Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
.
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 2.8 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geografie/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)
2. Beantwoord AL DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is by die vraestel ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 3318DD STELLENBOSCH en 'n 1 : 10 000
ortofotokaart 3318 DD 18 STELLENBOSCH word voorsien.
15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.
17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE 2025
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Die vrae is op sinoptieseweerkaart-interpretasie gebaseer. Voltooi die stellings
in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 Y.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Die naam van die lugdruksel wat in Y hittelaag
die winter die binneland van Z Kalahari-hoog
Suid-Afrika domineer
1.1.2 Lugbeweging wat met Y konvergensie
hoogdrukselle geassosieer word Z divergensie
1.1.3 Die algemene rigting van beweging Y ooswaarts
van 'n kus-laagdrukstelsel is … Z weswaarts
1.1.4 Die … staan as 'n blokkerende Y Suid-Indiese hoog
hoog bekend as dit in die pad van Z Kalahari-hoog
die middelbreedtesikloon is.
1.1.5 Die verlenging van isobare wat Y divergeer
uitwaarts vanaf 'n hoogdruksel Z inwigging
strek, staan as … bekend.
1.1.6 'n … word tussen twee lugmassas Y Vogfront
met verskillende voginhoud gevind. Z Intertropiese
konvergensiesone
1.1.7 Die toestande wat in die skets Y lyndonderstorms
hieronder voorgestel word, sal tot Z bergwinde
… lei.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.1.8 Reënval met 'n windspoed van Y Durban (Dbn.)
20 knope sal waarskynlik by … Z Kaapstad (KS)
voorkom.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 D.
Verwys na die foto oor hellingsaspek hieronder om VRAAG 1.2.1 tot 1.2.3
te beantwoord.
Bron: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/d/d8/Effects_of_aspect.JPG]
1.2.1 Hellingsaspek verwys na …
A hellingstygende beweging van lug in 'n vallei.
B klimaat op 'n kleiner skaal.
C 'n sone met warmer lug in die vallei.
D hellingsrigting met betrekking tot die son.
1.2.2 Die foto verteenwoordig 'n vallei in die … Halfrond.
A Noordelike
B Oostelike
C Suidelike
D Westelike
1.2.3 Helling B verteenwoordig 'n … en … helling.
(i) koeler
(ii) warmer
(iii) vogtige
(iv) droër
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iii)
D (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
Verwys na die foto oor valleiwinde hieronder om VRAAG 1.2.4 tot 1.2.7
te beantwoord.
[Bron: https://d19lgisewk9l6l.cloudfront.net/assetbank/Oudtshoorn_.jpg]
1.2.4 Die pyle by A dui 'n … wind aan.
A anabatiese
B katabatiese
C hellingstygende
D aanlandige
1.2.5 Die hooftoestande vir die ontstaan van die wind by A is … en …
(i) aardradiasie
(ii) sonradiasie
(iii) lae temperature
(iv) hoë temperature
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.2.6 … vorm wanneer die doupunttemperatuur van lug onder vriespunt
op die valleivloer is.
A Mis
B Digte mis
C Ryp
D Rookmis
1.2.7 Die negatiewe fisiese (natuurlike) impak van die antwoord op
VRAAG 1.2.6 is dat dit …
A sigbaarheid verminder.
B besoedeling verhoog.
C reënval verhoog.
D plantegroei vernietig. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 Verwys na die sketse hieronder oor die middelbreedtesikloon.
A B
[Bron: Eksaminator se eie skets] [Bron: Eksaminator se eie skets]
C D
[Bron: https://www.google.com/search?+impact of mid-latitude cyclones]
1.3.1 Wat is die naam van die grens tussen twee lugmassas, soos in
skets A getoon? (1 x 1) (1)
1.3.2 Gee EEN rede waarom die grens tussen die twee lugmassas in
skets A 'n golf sal vorm. (1 x 1) (1)
1.3.3 Noem die ontwikkelingstadium van die middelbreedtesikloon
waarmee die weerstoestande in foto C en D geassosieer word.
(1 x 1) (1)
1.3.4 Verduidelik hoe die weerstoestande, wat in foto C en D geïllustreer
is, gedurende die stadium in VRAAG 1.3.3 genoem, ontwikkel het.
(2 x 2) (4)
1.3.5 In die ANTWOORDEBOEK, teken 'n volledig benoemde deursnit
van 'n kouefront (E–F) in skets B. Dui die volgende duidelik aan:
(a) Korrekte deursnit
(b) Algemene rigting van bewing van die middelbreedtesikloon
(c) Wolktipe
(d) Sektor (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3.6 Verwys na skets B. Verduidelik hoe die verskil in temperatuur van
die lugmassas agter die kouefront en voor die warm front die
ontwikkeling van 'n kouefront-okklusie sal veroorsaak. (2 x 2) (4)
1.4 Verwys na die infografika oor Tropiese Sikloon Dikeledi hieronder.
A: FEITEBLAD B: LIGGINGSKAART
Tropiese Sikloon Dikeledi is aanvanklik
naby die noordoostelike kusgedeelte
van Madagaskar waargeneem.
Toestande op 8 Januarie 2025
aangeteken:
Lugdruk in die middel: 996 hPa
Maksimum windspoed: 75 km/h
Toestande op 13 Januarie 2025
aangeteken:
Lugdruk in die middel: 976 hPa
[Bron: Eksaminator se eie skets]
Maksimum windspoed: 150 km/h
C: SATELLIETBEELD D: SATELLIETBEELD
Tydsduur: 2025/01/08 03:30 tot Tydsduur: 2025/01/13 14:00 tot
2025/01/08 14:00 UTC 2025/01/13 15:30 UTC
-
[Aangepas uit https://afriwx.co.za/synoptic-charts/]
1.4.1 Volgens die feiteblad, in watter stadium van ontwikkeling was Tropiese
Sikloon Dikeledi op 8 Januarie 2025? (1 x 1) (1)
1.4.2 Gee TWEE redes in die feiteblad om jou antwoord op VRAAG 1.4.1 te
ondersteun. (2 x 1) (2)
Verwys na liggingskaart B.
1.4.3 Verduidelik hoekom Tropiese Sikloon Dikeledi tussen 5° en 20° suid van
die ewenaar ontwikkel het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
Verwys na die satellietbeelde C en D.
1.4.4 Beskryf die weerstoestande wat met die voorste linkerkwadrant
(gevaarlike halfsirkel) in satellietbeeld D geassosieer word. (2 x 2) (4)
1.4.5 Verduidelik hoekom Tropiese Sikloon Dikeledi vanaf 8 Januarie tot
13 Januarie 2025 versterk het. (2 x 2) (4)
1.5 Verwys na die sinoptiese weerkaart hieronder wat Suid-Afrikaanse bergwinde
toon.
Uiters warm en ongemaklike toestande word oor die Oos-Kaap verwag. Daar word
verwag dat temperature tot bo 30 °C sal styg.
[Aangepas uit https://SAWS#WatherOutlook#Southafricanweather]
1.5.1 Noem EEN Suid-Afrikaanse stad op die sinoptiese weerkaart wat
bergwindtoestande ervaar. (1 x 1) (1)
1.5.2 Gee bewyse vanaf die sinoptiese weerkaart om jou antwoord op
VRAAG 1.5.1 te ondersteun. (1 x 2) (2)
1.5.3 Verduidelik die prosesse wat daartoe lei dat bergwinde warm en droog
is. (2 x 2) (4)
1.5.4 Die warm en droë toestande kan veldbrande beïnvloed. In 'n paragraaf
van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare strategieë voor wat ingestel
kan word om die negatiewe impak van veldbrande te verminder. (4 x 2) (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Verwys na die skets hieronder oor dreineerbekkens. Voltooi die stellings in
KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die
vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 Y.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Daar word na die hoofrivier A en sy Y opvangsgebied
sytakke as 'n ... verwys. Z rivierstelsel
2.1.2 Die ... in area B skei een stroom van Y waterskeiding
'n ander een. Z interfluviale rif
2.1.3 Die area by C sal 'n ... infiltrasiekoers hê.
Y lae
Z hoë
2.1.4 Die rivier by D is 'n ... rivier. Y permanente
Z periodiese
2.1.5 Die samevloeiing op die skets is by … Y E
geleë. Z F
2.1.6 ... sal in area G verhoog as gevolg van die Y Infiltrasie
steil helling. Z Afloop
2.1.7 Die stadium van die rivier by H is die … Y benede-
loop. Z middel-
2.1.8 Die watertafel by I sal met … ooreenkom. Y
Z
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2 Verwys na die sketse hieronder oor stroomroof. Verskeie opsies word as
moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 D.
ˊ
[Aangepas uit https://www.google.com/url?sa=expeditieaarde.blogspot.com%river capture-]
2.2.1 'n Rivier waarvan die water in 'n ander rivier gelei word, staan as 'n
… bekend.
A geroofde stroom
B stroomroof
C rowerstroom
D terugwaartse stroom
2.2.2 Riviere wat oor gebiede met 'n … vloei, sal meer waarskynlik die
rowerstroom wees.
A geleidelike helling en sagte rots
B steil helling en lae reënval
C steil helling en sagte rots
D swaar reënval en weerstandbiedende rots
2.2.3 'n Bewys dat stroomroof in skets B plaasgevind het:
A Rivier Y het meer water wat daarin vloei.
B Rivier Y het die bolope van rivier X geroof.
C Rivier X het die bolope van rivier Y geroof.
D Rivier X het 'n kleiner dreineerbekken.
2.2.4 Die oorsaak van stroomroof, soos in skets B aangedui, is …
A terugwaartse erosie deur rivier Y.
B sywaartse erosie deur rivier X.
C terugwaartse erosie deur rivier X.
D vertikale erosie deur rivier Y.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2.5 Die gedeelte van die rivier wat minder water ná stroomroof het,
staan as die … stroom bekend.
A rower-
B niestandhoudende
C standhoudende
D verarmde
2.2.6 Rivier X het meer erosie-krag ná stroomroof as gevolg van …
A 'n groter volume water en turbulente stroomvloei.
B 'n groter volume water en laminêre vloei.
C terugwaartse erosie en turbulente stroomvloei.
D verjonging en laminêre vloei.
2.2.7 Die fisiese (natuurlike) impak van stroomroof op die rowerstroom is
dat die … en …
(i) dreineerbekken verklein
(ii) rivierverjonging plaasvind
(iii) afsetting vermeerder
(iv) water vinniger vloei
A (i) en (iv)
B (i) en (iii)
C (ii) en (iv)
D (ii) en (iii) (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Verwys na die sketse hieronder wat twee lengteprofiele van riviere toon.
[Bron: Eksaminator se eie skets]
2.3.1 Wat is 'n lengteprofiel? (1 x 2) (2)
2.3.2 Watter EEN van die sketse hierbo toon 'n gegradeerde
lengteprofiel? (1 x 1) (1)
2.3.3 Gee bewyse in die skets om jou antwoord op VRAAG 2.3.2 te
ondersteun. (2 x 1) (2)
2.3.4 Klassifiseer ELK van die tydelike erosiebasisse in skets A as óf
natuurlik óf mensgemaak. (2 x 1) (2)
2.3.5 Hoekom word die see as die permanente erosiebasis aangedui?
(1 x 2) (2)
Verwys na dwarsprofiel C en D.
2.3.6 Onderskei tussen die vorms van die dwarsprofiele by C en D.
(1 x 2) (2)
2.3.7 Verduidelik die hoofprosesse wat tot die verskil in die vorm van
dwarsprofiel C en D aanleiding gee. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.4 Verwys na foto A en B hieronder wat meanders toon.
A B
[Bron: https://www.google.com/search?+meanders&tbm]
2.4.1 Meanders sal meer waarskynlik in die (bo/benede)-loop van 'n rivier
vorm. (1 x 1) (1)
2.4.2 Verklaar die geleidelike helling van die binne-oewer by C in foto A.
(1 x 2) (2)
Verwys na foto B en dwarsprofiel E–F.
2.4.3 Hoe lei die proses van rivierverjonging tot die vorming van
ingekerfde meanders? (2 x 2) (4)
2.4.4 Verwys na foto A. In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls,
verduidelik hoe 'n hoefystermeer gevorm word. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.5 Verwys na die uittreksel en foto hieronder oor opvangs- en rivierbestuur.
IMPAK VAN NEDERSETTINGS OP RIVIERBESTUUR
Digbevolkte nedersettings wat langs riviere geleë is, het 'n negatiewe impak op
riviere. Die hoofrede is dat hierdie nedersettings gewoonlik swak dienslewering
ontvang. Hierdie arm gemeenskappe het ook nie die middele om vir die
verskaffing van dienste, soos vullisverwydering, te betaal nie.
Wanneer groot hoeveelhede afval in die nedersetting ophoop, is die
gemeenskap meer geneig om die afval in die rivier weg te gooi. Dit lei tot
verdere besoedeling, wat uiteindelik tot ernstige gesondheidsrisiko's vir die
gemeenskap lei.
[Aangepas uit https://witsvuvuzela.com/2022/11/28/ -residents-live-on-the-edge-of-a-
health-hazard/]
2.5.1 Volgens die uittreksel, hoekom word digbevolkte nedersettings
langs riviere met besoedeling geassosieer? (1 x 1) (1)
2.5.2 Gee TWEE redes vanaf die foto om jou antwoord op VRAAG 2.5.1
te ondersteun. (2 x 1) (2)
2.5.3 Verduidelik hoe die styging in die watervlak van die rivier die huise
(op die foto) as gevolg van hulle ligging negatief sal beïnvloed.
(1 x 2) (2)
2.5.4 Verduidelik die negatiewe impak van swak rivierbestuur op die
welstand van riviere. (2 x 2) (4)
2.5.5 Stel strategieë voor wat die munisipaliteit kan instel om die
volhoubaarheid van die rivier op die foto te verseker. (3 x 2) (6)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR STELLENBOSCH
Koördinate: 33°45ꞌS; 18°45ꞌO
Stellenbosch is in 'n heuwelagtige, beskermde vallei in die Kaapse Wynland geleë, met
'n gemiddelde hoogte bo seevlak van 136 meter, omring deur heuwels en berge, soos
Papegaaiberg, Stellenboschberg en die Jonkershoek-, Drakenstein- en Simonsberg-
bergreekse. Dit is ongeveer 50 kilometer oos van Kaapstad geleë.
Stellenbosch het 'n Mediterreense klimaat met warm, droë somers en koel, reënerige
winters.
Die oorsprong van die Eersterivier is in die Jonkershoekberge, 60 kilometer oos van
Kaapstad, en vloei deur die Jonkershoekvallei voordat dit Stellenbosch bereik.
[Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Stellenbosch]
Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
River Rivier
Nature reserve Natuurreservaart
Mountain Berg
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 Bereken die verskil in hoogte tussen peilbaken F in blok C3 en
peilbaken G in blok D3. (2 x 1) (2)
3.1.2 Die natuurlike verskynsel wat by 33°58ꞌ29"S; 18°54ꞌ15"O gevind
word, is 'n …
A peilbaken.
B standhoudende rivier.
C saal.
D punthoogte. (1 x 1) (1)
3.1.3 Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf 6 in blok E5 tot 7 in blok D5
op die ortofotokaart.
Gebruik die volgende inligting:
Vertikale interval (VI) = 60 m
Formule: Vertikale Interval (VI)
Horisontale Ekwivalent (HE) (4 x 1) (4)
3.1.4 Pas die gemiddelde gradiënt (antwoord op VRAAG 3.1.3) by skets A
of B hieronder.
A B
(1 x 1) (1)
3.1.5 Is L in blok C2 sigbaar vanaf H in blok C4 op die topografiese kaart?
(1 x 1) (1)
3.1.6 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.5. (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2 KAARTINTERPRETASIE
3.2.1 Stellenbosch het 'n … klimaat.
A tropiese
B ariede
C Mediterreense
D subtropiese (1 x 1) (1)
3.2.2 Stellenbosch ervaar seisoenale reënval. Gee bewyse in blok A5 op
die topografiese kaart om hierdie stelling te staaf. (1 x 1) (1)
Verwys na area 8 op die ortofotokaart.
3.2.3 Verduidelik hoekom area 8 laer temperature as die omliggende
beboude gebied sal ervaar. (1 x 2) (2)
Verwys na die ry bome wat J in blok E3 op die topografiese kaart gemerk is.
3.2.4 Noem die algemene windrigting wat gedurende die nag in die gebied
rondom J ervaar word. (1 x 1) (1)
3.2.5 Gee bewyse op die kaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.4 te staaf.
(1 x 2) (2)
Verwys na die topografiese kaart.
3.2.6 Stellenboschberg is 'n waterskeiding. Gee bewyse op die kaart om
hierdie stelling te staaf. (1 x 2) (2)
Verwys na die foto van 'n rivier wat in Stellenbosch geleë is.
[Bron: shutterstock.com]
3.2.7 Sal die rivier wat in die foto uitgebeeld word, by K in blok D1 of by L
in blok C2 voorkom? (1 x 1) (1)
3.2.8 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.7. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V1 18 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
3.3.1 Daar word na die nommer 310, gemerk M op die hoofweg in blok A3
op die topografiese kaart, as … data verwys.
A ruimtelike
B vektor-
C attribute
D numeriese (1 x 1) (1)
3.3.2 Identifiseer 'n natuurlike lynverskynsel in blok A4 op die topografiese
kaart. (1 x 1) (1)
Verwys na area 9 in blok A3 op die ortofotokaart.
3.3.3 Gebruik datamanipulasie en verduidelik hoe jy die skaal by area 9 sal
manipuleer om die beeld duideliker te maak. (1 x 2) (2)
3.3.4 ... verwys na die duidelikheid van 'n beeld.
A Data-integrasie
B Bufferskepping
C Die deel van data
D Resolusie (1 x 1) (1)
Verwys na die prente van die Danie Craven-stadion hieronder, wat 'n uittreksel
van blok D1/D2 op die ortofotokaart is.
A B
[Bron: https://earth.google.com/web/search/Danie+Craven+Stadium,+Coetzenburg+Street/@-A]
3.3.5 Watter foto, A of B, het minder beeldelemente (pixels)? (1 x 1) (1)
3.3.6 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.5. (1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING B: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum