hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 12 NSS-voorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PROEFEKSAMEN 2026
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 8 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2026 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November Mock 2026 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC November Mock Exam 2026, 8 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2026
- Exam period
- NSC November Mock Exam
- Paper
- 3
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 155.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
NSC November Mock Exam 2026
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V3 2 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
Gebruik die volgende simbole by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en
eenvormigheid:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( )↷ Hakies en pyltjie
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute (ook spelfoute) Dubbelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling [ Begin van ’n nuwe paragraaf
Woord(keuse)foute x Trek ’n x bo die verkeerde woord
Erkenning van ✓ Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
taaljuweeltjies uitdrukkings
Onduidelik/onverstaanbaar ≀ Kronkelstreep in die kantlyn
Punktuasie ◦ Omkring die fout
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prent skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel skryf wat pas by sy/haar interpretasie
van die onderwerp. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die
finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:
Inhoud en beplanning: I = 22
Taal, styl en redigering: T = 10
Struktuur: S=4
Totaal (onder die opstel, regs): 36
Dra die punt uit 50 oor na die begin van die opstel (by die beplanning).
VRAAG 1
Riglyne: Assesseer die opstel sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Die moontlikhede hieronder is nie bindend nie.
1.1 Die laaste dag van my kinderjare
Waarskynlik ’n verhalende of bespiegelende opstel oor die oomblik waarop die
kandidaat besef het dat hy/sy nie meer ’n kind is nie (bv. die dood van ’n geliefde,
verantwoordelikheid vir broers en susters, ’n skeiding, die eerste werk, die laaste
skooldag). Dit kan ook beskrywend wees (die dag, die plek, die gevoel). Die oorgang
van kind na volwassene moet duidelik uitgebeeld word; die kandidaat moet nie bloot ’n
“gewone” dag beskryf nie. [50]
1.2 “Nie alles wat blink, is goud nie.”
Die idioom (skyn bedrieg) kan verhalend hanteer word (bv. ’n “perfekte” vriend, ’n
bedrogspul op sosiale media, ’n beroemde persoon se ware lewe, ’n werkaanbod
wat te goed was om waar te wees) of beredeneerd/bespiegelend (materialisme,
beroemdheid, eerste indrukke). Die betekenis van die idioom moet duidelik na vore
kom. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
1.3 Kunsmatige intelligensie: ons slimste uitvinding of ons grootste fout?
Leen hom tot ’n beredeneerde opstel (voordele: mediese vooruitgang, onderwys,
doeltreffendheid; nadele: werkverlies, skynnuus/diepvervalsings, plagiaat, privaatheid)
met ’n gemotiveerde gevolgtrekking, of ’n argumenterende opstel wat een kant kies.
’n Bespiegelende opstel oor die toekoms is ook gepas. Die vraag in die titel moet
beantwoord word. [50]
1.4 Die brief wat ek nooit gepos het nie
Die opstel kan verhalend wees (die omstandighede rondom die brief: ’n verskoning,
’n liefdesverklaring, afskeid van ’n oorlede persoon, woede teenoor ’n ouer) of as ’n
bespiegelende teks oor onuitgesproke woorde en spyt aangebied word. Die kandidaat
mag die brief (of dele daarvan) in die opstel insluit, maar die teks moet steeds ’n opstel
wees en nie net ’n brief nie. Die rede waarom die brief nooit gepos is nie, behoort
duidelik te wees. [50]
1.5 Suid-Afrika se jeug het nie ’n toekoms nie – of het ons?
Geskik vir ’n argumenterende of beredeneerde opstel. Negatief: werkloosheid,
misdaad, armoede, emigrasie, gebrekkige dienslewering. Positief: entrepreneurskap,
tegnologie, jong rolmodelle, beurse, veerkragtigheid. Die retoriese “of het ons?” nooi ’n
persoonlike, hoopvolle slot, maar die kandidaat mag enige standpunt inneem mits dit
oortuigend gemotiveer word. [50]
1.6 Prent: ’n gebreekte brug oor ’n diep kloof; twee mense aan weerskante wys na
mekaar
Moontlike interpretasies: verbroke verhoudings (vriende, gesin, geliefdes),
kommunikasieprobleme, verdeeldheid in die samelewing (ras, klas, generasies),
versoening, die gaping tussen droom en werklikheid, hindernisse wat oorkom moet
word. Enige opstelsoort is aanvaarbaar mits die kandidaat duidelik op die prent reageer
en sy/haar eie titel gee. [50]
1.7 Prent: ’n gesin om ’n etenstafel met een leë stoel
Moontlike interpretasies: verlies en rou (die dood van ’n gesinslid), ’n ouer wat ver
werk, ’n broer/suster wat weggeloop of geëmigreer het, egskeiding, iemand in die tronk
of hospitaal, afwagting op iemand se tuiskoms, eensaamheid te midde van ander.
Beskrywende, verhalende en bespiegelende opstelle is gepas; die leë stoel moet
sentraal staan. [50]
1.8 Prent: ’n kind onder aan ’n lang trap wat na ’n deur in die wolke lei
Moontlike interpretasies: drome en ambisies, die toekoms ná skool, die lang pad na
sukses, uitdagings stap vir stap, die onbekende, geloof/die hiernamaals, verbeelding
en kinderlike verwondering. Bespiegelende en verhalende opstelle sal waarskynlik
oorheers; ’n beskrywende opstel oor ’n droom is ook aanvaarbaar. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
SOORTE OPSTELLE (KORT RIGLYN)
• Verhalend: ’n Boeiende storie met ’n duidelike storielyn, oortuigende karakters en
agtergrond/atmosfeer, ’n treffende inleiding en ’n bevredigende/verrassende slot;
gewoonlik in die verlede tyd.
• Beskrywend: Die onderwerp word so lewendig beskryf dat die leser dit kan beleef;
waarnemings met al vyf sintuie, oorspronklike beeldspraak, stemming en atmosfeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
• Beredeneerd: Objektief; albei kante van die saak word gebalanseerd bespreek en die
slot gee ’n gemotiveerde gevolgtrekking.
• Argumenterend: Subjektief; die skrywer neem ’n duidelike standpunt in en verdedig dit
enduit met ’n reeks oortuigende argumente en retoriese middele.
• Bespiegelend: Die skrywer dink oor ’n idee, droom of lewenswaarheid na en weeg
moontlikhede op; persoonlik van aard; ’n gevolgtrekking is nie noodsaaklik nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste twee tekste nagesien.
Dui aan die einde van elke teks die punte soos volg aan:
Inhoud, beplanning en formaat: I = 10
Taal, styl en redigering: T=6
Totaal (onder die teks, regs): 16
VRAAG 2
2.1 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS
Die brief reageer op die artikel (verwys na die opskrif/datum), weerlê die bewering dat
matrieks lui is, noem uitdagings (werkslas, finansiële druk, onveiligheid, gebrek aan
hulpbronne, beurtkrag, sosiale druk) EN gee konkrete voorbeelde van hardwerkende
jong mense (deeltydse werk, gemeenskapsdiens, uitstaande prestasies).
• Skrywer se adres en datum; ontvanger: Die Redakteur, naam en adres van die
koerant.
• Formele aanhef (Geagte Redakteur / Meneer/Mevrou); betreflyn, bv. Reaksie op
artikel: “Matrieks van vandag is lui”.
• Formele, beleefde maar oortuigende toon; logiese paragrawe; slot.
• Afsluiting: Die uwe, handtekening en naam (skuilnaam aanvaarbaar).
[25]
2.2 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die brief moet TWEE aspekte dek: (1) persoonlike ervarings en lesse uit die matriekjaar
(stres, tydsbestuur, foute, hoogtepunte) EN (2) praktiese raad (studierooster, vorige
vraestelle oefen, slaap, gesonde balans, hulp vra, nie uitstel nie).
• Skrywer se adres (regs bo) en datum daaronder, bv. 19 Oktober 2026.
• Informele aanhef, bv. Liewe Neef Sipho, en ’n informele afsluiting, bv. Jou ouboet,
Johan.
• Hartlike, bemoedigende en persoonlike toon; inleiding, liggaam en slot.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
2.3 TOESPRAAK
Die kandidaat spreek die gehoor gepas aan (Meneer die Hoof, geagte personeel,
ouers en mede-matrikulante) en (1) kyk terug op die skoolloopbaan (herinneringe,
prestasies, moeilike tye), (2) bedank onderwysers, ouers en ondersteuningspersoneel
EN (3) moedig die matrieks aan vir die eksamen en die toekoms.
• Treffende inleiding; direkte aanspreek (ons, julle); emosionele maar gepaste toon.
• Retoriese middele: retoriese vrae, herhaling, drieslag, aanhalings, persoonlike
anekdote.
• Sterk slot; dank die gehoor.
[25]
2.4 ONDERHOUD
Die onderhoud dek: (1) hoe die persoon sukses behaal het, (2) struikelblokke (armoede,
beserings, verwerping) EN (3) raad vir jong mense. Die vrae moet logies op mekaar volg
en die antwoorde moet op die vrae reageer.
• Kort inleiding/agtergrond (wie, waar, wanneer) is gepas.
• Name/voorletters van die onderhoudvoerder en die persoon aan die linkerkant,
gevolg deur ’n dubbelpunt; geen aanhalingstekens nie.
• Beleefde, natuurlike register; afsluiting met ’n bedanking.
[25]
2.5 KOERANTBERIG
Die berig beantwoord die vrae wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe: die leerders,
die omskepping van die grond, die skenking aan behoeftige gesinne, die impak op die
gemeenskap.
• Pakkende opskrif; byreël (naam van die verslaggewer) en eventueel plek/datum.
• Die belangrikste inligting in die eerste paragraaf; kort paragrawe; derde persoon.
• Objektiewe, saaklike toon; aanhalings van betrokkenes (bv. die hoof of ’n leerder)
verhoog die geloofwaardigheid.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 7 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
2.6 FORMELE VERSLAG
Die verslag ondersoek die oorsake van laatkommery (vervoerprobleme, huishoudelike
pligte, laat nagte op selfone, onveilige roetes, verkeer) en maak praktiese aanbevelings
(strenger reëls, ontbytprogram, ouerbetrokkenheid, veilige looproetes, aansporings).
• Opskrif/titel; aan wie, van wie, datum en onderwerp.
• Opskrifte soos Opdrag, Metode/Prosedure, Bevindinge, Gevolgtrekking,
Aanbevelings; nommering of kolpunte is aanvaarbaar.
• Formele, objektiewe en saaklike toon; ondertekening deur die skrywer.
[25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 8 Hlayiso/Proef 2026
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN Hoë 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING vlak Respons Respons baie Respons Wisselvallige Respons heeltemal
(30) uitsonderlik/treffend goed; idees bevredigend; idees samehang; idees irrelevant; idees
Respons en en bo verwagting; relevant, redelik onduidelik, nie deurmekaar; geen
idees; idees intelligent en interessant en samehangend en oorspronklik nie; organisasie nie
organisering volwasse; volwasse; oortuigend; min bewys van
van idees; uitsonderlike organisasie baie redelike organisasie
bewustheid organisasie en goed en organisasie
van doel, samehang samehangend
gehoor en (inleiding, liggaam,
konteks slot)
Lae 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
vlak Respons Respons goed; Respons Respons grootliks Geen poging om by
uitmuntend, maar idees relevant en bevredigend, maar irrelevant; idees los die onderwerp te
sommige treffende interessant; verval soms in en verwarrend; hou nie;
eienskappe organisasie goed onduidelikheid; ’n skaars bewys van deurmekaar en
ontbreek; knap en samehangend mate van organisasie sonder fokus
organisasie en organisasie
samehang
TAAL, STYL Hoë 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
EN vlak Toon, register, styl Baie gepaste toon Gepaste toon en Toon en Taal
REDIGERING en woordeskat en woordeskat; woordeskat; taal woordeskat minder onverstaanbaar;
(15) hoogs gepas; taalgebruik dra betekenis gepas; baie woordeskat so
Toon, register, taalgebruik effektief; voldoende oor basiese taalgebruik beperk dat dit nie
styl, indrukwekkend; grammatika en sin maak nie
woordkeuse, grammatika en spelling grootliks
grammatika, spelling feitlik foutvry
spelling en foutvry
punktuasie
Lae 13 10 7 4
vlak Taalgebruik Taalgebruik Voldoende Taalgebruik
uitstekend en toepaslik en oor die taalgebruik, maar onvoldoende;
retories effektief; algemeen effektief; teenstrydighede; weinig
feitlik foutvry enkele foute beperkte retoriese sinsverskeidenheid;
middele woordeskat baie
beperk
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
(5) Uitstekende Logiese Relevante detail Sommige punte Noodsaaklike
Paragraaf- ontwikkeling van ontwikkeling van ontwikkel; sinne en geldig; sinne en punte ontbreek;
ontwikkeling en die onderwerp; detail; paragrawe goed paragrawe foutief; sinne en
sinskonstruksie uitsonderlike detail; samehangend; gekonstrueer; opstel maak nog paragrawe foutief;
sinne en sinne en opstel maak sin effens sin opstel maak nie sin
paragrawe paragrawe logies nie
uitsonderlik en gevarieerd
gekonstrueer
LET WEL: Die kriteria vir Inhoud en Taal is in elke vlak in ’n hoë en ’n lae subkategorie verdeel. Struktuur word nie in hoë en lae vlakke
verdeel nie. ’n Opstel wat aansienlik korter as die vereiste lengte is, word nie hoër as “Gemiddeld” vir struktuur geplaas nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3
BEPLANNING EN Respons Respons baie goed; Respons Basiese respons; Geen kennis van
FORMAAT (15) uitsonderlik; goeie kennis van voldoende; geringe kennis van die kenmerke nie;
Respons en idees; grondige kennis van die kenmerke; geen voldoende kennis die kenmerke; betekenis
organisering; doel, die kenmerke van afwykings nie; van die kenmerke; afwykings; min onduidelik; geen
gehoor, kenmerke/ die teks; behou samehangend; enkele afwykings; detail; formaat samehang nie;
konvensies en fokus; idees formaat gepas met redelike samehang; vaagweg toegepas formaat nie
konteks uitgebrei met onbeduidende foute formaat oorwegend toegepas nie
ondersteunende gepas
detail; gepaste en
akkurate formaat
TAAL, STYL EN 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2
REDIGERING (10) Toon, register en Baie geskik vir doel Geskik vir doel en Minder geskik; Stem nie ooreen
Toon, register, styl, woordeskat hoogs en gehoor; gehoor; enkele grammatika met doel en gehoor
woordkeuse, geskik; grammatika grammatika oor die grammatikafoute onakkuraat met nie; besaai met
grammatika, akkuraat; feitlik algemeen korrek; wat nie betekenis etlike foute; basiese foute; betekenis
punktuasie en foutloos baie goeie belemmer nie woordeskat; ernstig belemmer
spelling woordeskat betekenis belemmer
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper