Skip to content

History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 12202528 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2025 10791 GESKIEDENIS (VRAESTEL 1) TYD: 3 uur PUNTE: 150 9 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye b.o.
GESKIEDENIS 2 (VRAESTEL 1) 10791/25 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE-OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’S TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Die bronmateriaal wat benodig word om die vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die ʼn blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf duidelik en leesbaar. b.o.
GESKIEDENIS 3 (VRAESTEL 1) 10791/25 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae vanuit hierdie afdeling NIE. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE STRYD OM BEHEER EN INVLOED TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VANAF 1947 TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN EUROPA BYGEDRA? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Lees Bron 1A. 1.1.1 Volgens die bron, wanneer het Kennan se idees, wat die grondslag van die Truman-administrasie se buitelandse beleid geword het, vir die eerste keer publieke aandag gekry? (1 x 1) (1) 1.1.2 Definieer die term inperking in jou eie woorde (1 x 2) (2) 1.1.3 Verduidelik wat met die stelling, “hy 'n beroep gedoen om ‘Sowjet-druk teen die vrye instellings van die Westerse wêreld’ teen te werk” geïmpliseer word, binne die konteks van die Verenigde State se strategie. (2 x 2) (4) 1.1.4 Lewer kommentaar waarom jy dink Sowjet-uitbreiding as ’n bedreiging vir die wêreld se belangrikste sentrums van industriële mag beskou is. (2 x 2) (4) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Wat, volgens die bron, weerspieël die buitelandse beleid van die Verenigde State? (1 x 2) (2) 1.2.2 Haal DRIE maniere uit die bron aan wat verduidelik hoe die Verenigde State se planne vir uitbreiding ontwikkel en geïmplementeer is. (3 x 1) (3) 1.2.3 Verduidelik die konsep buitelandse beleid in die konteks van die USSR tydens die Koue Oorlog. (1 x 2) (2) 1.2.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir ’n historikus wat oor die uitbreidingsbeleid van die Verenigde State navorsing doen. (2 x 2) (4) b.o.
GESKIEDENIS 4 (VRAESTEL 1) 10791/25 1.3 Verwys na Bronne 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A verskil van die bewyse in Bron 1B met betrekking tot die USSR se buitelandse beleid. (2 x 2) (4) 1.4 Verwys na Bron 1C. 1.4.1 Wat, volgens die bron, was die toestande in Europa toe die Tweede Wêreldoorlog in 1945 geëindig het? (2 x 1) (2) 1.4.2 Noem die Wet wat President Truman in 1948 aanvaar het. (1 x 2) (2) 1.4.3 Verduidelik waarom jy dink President Harry Truman in Desember 1947 ’n boodskap aan die Kongres gestuur het om ekonomiese hulp aan Europa te verleen. (1 x 2) (2) 1.4.4 Noem TWEE hulpmiddels in die bron wat Europese herstel moontlik gemaak het. (2 x 1) (2) 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Verduidelik waarom die titel: “Trap hom plat, Dokter” as ’n gepaste opskrif vir die spotprent sou beskou (1 x 2) (2) 1.5.2 Waarom, dink jy, word kommunisme as ’n aasvoël in die spotprent uitgebeeld? (1 x 2) (2) 1.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Amerikaanse Kongres op die gevaar van kommunisme, soos in die spotprent uitgebeeld, gereageer het. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis om ’n paragraaf van AGT reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy verduidelik hoe die stryd om beheer en invloed tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie vanaf 1947 tot Koue Oorlog-spanning in Europa bygedra het. (8) [50] b.o.
GESKIEDENIS 5 (VRAESTEL 1) 10791/25 VRAAG 2: WAAROM WAS DIE UITSLAG VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE BETEKENISVOL IN DIE BEÏNVLOEDING VAN DIE POLITIEKE LANDSKAP VAN DIE SUIDELIKE AFRIKA-STREEK VANAF 1987 TOT 1990? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Lys die DRIE kolonels wat betrokke was by die vergadering wat bekend staan as "Die Nag van die Drie Kolonels". (3 x 1) (3) 2.1.2 Wat, volgens die bron, het Generaal Rafael Del Pino Diaz beskou as die beste taktiek wat gebruik moes word om te keer dat FAPLA na Mavinga opruk? (1 x 2) (2) 2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die CIA besluit het om die Suid-Afrikaanse regering by Cuito Cuanavale te ondersteun. (1 x 2) (2) 2.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat die Suid-Afrikaanse regering nie die kolonels se eerste plan om die Kubaanse/FAPLA-magte se opmars te stop, goedgekeur het nie. (1 x 2) (2) 2.1.5 Lewer kommentaar op hoe die internasionale persepsie van Suid-Afrika se beleid sy militêre besluite tydens die konflik beïnvloed het. (2 x 2) (4) 2.2 Gebruik Bron 2B. 2.2.1 Identifiseer die DRIE gebiede waaroor die Kubaanse/FAPLA-front gestrek het. (3 x 1) (3) 2.2.2 Gee bewyse uit die bron oor waarom Fidel Castro selfbeheersing beoefen het en dit vermy het om in Namibië in te marsjeer. (1 x 2) (2) 2.2.3 Definieer die term bevry in die konteks van die Angolese Burgeroorlog. (1 x 2) (2) 2.2.4 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: “Om die Kubane te lees is op sigself ’n kunsvorm. Hulle is voorberei op sowel oorlog as vrede,” met betrekking tot die Kubane se benadering tydens die Angolese Burgeroorlog. (1 x 2) (2) 2.2.5 Verduidelik waarom ’n historikus hierdie bron as betroubaar sou beskou met betrekking tot die Slag van Cuito Cuanavale. (2 x 2) (4) b.o.
GESKIEDENIS 6 (VRAESTEL 1) 10791/25 2.3 Verwys na Bron 2C. 2.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat hierdie geveg die laaste ideologiese konflik van die Koue Oorlog was. (1 x 2) (2) 2.3.2 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die uitkoms by Cuito Cuanavale as ’n keerpunt vir die volgende lande gedien het: (a) Angola (1 x 2) (2) (b) Suid-Afrika (1 x 2) (2) 2.3.3 Verduidelik hoe Kuba as ’n betroubare vennoot in die ontwikkelende wêreld gesien kan word deur sy rol in die Angolese Burgeroorlog. (1 x 2) (2) 2.4 Bestudeer Bron 2D. 2.4.1 Definieer die term solidariteit in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.4.2 Watter boodskap lewer die pamflet oor die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale? (1 x 2) (2) 2.5 Verwys na Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D met betrekking tot SWAPO se politieke doelwitte vir Namibië ondersteun. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis om ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy verduidelik waarom die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale betekenisvol was in die beïnvloeding van die politieke landskap van die Suidelik Afrika-streek tussen 1987 en 1990. (8) [50] b.o.
MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS. VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2025 10791 GESKIEDENIS (VRAESTEL 1) ADDENDUM 14 bladsye b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (VRAESTEL 1) 10791/25 VRAAG 1: HOE HET DIE STRYD OM BEHEER EN INVLOED TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VANAF 1947 TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN EUROPA BYGEDRA? BRON 1A Die onderstaande bron is geneem uit die argief van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake. Dit verduidelik die 8 000-woord-telegram deur George Kennan, ’n Amerikaanse diplomaat wat in Moskou gewoon het, wat aan President Truman se Departement van Buitelandse Sake gestuur is. Kennan se Lang Telegram het die grondslag vir die Amerikaanse beleid teenoor die Sowjetunie vanaf 1947 gevorm. George F. Kennan, ’n beroepsdiplomaat van die Amerikaanse Buitelandse Diens, het die beleid van “inperking” geformuleer – die basiese strategie van die Verenigde State om die Koue Oorlog (1947 – 1989) teen die Sowjetunie te voer. Kennan se idees, wat die grondslag van die Truman-administrasie se buitelandse beleid geword het, het vir die eerste keer in 1947 publieke aandag gekry in die vorm van ’n anonieme bydrae tot die tydskrif Foreign Affairs, bekend as die sogenaamde “X-artikel”. “Die hoofelement van enige Amerikaanse beleid teenoor die Sowjetunie,” het Kennan geskryf, “moet ’n langtermyn-, geduldige maar ferm en waaksame inperking van Rusland se ekspansionistiese neigings wees.” Ten einde dit te bereik, het hy 'n beroep gedoen om "Sowjet-druk teen die vrye instellings van die Westerse wêreld" teen te werk deur die "bekwame (vaardige) en waaksame toepassing van teenkrag (teenmag) op 'n reeks voortdurend verskuiwende geografiese en politieke punte, wat ooreenstem met die verskuiwings en maneuvers (operasies) van die Sowjet-beleid. So 'n beleid, het Kennan voorspel, sou “tendense bevorder wat uiteindelik hul uitkoms in óf die verbrokkeling óf die geleidelike versagting van Sowjet-mag moet vind." Kennan se beleid was van die begin af omstrede. Die rubriekskrywer, Walter Lippmann, het die X-artikel gekritiseer omdat dit nie tussen vitale (belangrike) en perifere (afgeleë) belange onderskei het nie. Die Verenigde State, het Kennan se artikel geïmpliseer, moet die Sowjetunie en sy kommunistiese bondgenote teenstaan wanneer en waar hulle ook al 'n risiko inhou om invloed te kry. In werklikheid het Kennan gepleit dat daar veral gefokus moes word op die verdediging van die wêreld se belangrikste sentrums van industriële mag teen Sowjet-uitbreiding, naamlik: Wes-Europa, Japan en die Verenigde State ... [Bron: https://2001-2009.state.gov/r/pa/ho/time/cwr/17601.htm. Toegang op 28 Maart 2025 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 1B Die onderstaande bron is ’n uittreksel van Nikolai Novikov, die Sowjetambassadeur in die Verenigde State tussen April 1946 en Oktober 1947. In September 1946 het Novikov aan Moskou verslag gedoen in reaksie op George Kennan se ‘Lang Telegram’. Die buitelandse beleid van die Verenigde State, wat die imperialistiese neigings van Amerikaanse monopolistiese (alleen beheerde) kapitaal weerspieël, word in die naoorlogse tydperk gekenmerk deur ’n strewe na wêreldheerskappy. Dít is die werklike betekenis van die talle uitsprake deur President Truman en ander verteenwoordigers van die Amerikaanse regerende kringe: dat die Verenigde State die reg het om die wêreld te lei. Al die magte van Amerikaanse diplomasie – die weermag, lugmag, vloot, nywerheid en wetenskap – word in diens gestel van hierdie buitelandse beleid. Vir hierdie doel is wye uitbreidingsplanne ontwikkel en word dit geïmplementeer deur diplomatieke middele en die vestiging van ’n netwerk van vloot- en lugmagbasisse wat ver buite die grense van die Verenigde State strek, deur die wapenwedloop, en deur die skepping van al hoe nuwer soorte wapens … Die enorme relatiewe invloed van die USSR in internasionale aangeleenthede in die algemeen, en in Europese lande in die besonder, die onafhanklikheid van sy buitelandse beleid, en die ekonomiese en politieke hulp wat dit aan buurlande verskaf, hetsy bondgenote of voormalige vyande, het gelei tot die groei van die politieke invloed van die Sowjetunie in hierdie lande en tot die verdere versterking van demokratiese neigings daarin. Só ’n situasie word deur die Amerikaanse imperialiste as ’n hindernis vir die ekspansionistiese beleid van die Verenigde State beskou … [Bron: https://alphahistory.com/coldwar/novikov-responds-long-telegram-1946/ Toegang op 27 Maart 2025 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 1C Die onderstaande bron is afkomstig uit die algemene rekords van die regering van die Verenigde State. Dit verduidelik hoe die VSA die verspreiding van kommunisme in Europa wou stuit. …Toe die Tweede Wêreldoorlog in 1945 geëindig het, was Europa in puin: die stede was verwoes, die ekonomieë verpletter, en die mense het hongersnood in die gesig gestaar. In die twee jaar ná die oorlog het die Sowjetunie se beheer oor Oos-Europa en die kwesbaarheid van Wes-Europese lande vir Sowjet-uitbreiding die krisisgevoel verder verhoog. Om hierdie noodtoestand aan te spreek, het minister van buitelandse sake, George Marshall, in ’n toespraak by die Harvard-universiteit op 5 Junie 1947, voorgestel dat Europese lande ’n plan vir hul ekonomiese heropbou opstel en dat die Verenigde State ekonomiese hulp verskaf. Op 19 Desember 1947, het President Harry Truman 'n boodskap na aanleiding van Marshall se idees aan die Kongres gestuur om ekonomiese hulp aan Europa te verleen. Die Kongres het met oorweldigende steun die Wet op Ekonomiese Samewerking van 1948 aanvaar, en op 3 April 1948 het President Truman die wet wat as die Marshall-plan bekend geword het, onderteken. Oor die volgende vier jaar het die Amerikaanse Kongres $13,3 miljard bewillig vir die herstel van Europa. Hierdie hulpmiddels het baie nodige kapitaal en materiaal voorsien wat die Europeërs in staat gestel het om die kontinent se ekonomie te herbou. Vir die Verenigde State het die Marshall-plan markte vir Amerikaanse goedere voorsien, betroubare handelsvennote geskep, en die ontwikkeling van stabiele demokratiese regerings in Wes-Europa ondersteun. Die Kongres se goedkeuring van die Marshall-plan het n voortsetting van die tweeledige samewerking van die Tweede Wêreldoorlog na die naoorlogse jare aangedui. [Bron: https://www.archives.gov/milestone-documents/marshall-plan. Toegang op 29 Maart 2025 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 1D Die spotprent hieronder is getiteld “STEP ON IT, DOCTER” deur Roy Justus. Dit het op 29 November 1947 in die Minneapolis Star-koerant verskyn. Die spotprent beeld die VSA se strategie van inperking uit. [Bron: https://moorhistory.weebly.com/development--impact-of-the-cold-war-containment.html. Toegang op 28 Maart 2025 verkry.] VERTALING “TRAP HOM PLAT, Dokter V.S. Wes-Europa Chaos Kommunisme DOKTER!” Kongres b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (VRAESTEL 1) 10791/25 VRAAG 2: WAAROM WAS DIE UITSLAG VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE BETEKENISVOL IN DIE BEÏNVLOEDING VAN DIE POLITIEKE LANDSKAP VAN DIE SUIDELIKE AFRIKA-STREEK VANAF 1987 TOT 1990? BRON 2A Die onderstaande bron is geneem uit 'n boek deur 'n Britse buitelandse korrespondent, F Bridgland, getiteld The War for Africa – Twelve Months That Transformed a Continent. Dit verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse regering besluit het om UNITA by Cuito Cuanavale, Angola, by te staan. Dit was op hierdie stadium – laat Junie, vroeg Julie – dat die SAW operasionele voorstelle aan die Departement van Verdediging in Pretoria voorgelê het om die FAPLA/Kubaanse opbou teen te werk. Die vergadering tussen Harris, Oelsig en die bevelvoerder van die SAW se noordwestelike Namibiese sektor, Kolonel Piet Muller, by Harris se veldhoofkwartier suid van die Lombarivier, het bekend geword as “Die Nag van die Drie Kolonels”. Dit was ’n lang en traumatiese nag met baie hewige argumente. Die plan wat deur die "drie kolonels" verkies is, het behels dat ’n groot gevegsroep vanaf Namibië noordwaarts langs die westelike oewer van die Cuito-rivier gestuur sou word, Cuito Cuanavale van agter sou aanval, en beheer sou neem oor die smal pad vanaf Menongue waardeur logistieke voorrade na die brigades vervoer is. Teen hierdie tyd het die CIA reeds intelligensie-ontledings aan die SAW verskaf oor die FAPLA/Kubaanse opbou, gebaseer op inligting van Generaal Rafael Del Pino Diaz, wie se ondervraging in Virginia ná sy oorloop (defection) van Kuba amper afgehandel was. Del Pino se raad was dat die afsny van die Menongue tot Cuito Cuanavale voorsieningspad die beste en mees logiese manier was om die offensief te stuit. Daardie besluit is op die hoogste vlak deur Staatspresident P.W. Botha geneem. Sy vrees, en dié van sy kabinet, was vir die internasionale oproer wat sou volg indien dit voorkom asof gewone Suid-Afrikaanse troepe honderde kilometers binne Angola veg. Suid-Afrika was reeds onder ernstige internasionale druk, in die vorm van sanksies, disinvestering en verskeie vorme van boikotte, oor sy binnelandse rassewette en die ontkenning van stemreg aan die swart meerderheid. Min lande sou geneig wees om die teenwoordigheid van 'n groot Suid-Afrikaanse militêre mag in die grondgebied van 'n soewereine swart Afrika-staat te verstaan: dit sou eerder as nóg ’n stok gebruik word om ’n land te slaan wat desperaat probeer het om internasionale aansien te herwin. Die Suid-Afrikaanse kabinet het dus eerder die bevelvoerders se sekondêre plan goedgekeur: ’n aanval in die area oos van die Cuito-rivier om te verhoed dat FAPLA UNITA se strategiese vesting by Mavinga inneem. [Bron: The War for Africa – Twelve Months That Transformed a Continent deur F Bridgland] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 2B Hierdie bron is ’n uittreksel uit ’n artikel in die tydskrif Monthly Review – An Independent Socialist Magazine. Die titel van die artikel is: Cuito Cuanavale, Angola 25th Anniversary of a Historic African Battle (1 April 2013). Dit is geskryf deur Ronnie Kasrils, ’n Suid-Afrikaanse politikus, voormalige guerrillavegter en militêre bevelvoerder. Hy het die Sewende Kongres van die SAKP bygewoon, wat in April 1989 in Kuba gehou is. Op sy tafelmodel het Castro gewys op die merkwaardige prestasie van ’n troepontplooiing van 40 000 Kubaanse, FAPLA- en SWAPO-soldate, ’n front wat vanaf Namibië aan die kus, langs ’n spoorlyn deur Lubango en Menongue, tot by Cuito Cuanavale in die ooste gestrek het. Die SAW-magte by Cuito was afgesny, soos ’n belangrike skaakstuk wat te vroeg op die bord gevorder het, terwyl kragtige magte (gewapen met die nuutste Sowjetwapens en met superieure lugdekking) weswaarts na die Namibiese grens beweeg het. Angola se suidelike Cunene- en Mocamedes-provinsies is ná jare van SAW-beheer bevry. Die Kubane kon in Namibië in marsjeer het, maar het selfbeheersing beoefen. Alle partye, insluitend die Verenigde State en die Sowjetunie, was op soek na kompromie en ’n pad vorentoe in onderhandelinge wat tot op daardie punt nêrens heen gelei het nie. Castro het nie ’n bloedige konfrontasie, wat baie lewens aan beide kante sou eis, gesoek nie en apartheid se generaals en politieke leiers ook nie. Hulle kon nog minder as die Kubane bekostig om ongevalle te ly, gegewe die massa-volksprotes, die toenemende gewapende operasies binne Suid-Afrika deur die ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (Die Spies van die Nasie), en die groeiende weerstand onder jong wit dienspligtiges teen militêre diens. As gevolg van die handelsverbod moes Chester Crocker, hoofonderhandelaar van die Verenigde State, ’n spesiale vrystelling ontvang om met Jorge Risquet, hoof van die Kubaanse afvaardiging, te vergader. Crocker het vertroulik gesê: “Om die Kubane te lees is op sigself ’n kunsvorm. Hulle is voorberei op sowel oorlog as vrede. Ons sien beduidende taktiese finesse (vaardigheid) en werklik kreatiewe bewegings aan die onderhandelingstafel.” Sy mening oor die Suid-Afrikaners was dat “hulle militêre mag verwar het met nasionale strategie.” Hy was absoluut reg. Vir jare het ’n militêre ingesteldheid in Suid-Afrika begin oorheers, met SAW-generaals wat groot invloed oor die politici uitgeoefen het. Hoewel die generaals probeer het om die omvang van die terugslag in Angola te verbloem en ’n valse oorwinning gepropageer het, het vertroue in die SAW se doeltreffendheid onder Suid-Afrika se politieke en ekonomiese elite begin afneem. [Bron: https://monthlyreview.org/2013/04/01/cuito-cuanavale-angola/. Toegang op 28 Desember 2024 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 2C Die onderstaande bron is ’n uittreksel uit Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, Volume 37, Nommer 2, 2009. Die artikel verduidelik die uitkomste van die Slag van Cuito Cuanavale en die impak wat dit op Angola, Suid-Afrika en Namibië gehad het. Die Slag van Cuito Cuanavale gedurende 1987 en 1988 was een van die laaste en mees betekenisvolle veldslae van die Koue Oorlog. Hierdie slag het die politieke en strategiese landskap van die suidelike Afrika-streek permanent verander. Die vredesonderhandelinge wat na afloop van die slag gevolg het, het gelei tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse weermag uit Angola en Namibië, wat weer tot Namibië se onafhanklikheid en ’n onderhandelde skikking in Suid-Afrika gelei het. Die uitkomste van die militêre veldtogte in Angola het die pad gebaan vir ’n reeks gebeure wat uiteindelik gelei het tot die verwesenliking van die politieke doelwitte van bevrydingsbewegings in Suid-Afrika, Angola en Namibië, met die steun van die internasionale gemeenskap. Hierdie uitkomste stem ooreen met die voorsienigheid van al die belangrikste rolspelers in die konflik. Die apartheidsregering het voorsien dat militêre betrokkenheid in Angola nie vir altyd kon voortduur nie en dat Namibië onafhanklik moes word. Tog moes vrede gewaarborg word voordat dit kon plaasvind. Vir die bevrydingsbewegings van Suid-Afrika was dit die begin van die verwesenliking van ’n visie van die einde van apartheid, ’n nuwe demokratiese bedeling in Suid-Afrika, en die moontlikheid van ’n einde aan gewapende vyandighede. Vir SWAPO en sy bondgenote het die uitkomste presies verloop soos voorsien. Miskien het sommige ’n meer radikale transformasie in die rigting van Marxisme en vergelding verwag, maar die meeste mense in Namibië was dankbaar vir ’n vreedsame uitkoms. Vir die groot moondhede wat by die Koue Oorlog betrokke was, was dit ook ’n ideale uitkoms. Vrede in Angola en Namibië het tot ’n vreedsame beëindiging van die Koue Oorlog bygedra. Boonop kon Kuba, as ’n belangrike militêre rolspeler, nou uit ’n situasie wat groot opoffering van sy mense vereis het, onttrek, maar waarin Kuba homself as ’n betroubare vennoot in die konteks van die ontwikkelende wêreld gevestig het. [Bron: https://pdfs.semanticscholar.org/0235/171d674c07cd89de1dc9482b909cc6fee1a2.pdf. Toegang op 5 Januarie 2025 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 2D Hierdie pamflet is ontwerp en geskep deur die Anti-Apartheidsbeweging (AAM) ná die slag by Cuito Cuanavale. Die Namibië Noodveldtog is deur die AAM en die Namibië Solidariteitskomitee van stapel gestuur om veldtog te voer vir vrye en regverdige verkiesings in Namibië. [Bron: https://www.aamarchives.org/archive/history/namibia/nam33-namibia- on-the-road-to-freedom.html. Toegang op 5 Januarie 2025 verkry.] Vertaling: NAMIBIË – op die pad na vryheid Namibië is op pad na onafhanklikheid. Meer as ’n eeu van koloniale en rassistiese bewind is amper tot ’n einde gebring deur die stryd van die Namibiese volk, gelei deur hul bevrydingsbeweging SWAPO, en deur die effek van sanksies en internasionale druk op Suid- Afrika se apartheidsbewind. Aangesien Suid-Afrika gedwing is om die Verenigde Nasies toe te laat om toesig te hou oor Namibië se eerste werklike vrye verkiesings, probeer Suid-Afrika verseker dat dit steeds beheer oor Namibië se toekoms behou. Maar die Namibiese mense wil volle vryheid hê — ’n einde aan Suid-Afrika se inmenging in hul lewens. En hulle vra vir ons hulp. Die komende maande is van kritieke belang … SOLDARITEIT MET SWAPO b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (VRAESTEL 1) 10791/25 VRAAG 3: HOE HET DIE KINDERKRUISTOG VAN BIRMINGHAM IN 1963 OPENBARE AANDAG OP DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEVESTIG? BRON 3A Die onderstaande bron beklemtoon hoe die Kinderkruistog (Children's Crusade) die verloop van die Birmingham-veldtog van 1963 verander het. In 1963 was Birmingham, Alabama, bekend as “die mees gesegregeerde stad in die Suide”, met streng afgedwingde segregasie van swart en wit mense in openbare ruimtes. Die Burgerregtebeweging het van sy momentum verloor en het ’n oorwinning nodig gehad, so het Fred Shuttlesworth se plaaslike Alabama Christian Movement for Human Rights vir Dr. Martin Luther King Jr. genooi om saam aan die “Birmingham-veldtog”, ook bekend as “Projek C” te werk. Die “C” het gestaan vir konfrontasie, nie-gewelddadige optrede om desegregasie te eis asook gelyke werksgeleenthede vir swart inwoners van Birmingham. Gedurende die eerste maand was daar optogte, sitstakings by toonbanke, “knieëlsessies” in wit kerke, aandbyeenkomste, en boikotte van sakeondernemings in die middestad. Maar die veldtog het stadig momentum opgebou. Die polisie het doelbewus hul optrede afgeskaal tydens arrestasies, wat veroorsaak het dat die veldtog min media-aandag gekry het. Daar was ook groot verdeeldheid binne die gemeenskap. Slegs 10% van swart predikante het die veldtog ondersteun, terwyl ander dit aktief teengestaan het. Weens die gebrek aan breë betrokkenheid het die veldtog begin verwater (misluk). Dit het verander met die “Kinderkruistog” toe die jeug in hul duisende begin mars het. Oor die verloop van ’n week is meer as 3 400 jong mense gearresteer. Met die tronke wat oorvol geraak het, het die Kommissaris van Openbare Veiligheid, Bull Connor, die polisie beveel om honde en brandslange in te span en skokkende beelde van jong mense wat aangeval word, het regoor die wêreld versprei. Skielik het die sukkelende plaaslike veldtog 'n nasionale krisis geword, en het die mag na die betogers verskuif. Projek C en die Kinderkruistog het ’n keerpunt in die Amerikaanse Burgerregtebeweging verteenwoordig. [Bron: https://s7712.pcdn.co/wp-content/uploads/2019/11/BirminghamEngFinalFinal2018.pdf. Toegang op 28 Desember 2024 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 3B Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n artikel geskryf deur Alexis Clark getiteld "The Children's Crusade: When the Youth of Birmingham Marched for Justice." Dit verduidelik hoekom kinders by die Birmingham-veldtog aangesluit het. James Bevel, 'n lid van SCLC, het met die idee vorendag gekom om skoolkinders by betogings te betrek om Birmingham te help desegregeer. Janice Kelsey was 15 toe sy haar eerste vergadering vir die Kinderkruistog bygewoon het. "Ek het geweet wat segregasie en skeiding is, maar ek het nie die omvang of die vlak van die ongelykhede in daardie skeiding verstaan nie," onthou Kelsey. Bevel het vrae aan die leerders gestel, en hulle het agtergekom dat hulle met gebruikte boeke en ou voetbalhelms moes klaarkom – goed wat wit leerders nooit gebruik het nie. Swart skole het net een tikmasjien in die hele skool gehad, terwyl wit skole kamers vol tikmasjiene gehad het, verduidelik Kelsey. “Sulke dinge het vir my persoonlik geraak, en ek het besluit ek wil iets daaraan doen,” sê sy. Dominee Martin Luther King Jr., saam met ander aktiviste, was ten sterkste gekant teen die betrokkenheid van kinders by die optogte, vanweë die dreigemente van geweld deur wit groepe sowel as deur polisiebeamptes onder leiding van Eugene “Bull” Connor, die Kommissaris van Openbare Veiligheid in Birmingham, wat berug was vir sy rassistiese beleide. Meer as 1 000 leerders het skool gebank om aan die betoging deel te neem. “Ons is vertel wat om te verwag,” sê Kelsey. “Ons is gesê dat as jy besluit om deel te neem, dit ’n nie-gewelddadige beweging is, so jy mag nie terugveg nie.” Terwyl die kinders dapper die strate ingevaar het, het die Birmingham-polisie op hulle gewag om hulle te arresteer, en hulle in polisiewaens en skoolbusse gelaai. Kelsey sê sy is op haar eerste dag van betoging gearresteer en het vier dae lank in die tronk gebly. Alhoewel die polisie op die eerste dag meestal terughoudend was, het dit nie voortgeduur nie. Die wetstoepassers het waterkanonne en polisiehonde ingespan. Na raming is meer as 2 000 kinders gearresteer gedurende die dae lange protesaksie. “Ek dink ons was ’n katalisator vir verandering,” sê Kelsey. [Bron: https://www.history.com/news/childrens-crusade-birmingham-civil-rights. Toegang op 28 Desember 2024 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 3C Die onderstaande artikel, getiteld “Brace in Birmingham”, is geneem uit die Birmingham News en probeer om die Burgerregte-protesoptogte van 1963 te minimaliseer. Dit beklemtoon die reaksie van die polisie teenoor die betogers. [Bron: https://newseumed.org ‘Birmingham News’ Downplays Civil Rights Protests,1963. Toegang op 4 Januarie 2025 verkry.] VERTALING: MAAK GEREED IN BIRMINGHAM Polisie roep alle beamptes en brandweermanne, wat van diens af is op, terwyl negers in groot getalle na die middestad beweeg — Kinders marsjeer ook. BEWEEG IN MET KNUPPELS Patrollielede hergroepeer vinnig in die Dixie Steel Center Maak reg vir nóg ’n besige middag — Tronke reeds propvol. Birmingham, Ala. (AP) — Honderde negers het polisieversperrings ontwyk en het vandag in groot getalle na die middestad van Birmingham gestroom in ’n massademonstrasie teen rassesegregasie. b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (VRAESTEL 1) 10791/25 BRON 3D Die onderstaande uittreksel is uit ’n artikel geskryf deur Rebecca Sherman, ’n Amerikaanse navorser. Dit bespreek President John F. Kennedy se ondersteuning vir burgerregtewetgewing ná die Kinderkruistog in Junie 1963. By ’n massa-byeenkoms het Dr. King op die Kinderkruistog gereageer met ’n toespraak waarin hy gesê het: “Ek is geïnspireer en diep geraak … As hulle dink vandag is die einde hiervan, maak hulle ’n groot fout.” Bevel het ’n held geword vir sy idee om die leerders te betrek, want Birmingham het daarin geslaag om die wêreld te wys watter geweld swart mans, vroue en kinders in die Suide ervaar het. Koerante, tydskrifte en televisieprogramme regoor die land het die Birmingham-veldtog uitgelig, tot op die punt waar, “die pers die wêreld se aandag op Birmingham gevestig het.” Onmiddellik ná die publikasie van die foto's het die Kongres en die president begin praat oor wetgewing wat uiteindelik gelyke regte aan Afro-Amerikaners sou verleen. Die beelde in koerante en op televisie het die federale regering, veral President John F. Kennedy, in die verleentheid gestel, omdat dit nie net in die VSA nie, maar regoor die wêreld uitgesaai is. President Kennedy was ook bevrees dat meer konflik sou uitbreek, en daarom het hy druk op die Kongres geplaas om burgerregtewetgewing in te stel, wat hy met ’n toespraak op nasionale televisie begin het. Die Kongres het besef dat die land nie die konflik oor burgerregte stad vir stad kon oplos nie. Die Verenigde State het ’n nasionale oplossing nodig gehad. Daarom was die Birmingham-veldtog, en veral die Kinderkruistog die sleutel tot die aanvaarding van die Burgerregtewet van 1964. Die Amerikaanse historikus en joernalis, David Halberstam, het in sy navorsing bevind dat, “historici [voer] al lank aan dat die SCLC se … ‘Kinderkruistog … beslissend was om die Kennedy-administrasie te dwing om op te tree ten gunste van groter burgerregte.” Volwassenes het probeer om hul kinders van die Burgerregtebeweging te beskerm, maar die kinders het hulle verontagsaam, geen vrees getoon nie, en hul eie verandering gebring. [Bron: Sherman, Rebecca, “The Birmingham Children’s Crusade and the Renewed Civil Rights Movement’’ https://digitalcommons.salve.edu/pell_theses/119. Toegang op 4 Januarie 2025 verkry.] b.o.
GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (VRAESTEL 1) 10791/25 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is afkomstig van die volgende: Bridgland F. 1990. The War for Africa – Twelve Months that Transformed a Continent (Ashanti Publishing Limited, Gibraltar) https://2001-2009.state.gov/r/pa/ho/time/cwr/17601.htm https://alphahistory.com/coldwar/novikov-responds-long-telegram-1946/ https://www.archives.gov/milestone-documents/marshall-plan https://moorhistory.weebly.com/development--impact-of-the-cold-war-containment.html https://monthlyreview.org/2013/04/01/cuito-cuanavale-angola/ https://pdfs.semanticscholar.org/0235/171d674c07cd89de1dc9482b909cc6fee1a2.pdf https://www.aamarchives.org/archive/history/namibia/nam33-namibia-on-the-road-to- freedom.html https://s7712.pcdn.co/wp-content/uploads/2019/11/BirminghamEngFinalFinal2018.pdf Accessed on 28 December2024.] https://www.history.com/news/childrens-crusade-birmingham-civil-rights https://newseumed.org ‘Birmingham News’ Downplays Civil Rights Protests,1963 Sherman, Rebecca, “The Birmingham Children’s Crusade and the Renewed Civil Rights Movement’’ https://digitalcommons.salve.edu/pell_theses/119 EINDE
GESKIEDENIS 7 (VRAESTEL 1) 10791/25 VRAAG 3: HOE HET DIE KINDERKRUISTOG VAN BIRMINGHAM IN 1963 OPENBARE AANDAG OP DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEVESTIG? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Waarom, volgens die bron, was Birmingham die mees gesegregeerde stad in die Suide? (1 x 2) (2) 3.1.2 Lys VIER strategieë uit die bron wat die betogers in die eerste maand van die Birmingham-veldtog gebruik het. (4 x 1) (4) 3.1.3 Definieer die term nie-gewelddadige optrede in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.4 Lewer kommentaar oor waarom jy dink slegs 10% van swart predikante die Birmingham-veldtog ondersteun het. (1 x 2) (2) 3.1.5 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die sukkelende plaaslike veldtog ’n nasionale krisis was. (2 x 2) (4) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Wie, volgens die bron, het met die idee vorendag gekom om skoolkinders by die protesoptogte in te sluit? (1 x 2) (2) 3.2.2 Gee TWEE redes uit die bron waarom Martin Luther King Jr en ander aktiviste daarteen gekant was om kinders by die optogte te betrek. (2 x 1) (2) 3.2.3 Haal bewyse aan uit die bron wat aandui hoe die optrede van die kinders die filosofie van die Burgerregtebeweging ondersteun het. (1 x 2) (2) 3.2.4 Verduidelik wat met die stelling, “Ek dink ons was ’n katalisator vir verandering” bedoel word, binne die konteks van die Burgerregtebeweging. (1 x 2) (2) b.o.
GESKIEDENIS 8 (VRAESTEL 1) 10791/25 3.3 Bestudeer Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die artikel oorgedra word oor die reaksie van die polisie tydens die Birmingham-veldtog. (2 x 2) (4) 3.3.2 Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron vir ’n historikus wat navorsing doen oor die Kinderkruistog (Children’s Crusade) wat deur die Burgerregtebeweging georganiseer is. (2 x 2) (4) 3.4 Verwys na Bronne 3A en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse in Bron 3C ondersteun met betrekking tot die gebeure van die Kinderkruistog in Birmingham in 1963. (2 x 2) (4) 3.5 Raadpleeg Bron 3D. 3.5.1 Lewer kommentaar oor of King se stelling, ‘as hulle dink vandag is die einde hiervan, maak hulle ’n groot fout’ geregverdig is binne die konteks van die Burgerregtebeweging. (1 x 2) (2) 3.5.2 Definieer die konsep kruistog in die konteks van die Birmingham-veldtog in die VSA. (1 x 2) (2) 3.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Kinderkruistog beslissend was om die Kennedy-administrasie te dwing om ten gunste van groter burgerregte in die VSA op te tree. (1 x 2) (2) 3.5.4 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat volwassenes nie hul kinders van die Burgerregtebeweging kon afskerm nie. (2 x 1) (2) 3.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer agt reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die kinderkruistog van Birmingham in 1963 openbare aandag op die Burgerregtebeweging in die Verenigde State van Amerika gevestig het. (8) [50] b.o.
GESKIEDENIS 9 (VRAESTEL 1) 10791/25 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae vanuit hierdie afdeling NIE. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Die Verenigde State van Amerika (VSA), as ’n supermoondheid, was instaat om die Vietkong in die Viëtnamoorlog van 1963 tot 1975 verslaan. Stem jy saam met bogenoemde stelling? Ondersteun jou standpunt met relevante bewyse. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO ‘Mobutu Sese Seko het probeer om die Kongo se afhanklikheid van Westerse moondhede te verminder deur middel van sy politieke en ekonomiese beleide.’ Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou standpunt te ondersteun. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging as ’n radikale vorm van protes onder swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960’s na vore gekom het. Ondersteun jou standpunt met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all