VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
10792
GESKIEDENIS
(VRAESTEL 2)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
9 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2025 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 2.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
Gauteng Mock Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
GESKIEDENIS 2
(VRAESTEL 2) 10792/25
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:
SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s:
SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
GESKIEDENIS 3
(VRAESTEL 2) 10792/25
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie
AFDELING nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE BLACK SASH DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE
1980's UITGEDAAG?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 Wanneer, volgens die bron, is die Black Sash gestig? (1 x 1) (1)
1.1.2 Noem enige TWEE vroue wat in die stigting van die Black Sash
betrokke was. (2 x 1) (2)
1.1.3 Wat, volgens die bron, was een van die redes vir die vorming van die
Black Sash? (1 x 1) (1)
1.1.4 Definieer die term grondwet in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.5 Hoe, volgens die bron, het die lede van die Black Sash teen die
onregverdige apartheidsregeringsbeleid betoog? (1 x 2) (2)
1.1.6 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom
die paswette die mees gehate wette was. (2 x 2) (4)
1.2 Gebruik Bron 1B.
1.2.1 Identifiseer TWEE vroue anti-apartheidsorganisasies, in die bron, by wie
die Black Sash hulp gesoek het. (2 x 1) (2)
1.2.2 Lewer kommentaar oor hoekom die aantal mense wat hulp by die Black
Sash-advieskantore gesoek het, tussen die 1960's en 1970's
toegeneem het. (2 x 2) (4)
1.2.3 Verduidelik die konsep sitstakings in die konteks van die Black Sash-
protesaksies teen die apartheidsregering in die 1980's. (1 x 2) (2)
1.2.4 Wat, dink jy, word geïmpliseer deur die frase, “Hierdie praktyk het,
regdeur deur die 1980’s, belangrike insigte gebied in die politieke
werklikheid van nie-wit Suid-Afrikaanse burgers gedurende die eeu”.
(1 x 2) (2)
b.o.
GESKIEDENIS 4
(VRAESTEL 2) 10792/25
1.3 Verwys na Bron 1C.
1.3.1 Verduidelik hoekom hierdie foto geneem is. (2 x 2) (4)
1.3.2 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie foto vir 'n
historikus wat navorsing oor die Black Sash-aktivisme tydens apartheid
doen. (2 x 2) (4)
1.4 Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
in Bron 1B ondersteun oor die rol wat die Black Sash tydens apartheid gespeel
het. (2 x 2) (4)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Wat, volgens die bron, was die doel van die wette wat in die 1980's
aangeneem is? (1 x 1) (1)
1.5.2 Haal ʼn bewys uit die bron aan wat die rede vir die arrestasie van twee-
en-twintig lede van die Wes-Kaapse streek verduidelik. (1 x 1) (1)
1.5.3 Gee bewyse in die bron wat suggereer dat die Black Sash-lede nie so
hardhandig soos swart betogers deur die polisie behandel is nie. (1 x 2) (2)
1.5.4 Hoekom, dink jy, het Nelson Mandela aan die rol van die Black Sash
met sy vrylating uit die tronk erkenning gegee? (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Black Sash die apartheidsregime in die 1980's uitgedaag het. (8)
[50]
b.o.
GESKIEDENIS 5
(VRAESTEL 2) 10792/25
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS- EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN
STAAT OM VIR SWART SUID-AFRIKAANSE FAMILIES VAN
VERMOORDE ANTI-APARTHEIDSAKTIVISTE SOOS NTOMBI
KUBHEKA GENESING TE BRING?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Gebruik Bron 2A.
2.1.1 Wanneer, volgens die bron, het Suid-Afrikaners die eerste Waarheids-
en-Versoeningskommissie (WVK) sitting, bygewoon? (1 x 1) (1)
2.1.2 Wat, volgens die bron, het veral swart mense gehoop om by die WVK-
sittings te baat? (1 x 2) (2)
2.1.3 Definieer die term amnestie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.4 Noem enige DRIE slagoffers in die bron wie se familielede nog vir
geregtigheid wag. (3 x 1) (3)
2.1.5 Verduidelik wat deur die stelling geïmpliseer word, “... kies om óf
tjoepstil te bly oor hul misdade …” in die konteks van die bereiking van
versoening in Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Watter naam is, volgens die bron, aan die gewapende vleuel van die
African National Congress (ANC) gegee? (1 x 2) (2)
2.2.2 Lewer kommentaar oor hoekom jy dink dat die Suid-Afrikaanse Polisie
se Veiligheidstak Ntombi Khubheka ontvoer en gemartel het. (2 x 2) (4)
2.2.3 Hoekom was dit belangrik vir Ntombi se familie om vir haar 'n begrafnis
en 'n grafsteen te gee? (1 x 2) (2)
2.2.4 Verduidelik die betekenis van die stelling, “... word Thuli gekonfronteer
met ’n skokkende gebeurtenis wat weer die Bones of Memory oproep”.
(1 x 2) (2)
b.o.
GESKIEDENIS 6
(VRAESTEL 2) 10792/25
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Hoekom, dink jy, is hierdie advertensie gepubliseer? (2 x 2) (4)
2.3.2 Verduidelik waarom 'n historikus die bron as betroubaar sou beskou
wanneer die lewe en rol van die anti-apartheidsaktivis, Ntombi Kubheka
nagevors word. (1 x 2) (2)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Verduidelik die term anti-apartheidsaktivis in die konteks van apartheid
Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
2.4.2 Dui aan, volgens die bron, wat die getuienis was wat voor die WVK-
amnestiekomitee oor die dood van Ntombi deur die volgende mense
gelewer is:
(a) Majoor Hendrik Botha (1 x 2) (2)
(b) Prokureur John Wills (1 x 2) (2)
2.4.3 Lewer kommentaar oor hoekom die getuienis wat deur die
veiligheidspolisie gelewer is verskil van die getuienis wat deur die
Kubheka-familie se prokureur gelewer is. (1 x 2) (2)
2.4.4 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die twee askari's,
Simon Radebe en Jimmy Mbane, saam met die veiligheidspolisie
gewerk het om Ntombi Kubheka te vermoor. (1 x 2) (2)
2.5 Verwys na Bronne 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2D die bewyse
in Bron 2B ondersteun, oor hoe Ntombi Kubheka in 1987 deur die
apartheidsveiligheidspolisie vermoor is. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
of die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) in staat was om genesing te
bring aan swart Suid-Afrikaanse families van vermoorde anti-apartheidsaktiviste
soos Ntombi Kubheka. (8)
[50]
b.o.
MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM
VAN 14 BLADSYE LOS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
10792
10792
GESKIEDENIS
GESKIEDENIS
(VRAESTEL 2)
(VRAESTEL 2)
ADDENDUM
ADDENDUM
14 bladsye
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 2
(VRAESTEL 2) 10792/25
VRAAG 1: HOE HET DIE BLACK SASH DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE
1980's UITGEDAAG?
BRON 1A
Die onderstaande bron is 'n uittreksel geneem uit ʼn artikel getiteld 'The Black Sash
Movement' deur Rheian Davies gepubliseer in die joernaal 'Socialist Lawyer'. Dit bied
redes waarom die Black Sash in die 1950's gevorm is.
Die Black Sash is op 9 Mei 1955 deur Jean Sinclair, Ruth Foley, Elizabeth McLaren,
Tertia Pybus, Jean Bosazza en Helen Newton-Thompson gestig. Hulle het aanvanklik
’n veldtog teen die verwydering van gemengde ras kiesers (bekend as 'kleurlinge' in
Suid-Afrika) van die kieserslys in die Kaapprovinsie gevoer. Die 'Black Sash' is as ʼn
teken van rou oor die dood van die Suid-Afrikaanse grondwet aangeneem, aangesien
die apartheidsregering in al hoe meer aspekte van die samelewing begin ingryp het.
Hulle het die voorreg van hul wit velkleur gebruik om op maniere wat die swart
gemeenskap nie kon nie, te protesteer. Tydens die eerste protes in 1955 het 2 500 wit
vroue in stilte deur Johannesburg gemarsjeer. Beelde van hierdie betogings en
nagwake (stil waarnemings) uit die 1950’s wys vroue in hul Sondagsdrag, aangetree in
netjies rye. Later het hulle ʼn roos by die swart lyfband gevoeg, asook ’n boek wat die
grondwet simboliseer wat hul ‘vroulike’ ingesteldheid en nie-gewelddadige filosofie
beklemtoon het. Aanvanklik het die beweging ’n baie liberale en moralistiese (eerlike)
karakter gehad, maar dit sou later verander.
Die Black Sash het gereeld nagwake (stil waarnemingsessie) buite die parlement
gehou, en in vergelyking met swart betogers, is hulle aanvanklik met handskoene deur
die polisie hanteer. Tog het baie vroue veroordeling uit hul eie gemeenskappe in die
gesig gestaar en was dit nie ongewoon dat Black Sash-vroue fisies deur ander wit
mense aangerand is nie. Talle vroue het in die geheim by die Black Sash aangesluit.
Hulle eggenote het nie daarvan geweet dat hulle, terwyl hulle veronderstel was om die
huis skoon te maak, betoog of swart gemeenskappe ondersteun het nie.
Die beweging het ook geglo in praktiese solidariteit en het regsadviesklinieke voorsien
wat deur vrywillige gevallestudiewerkers beman is, terwyl gekwalifiseerde prokureurs
pro bono (gratis) ure aangebied het om sake voor howe of arbeidsrade te bring. Die
meeste het die gehate paswette hanteer. Die kantore was besig en verslae van die
Johannesburg Adviessentrum in Augustus 1975 het getoon dat gevallestudiewerkers
gemiddeld 22,2 kliëntonderhoude per dag gevoer het.
[Aangepas uit 10.13169/socialistlawyer.72.0042. Toegang op 3 Januarie 2025 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 3
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 1B
Die onderstaande bron is geneem vanaf die South African History Online-webwerf. Dit
beklemtoon die aktiwiteite van die Black Sash gedurende die apartheidsjare.
Tydens hierdie periode, in 1958, het die Black Sash-vroue ook hul eerste
advieskantoor in Kaapstad geopen om regsadviesdienste aan slagoffers van die
paswette te verskaf. Die advieskantore het gepoog om slagoffers van
apartheidswetgewing binne die wetlike raamwerk te help. Alhoewel, omdat, die Black
Sash-vroue nie baie in die wetgewing wat swart Afrikane raak belanggestel het nie,
het hulle hulp by ander Afrika-vroue anti-apartheidsorganisasies gesoek. Hierdie
organisasies het die African National Congress Women’s League (ANCWL), Cape
Association to Abolish Passes for African Women (CATAPAW), asook verskeie
ander organisasies en gemeenskappe in townships ingesluit.
Die opening van die eerste kantoor in samewerking met ander anti-apartheid
organisasies het ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van die Black Sash as
organisasie geword. Die vroue het nie net oor verandering gepraat, betoog en
geskryf nie, maar het 'n poging aangewend om die mense te verstaan en te help wat
meestal deur enige verandering in 'n apartheidsgemeenskap geraak sou word.
Na die opening van die eerste Black Sash-advieskantoor, het ander lede ook begin
om kantore regoor die land te stig. Tussen die 1960’s en 1970’s was hierdie kantore
gevul met duisende mense op soek na hulp teen onregverdige wette rakende
gedwonge verskuiwings van gemeenskappe, segregasie, diskriminasie in onderwys
en werkplekke asook gesondheidsorg. Hierdie was slegs ’n paar van die talle
kwessies wat die Afrika-bevolking geraak het.
Die vroue in die kantore het voortdurend van wette geleer wat teen Afrikane ingestel
is, hul impak ontleed en hoe om daarteen te veg. ’n Produktiewe strategie wat baie
lede gebruik het, was om sitstakings in kommissiehowe te hou. Hierdie praktyk het
regdeur deur die 1980’s belangrike insigte gebied in die politieke werklikheid van nie-
wit Suid-Afrikaanse burgers gedurende die eeu.
Een van die belangrikste strategieë van die begin af was om druk op die regering
toe te pas deur die breër publiek op te voed deur middel van media via
gedokumenteerde betogings, pamflette, Black Sash-koerante en
inligtingsvergaderings.
[Aangepas uit https://www.sahistory.org.za/article/black-sash-history-transformation.
Toegang op 5 Januarie 2025 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 4
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 1C
Die onderstaande foto is geneem uit ʼn e-boek getiteld 'Standing on Street Corners'
deur Mary Kleinenberg en Christopher Merrett. Dit wys die Black Sash-lede bymekaar
voor die 'Standing for Truth Campaign'-vredesoptog, by die Cathedral of the Holy
Nativity, in Pietermaritzburg op 21 September 1989. (Van links na regs is: Fidela
Fouché, Didi Stevens, Bochara Karam, Mary Kleinenberg en Lorenza Cowling).
[Bron: https://www.natalia.org.za/Files/Publications/Black%20Sash%20book.pdf.
Toegang op 9 Junie 2025 verkry.]
VERTALING:
BLACK SASH
ONDERSTEUN
VREEDSAME VERSET
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 5
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 1D
Die onderstaande bron is geneem uit ’n boek getiteld A Transnational History of the
Black Sash and FEDSAW 1955–2001 deur Monica Ferro Gameiro Fernandes, ’n
student aan die Universiteit van Londen. Dit beklemtoon hoe die Black Sash in die
1980’s deur die apartheidsowerhede geteister is.
Teen die 1980’s is wette ingestel wat protes tot slegs een persoon buite die parlement
beperk het. Lede van die Black Sash het op ’n gereelde basis alleen buite die parlement
en ander regeringsgeboue gestaan. Hulle sou ook reuse swart serpe aan
regeringsgeboue ophang, of op trappe waar belangrike geleenthede sou plaasvind.
Hulle het ook begin met die praktyk van ‘ghosting’ of ‘spook’. Wit vroue het individueel
regeringsministers na amptelike openings en funksies agtervolg en in stilte by hulle
gestaan, altyd geklee in hul swart serpe. Hulle het ook regeringsgeboue betree en
ministers in stilte gevolg, wat verrassend effektief was om hierdie mans te ontstel en
ongemaklik te laat voel, dieselfde mans wat geen gewetenswroeging (twyfel) gehad het
om tenks (gewapende voertuie) teen kinders in te stuur of aangehoudenes te martel
nie.
Op Donderdag, 24 Augustus 1989, is twee-en-twintig lede van die Wes-Kaapse streek
van die Black Sash gearresteer nadat hulle, ná ʼn openbare vergadering wat deur die
nasionale president, Mary Burton, en ander sprekers toegespreek is, ʼn
massaweerstand in die Groentemarkplein gehou het. Die polisie het opgedaag en hulle
beveel om uiteen te gaan en toe hulle dit nie onmiddellik doen nie, is die plakkate en
baniere gekonfiskeer en die omstanders (skare) bymekaar gemaak. Daar is egter slegs
foto's en vingerafdrukke van hulle geneem, waarna hulle op hul eie borg (eie beloftes)
vrygelaat is en die saak na die prokureur-generaal verwys is, maar geen verdere stappe
is geneem nie. Meeste Black Sash-lede is gereeld gearresteer en aangehou, en hul
gesinne is deur die staat geteister, alhoewel hulle dikwels beter behandeling as gevolg
van hul wit velkleur ontvang het.
Veertig jaar van die Black Sash as ʼn versetbeweging het tot ʼn einde gekom met die
afskaffing van apartheid. Die beweging se rol is deur Nelson Mandela ná sy vrylating
uit die tronk erken. Die Black Sash het ook aan die onderhandelinge wat tot die
Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) gelei het, deelgeneem.
[Aangepas uit Beyond borders: A Transnational History of the Black Sash and FEDSAW, deur
Monica Ferro Gameiro Fernandes]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 6
(VRAESTEL 2) 10792/25
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS- EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN
STAAT OM VIR SWART SUID-AFRIKAANSE FAMILIES VAN
VERMOORDE ANTI-APARTHEIDSAKTIVISTE SOOS NTOMBI
KUBHEKA GENESING TE BRING?
BRON 2A
Die onderstaande bron is ’n uittreksel uit City Press wat op 19 Desember 2024
gepubliseer is. Dit is geskryf deur Mbali Mbatha en is getitel, TRC 28 Years later, no
truth no reconciliation. Dit beklemtoon wat swart mense gehoop het om uit die
Waarheids- en-Versoeningskommissie (WVK) te verkry.
Op 16 April 1996 het Suid-Afrikaners die eerste Waarheids- en-Versoenings-
kommissie (WVK) sitting waargeneem, waar swart mense in die besonder met hoop
en vertroue gevul was dat die waarheid oor hoe apartheidspolisie hul geliefdes
genadeloos gemartel en vermoor het, uiteindelik sou uitkom. Slagoffers van
apartheid het geglo dat hulle uiteindelik hul deurmekaar emosies sou kon versoen
wat deur die onverklaarde verdwynings van familielede onder die vorige regering in
wanorde gedompel is.
Die ooreenkoms was eenvoudig:
Oortreders moes hul sakke vol geheime volledig openbaar, asook die opswepers
wat die moorde op hul onderskeie apartheidslagoffers beveel het, op die naam
noem en verdoem (name and shame), in ruil vir amnestie, eerder as om die volle
mag van die nuutgestigte demokratiese regstelsel te trotseer.
Agt-en-twintig jaar later het hierdie, en ander verwagtinge wat met die stigting van
die WVK gepaard gegaan het, nog nie ’n greintjie geregtigheid vir die families van
Richard Motasi en sy vrou Irene Motasi, Ntombi Kubheka, Matthews Mabalane,
Phila Ndwandwe, en vele ander gebring nie.
Oortreders van hierdie en talle ander moorde en verdwynings, wat deur die
apartheidspolisie beveel is, geniet steeds die reg op vryheid van spraak wat saam
met die geboorte van die land se demokrasie gekom het, deur te kies om óf tjoepstil
te bly oor hul misdade, óf om slegs brokkies van die volle waarheid te openbaar oor
die ware omvang van hul optrede teen hul slagoffers.
[Aangepas uit https://www.news24.com/citypress/voices/trc-28-years-later-no-truth-no-
reconciliation-20241103. Toegang op 19 Desember 2024 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 7
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 2B
Die onderstaande uittreksel is uit ’n dokumentêr getiteld The Bones of Memory,
gedateer 18 Julie 2024, en is vervaardig deur die Instituut vir Geregtigheid en
Versoening (IJR). Dit fokus op Ntombi Khubheka, ’n ANC-operateur wat deur die
apartheidsowerhede vir haar rol in die stryd teen apartheid tereggestel is, se moord.
Ntombi was ’n anti-apartheidsaktivis en lid van die gewapende vleuel van die
verbanne African National Congress (ANC), Umkhonto weSizwe (MK). Sy het as ’n
operateur vir die organisasie gewerk en was verantwoordelik vir die koördinering van
aktiwiteite tussen die interne eenheid en die eksterne eenheid van die ANC, sowel
as die koördinering van ander ondergrondse aktiwiteite. Die Veiligheidstak van die
Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) het Kubheka as ’n senior ANC-lid beskou en haar as
die leier van die KwaMashu-tak van die ANC geklassifiseer. In 1987 is Ntombi deur
die Port Natal Veiligheidstak ontvoer, ondervra en gemartel. Haar liggaam is naby
haar huis noord van Durban gestort. Eers 10 jaar later, tydens ’n WVK-amnestie-
aansoek, is haar familie ingelig oor waar Ntombi se oorskot (beendere) begrawe is,
en kon hulle uiteindelik vir haar ’n begrafnis en grafsteen reël. Ten tyde van haar
dood het Ntombi ’n driejarige dogtertjie gehad. Vandag, op 40-jarige ouderdom,
worstel Thuli steeds met die nalatenskap van haar moeder, en hoe moeilik haar lewe
sonder ’n moederfiguur was. Sy woon tans in ’n agterkamer in KwaMashu saam met
haar tienjarige dogter, Zizipho en wonder (dink daaroor) of haar moeder se dood
tevergeefs was. ’n Geregtelike ondersoek na Ntombi se dood is in 2022 geopen.
Tydens die verfilming van die dokumentêr word Thuli gekonfronteer met ’n
skokkende gebeurtenis wat weer die Bones of Memory oproep.
[Aangepas uit https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-
bones-of-memory/. Toegang op 19 Desember 2024 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 8
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 2C
Die onderstaande plakkaat is deur die Universiteit van KwaZulu-Natal gepubliseer en
bevat inligting oor die filmvertoning van die verhaal van ANC-aktivis Ntombikayise
Kubheka. Die dokumentêr deur Enver Samuel, ʼn gerespekteerde filmmaker, fokus op
Ntombi se lewe en moord. Die vertoning was geskeduleer vir 3 – 8 Mei 2024.
[Bron: https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-bones-
of-memory/.Toegang op 21 Desember 2024 verkry.]
VERTALING:
ARTFLUENCE MENSEREGTEFEES
3 – 8 Mei 2024
Brûe van Solidariteit
Rolprentvertoning:
Ntombikayise Kubheka – The Bones of Memory
Ntombi, ’n ANC-aktivis, is in 1987 deur die Veiligheidstak ontvoer en vermoor.
Haar dogter, Thuli, nou 40 jaar oud, dink terug aan haar ma se nalatenskap en stryd,
en herleef pynlike herinneringe in ’n dokumentêre film wat hierdie verhaal vertel.
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 9
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 2D
Die onderstaande bron is van Independent Online (IOL), ’n Suid-Afrikaanse mediaplatform,
en is gedateer 1 September 1999. Dit beklemtoon aspekte van ’n dispuut wat tydens die
WVK-verhore oor die dood van Ntombi Kubheka ontstaan het.
Nog ’n dispuut het tussen polisielede van die veiligheidstak in Durban, wat amnestie
versoek, en die familie van anti-apartheid aktivis, Ntombi Priscilla Kubheka, oor die
omstandighede van haar dood, ontstaan. Die polisiebeamptes, onder leiding van Majoor
Hendrik Botha, het aan die amnestiekomitee van die Waarheids- en-
Versoeningskommissie (WVK), wat in Durban vergader het, gesê dat “sy aan ’n
hartaanval dood is, aangesien sy ’n groot vrou en oorgewig was”. Maar die familie, onder
leiding van Themba Kubheka, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, beweer dat
die polisie haar in die kop geskiet het voordat hulle haar liggaam gestort het. Haar
liggaam is in Mei 1997 by Groutville naby KwaDukuza opgegrawe. Sy is in 1987 op die
ouderdom van 41 jaar oorlede.
In sy getuienis het Botha volgehou dat Kubheka nooit geskiet is nie, maar aan ’n
hartaanval gesterf het. Die Kubheka-familie, verteenwoordig deur prokureur John Wills,
het verklaar dat ’n koeëlgat in haar skedel gevind is toe haar liggaam opgegrawe is. Die
polisiebeamptes beweer egter dat die verkeerde liggaam opgegrawe is – ʼn bewering wat
deur die familie sterk betwis word, en hulle voer aan dat hulle bewyse het wat bevestig
dat die oorskot wel dié van Kubheka is.
Twee askaris (ANC-aktiviste wat as staatsinformante gewerk het), Sersante Simon
Radebe en Jimmy Mbane, het volgens die WVK met Kubheka se moord gehelp. Die
twee askaris het voorgegee dat hulle MK-lede is en het aangebied om aktiviste van
Swaziland te akkommodeer. Hulle het Kubheka in ’n lokval gelei wat tot haar arrestasie
en uiteindelike dood aan die hande van Botha en sy span gelei het.
Die polisie het inligting probeer bekom oor die aankoms van vier MK-lede uit Swaziland.
Toe die aktiviste na ses weke nog nie opgedaag het nie, ondanks die inligting deur
Mbane verskaf, het Botha opdrag gegee dat Kubheka gearresteer word. Sy is by ’n
skietbaan in Winkelspruit naby Amanzimtoti doodgemaak.
[Aangepas uit https://www.iol.co.za/news/south-africa/trc-dispute-over-mk-members-death-10790.
Toegang op 22 Desember 2024 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 10
(VRAESTEL 2) 10792/25
VRAAG 3: HOE BEÏNVLOED INTERNASIONALE E-HANDELSREUSE
(MAATSKAPPYE) DIE KLEINHANDELBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN DIE
21STE EEU?
BRON 3A
Die onderstaande bron is geneem uit ’n artikel getiteld Battling the Giants: How
South African retailers can compete with Temu and Shein. Dit beklemtoon die
uitdagings en geleenthede wat hierdie aanlynwinkels vir die Suid-Afrikaanse
kleinhandelbedryf inhou.
In onlangse jare het Suid-Afrikaanse kleinhandelaars 'n ongekende uitdaging in die
gesig gestaar. Aanlynhandelsreuse soos Temu en Shein het die mark bestorm en
die plaaslike kleinhandellandskap ontwrig, wat ernstige bedreigings vir plaaslike
ondernemings inhou. Namate besigheidsvertroue wankel (verander) te midde van
ekonomiese onsekerheid, is die druk op plaaslike kleinhandelaars, veral in die
kleresektor, duidelik sigbaar. Hierdie internasionale e-handelskolosse (groot
maatskappye) is nie net mededingers nie – hulle is ’n dreigende gevaar vir die
voortbestaan van geliefde plaaslike handelsmerke. Met elke klik en aanlyn
aankoop was die risiko's vir Suid-Afrikaanse kleinhandelaars nog nooit so hoog
nie. Temu en Shein het ’n groot deel van die mark oorgeneem deur bekostigbare
en modieuse klere aan te bied, dikwels teen pryse wat plaaslike kleinhandelaars
moeilik kan ewenaar. Hulle vermoë om gebruik te maak van skuiwergate in die
Suid-Afrikaanse belastingstelsel, het hulle in staat gestel om produkte teen laer
pryse aan te bied en so 'n onewe mededingingsveld geskep. Hierdie
mededingende voordeel was ʼn kritiese faktor in hul vinnige groei en gewildheid
onder Suid-Afrikaanse verbruikers.
Om hierdie wanbalans aan te spreek, is die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)
gereed om nuwe belastingregulasies vanaf 1 Julie 2024 in werking te stel. Hierdie
veranderinge sal 'n invoerbelasting van 45% plus BTW op alle klerasiebesendings
instel, wat die belastingskuiwergat wat Temu en Shein tot dusver uitgebuit het,
sluit. Hierdie stap poog om die speelveld vir plaaslike kleinhandelaars wat tot
dusver deur die bestaande belastingstrukture benadeel is, gelyk te maak. Michael
Lawrence, uitvoerende direkteur van die National Clothing Retail Federation,
beklemtoon dat die nuwe belastings die plaaslike vervaardigingsektor sal
bevoordeel. Lawrence wys daarop dat hoewel verbruikers hoër koste sal ervaar,
die langtermynvoordele meer robuuste (gesonde) plaaslike ondernemings en
groter werksekerheid.
[Bron: https://hugeconnect.co.za/2024/06/20/battling-the-giants-how-south-african-retailers-
can-compete-with-temu-and-shein-2/. Toegang op 18 Desember 2024 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 11
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 3B
Die onderstaande uittreksel, getiteld Shein and Temu threatens South African jobs
(Shein en Temu bedreig Suid-Afrikaanse werksgeleenthede), beklemtoon die
ongelykhede wat deur aanlynwinkels in die Suid-Afrikaanse ekonomie veroorsaak word,
asook die skadelike uitwerking wat hulle op plaaslike nywerhede en werksgeleenthede
het.
Naspers (ʼn Suid-Afrikaanse multinasionale maatskappy) wat die Takealot-groep
besit, het Maandag gesê dat laekoste Chinese mode- en algemene handelsware
aanlynhandelaars, Shein en Temu voordeel uit skuiwergate om Suid-Afrikaanse
e-handelsmaatskappye onbillik te ondermyn, getrek het. In aantekeninge wat
Naspers se jaarlikse finansiële verslag vir die jaar geëindig op 31 Maart 2024
vergesel het, het Takealot Shein en Temu – en soortgelyke platforms – daarvan
beskuldig dat hulle Suid-Afrika se “herindustrialiserings- en lokaliseringspogings”
bedreig.
“Hierdie platforms dra by tot ’n markwanbalans deur die mark met goedkoop invoere
te oorstroom. Hierdie influks (instroming) is veral opvallend in die plaaslike
kleresektor as gevolg van Shein, en in die breër algemene handelswaremark as
gevolg van beide Shein en Temu beïnvloed. Hierdie tendense stel ernstige
uitdagings vir die ontwikkeling en volhoubaarheid van plaaslike nywerhede.”
Hierdie scenario bedreig die lewenskragtigheid (sterkte) van die plaaslike ekonomie
en ondermyn volhoubare ontwikkelingspogings. “Hierdie vorm van handel haal
waarde uit Suid-Afrikaanse verbruikers sonder om iets terug te gee aan plaaslike
gemeenskappe, wat uiteindelik klein ondernemings, plaaslike vervaardigers en die
beperkte werksgeleenthede wat beskikbaar is, benadeel.” Takealot het die
maatskappye daarvan beskuldig dat hulle “verouderde regulasies en skuiwergate
uitbuit deur versendingsmetodes te gebruik wat hulle toelaat om produkte teen
buitengewone lae pryse aan te bied, terwyl hulle invoerbelasting, belasting en ander
regeringsfooie wat op konvensionele kleinhandelaars van toepassing is, vermy.”
“Ons werk nou saam met SAID en die doeane om te verseker dat ons op ’n gelyke
speelveld opereer,” het Anthony Thunström, uitvoerende hoof van TFG (eienaar van
handelsmerke soos Foschini en Bash), gesê. Oor die afgelope paar maande was
daar beduidend beter afdwinging van regulasies deur SAID en die doeane. “Almal
moet nou volle doeanebelasting en volle BTW betaal,” het die uittredende minister
van handel, Ebrahim Patel, volgens ’n berig in die Sunday Times vroeër in Junie
gesê. “Dit verseker dat Suid-Afrika nie armer gelaat word weens enige gapings in
ons reguleringsomgewing (administratiewe) nie.”
[Aangepas uit https://techcentral.co.za/shein-and-temu-threaten-jobs-takealot/246823/.
Toegang op 17 Desember 2024 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 12
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 3C
Die onderstaande foto is uit ’n navorsingsartikel geneem wat vir Tearfund, ’n humanitêre
organisasie gebaseer in Nieu-Seeland, opgestel is. Dit beklemtoon die enorme druk wat op
fabrieke geplaas word om klere teen laer koste en vinniger te vervaardig, asook die
negatiewe impak wat dit op die werkers het.
[Bron: https://www.tearfund.org.nz/Get-Involved/The-Dark-Side-of-Our-Love-Affair-with-Temu-and-
Ultra-Fast-Fashion. Toegang op 11 Desember 2024 verkry.]
Die Donker Kant van ons Liefdesverhouding met Temu en Ultra-vinnige Mode
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 13
(VRAESTEL 2) 10792/25
BRON 3D
Die onderstaande bron lig Suid-Afrikaanse verbruikers se bekommernisse oor die
tariefverhogings op aankope van Shein en Temu uit. Dit beklemtoon ook die positiewe
impak wat Temu en Shein op gewone Suid-Afrikaners het.
Duisende mense het ’n petisie onderteken wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
se besluit om ’n skuiwergat in die tarief op ingevoerde klere van winkels soos Shein
en Temu te sluit, teenstaan. Voor 1 November moes invoerders ’n 45%-invoertarief
op klere met ’n waarde van meer as R500, sowel as BTW betaal. Maar daar was ’n
“konsessie” op goedere met ’n waarde van minder as R500 toegepas, waar
invoerders slegs ’n vaste koers van 20% en geen BTW betaal het nie. Volgens Simon
Eppel, beleids- en navorsingsdirekteur van die Southern African Clothing and Textile
Workers Union (SACTWU), het dit kleinhandelaars soos Shein en Temu in staat
gestel om hul produkte goedkoper te verkoop, wat plaaslike kleinhandelaars en
plaaslike fabrieke ondermyn het.
Die Suid-Afrikaanse Kleinhandel-Klere, Tekstiel, Skoene en Leer Meesterplan, wat
in 2019 van stapel gestuur is, is ontwerp om plaaslike fabrieke te versterk en
werksgeleenthede in die bedryf te vermeerder. Volgens Eppel is meer as 20 000
poste geskep, en daar was ’n styging van byna 60% in plaaslik vervaardigde klere,
bykomstighede en skoene. Die Meesterplan sluit ook maatreëls in om doeanebedrog
te verminder, wat volgens Eppel een van die grootste uitdagings is wat
klerevervaardigers in die gesig staar. Goedere word verkeerd geklassifiseer of
ondergewaardeer om tariewe (kostes) te vermy en dan teen kunsmatig (lae) pryse
verkoop, wat plaaslike fabrieke ondergrawe (ondermyn).
Maar volgens Zakhele Mthembu, beleidsbeampte van die Free Market Foundation,
sal mense wat afhanklik is van goedkoop klere, nie meer dié produkte kan bekostig
nie. “Die regering, na druk van plaaslike besighede, het die voorneme om invoere
duurder te maak sodat verbruikers eerder die reeds duur klere by plaaslike
kleinhandelaars sal koop,” het Mthembu aan GroundUp gesê. Meer as 24 000
mense het ’n petisie op change.org onderteken wat SAID versoek om nie met die
verandering voort te gaan nie. “Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie; ons koop
van Shein en Temu omdat ons nie klere van plaaslike besighede kan bekostig nie,
die doel van Shein en Temu is bekostigbaarheid,” lui die petisie.
[Aangepas uit https://groundup.org.za/article/tariffs-on-shein-and-temu-cheaper-clothes-
versus-saving-jobs/. Toegang op 10 Desember 2024 verkry.]
b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 14
(VRAESTEL 2) 10792/25
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Fernandes MFG. Beyond borders: A transnational history of the black sash and
FEDSAW, 1952 – 1962. Brunel University London
Rheian D . Socialist Lawyer: The Black Sash Movement. February 2016. Pluto Journals
pp. 42 – 43. 10.13169/socialistlawyer.72.0042
https://www.natalia.org.za/Files/Publications/Black%20Sash%20book.pdf.
https://www.sahistory.org.za/article/black-sash-history-transformation
https://www.news24.com/citypress/voices/trc-28-years-later-no-truth-no-reconciliation-
20241103.
https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-bones-of-
memory/
https://artfluence.ukzn.ac.za/events/film-screening-ntombikayise-kubheka-the-bones-of-
memory/
https://www.iol.co.za/news/south-africa/trc-dispute-over-mk-members-death-10790
https://hugeconnect.co.za/2024/06/20/battling-the-giants-how-south-african-retailers-
can-compete-with-temu-and-shein-2/
https://techcentral.co.za/shein-and-temu-threaten-jobs-takealot/246823/
https://www.tearfund.org.nz/Get-Involved/The-Dark-Side-of-Our-Love-Affair-with-Temu-
and-Ultra-Fast-Fashion
https://groundup.org.za/article/tariffs-on-shein-and-temu-cheaper-clothes-versus-saving-
jobs/
EINDE
GESKIEDENIS 7
(VRAESTEL 2) 10792/25
VRAAG 3: HOE BEÏNVLOED INTERNASIONALE E-HANDELSREUSE
(MAATSKAPPYE) DIE KLEINHANDELSBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN
DIE 21STE EEU?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Waarom, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse kleinhandelsbedryf
die afgelope jare uitdagings in die gesig gestaar? (1 x 2) (2)
3.1.2 Identifiseer TWEE internasionale e-handelsmaatskappye wat in die bron
genoem word. (2 x 1) (2)
3.1.3 Verduidelik in jou eie woorde hoekom e-handelsmaatskappye 'n
“dreigende gevaar vir die voortbestaan van plaaslike handelsmerke” is.
(1 x 2) (2)
3.1.4 Haal die maatreëls uit die bron aan wat die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens in werking gaan stel om die wanbalans in die
kleinhandelsbedryf aan te spreek. (1 x 2) (2)
3.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die
nuwe belastingsinisiatiewe die Suid-Afrikaanse kleinhandelsbedryf sal
bevoordeel. (1 x 2) (2)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Noem die Suid-Afrikaanse multinasionale groep wat in die bron genoem
word. (1 x 1) (1)
3.2.2 Definieer die term herindustrialisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.2.3 Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die stelling, “Hierdie
scenario bedreig die lewenskragtigheid (sterkte) van die plaaslike
ekonomie en ondermyn volhoubare ontwikkelingspogings”. (2 x 2) (4)
3.2.4 Watter TWEE handelsmerke word, volgens die bron, deur die TFG-groep
besit? (2 x 1) (2)
b.o.
GESKIEDENIS 8
(VRAESTEL 2) 10792/25
3.3 Verwys na Bronne 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in
Bron 3A ondersteun, rakende die negatiewe impak van internasionale aanlynwinkels
op die plaaslike kleinhandelsbedryf. (2 x 2) (4)
3.4 Raadpleeg Bron 3C.
3.4.1 Hoekom, dink jy, is hierdie foto geneem? (2 x 2) (4)
3.4.2 Lewer kommentaar oor die betekenis van die slagspreuk, "Die donker kant
van ons liefdesverhouding met Temu en Ultra-vinnige Mode". (1 x 2) (2)
3.4.3 Verduidelik die beperkings van die bron vir 'n navorser wat die uitbuiting van
werkers in die fabrieke wat die kitsmode-industrie voorsien, bestudeer.
(2 x 2) (4)
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Identifiseer die vakbond wat in die bron genoem word. (1 x 1) (1)
3.5.2 Verduidelik die konsep petisie in die konteks van tariefverhogings op Shein-
en Temu-aankope. (1 x 2) (2)
3.5.3 Watter inisiatief is, volgens die bron, in 2019 van stapel gestuur om
plaaslike fabrieke te versterk en werksgeleenthede in die kleinhandelsbedryf
te vergroot. (1 x 2) (2)
3.5.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe Suid-
Afrika se Kleinhandel-Klere-, Tekstiel-, Skoene- en Leer Meesterplan die
plaaslike kleinhandelsbedryf versterk het. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe internasionale e-handelsreuse (maatskappye) die kleinhandelsbedryf in Suid-
Afrika in die 21ste eeu beïnvloed. (8)
[50]
b.o.
GESKIEDENIS 9
(VRAESTEL 2) 10792/25
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:
SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Bespreek krities hoe Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging swart mense
bemagtig het om vir hulself teen die apartheidsregime in die 1960's en 1970's op te
staan.
Motiveer jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Verduidelik tot watter mate die pad na demokrasie gekenmerk is deur 'n kombinasie
van uitdagende omstandighede wat uiteindelik tot 'n onderhandelde skikking in Suid-
Afrika in 1994 gelei het.
Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te staaf. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 het as 'n groot katalisator (vonk) gedien
vir die politieke oorgang wat in die 1990's in Suid-Afrika plaasgevind het.
Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum