkruis vir haar graf.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.16 Hy vra Suzan om met hom te trou (die gebooie word afgekondig). 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 12 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
9.17 Mens kan jou hartseer/verlies omskep in iets wat ander help/opbou./Diens 1
aan die gemeenskap gee betekenis.
Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 13 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: DRAMA
VRAAG 10: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
ARGUMENT MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
Map se verlede: Die Weens werkreservering kry hy net ’n boodskapperspos; hy
gevolg van sy sluit by ’n bende aan en laat hom tatoeëer in ’n desperate
omstandighede. soeke na identiteit. Die bende beroof vroue; Map gee
toestemming vir ’n verkragting waarvan sy eie ma en suster
die slagoffers is; sy suster sterf. Hy steek Ivan Philander
dood en gee homself oor (twaalf jaar tronkstraf).
Bekering: Vergifnis van In die tronk kom hy deur Apostel George tot bekering: hy
God. glo God maak hom “silwerskoon”. Hy bely sy skuld (“O
God, vergewe my!”).
Terugkeer: Die Mense sien net sy tatoeëermerke en verlede; hy sukkel om
gemeenskap vergewe hom werk te kry; die Kersorkes weier hom met die verskoning
nie maklik nie. dat hul lidmaatskap vol is. Ware bevryding kom dus nie net
deur die bekering nie.
Verhouding met sy ma: Antie Grootmeisie het jare lank nie gepraat nie. Met Apostel
Vergifnis en versoening. George se hulp bely Map voor haar wat gebeur het; sy
vergewe hom en praat weer vir die eerste keer: “Johnnie”.
Hy word weer haar seun (Johnnie) in plaas van die
bendeleier (Map).
Verhouding met Blanchie: Blanchie het hom vermy; sy het as prostituut (onder die
Wedersydse vergifnis. dekmantel van modelwerk) gewerk en haar droom van ’n
oorsese kontrak het misluk. Ná Cavernelis se selfdood
vertel sy hom alles; hy vergewe haar en keer haar
negatiewe selfbeeld; hulle versoen.
Mate van waarheid Die kandidaat kan aanvoer dat vergifnis noodsaaklik is,
maar dat die harde omstandighede van die Kaapse Vlakte
steeds bly voortbestaan (tou, wind en trein as simbole van
’n meedoënlose lewe).
Slot Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 14 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 11: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
11.1 Op die Kaapse Vlakte (1) 2
(Met) Kersfees (1)
11.2 Weens werkreservering was daar net swak werk (boodskapper) vir hom. 2
Hy het ’n identiteit/plek om te behoort gesoek.
Hy wou geld hê/mag hê.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.3 Dit was ’n soeke na identiteit/’n “kaart” van sy lewe: wie en waar hy (as 1
misdadiger) was tot waar hy nou as bekeerde is.
11.4 Hy het opdrag gegee om vroue te beroof. 3
Hy het toestemming vir ’n verkragting gegee (waarvan sy ma en suster die
slagoffers was).
Hy het Ivan Philander doodgesteek.
Hy het homself aan die polisie oorgegee.
Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.5 Sy is getraumatiseer deur die aand toe sy (en haar dogter) aangeval is/haar 2
dogter gesterf het. (1)
Sy praat weer aan die einde van die drama, nadat Map sy skuld bely het; sy
sê “Johnnie”. (1)
11.6 Hy lei Map tot bekering/oortuig hom dat God hom vergewe. 2
Hy help Map om voor sy ma te bely.
Hy help Antie Grootmeisie om Map te vergewe/te glo dat hy bekeer is.
Hy waarsku Map dat die gemeenskap hom nie maklik sal aanvaar nie.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
11.7 Map: die bendeleier/misdadiger (sy harde, gewelddadige verlede). (1) 2
Johnnie: die onskuldige seun/die geliefde kind wat hy weer aan die einde
vir sy ma en Blanchie word. (1)
11.8 Die lidmaatskap is vol/die aansoeke vir die volgende kompetisie is reeds 1
gevul.
11.9 Die gemeenskap wantrou hom/oordeel hom op grond van sy verlede/glo nie 1
aan sy bekering nie.
11.10 Sy werk as prostituut (vir wit mans) onder die dekmantel van modelwerk/by 2
’n massering-salon. (1)
Om geld te maak/uit die armoede van die Kaapse Vlakte te ontsnap/’n beter
lewe te kry. (1)
11.11 Sy kry nie die kontrak nie/dit was nooit ’n regte kontrak nie. (1) 2
Sy blameer haar pa (Cavernelis). (1)
11.12 Hy pleeg selfdood deur voor ’n trein in te loop. (1) 2
Sy besef dat haar beskuldigings tot sy dood gelei het en voel
skuldig/gebroke. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 15 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
11.13 Albei het swaar gely en albei vergewe mekaar (1) 2
wat ’n nuwe begin/’n toekoms saam moontlik maak ondanks hul
omstandighede. (1)
11.14 Ja: hy neem verantwoordelikheid vir sy dade, gee homself oor en bely sy 1
skuld.
OF
Nee: dit kan ’n manier wees om parool te kry/die gemeenskap sien nog
geweld in hom.
Geen punt vir JA/NEE alleen nie; die motivering verdien die punt.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 16 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 12: MIS – OPSTELVRAAG
Gebruik die rubriek vir die roman- en drama-opstel (25 punte). Moontlike argumente:
ARGUMENT MOTIVERING/VERWYSING NA DIE TEKS
Mis as dieremis: Armoede Meisie stik sakke waarin dieremis verpak en verkoop word
en vernedering. – hulle bron van inkomste ná die Depressie. Die stank van
mis oorheers; Meisie plant rose voor haar venster om dit te
verdryf. Die “mislike” bestaan simboliseer hul
vasgevangenheid. Die slopemmer van Gabriël (wat sewe
jaar in die solder bly) versterk die vernedering.
Mis as mistigheid: Ruimte Die mistige nag van 31 Augustus 1936 skep ’n
en atmosfeer. onheilspellende atmosfeer; meisies het verdwyn; die huis
word gesluit en luike toegespyker. Die mis skep
onsekerheid – niks is helder sigbaar nie.
Misleiding/misverstand: Miem mislei haarself: sy is skynheilig (raas oor die sirkus,
Die karakters. maar luister geboei na Gertie se vertelling van die fratse).
Die “blinde konstabel” mislei die vroue: hy “herken” hulle
aan hul reuk, suggereer dat Gabriël die verdwynings kan
veroorsaak, en wen Miem se vertroue.
Miem se blindheid vir die Sy belowe om Meisie die hele nag te beskerm, maar nooi ’n
gevaar. vreemde man in; sy hemel Meisie se skoonheid op en stuur
haar saam met hom uit. Dramatiese ironie: sy smeek die
gevaar om te bly.
Mis as “mis” (verlies) en Die konstabel maak ’n afspraak met Meisie
afloop. (aannemingsrok, kaalvoet). Aan die einde dans Meisie by
die agterdeur uit en word sy die volgende vermiste meisie:
Miem gaan haar “mis”. Vir Meisie is dit ’n tragiese bevryding
uit haar ma se oorheersing.
Slot Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 17 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 13: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
VRAAG ANTWOORD PUNT
13.1 1936 (31 Augustus 1936) 1
13.2 Om dieremis in te verpak en te verkoop (1) 2
Hulle is baie arm/moet op hierdie vernederende manier ’n bestaan maak.(1)
13.3 Sewe jaar (1) 2
Miem oorheers/domineer Meisie/maak haar haar bediende en bewaker/klou
aan haar vas. (1)
13.4 Sy glo die sirkus is boos/verantwoordelik vir die onheil en die verdwynings 1
van die meisies.
13.5 Sy het een aand sonder toestemming sirkus toe gegaan/uitgeglip. (1) 2
Miem sê sy was so ontsteld/siek dat sy twee weke lank net gortsop kon
eet./Dit het haar diep gegrief. (1)
13.6 Om die stank van die mis te verdryf. 1
13.7 Daar is ’n uil in haar tuin (wat op onheil dui) en sy is bang om alleen te wees 2
(1)
Sy vertel van die fratse/vreemde mense en diere by die sirkus. (1)
13.8 Miem het belowe om die hele nag by Meisie te waak en die deure gesluit te 2
hou (1)
MAAR sy sluit self die deur oop en nooi ’n vreemde man in. (1)
13.9 Margareta Johanna 1
13.10 Dit beklemtoon haar gebrek aan identiteit/onbelangrikheid in die gesin (1) 2
Die konstabel se gebruik van haar regte naam gee haar ’n gevoel van
eiewaarde en laat haar hom vertrou. (1)
13.11 Sy hemel Meisie se skoonheid op (“mooi soos ’n engel”). 2
Sy prys haar huishoudelike vaardighede (skoonmaak, kosmaak).
Sy beskryf haar lang hare/bied aan dat hy daaraan raak.
Sy wys suggestief op haar heupe.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
13.12 Hulle spreek af om mekaar later in die nag skelm te ontmoet (1) 2
sy moet haar aannemingsrok aantrek EN kaalvoet kom. (1)
13.13 Die gehoor vermoed dat die konstabel die gevaar/ontvoerder is, MAAR 1
Miem smeek hom om te bly sodat hy hulle kan beskerm.
13.14 Hy “herken” die vroue aan hul reuk (bv. hy raai Miem se ouderdom en dat 2
sy getroud is en kinders gehad het) en beïndruk hulle so (1)
As blinde man lyk hy onskadelik/hulpeloos, en sy uniform gee hom gesag,
sodat die vroue hul waaksaamheid laat vaar. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 18 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
13.15 Sy dans saam met die konstabel by die agterdeur uit en word die volgende 2
vermiste meisie. (1)
Sy ontsnap uiteindelik aan haar ma se oorheersing en die armoede, maar
haar vryheid kos haar moontlik haar lewe. (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 19 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
RUBRIEK VIR DIE OPSTELVRAAG – POËSIE (10 PUNTE)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD (6) 5–6 4 3 2 0–1
Interpretasie, Diepgaande Goeie begrip; Redelike Swak Geen begrip
diepte van interpretasie; deeglike interpretasie; interpretasie; van die
argument, reeks argumente, enkele goeie min relevante onderwerp of
insig treffende maar nie punte punte die gedig nie
argumente almal ewe
wat goed uit goed gestaaf
die gedig nie
gestaaf word
STRUKTUUR 4 3 2 1 0
EN TAAL (4)
Logiese vloei, Samehangend; Duidelike Enkele Swak Geen struktuur
taalgebruik, volwasse, struktuur; bewyse van struktuur; nie
toon korrekte taal taal grootliks struktuur; baie taalfoute
korrek geringe
taalfoute
RUBRIEK VIR DIE OPSTELVRAAG – ROMAN EN DRAMA (25 PUNTE)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD (15) 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
Interpretasie, Diepgaande Goeie begrip; Redelike Min relevante Geen begrip;
diepte van interpretasie; argumente interpretasie; argumente; irrelevante of
argument, alle aspekte redelik nie alle oppervlakkig geen
insig in die van die vraag gedetailleerd, aspekte in of argumente nie
teks deeglik nie almal diepte hoofsaaklik
bespreek en ewe goed bespreek nie navertelling
uit die teks gemotiveer
gestaaf nie
STRUKTUUR 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
EN TAAL (10)
Inleiding, Uitstekende Duidelike Struktuur is Swak Geen
paragrafering, struktuur en struktuur; herkenbaar; struktuur; struktuur;
logiese vloei, ontwikkeling; taal grootliks enkele taalfoute ernstige
taalgebruik, taal en styl korrek taalfoute belemmer taalfoute
lengte volwasse en betekenis
foutvry
LET WEL: ’n Opstel wat aansienlik korter as die vereiste lengte is, kan hoogstens in die
“Gemiddeld”-kategorie vir struktuur en taal geplaas word. ’n Navertelling sonder argument kan
hoogstens in die “Elementêr”-kategorie vir inhoud geplaas word.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper