Skip to content

Geography Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202520 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GEOGRAFIE V2 NOVEMBER 2025 PUNTE: 150 TYD: 3 uur . Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60) VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60) AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. ALLE diagramme is by die vraestel ingesluit. 4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 25 ton, 10 jaar, 50% en 45 m. 11. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag 'n vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2529CC eMALAHLENI (WITBANK) en 'n 1 : 10 000 ortofotokaart 2529 CC 15 eMALAHLENI (WITBANK) word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inlewer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2025 VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS 1.1 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs die letter (Y of Z) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 Z. KOLOM A KOLOM B 1.1.1 Nedersettings word as landelik geklassifiseer, Y die aantal gebaseer op … funksies Z die totale bevolking 1.1.2 Die werklike fisiese posisie waar 'n landelike Y standplaas nedersetting geleë is Z ligging 1.1.3 'n Los groepering van plaasopstalle word 'n … Y dorp genoem. Z gehuggie 1.1.4 'n … het meestal landelike funksies en 'n paar Y Plaasopstal stedelike funksies. Z Dorpie 1.1.5 Die patroon van die nedersetting hieronder Y kern is … Z verspreid SLEUTEL Nedersetting 1 : 30 000 Pad [Bron: Eksaminator se eie skets] 1.1.6 Die skets hieronder beeld 'n …-nedersetting Y nat-punt uit. (waterpunt) Z droëpunt SLEUTEL Rivier Nedersetting Kontoerlyn [Bron: Eksaminator se eie skets] 1.1.7 Die vorm van die nedersetting hieronder is … Y lineêr Z rond SLEUTEL Rivier Nedersetting [Bron: Eksaminator se eie skets] (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee op die volgende vrae wat op konsepte en klassifikasie van stedelike nedersettings gebaseer is. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 D. 1.2.1 'n … dorp/stad wat op handel en vervoer gebaseer is, word in die foto hieronder getoon. [Bron: m/place/South-Africa/Urban-settlement] A Poort- B Aansluitings- C Vragverbrekingspunt- D Gespesialiseerde 1.2.2 Plettenbergbaai in die foto hieronder word as 'n … stedelike nedersetting geklassifiseer en die dominante ekonomiese funksie is … [Bron: https://www.google.com/search?q=plettenberg+bay&oq=pl&gs_lcrp=EgZja] (i) poort (ii) gespesialiseerde (iii) toerisme (iv) mynbou A (i) en (iii) B (i) en (iv) C (ii) en (iii) D (ii) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.2.3 'n … verskaf meestal lae-orde-goedere en -dienste aan die omliggende landelike bevolking. A Stad B Metropolis C Konurbasie D Dorp 1.2.4 … is die maksimum afstand wat mense sal reis om goedere te koop of om dienste te verkry. A Invloedsfeer B Reikwydte C Mark D Drempelbevolking 1.2.5 … verwys na die ongekontroleerde groei van stedelike gebiede. A Tempo van verstedeliking B Stedelike groei C Ongebreidelde stedelike verspreiding D Vlak van verstedeliking 1.2.6 Die spotprent hieronder beeld die negatiewe impak van … uit. SLEUTEL Gebou Boom [Bron: https://www.cartoonmovement.com/collection/] A stedelike verval B stedelike hernuwing C teenverstedeliking D stedelike uitbreiding 1.2.7 … is 'n proses waar 'n toenemende persentasie van 'n land se bevolking in stedelike, eerder as in landelike, areas woon. A Verstedeliking B Bevolkingsgroei C Stedelike groei D Landelik-stedelike migrasie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Verwys na die tabel hieronder wat op die vlak en tempo van verstedeliking in Suid-Afrika gebaseer is. 1.2.8 Die vlak (%) van verstedeliking in 2022 EN die tempo (%) van verstedeliking in 2024 is ... en ... JAAR VLAK (%) TEMPO (%) 2020 67,35 0,55 2021 67,85 0,50 2022 0,49 2023 68,82 0,48 2024 69,30 [Aangepas uit STATISTA.COM] (i) 68,34 (ii) 69,34 (iii) 0,51 (iv) 0,47 A (i) en (iii) B (i) en (iv) C (ii) en (iii) D (ii) en (iv) (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.3 Verwys na die grafiek hieronder wat die persentasie landelike bevolking in Suid-Afrika van 2017 tot 2024 toon, asook die uittreksel oor grondrestitusie. PERSENTASIE LANDELIKE BEVOLKING IN SUID-AFRIKA [Aangepas uit https://www.theglobaleconomy.com/South-Africa/rural_population_percent] MOLETELE-SITRUSVRUGTEPLAAS TOON DIE SUKSES VAN 'N GRONDRESTITUSIEPROGRAM IN LIMPOPO Die Moletele-gemeenskap het die keuse uitgeoefen om hulle grond terug te neem en dit het tot 'n suksesvolle grondrestitusieprogram gelei. Die nuutste landboutegnologie en rye sitrusbome, wat goed onderhou word, op Moletele- plaas in Hoedspruit is duidelike aanduiders van hierdie sukses. Die plaas in Hoedspruit wat lemmetjies produseer, is 'n gesamentlike projek wat deur die Moletele gemeenskaplike eiendomsvereniging (met 'n 51%-aandeel) en die gevestigde handelsvrugteprodusent, Komati Fruit Group, onderneem word. 'n Totaal van 30 permanente en 60 tydelike werksgeleenthede is reeds geskep. Die program dra vaardighede aan die arbeidsmag en gemeenskap oor. Opbrengste word aan duisende gesinne in die Moletele-gemeenskap gegee. 'n Beursskema maak dit moontlik dat winste vir die opleiding van leerders in die gemeenskap gebruik kan word. Die restitusieprogram sluit winsdeling in. Dit maak dit moontlik om in die besigheid terug te belê. [Aangepas uit https://www.citizen.co.za/news/south-africa/lime-farm-in-hoedspruit] 1.3.1 Volgens die grafiek, noem die landelike bevolkingspersentasie van Suid-Afrika vir 2024. (1 x 1) (1) 1.3.2 Gee die algemene neiging (tendens) in die landelike bevolking (persentasies) soos tussen 2017 en 2024 in die grafiek uitgebeeld. (1 x 1) (1) 1.3.3 Verduidelik die sosiale impak wat die algemene tendens (antwoord op VRAAG 1.3.2) op die landelike gemeenskap sal hê. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Verwys na die uittreksel oor grondrestitusie. 1.3.4 Wat is grondrestitusie? (1 x 2) (2) 1.3.5 Volgens die uittreksel, watter opsie (model) van grondrestitusie was op die Moletele-gemeenskap van toepassing? (1 x 1) (1) 1.3.6 Stel strategieë voor wat geïmplementeer kan word om landelike ontvolking te verminder (soos in die grafiek aangedui) nadat grondrestitusie plaasgevind het. (3 x 2) (6) 1.4 Verwys na die stedelike profiel hieronder wat stedelike grondgebruiksones uitbeeld en die foto's wat stedelike grondgebruik toon. SLEUTEL A – Nywerheidsone B – Residensiële sone C – Oorgangsone D – SSK E – Landelik-stedelike oorgangsone A B1 C D C B2 E [Bron: Eksaminator se eie skets] [Bron: https://www.google.com/search?sca_ [Bron: https://www.google.com/search?sca esv=cdd70d77cbc6b9e0&sxsrfnzrVfFWOSM] _esv=cdd70d77cbc6b9e0] 1.4.1 Wat is 'n stedelike grondgebruiksone? (1 x 2) (2) 1.4.2 Noem TWEE stedelike grondgebruiksones waar kommersiële funksies hoofsaaklik gevind word. (2 x 1) (2) Verwys na die stedelike profiel wat grondgebruiksones toon en foto's wat voorbeelde van grondgebruik in hierdie sones toon. 1.4.3 (a) Gee bewyse dat die grondgebruik in B2 'n hoë-inkomste- residensiële gebied is. (2 x 1) (2) (b) Is die grondgebruik by A 'n swaar of 'n ligte nywerheid? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.4.4 Verduidelik TWEE ekonomiese redes waarom hierdie grondgebruik (antwoord op VRAAG 1.4.3(b)) aan die buitewyke van die stedelike gebied geleë is, soos in die stedelike profiel getoon. (2 x 2) (4) 1.4.5 Waarom is die grondgebruik by B2 nie naby die grondgebruik by A geleë nie? (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na die uittreksel en foto hieronder oor stedelike verval/agteruitgang. STEDELIKE VERVAL/AGTERUITGANG IN WYNBERG, KAAPSTAD Die eienaars van besighede het die afgelope dekade hulpeloos gevoel ten aanskoue van die stelselmatige agteruitgang van die geboue en dienste in die area. Hulle het probeer om die munisipaliteit van Kaapstad te kry om op te tree, maar hulle hulpkrete blyk op dowe ore te geval het, want die kwessie van stedelike verval/agteruitgang is steeds onopgelos. Leif Petersen, mededirekteur van die Stigting van Volhoubare Lewensbestaan, wie se kantore langs die straat (in die foto getoon) geleë is, het gesê dat Eborstraat al vir langer as 'n dekade in 'n toestand van verval is. Die lewensomstandighede in die geboue is aaklig – daar is onwettige water- en kragverbindings en mense slaap in vuil toestande. ' 'n Klein, toegewyde groep besigheidseienaars, onder andere onsself, bestee tyd, inspanning en geld in ons pogings om stedelike vernuwing te implementeer.' [Bron: https://www.iol.co.za/weekend-argus/news/wynberg-business-owners-helpless-as- urban-decay-sets-in] 1.5.1 Watter bewys in die foto dui daarop dat stedelike verval/agteruitgang plaasgevind het? (1 x 1) (1) 1.5.2 Noem TWEE sosiale oorsake van stedelike verval/agteruitgang. (2 x 1) (2) 1.5.3 Stel moontlike redes voor waarom die munisipaliteit van Kaapstad nie aan hierdie kwessie van stedelike verval/agteruitgang in Wynberg aandag gee nie. (2 x 2) (4) 1.5.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die positiewe impak van stedelike vernuwing op die ekonomie van Wynberg. (4 x 2) (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae oor primêre ekonomiese aktiwiteite gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D. VRAAG 2.1.1 tot 2.1.4 is op suikerrietboerdery in KwaZulu-Natal gebaseer. 2.1.1 … is 'n positiewe sosiale faktor van suikerrietproduksie in KwaZulu-Natal. A Om buitelandse valuta te verdien, B Verskaffing van werksgeleenthede C Stimulering van industriële produksie D Bydrae tot die BBP 2.1.2 … is 'n negatiewe ekonomiese faktor wat suikerrietboerdery in KwaZulu-Natal bemoeilik. A Vloede B 'n Gebrek aan toegang tot kapitaal C 'n Tekort aan grootskaalse boere D Misdaad 2.1.3 TWEE voordele van suikerrietboerdery vir die ekonomie van Suid-Afrika is ... en ... (i) dra tot die bruto binnelandse produk (BBP) by (ii) wisselende pryse (iii) ontwikkeling van infrastruktuur (iv) aflegging van werkers A (i) en (iv) B (ii) en (iv) C (i) en (iii) D (iii) en (iv) 2.1.4 Klimaatsfaktore wat KwaZulu-Natal bevoordeel as die grootste produsent van suikerriet in Suid-Afrika is ... en ... (i) hoë temperature (ii) lae reënval (iii) hoë reënval (iv) lae temperature A (i) en (ii) B (iii) en (iv) C (i) en (iii) D (ii) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 11 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 2.1.5 tot 2.1.8 is op goudmynbou in Suid-Afrika gebaseer. 2.1.5 Die provinsie wat die meeste goud in Suid-Afrika produseer, is … A Limpopo. B Mpumalanga. C KwaZulu-Natal. D Gauteng. Verwys na die grafiek hieronder wat die aantal mense toon wat tussen 1995 en 2025 in goudmyne in Suid-Afrika gewerk het om VRAAG 2.1.6 tot 2.1.8 te beantwoord. AANTAL MENSE WAT VAN 1995 TOT 2025 IN GOUDMYNE GEWERK HET 400 000 350 000 300 000 Aantal mense 250 000 200 000 150 000 100 000 50 000 1995 2000 2005 2010 2015 2020 2025 Jare [Aangepas uit www.google.com/IMGRESS?imgurl=https%3a%2f%fwww.sa] 2.1.6 Die aantal mense wat in Suid-Afrika se goudmyne gewerk het, het tussen … die meeste gedaal. A 1995 en 2000 B 2000 en 2005 C 2005 en 2010 D 2010 en 2015 2.1.7 'n Fisiese (natuurlike) faktor wat die daling van die getal werkers in Suid-Afrika se goudmyne veroorsaak, is … A dreigemente oor nasionalisasie. B uitputting van goud in myne. C ongeskoolde arbeiders. D minder buitelandse belegging in myne. 2.1.8 'n Ekonomiese faktor wat veroorsaak dat die getal werkers vanaf 2015 gedaal het, is … A MIV en Vigs. B wisselende goudpryse. C omgewingsagteruitgang. D stakings en protesaksie. (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 12 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.2 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs die letter (Y of Z) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Y. Gebruik die tabel hieronder van die bydraes (%) wat gedurende 2024 tot die bruto binnelandse produk (BBP) gemaak is om VRAAG 2.2.1 tot 2.2.4 te beantwoord. EKONOMIESE AKTIWITEIT PERSENTASIE (%) BYDRAE TOT DIE BBP Vervoer 11 Landbou 2,9 Mynbou 8,4 Algemene regeringsdienste 10,6 Elektrisiteit en gas 2,8 Konstruksie 3 Handel, spyseniering en verblyf 14,7 Vervaardiging 15 Finansies en eiendom 31,7 [Aangepas uit https://intergest.co.za/exploring-south-africas-economic-potential/] KOLOM A KOLOM B 2.2.1 … is 'n sekondêre ekonomiese aktiwiteit. Y Vervoer Z Vervaardiging 2.2.2 Primêre ekonomiese aktiwiteite het … Y 8,4% tot die bruto binnelandse produk (BBP) Z 11,3% bygedra. 2.2.3 … dra die meeste tot die tersiêre sektor Y Finansies en by. eiendom Z Konstruksie 2.2.4 In 2024 was die … sektor die grootste Y sekondêre bydraer tot die bruto binnelandse produk Z tersiêre (BBP). 2.2.5 Die skets hieronder illustreer … Y handelsbalans Z binnelandse handel Invoere Uitvoere 2.2.6 'n Faktor wat internasionale handel Y handelstariewe bevoordeel Z goed ontwikkelde infrastruktuur 2.2.7 … is 'n ekonomiese voordeel van Y Toegang tot internasionale handel. buitelandse geldeenhede Z Toemaak van plaaslike nywerhede (7 x 1) (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 13 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.3 Verwys na die infografika hieronder oor voedselsekerheid en klein-/grootskaalse boerdery. VOEDSELSEKERHEID IN SUID-AFRIKA Grootskaalse boerdery Suid-Afrika het 'n komplekse voedsel- sekerheidsituasie, met miljoene mense wat voedselonsekerheid ervaar. In 2024 het 25,8% huishoudings matige tot erge voedselonsekerheid ervaar. Beide grootskaalse en kleinskaalse boerdery is belangrike bydraers tot voedselsekerheid in Suid-Afrika. Grootskaalse boere word egter dikwels as die hoofaandrywers van nasionale voedselsekerheid beskou. Hulle kan tot voedselsekerheid in die streek bydra Kleinskaalse boerdery deur verhoogde produksie van landbouprodukte. Kleinskaalse boere is belangrike aandrywers van huishoudelike voedselsekerheid. Die regering het programme geïmplementeer om kleinskaalse boere te ondersteun wat finansiële bystand, opleiding en toegang tot markte insluit. Ten spyte van hierdie pogings bly voedselonsekerheid 'n uitdaging vir baie [Bron: https://www.linkedin.com/pulse/advantages- Suid-Afrikaners. small-scale-farming] [Aangepas uit https://www.google.co.za/search?q=food+security+ in+south+africa+and+ small and +large+scale+farming] GROOT UITDAGINGS WAT DEUR KLEINSKAALSE EN GROOTSKAALSE BOERE IN SUID-AFRIKA ONDERVIND IS Toegang tot boerderytoerusting/ -tegnologie Toegang tot finansiering Toegang tot bewerkbare grond Persentasie Grootskaalse boere Kleinskaalse boere [Aangepas uit https://www.google.co.za/search?q=+LARGE+scale+farming&sca_esv=25add6e16aa71730] 2.3.1 Definieer die konsep voedselonsekerheid. (1 x 2) (2) 2.3.2 Volgens die uittreksel, watter persentasie huishoudings het in 2024 voedselonsekerheid ondervind? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 14 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.3.3 Watter bewys in die foto oor grootskaalse boerdery dui daarop dat dit 'n positiewe impak op voedselproduksie sal hê? (1 x 2) (2) 2.3.4 Verwys na die grafiek. Identifiseer TWEE ekonomiese uitdagings wat kleinskaalse boere meer waarskynlik as grootskaalse boere sal ervaar. (2 x 1) (2) 2.3.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe hierdie ekonomiese uitdagings wat in jou antwoord op VRAAG 2.3.4 geïdentifiseer is, 'n negatiewe impak op voedselproduksie kan hê. (4 x 2) (8) 2.4 Verwys na die uittreksel en kaart hieronder van die Dube-handelshawe Nywerheidsontwikkelingsone (NOS). DUBE-HANDELSHAWE (NOS) LOK BELEGGINGS VAN DIE MOTORVOERTUIGBEDRYF Die Dube-handelshawe (NOS) het in Augustus 2024 positiewe ekonomiese beleggings ervaar met groot motorvoertuigmaatskappye wat hulle tot beleggings verbind het en besigheid in hierdie nywerheidsontwikkelingsone (NOS) begin het. Die motorvoertuigbedryf sal by die elektroniese, hoëwaarde-vervaardiging-, voedselverwerking- en optiesevesel-sektore by die Dube-handelshawe (NOS) aansluit. Auto Investment Holdings Group en Mahindra (Suid-Afrika) het 'n nuwe monteeraanleg onthul. Daar word verwag dat konstruksie van die nuwe monteeraanleg in 2025 voltooi sal wees. Die maatskappy sal hulle personeel vergroot om by die groeiende produksievolumes aan te pas, aangesien hulle tans 90 personeellede het wat by die monteerbaan werk. Ogihara Suid-Afrika is 'n nuwe gesamentlike onderneming tussen Toyota Tsusho Afrika, Ogihara (Thailand) Corporation en Toyota Suid-Afrika Motors. Hulle het hulleself tot 'n R1,2 miljard-belegging verbind. Hierdie maatskappye bou 'n fasiliteit by die Dube-handelshawe (NOS) om onderdele vir hulle huidige en toekomstige voertuie te bou. [Aangepas uit www.moneyweb] Durban-Pinetown- Die Dube-handelshawe (NOS) nywerheidstreek DUBE-VERVOER is in dieselfde omgewing as die King Shaka Internasionale 30 km Lughawe geleë, 30 minute OSEAAN vanaf Afrika se besigste vraghawe, Durban-hawe, en DURBAN-HAWE 34 minute (41 km) vanaf die Durban-Pinetown-nywerheids- TOYOTA SA 22 km gebied. [Bron: sciencedirect.com] 2.4.1 In watter provinsie is die Dube-handelshawe (NOS) geleë? (1 x 1) (1) 2.4.2 Haal 'n bewys uit die uittreksel aan wat aandui dat die Dube- handelshawe (NOS) 'n verskeidenheid vervaardigingsnywerhede het. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 15 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.4.3 Volgens die uittreksel, waarom word die Dube-handelshawe as 'n nywerheidsontwikkelingsone (NOS) geklassifiseer? (1 x 2) (2) 2.4.4 Hoe het die nabyheid (afstand) na die lughawe en hawe die ligging van die motorvoertuigaanlegte in die Dube-handelshawe (NOS) bevoordeel? (2 x 2) (4) 2.4.5 Verduidelik hoe die verskeidenheid vervaardigingsnywerhede in die Dube-handelshawe (NOS) 'n positiewe impak op die ekonomie van die provinsie sal hê. (3 x 2) (6) 2.5 Verwys na die infografika hieronder oor die informele sektor. GEE DIE INFORMELE SEKTOR 'N BLAASKANS Informele handelaars is deel van die informele sektor. Almal in die dorp Groente het gewoond geraak aan die teenwoordigheid van informele Vrugte handelaars langs die hoofstraat in Richardsbaai. Die meeste van hierdie informele handelaars is vroue sonder enige ander inkomste behalwe om hulle goedere langs die straat te Richardsbaai – informele handelaar langs verkoop. die hoofstraat Tydens die Desembervakansie, wat AANTAL INFORMELE HANDELAARS IN DIE normaalweg die piekseisoen vir RICHARDSBAAI-SENTRALE SAKEGEBIED (SSK) informele handelaars is, het die VIR 2024 munisipaliteit egter die handelaars MAAND AANTAL elkeen R300 beboet omdat hulle INFORMELE HANDELAARS goedere sonder 'n permit verkoop het. Januarie 35 Aangesien dit die enigste inkomste vir Februarie 22 sommige van die informele Maart 38 handelaars is, sal hulle inkomste nou April 24 'n hewige terugslag kry (verminder). Mei 22 Om vrugte/groente/gekookte kos Junie 42 slegs twee keer 'n week te verkoop, Julie 35 sal nie hulle maandelikse rekeninge Augustus 29 dek nie en sommige van hulle staan September 46 voor moeilike tye. Oktober 49 [Aangepas uit November 58 https://www.citizen.co.za/zululand- Desember 60 observer/opinion-give-vendors-a-break] [Aangepas uit https://www.researchgate.net/figure/ Busiest-Trading-Months-for-Informal-Traders] 2.5.1 Wat is die informele sektor? (1 x 2) (2) 2.5.2 Waarom word die informele handelaar in die foto langs die hoofstraat gevind? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 16 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 2.5.3 Noem TWEE uitdagings wat hierdie informele handelaar moontlik sal ervaar met die tipe goedere wat verkoop word. (2 x 1) (2) 2.5.4 Verwys na die tabel. Verklaar waarom daar gedurende Desembermaand so 'n groot aantal informele handelaars is. (1 x 2) (2) 2.5.5 Hoe sal die munisipaliteit van Richardsbaai voordeel trek uit die uitreik van permitte aan informele handelaars? (2 x 2) (4) 2.5.6 Wat kan die munisipaliteit van Richardsbaai aan die informele handelaars verskaf met die geld wat hulle met die uitreiking van die permitte inkry? (2 x 2) (4) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 17 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR eMALAHLENI (WITBANK) eMALAHLENI N Koördinate: 25°50'S; 29°10'O eMalahleni (voorheen bekend as Witbank) is 'n stad wat op die Hoëveld van Mpumalanga, Suid-Afrika, geleë is. eMalahleni is in 'n steenkoolmyngebied. Oopgroefmynbou word hoofsaaklik gebruik om steenkool te ontgin. Hierdie tipe mynbou behels delf naby die oppervlak om steenkoollae te ontgin. Daar is 'n aantal kragstasies, asook 'n staalmeule (aanleg) daar naby wat almal steenkool benodig. Die plaasgrond om eMalahleni word deur beleggers, steenkoolmynmaatskappye en eiendomsontwikkelaars opgekoop om die vinnige groei van die stad te akkommodeer, wat vir die plaaslike besighede en inwoners goed is. Die omgewing ervaar hoogs besoedelde lug as gevolg van die steenkoolmynbou en kragstasies. [Bron: https://en.wikipedia.org.Witbank] Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon: ENGLISH AFRIKAANS Cemetery Begraafplaas Diggings Uitgrawings Golf course Gholfbaan Open-cast mine Oopgroefmyn River Rivier Subsiding ground Insakkende grond Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 18 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE Verwys na die topografiese kaart. 3.1.1 Jy sal in 'n … rigting op die hoofweg van F in blok C3 na Valley Glen in blok A5 ry. A noordoostelike B noordwestelike C suidoostelike D suidwestelike (1 x 1) (1) Verwys na die ortofotokaart. 3.1.2 Bereken die oppervlakte van die afgebakende verskynsel 6 in blok B4, C3 en C4 in m². Gebruik die volgende inligting: Breedte gemeet (ortofotokaartafstand) = 1,8 cm Formule: Oppervlakte = Lengte (L) x Breedte (B) (4 x 1) (4) 3.1.3 Waarom is die meting van die breedte op die topografiese kaart kleiner as dié op die ortofotokaart? (1 x 1) (1) Verwys na die topografiese kaart. 3.1.4 Bereken die magnetiese deklinasie van eMalahleni (Witbank) vir 2025. Gebruik die volgende inligting: Verskil in jaar: 11 Gemiddelde jaarlikse verandering: 5' W (3 x 1) (3) 3.1.5 Waarom is dit belangrik om die huidige magnetiese deklinasie te bereken? (1 x 1) (1) 3.2 KAARTINTERPRETASIE 3.2.1 Pas die inligting in KOLOM A by die verskynsels in KOLOM B op die ortofotokaart. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers (3.2.1(a) en 3.2.1(b)) neer, bv. 3.2.1(c) D. KOLOM A KOLOM B (a) 6 A gholfbaan (b) 7 B skool- en ontspanningsarea C ou uitgrawings (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 19 DBE/November 2025 NSS Vertroulik Verwys na die straatpatroon rondom 8 in blok D4 op die ortofotokaart. 3.2.2 Verduidelik hoe hierdie straatpatroon uitdagings vir pendelaars (mense wat van en na hulle werk reis) sal veroorsaak. (1 x 2) (2) Verwys na die begraafplaas by G in blok D2 op die topografiese kaart. 3.2.3 Identifiseer die grondgebruiksone waarin die begraafplaas geleë is. (1 x 1) (1) 3.2.4 Waarom is hierdie grondgebruiksone (antwoord op VRAAG 3.2.3) 'n geskikte ligging vir die begraafplaas? (1 x 2) (2) Verwys na die oopgroefmynbou wat by H in blok D1 op die topografiese kaart plaasvind en die algemene inligting. 3.2.5 Identifiseer EEN tipe vervoerinfrastruktuur wat by die oopgroefmyn gevind word. (1 x 1) (1) 3.2.6 Watter mineraal word by die oopgroefmyn ontgin? (1 x 1) (1) Verwys na die nywerhede by I in blok C3 op die topografiese kaart. 3.2.7 Noem 'n fisiese (natuurlike) faktor wat dit 'n geskikte ligging maak. (1 x 1) (1) 3.2.8 Wat is die ekonomiese voordele van hierdie nywerhede vir die plaaslike bevolking? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 20 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Plantegroei- laag A + ... -laag Nie-standhoudende B water = Data-oorlegging C [Bron: Eksaminator se eie skets] Verwys na blok E3 op die topografiese kaart. 3.3.1 Wat is data-oorlegging? (1 x 2) (2) 3.3.2 Noem die data-laag by B (in die skets hierbo) soos dit op die topografiese kaart voorgestel word. (1 x 1) (1) 3.3.3 Teken laag C in die skets hierbo in jou ANTWOORDEBOEK oor. Pas die data-lae van A en B op die skets toe. (3 x 1) (3) Verwys na die oop spasie in blok E3/E4 op die topografiese kaart. 3.3.4 Die oop spasie dui aan dat bufferskepping plaasvind om stedelike ontwikkeling te beperk. Noem TWEE bewyse op die topografiese kaart wat die noodsaaklikheid van hierdie bufferskepping ondersteun. (2 x 1) (2) TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all