VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
NASIENRIGLYNE
GESKIEDENIS (VRAESTEL 1) (10791)
29 bladsye
Skip to contentAll 2025 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
View all





History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 29 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 29
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 29
This exam
Gauteng Mock Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
10791/25
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
VLAKKE VAN BRONGEBASEERDE VRAE
KOGNITIEWE GEWIG VAN
HISTORIESE VAARDIGHEDE
VLAKKE VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
• Seleksie en organisering van relevante 30%
VLAK 1
inligting uit bronne (15)
• Definieer historiese konsepte/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne 40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting uit bronne (20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Raak betrokke by bronne om die
bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid 30%
VLAK 3 en beperkings vas te stel (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae:
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op
een rede en twee punte wat toegeken word (✓✓).
• Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui.
2
10791/25
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken
word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag
geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waartoe die kandidaat in staat was
om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Maak regmerkies () wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is aan die einde
van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en
lewer kort kommentaar, bv.
_______________ ___________________________ ______________________
____________________________________________ _______________ ✓✓✓✓
VLAK 2 = 4
Gebruik meestal relevante bewyse om ʼn basiese paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
32
die kantlyn regs onder, bv. .
50
• Maak seker dat die totale punt akkuraat na die buiteblad van die antwoordskrif
oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite
of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel beskik oor ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir die nasien van ʼn spesifieke opstel.
3
10791/25
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis
dat die onderwyser die opstel as ʼn geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn
oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om die
argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
inhoud (feite) neer te skryf om ʼn vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders daarvan ontmoedig om opstelle voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Die holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening,
ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word
leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik
gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
• Die leerder se interpretasie van die vraag
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument (beplan, gestruktureer en ʼn
onafhanklike argument)
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir
ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die
argument ondersteun (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyne) en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt
(‘bullet’) in die nasienriglyne)
Bv. In ʼn opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies
wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argument te onderhou.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
4
10791/25
2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ʼn
opstel:
Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
• Verkeerde stelling ^
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A✓
• Interpretasie |✓
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle:
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide
die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken
by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe
vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die
matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
26 – 27
A VLAK 3
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in die inhoudsdekking.
Poog om ʼn argument te handhaaf.
5
10791/25
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed beplande Baie goed Goed beplande Argument Toon soms Poging Weinig of
en gestruktureerde beplande en en beplan en bewys van ʼn aangewend om geen poging
opstel. Goeie sintese gestruktureerde gestruktureerde gestruktureer. gestruktureerde antwoord te om die opstel
van inligting. Het ʼn opstel. ʼn Relevante opstel. Bewyse tot ʼn en beplande struktureer. te struktureer
goed gebalanseerde, argument is sekere mate argument. Poog Grootliks nie.
oorspronklike gevolg. Bewyse Poog om ʼn gebruik om om ʼn argument beskrywend of
argument ontwikkel gebruik om die duidelike argument te vol te hou.
INHOUD poog om
met bewyse. Argument argument te argument te ondersteun.
argument te
deurgaans volgehou verdedig. Poog om ontwikkel. Slotsom bereik Gevolgtrekking
en verdedig. ʼn onafhanklike Gevolgtrekking ontwikkel. Geen
op grond van nie duidelik
Onafhanklike gevolgtrekking uit gemaak uit bewyse. poging om ʼn
ondersteun deur
gevolgtrekking gemaak die bewyse te bewyse om die gevolgtrekking te
bewyse nie.
uit bewyse om die maak om die argument te maak nie.
argument te argument te ondersteun.
ondersteun. ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47 – 50 43 – 46
volle relevant tot die
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudskeuse 43 – 46 40 – 42 38 – 39
relevant tot die
argument wat gevolg
is.
VLAK 5
Vraag is grotendeels
beantwoord. Inhoud 38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
die antwoord. 30 – 33 28 – 29 26 – 27
Sommige weglatings
of irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie. 26 – 27 24 – 25 20 – 23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20 – 23 18 – 19 14 – 17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14 – 17 0 – 13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
Riglyne vir die toekenning van ʼn punt vir Vlak 1:
• Vraag glad nie aangespreek nie/heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om die
opstel te struktureer nie = 0
• Inhoudseleksies sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in; geen inligting
om die opstel te struktureer nie = 1 – 6
• Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer
= 7 – 13
6
10791/25
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE STRYD OM BEHEER EN INVLOED TUSSEN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VANAF
1947 TOT DIE KOUE OORLOG-SPANNING IN EUROPA BYGEDRA?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• 1947 (1 x 1) (1)
1.1.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 1A – V1]
• Die beleid om die verspreiding van kommunisme/uitbreiding/ idees
in Europa en die res van die wêreld te verhoed of te stop.
• Die VSA se buitelandse beleid, geformuleer deur George Kennan,
om die uitbreiding van die Sowjetunie te stuit.
• Die voorkoming van die verspreiding van ideologie
(kapitalisme/kommunisme).
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Die VSA moet optree teen die Sowjetunie se beleid van uitbreiding
om die verspreiding van kommunisme in Europa te voorkom.
• Die Sowjetunie se optrede het druk geplaas op vrye en
demokratiese lande in die Weste om aan kommunisme toe te gee.
• Hy het verwys na die demokratiese waardes en politieke stelsels
wat deur die VSA en sy bondgenote gebruik is, en het geglo dat dit
onder kommunistiese bedreiging verkeer.
• Die Verenigde State moet reageer/teenkrag uitoefen teen die
Sowjetunie deur kommunisme in te perk.
• Kennan het die Sowjetunie beskou as ’n mag wat probeer het om
die Weste se demokratiese lande te ondermyn en sy invloed daar
uit te brei.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
7
10791/25
1.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Die Sowjetunie se kommunistiese ideologie is gesien as
onversoenbaar met kapitalisme, omdat kommunisme direkte
staatsbeheer oor nywerhede vereis het, wat ’n negatiewe uitwerking
op die herstel van Europa ná die oorlog kon hê.
• Die kommunistiese ideologie van die Sowjetunie is beskou as in
stryd met die kapitalistiese en demokratiese waardes van die
Westerse wêreld, wat die ekonomiese herstel ná die oorlog bevorder
het.
• Dit is gesien as ’n direkte uitdaging vir die magsbalans en
ekonomiese stabiliteit van Europa en die wêreld.
• Hy het besef dat die Sowjet-uitbreiding druk op die belangrikste
nywerheidsentrums in die Weste sou plaas /wat moontlik toegang tot
belangrike hulpbronne en markte kon afsny en kapitalisme
ondermyn.
• Dit kon Amerikaanse handel en beleggingsgeleenthede in Europa
beperk en dus die VSA se ekonomiese oorheersing in Europa en die
res van die Weste verswak.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]
“die imperialistiese neigings van Amerikaanse monopolistiese kapitaal
weerspieël” (1 x 2) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – L1]
• deur diplomatieke middele
• en die vestiging van ’n netwerk van vloot- en lugmagbasisse wat ver
buite die grense van die Verenigde State strek,
• deur die wapenwedloop,
• en deur die skepping van al hoe nuwer soorte wapens (Enige 3 x 1) (3)
1.2.3 [Verduideliking van ʼn konsep in Bron 1B – V2]
• Die USSR se strategieë en optrede/wette in sy betrekkinge met ander
lande, wat grootliks gevorm is deur sy kommunistiese ideologie,
uitbreiding en mededinging met Westerse moondhede tydens die
Koue Oorlog.
• Die USSR se proses om ekonomiese en militêre bystand aan
Europese lande tydens die Koue Oorlog te verskaf
• Inisiatiewe wat deur die USSR-regering geneem is om die
verspreiding van kommunisme te bevorder, het te doen gehad met
die wêreldwye invloed daarvan tydens die Koue Oorlog.
• Skepping van 'n invloedsfeer wat deur die USSR gebruik is, wat sy
ekonomiese mag gebruik het om sy ideologie tydens die Koue Oorlog
te versterk
• (Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
8
10791/25
1.2.4 [Bepaal die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
Die bron is bruikbaar want:
• Nikolai Novikov was die Sowjetambassadeur in die Verenigde State
tussen April 1946 en Oktober 1947, en het dus insig gehad in die
VSA se bedoelings.
• Nikolai Novikov se reaksie op George Kennan se ‘Lang Telegram’
het gesuggereer dat dit nie net oor VSA-ingryping in Europa gegaan
het nie, maar ook oor wêreldheerskappy.
• Die bron verduidelik die VSA se beleid van inperking, wat daarop
gemik was om die verspreiding van die USSR se invloed in Europa
te verhoed.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
1.3 [Vergelyking van bewyse in Bronne 1A en 1B om die verskille te bepaal – V3]
• Bron 1A verduidelik die beleid van inperking as die VSA se strategie om die
Sowjetunie se uitbreidingsbeleid teen te werk, terwyl Bron 1B die beleid van
inperking beskryf as imperialisties.
• In Bron 1A word die USSR gesien as die aggressor wat Europa wil
oorneem, terwyl die VSA in Bron 1B as die aggressor uitgebeeld word wat
die wêreld wil oorheers.
• In Bron 1A is die hoofrede vir die VSA se beleid teenoor die Sowjetunie om
die USSR se uitbreidingsneigings in te perk, terwyl in Bron 1B die hoofrede
vir die VSA se beleid is om hul invloed en mag oor die wêreld uit te brei
(wêreldheerskappy).
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
1.4 Gebruik Bron 1C.
1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• die stede was verwoes,
• die ekonomieë verpletter,
• die mense het hongersnood in die gesig gestaar. (2 x 1) (2)
1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Wet op Ekonomiese Samewerking van 1948 (1 x 2) (2)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V 2]
• Truman het Sowjet-uitbreiding as ’n groot bedreiging beskou, en hy
wou ’n kommunistiese oorname in Europa voorkom /druk as gevolg
van burgeroorlog in Griekeland en Turkye.
• Europa was ekonomies verwoes ná die Tweede Wêreldoorlog en
het dringend herstel benodig, aangesien die verwoesting ’n
vrugbare voedingsbodem vir kommunisme geskep het.
• Ekonomiese herstel in Europa sou Amerikaanse besighede
bevoordeel omdat dit nuwe handelsgeleenthede geskep het.
• Deur hulp aan Europa te verskaf, kon die VSA alliansies versterk en
demokrasie bevorder, wat die Sowjet-invloed sou teenwerk.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
9
10791/25
1.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• kapitaal
• materiaal (2 x 1) (2)
1.5 Verwys na Bron 1D.
1.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – L2]
Gepas:
• Die VSA, wat deur die motor verteenwoordig word, moes vinnig
optree om kommunisme – wat chaos verteenwoordig – te stop of te
oorwin voordat dit na Wes-Europa versprei.
• Westerse lande het onmiddellike hulp nodig gehad om ekonomies te
herstel voordat hulle deur kommunisme oorgeneem kon word.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die aasvoël verteenwoordig kommunisme as ’n roofvoël, wat
gewoonlik jag op swakker diere/swakker lande.
• Kommunisme was die ideologie van die Sowjetunie, en in die
spotprent word die Sowjetunie uitgebeeld as iemand wat “chaos”
versprei, wat as aggressiewe of negatiewe gedrag beskou kan
word.
• Die Sowjetunie het ’n geleentheid gesien om voordeel te trek uit die
ekonomies verwoeste Europa, aangesien kommunisme in armoede
en ekonomiese chaos floreer.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
1.5.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – L2]
• Die Kongres het onmiddellik gereageer deur die beleid van inperking
te implementeer, wat verteenwoordig is deur die Truman-leerstelling
en die Marshall-plan.
• Die Amerikaanse Kongres het gereageer deur geld (Marshall-plan)
en militêre hulp (Truman-leerstelling) te voorsien aan Westerse
lande wat dringend ekonomiese en militêre hulp nodig gehad
het/Die Kongres het op die gevaar wat in die spotprent uitgebeeld is
gereageer deur die Marshall-plan te skep, wat Europa sou help
herbou ná die ekonomiese verwoesting van die Tweede
Wêreldoorlog.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
10
10791/25
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – Vlak 3]
• George Kennan stel die beleid van inperking voor, wat die grondslag
gevorm het vir die VSA se strategie / buitelandse beleid teenoor die USSR.
(Bron 1A)
• Die VSA beskuldig die USSR daarvan dat dit ’n bedreiging inhou vir “vrye
instellings”, wat deur die VSA gestuit of teengewerk moes word. (Bron 1A)
• Vrees en wantroue tussen die supermoondhede het spanning veroorsaak.
(Bron 1A)
• Kennan het ’n vasberade en waaksame strategie teenoor die USSR
voorgestel. (Bron 1A)
• Die VSA het die USSR as ’n aggressiewe bedreiging beskou en het die
beleid van inperking, die Marshall-plan, aangeneem om die verspreiding van
kommunisme in Wes-Europa te voorkom. (Bron 1B)
• Die USSR het die beleid van inperking gesien as ’n strategie van die VSA
om wêrelddominansie en leierskap te verkry. (Bron 1B)
• Die VSA se buitelandse beleid weerspieël imperialistiese neigings.
(Bron 1B)
• President Truman het die Wet op Ekonomiese Samewerking onderteken,
wat spanning verder aangevuur het. (Bron 1C)
• Die VSA het die aggressiewe optrede van die USSR teenwerk met die
Marshall-plan. (Bron 1C)
• Kennan het die Amerikaanse Kongres beïnvloed om Wes-Europa van die
euwels van kommunisme te red. (Bron 1D)
• Teenstrydige ideologieë het gelei tot ’n verdeling tussen Wes- en Oos-
Europa. (Bron 1D)
• Die VSA het demokrasie en kapitalisme bevorder, terwyl die USSR
kommunisme ondersteun het. (Eie kennis)
• Die ideologiese verdeeldheid in Europa het gelei tot twee teenoorstaande
blokke – Wes-Europa onder leiding van die VSA en Oos-Europa onder
beheer van die USSR. (Eie kennis)
• Ekonomiese en politieke mededinging het bygedra tot spanning in Europa.
(Eie kennis)
• Die VSA het NAVO gelei (Westerse blok), terwyl die USSR die Warskou-
verdrag tot stand gebring het (Oosblok), wat ’n duidelike verdeling van
Europa geskep het. (Eie kennis)
• Die stryd om beheer het gelei tot diep wantroue, met beide kante wat
mekaar van ekspansionisme beskuldig het, wat die spanning van die Koue
Oorlog in Europa laat toeneem het. (Bron 1D)
• Die USSR het sy bondgenote beveel om die Marshall-plan te verwerp. (Eie
kennis)
• Die USSR verskaf hul eie hulp, bv. Cominform en Comicon aan hul
satelietstate. (Eie kennis)
(Enige ander relevante antwoord)
11
10791/25
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv., toon min of
geen begrip om te verduidelik hoe die stryd om beheer en
invloed tussen die Verenigde State van Amerika en die PUNTE:
VLAK 1 Sowjetunie vanaf 1947 tot die Koue Oorlog-spanning in 0–2
Europa bygedra het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
onderwerp, bv. toon 'n mate van begrip van hoe die stryd
om beheer en invloed tussen die Verenigde State van PUNTE:
VLAK 2
Amerika en die Sowjetunie vanaf 1947 tot die Koue 3–5
Oorlog-spanning in Europa bygedra het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
hoe die stryd om beheer en invloed tussen die Verenigde
State van Amerika en die Sowjetunie vanaf 1947 tot Koue PUNTE:
VLAK 3
Oorlog-spanning in Europa bygedra het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
12
10791/25
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 2: WAAROM WAS DIE UITSLAG VAN DIE SLAG VAN CUITO
CUANAVALE BETEKENISVOL IN DIE BEÏNVLOEDING VAN DIE
POLITIEKE LANDSKAP VAN DIE SUIDELIKE AFRIKA-STREEK
VANAF 1987 TOT 1990?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Harris
• Oelsig
• Kolonel Piet Muller (3 x 1) (3)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• “… as dat die afsny van die Menongue tot Cuito Cuanavale
voorsieningspad die beste en mees logiese manier was om die
offensief te stuit” (1 x 2) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• In Angola het die Sowjetunie en Kuba die MPLA ondersteun, wat
met kommunistiese ideale geassosieer is, en deur Suid-Afrika en sy
bondgenoot UNITA te help, het die CIA ’n beleid van inperking
gevolg om die verspreiding van kommunisme te keer/ beide die VSA
en Suid-Afrika was kapitalistiese bondgenote en wou kommunisme
voorkom
• Sowel die CIA as die Suid-Afrikaanse regering was gekant teen die
groeiende Kubaanse militêre teenwoordigheid in Angola.
• Dit as ’n bedreiging vir die VSA se verhouding met Suid-Afrika
beskou is.
Die VSA het aanvanklik die Suid-Afrikaanse regering aangemoedig
om UNITA te ondersteun, daarom het die CIA die Suid-Afrikaanse
regering bygestaan
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• "Die Suid-Afrikaanse kabinet het dus eerder die bevelvoerders se
sekondêre plan goedgekeur: ’n aanval in die area oos van die Cuito-
rivier om te verhoed dat FAPLA UNITA se strategiese vesting by
Mavinga inneem."
(enige 1 x 2) (2)
13
10791/25
2.1.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die vrees vir verdere sanksies en embargo’s teen Suid-Afrika, veral
oor die ontplooiing van troepe in Angola.
• Die internasionale persepsie van Suid-Afrika tydens die konflik was
negatief as gevolg van sy apartheidsbeleide.
• Baie lande het hierdie inval gesien as ’n poging van Suid-Afrika om
sy invloed in Angola uit te brei en om ’n marionetteregering te vestig
wat gunstig teenoor die Suid-Afrikaanse regering sou wees.
• Hierdie inval in Angola het die risiko ingehou dat Suid-Afrika verdere
kritiek en diplomatieke isolasie vanaf die internasionale
gemeenskap sou ervaar.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Namibië
• Lubango
• Menongue,
• Cuito Cuanavale (enige 3 x 1) (3)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ‘Castro het nie ’n bloedige konfrontasie, wat baie lewens aan beide
kante sou eis, gesoek nie’ (1 x 2) (2)
2.2.3 [Verduideliking van historiese konsep uit Bron 2B – V2]
• Verwys na die verwydering van buitelandse beheer of invloed, veral
die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), uit gebiede wat hulle
voorheen in Angola beset het.
• Die herstel van beheer oor Angolese grondgebied aan Angolese
magte en hul bondgenote (Kubaanse magte, FAPLA en SWAPO)
oor streke soos die Cunene- en Mocamedes-provinsies tydens die
Angolese burgeroorlog.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die Kubane het taktiese meerderwaardigheid op die slagveld
getoon, deur die SAW doeltreffend teen te werk en uit te
maneuvreer; tydens onderhandelinge het hulle buigsaamheid
getoon en gewerk aan ’n oplossing wat met hul politieke doelwitte
ooreengestem het.
• Hierdie benadering het hul aanpasbaarheid en strategiese
ingesteldheid uitgelig, terwyl die Suid-Afrikaners grotendeels op
militêre oplossings staatgemaak het.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
14
10791/25
2.2.5 [Bepaal betroubaarheid van Bron 2B – V3]
BETROUBAAR
• Dit is ’n ooggetuieverslag, aangesien die artikel geskryf is deur
Ronnie Kasrils, wat Cuba gedurende 1989 besoek het.
• Die artikel gee Chester Crocker se perspektief, wat
geloofwaardigheid aan die bron gee, aangesien hy direk by die
onderhandelinge betrokke was.
• Die bron verskaf inligting oor beide die militêre en diplomatieke
aspekte van die konflik/gebalanseerde oogpunt
• Dit is 'n artikel uit An Independent Socialist Magazine, 'n
gerespekteerde tydskrif met betroubare en akkurate inligting.Dit
stem ooreen met Bron 2A rakende die Slag van Cuito Cuanavale
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 Verwys na Bron 2C.
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• "Die Slag van Cuito Cuanavale gedurende 1987 en 1988 was een
van die laaste en mees betekenisvolle veldslae van die Koue Oorlog."
(1 x 2) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
(a) Angola
• Dit het die voortbestaan van die MPLA-regering verseker.
• Dit het gelei tot die ontruiming van Suid-Afrikaanse en ander
buitelandse militêre magte uit die land.
• Dit het Angola in staat gestel om sy soewereiniteit te behou en
het die grondslag gelê vir vredesonderhandelinge met ander
politieke groepe in Angola.
• Dit het die eksterne inmenging in Angola se burgeroorlog
verminder.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
(b) Suid-Afrika
• Die uitkoms by Cuito Cuanavale het die perke van Suid-Afrika
se militêre mag aangedui en die onvolhoubaarheid van sy
betrokkenheid by streekkonflikte beklemtoon.
• Die apartheidsregering het besef dat voortgesette militêre
betrokkenheid in Angola en Namibië nie volhoubaar was nie,
wat gelei het tot die onttrekking van sy troepe/ SA verloor
koloniale beheer oor Namibië
• Die Suid-Afrikaanse regering het begin onderhandel met die
ANC en ander partye, wat uiteindelik tot die beëindiging van
apartheid sou lei.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
15
10791/25
2.3.3 [Interpretatasie van bewyse uit 2C – L2]
• Kuba se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog wys sy
toewyding om bevrydingsbewegings en anti-imperialistiese stryd te
ondersteun.
• Kuba het noodsaaklike militêre ondersteuning aan die MPLA-regering
gebied, wat sy betroubaarheid as bondgenoot bewys het.
• Sy optrede het gehelp om vrede in die streek te verseker en het
bygedra tot die doelwitte van bevrydingsbewegings in Suider-Afrika.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.4 Bestudeer Bron 2D.
2.4.1 [Definisie van ʼn historiese term uit Bron 2D – L1]
• Verenig as ’n groep wat gebaseer is op ’n gemeenskap van belange,
doelwitte of standaarde.
• Wanneer ’n land of groep ondersteuning aan mekaar toon, veral in
politieke aangeleenthede wat eenheid aanmoedig.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
• Die pamflet weerspieël Namibiese onafhanklikheid, wat beïnvloed is
deur die strategiese nederlaag van die Suid-Afrikaanse magte tydens
die Slag van Cuito Cuanavale in Angola.
• Die uitkoms van die geveg het die vermoë van bevrydingsbewegings
soos SWAPO getoon om die aanslag van die Suid-Afrikaanse
regering te weerstaan.
• Die pamflet toon dat Suid-Afrika se beheer oor die streek verswak het
en het bygedra tot die aanvaarding van die VN-gemagtigde
onafhanklikheidsverkiesings in Namibië deur die Suid-Afrikaanse
regering.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3]
• Bron 2C stel SWAPO voor as die sentrale bevrydingsbeweging wat Namibië
se stryd vir onafhanklikheid en teen Suid-Afrika se apartheidsregering gelei
het, en Bron 2D wys hoe SWAPO se doelwitte bereik is deur militêre en
politieke strategieë toe Namibië onafhanklikheid verkry het.
• Bron 2C verduidelik hoe die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale
SWAPO gehelp het om Namibië se onafhanklikheid te verkry, en Bron 2D
doen ’n beroep op internasionale eenheid en steun om Suid-Afrika se
inmenging in Namibië te beëindig sodat vreedsame verkiesings kon
plaasvind.
• Bron 2C dui op SWAPO se doelwit om volle vryheid en selfbeskikking vir
Namibië te verkry, en vra vir hulp van ander lande om dié doel te bereik, en
Bron 2D toon dat SWAPO hierdie politieke doelwitte suksesvol bereik het.
• Albei bronne toon SWAPO se doeltreffende politieke strategie en
internasionale samewerking om bevryding vir Namibië te bereik. (4)
16
10791/25
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 2)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Die Suid-Afrikaanse regering het deur intelligensie-operasies kennis van
FAPLA/Kubaanse opbou by Cuito Cuanavale geneem. (Bron 2A)
• Hulle het besluit om Angola binne te val om UNITA te ondersteun. (Bron 2A)
• Hierdie inval was om te verhoed dat FAPLA beheer oor UNITA se hoofkwartier
te Mavinga verkry. (Bron 2A)
• Die slag was ’n keerpunt in die streek se bevrydingstryd. (Eie kennis)
• Kuba se betrokkenheid het die uitkoms van die geveg en die burgeroorlog in
Angola verander. (Bron 2B)
• Kuba het militêre hulp aan die MPLA/FAPLA verskaf en troepe gestuur om die
FAPLA-mag te ondersteun. (Bron 2B)
• Die Slag van Cuito Cuanavale het die beperkings van Suid-Afrika se militêre
oorheersing blootgelê. (Bron 2B)
• Die geveg het die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die onvolhoubaarheid
van voortgesette militêre betrokkenheid in Angola en Namibië te erken.
(Bron 2B)
• Die geveg het bevrydingsbewegings soos die ANC en SWAPO versterk, en
het moreel en steun vir anti-apartheidpogings verhoog. (Bron 2C)
• Dit het gelei tot vredesonderhandelinge tussen die VSA, Angola, Kuba,
SWAPO en Suid-Afrika onder leiding van die Verenigde Nasies. (Bron 2C)
• Die resolusie van die Verenigde Nasies het uiteindelik gelei tot die onttrekking
van Suid-Afrikaanse magte uit Angola. (Bron 2C)
• Hierdie onttrekking van buitelandse magte uit Angola het gelei tot
vredesonderhandelinge tussen MPLA, FAPLA en UNITA. (Bron 2C)
• Suid-Afrika het die VN-resolusie aanvaar, en hierdie aanvaarding het die weg
gebaan vir Namibië se onafhanklikheid in 1990. (Bronne 2C en 2D)
• Internasionaal het Kuba se ingryping sy solidariteit met
Afrikabevrydingsbewegings ten toon gestel. (Eie kennis)
• In Suid-Afrika, as gevolg van verhoogde interne weerstand en internasionale
sanksies, het die regering begin onderhandel met die ANC en ander politieke
groepe. (Bron 2C)
• Die slag het bygedra tot die afname in Koue Oorlog-spanning in die streek, en
het vrede en stabiliteit bevorder. (Bron 2C)
• In Suid-Afrika het die regering, onder druk van interne protes en internasionale
druk, met die ANC en ander politieke rolspelers begin onderhandel. (Bron 2C)
• Hierdie onderhandelinge het gelei tot die afskaffing van apartheid en die
vestiging van ’n demokratiese regering in Suid-Afrika. (Eie kennis)
(Enige ander relevante antwoord)
17
10791/25
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv., toon min of
geen begrip om te verduidelik waarom die uitslag van
die Slag van Cuito Cuanavale betekenisvol in die
beïnvloeding van die politieke landskap van die Suid- PUNTE:
VLAK 1
Afrikaanse streek vanaf 1987 tot 1990 was. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met
die onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van waarom die
uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale betekenisvol
in die beïnvloeding van die politieke landskap van die PUNTE:
VLAK 2
Suid-Afrikaanse streek vanaf 1987 tot 1990 was. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
skryf
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
waarom die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale
betekenisvol was in die beïnvloeding van die politieke PUNTE:
VLAK 3
landskap van die Suid-Afrikaanse streek vanaf 1987 tot 6–8
1990 was.
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
18
10791/25
VRAAG 3: HOE HET DIE KINDERKRUISTOG VAN BIRMINGHAM IN 1963
OPENBARE AANDAG OP DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEVESTIG?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 3A – L1]
• “streng afgedwonge segregasie van swart en wit mense in
openbare ruimtes”. (1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van inligting uit Bron 3A – L1]
• optogte,
• sitstakings by toonbanke,
• “knielsessies” in wit kerke,
• aandbyeenkomste,
• boikotte van sakeondernemings (Enige 4 x 1) (4)
3.1.3 [Verduidelik ʼn term uit Bron 3A – V1]
• Passiewe verset – aksie om die regering teen te staan sonder
om geweld te gebruik.
• Die gebruik van nie-gewelddadige metodes om sosiale en
politieke verandering te bewerkstellig.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
• Die swart predikante het enige gewelddadige taktieke
veroordeel.
• Slegs 10% het dit ondersteun, want die res het geweld van Bull
Conner en wit heerssugtiges verwag.
• Die predikante het nie geglo (leef dit wat jy preek) dat die veldtog
in Birmingham suksesvol kon wees nie, en daarom het hulle dit
veroordeel.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – L2]
• Duisende kinders is gearresteer, wat nasionale verontwaardiging
onder beide swart en wit Amerikaners veroorsaak het.
• Die polisie is beveel om honde en brandslange op kinders te
gebruik. Hierdie gebruik van geweld is deur die media ontbloot.
• Skokkende beelde van kinders wat aangeval en gearresteer is,
het regoor die land en wêreld versprei, wat steun vir die
Burgerregtebeweging en kritiek teen die federale regering ontlok
het.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 2) (4)
19
10791/25
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• James Bevel (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Vanweë die dreigemente van geweld deur wit groepe.
• Polisiebeamptes onder leiding van Eugene “Bull” Connor, die
Kommissaris van Openbare Veiligheid in Birmingham, wat berug
was vir sy rassistiese beleide.
(Enige ander relevante antwoord) (2 x 1) (2)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• “Ons is gesê dat as jy besluit om deel te neem, dit ’n nie-
gewelddadige beweging is, so jy mag nie terugveg nie. (1 x 2) (2)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]
• Die Kinderkruistog het ’n keerpunt in die Burgerregtebeweging
geword, aangesien dit tot wetgewende verandering gelei het.
• Die kinders van Birmingham het publisiteit vir die
Burgerregtebeweging in 1963 verkry, wat tot meer steun vir die
beweging gelei het.
• Die Kinderkruistog het nasionale aandag gevestig op
rasseskeiding en polisiegeweld in Birmingham, en het rassisme
ontbloot.
• Die Kinderkruistog het gelei tot die afskaffing van rasseskeiding
in Birmingham se openbare ruimtes, wat die doelwit van die
Burgerregtebeweging was.
• Die moed van die kinders het hul ouers geïnspireer om ook teen
rasseskeiding te veg, aangesien kinders simpatie vir die saak
gewek het.
• Die Kinderkruistog het die aandag van die federale regering en
president Kennedy getrek/federale ingryping wat gelei het tot die
aanvaarding van die Burgerregtewet.
• Enige ander relevant antwoord (1 x 2) (2)
20
10791/25
3.3 Bestudeer Bron 3C.
3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2
• Die polisie het alle polisielede en brandbestryders wat van diens af was,
opgeroep om genoeg mannekrag te hê om die optog te beheer.
• Die artikel toon die rassistiese houding van die Birmingham-polisie
teenoor swart betogers, soos gesien in die verwysing na “Brace –
prepare for another busy afternoon in Birmingham.”/“Maak reg vir nóg ʼn
besige middag ”
• Die artikel beklemtoon die polisiewreedheid teenoor die swart betogers,
veral in die verwysing na die gebruik van knuppels.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Bepaal beperkings van Bron 3C –V3]
Die bron is BEPERK omdat:
• Die bron eensydig en bevooroordeeld is – dit fokus slegs op die
perspektief van die polisie en sê niks positiefs oor die betogers nie.
• Die bron beeld die Kinderkruistog in ’n negatiewe lig uit – byvoorbeeld
deur uitsprake soos: “MAAK GEREED IN BIRMINGHAM” of “swart
mense ... in groot getalle na die middestad van Birmingham gestroom”.
• Die bron is ’n vorm van propaganda teen die Kinderkruistog aangesien
dit die optog as ’n bedreiging vir wit oorheersing wil uitbeeld.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
3.4 [Vergelyk Bron 3A en Bron 3C – V3]
• Bron 3A noem dat “jeug in hul duisende begin mars het”, wat ondersteun word
deur Bron 3C wat aandui dat dit ’n massademonstrasie was.
• Bron 3A noem dat die tronke oorvol was, terwyl Bron 3C ook aandui dat die
“tronke reeds propvol” was.
• Bron 3A verwys na skokkende beelde van jongmense wat aangeval is, en dit
word bevestig in Bron 3C met die verwysing na “beweeg in met knuppels”.
• Albei bronne beklemtoon polisiewreedheid teenoor die Kinderkruistog.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4)
3.5 Raadpleeg Bron 3D.
3.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D –L2]
Geregverdig:
• King het ’n duidelike boodskap aan die owerhede en die voorstanders
van segregasie gestuur dat die burgerregtebeweging nie sou ophou nie/
tot verdere optogte sou lei/ Na die kinderkruistog was daar ander
proteste.
• King het bedoel dat die stryd vir geregtigheid en gelykheid sou
voortgaan, ten spyte van die gewelddadige reaksie.
• King het bedoel dat hulle sou volhard totdat werklike verandering
plaasvind.
Nie geregverdig nie:
• Die staat kon meer troepe/polisie ontplooi het om die weerstand te
onderdruk/meer burgerregte-weerstand te voorkom. (2)
21
10791/25
• Kan tot meer bloedvergieting lei.
• Die Burgerregtebeweging het steun verloor omdat Martin Luther King
Jr. homself eerste gestel het en ouers hul oortuiging verloor het
weens die verlies van kinders.
• Dit was nie gewaarborg dat ouers kinders sou toelaat om aan die
volgende optog deel te neem nie.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 1 x 2)
3.5.2 [Verduidelik ʼn term uit Bron 3D – L2]
• ’n Reeks nie-gewelddadige betogings/veldtogte wat deur swart
skoolkinders gelei is teen segregasie in Birmingham, Alabama, VSA in
1963, met die doel om verandering teweeg te bring.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
• Foto's en televisiebeelde van kinders wat aangeval is, het die federale
regering in die verleentheid gebring, aangesien hulle gebrek aan
optrede om die dade van die owerhede in Birmingham te veroordeel,
gekritiseer is.
• Beelde van polisiewreedheid in Birmingham is regoor die land en
wêreld gesien, wat die rassisme in Birmingham ontbloot het.
• President Kennedy was bevrees dat dit tot meer konflik tussen swart
Amerikaners en wit heerssugtiges kon lei.
• Die regering het die Burgerregtewet van 1964 aanvaar om die regte van
Afro-Amerikaners te akkommodeer.
(Enige ander relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2)
3.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• “die kinders het hulle verontagsaam”
• “geen vrees getoon nie, en hul eie verandering gebring”. (2 x 1) (2)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – L3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Die Birmingham-veldtog het geëis dat segregasie beëindig word en gelyke
werksgeleenthede vir swart mense geskep word. (Bron 3A)
• Die veldtog het aanvanklik stadig op dreef gekom. (Bron 3A)
• Die polisie was aanvanklik terughoudend, en die veldtog het min media-aandag
gegenereer. (Bron 3A)
• Dit het verander toe duisende jong mense begin het met optogte. (Bron 3A)
• Meer as 3 400 jongmense is gearresteer. (Bron 3A)
• Polisiehoof Bull Connor het die polisie beveel om die kinders aan te val.
(Bron 3A)
• Skokkende beelde van kinders wat aangeval is, het regoor die wêreld versprei.
(Bron 3A)
• Die mag het na die Kinderkruistog geskuif. (Bron 3A)
• Meer as 1 000 studente het skool gebank om aan die protes deel te neem.
(Bron 3B)
• Meer as 2 000 is glo gearresteer. (Bron 3B)
22
10791/25
• Die Kinderkruistog het as ’n katalisator vir verandering gedien. (Bron 3B)
• Die media het die veldtog regoor die land en wêreld uitgelig. (Bron 3D)
• Beelde in koerante het die federale regering in die verleentheid gestel.
(Bron 3D)
• Daarom was die Birmingham-veldtog, veral die Kinderkruistog, hoe die Wet op
Burgerregte van 1964 gewen is. (Bron 3D)
• Die Kinderkruistog het president Kennedy gedwing om na groter burgerregte vir
swart Amerikaners toe te beweeg. (Bron 3D)
• Die beelde van geweld het die beweging hervorm. (Eie kennis)
• Die Kinderkruistog het met behulp van die media nasionale aandag op die
rassekwessies in die gesegregeerde Suide gevestig. (Eie kennis)
• Segregasie en rassegeweld het ’n nasionale probleem geword. (Eie kennis)
Enige relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of
geen begrip van hoe die kinderkruistog van Birmingham
in 1963 openbare aandag op die Burgerregtebeweging in PUNTE
VLAK 1
die Verenigde State van Amerika gevestig het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die
onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die
kinderkruistog van Birmingham in 1963 openbare aandag
op die Burgerregtebeweging in die Verenigde State van PUNTE
VLAK 2
Amerika gevestig het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te
skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
hoe die kinderkruistog van Birmingham in 1963 openbare
aandag op die Burgerregtebeweging in die Verenigde
PUNTE
VLAK 3 State van Amerika gevestig het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
23
10791/25
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae vanuit hierdie
afdeling NIE.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling dat die
Verenigde State van Amerika in staat was om die Vietkong in die Viëtnam-oorlog van
1963 tot 1975 te verslaan. Kandidate moet hul standpunt met relevante historiese
bewyse steun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet ’n standpunt inneem en aandui of hulle saamstem of nie
saamstem met die stelling.
Hulle moet ook aandui hoe hulle beoog om hulle argumente te motiveer.
UITBREIDING
Fokus op die strategieë en taktieke wat deur beide die VSA en die Vietkong gebruik is.
o Redes vir die VSA se betrokkenheid: beleid van inperking (stuiting) en die
Domino-teorie. (agtergrond)
• Die VSA se eerste ingryping in Suid-Viëtnam – hulle het wapens en militêre
raadgewers gestuur teen die Vietkong (Viëtnamese kommuniste).
• Die Ho Chi Minh-roete en die betekenis daarvan – gebruik deur die Vietminh
(kommunistiese guerrillas van Noord-Viëtnam) om die Vietkong te ondersteun.
• Die VSA het die ‘veilige dorpie’-beleid / Hamlet-strategie / Villagisation ingestel –
’n poging om guerrillas van plaaslike inwoners te isoleer. (1963)
• Die “veilige dorpie”-beleid het misluk, omdat die Vietkong binne die dorpe
opgetree het.
• Die Golf van Tonkin-resolusie (1964) het president Johnson wye militêre magte
gegee, wat gelei het tot die toename/eskalasie van oorlogvoering in Viëtnam.
• Die VSA het in 1965 mariniers en grondtroepe na Viëtnam gestuur.
24
10791/25
• Operasie Ranch Hand (1962 – 1971) – gebruik van chemiese ontblaringsmiddels
soos Agent Orange (om woude te vernietig) en Agent Blue (om landbouprodukte
en voedsel te vernietig) om die Vietkong te verswak.
• President Johnson het in Maart 1965 Operasie Rolling Thunder bekendgestel om
die Vietkong vinnig uit te skakel.
• Die gebruik van chemiese wapens, bv. Napalmgas, het die VSA ongewild
gemaak, en baie lande het die VSA veroordeel.
• Guerrilla-oorlogvoering deur die Vietminh en Vietkong het dit moeilik gemaak om
guerrillas van boere/kleinboere te onderskei.
• Noord-Viëtnam het militêre steun van die USSR en China ontvang, wat beteken
het dat die Vietminh en Vietkong toegang tot moderne wapens gehad het.
• Guerrilla-oorlogvoering is doeltreffend deur die Vietkong gebruik, met die
ondersteuning van die Vietminh in die Noorde. Hulle het taktieke gebruik soos
lokvalle, ondergrondse tonnels, tref-en-trap-aanvalle en sabotasie.
• Die Vietkong het hul steunbasis vergroot vanweë hul doeltreffende taktiek teen
Amerikaanse soldate.
• Die Viëtnamese volk was verenig in die verdediging van hul land.
• Die Vietkong het gereageer met die TET-offensief (1968) – verrassingaanvalle op
100 stede.
• Die getal Amerikaanse soldate wat gesterf het, het toegeneem, wat gelei het tot
teenoorlog-betogings.
• Die VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
• Die VSA het “soek-en-vernietig”-missies gebruik (bv. die My Lai-massamoord) om
dorpe te vernietig wat die Vietkong ondersteun het – dit het tot groot burgerlike
sterftes gelei.
• Amerikaanse gruweldade en die My Lai-massamoord (Maart 1968) het die publiek
se mening teen die oorlog laat draai.
• Vietnamisering: President Nixon se beleid van Vietnamisering, insluitend WHAM
(Winning the Hearts and Minds), was ’n poging van die VSA om uit die oorlog te
onttrek en ʼn poging om aansien te behou
• Die rol van die media, studente en ontwapeningsbewegings het druk op die
Amerikaanse regering geplaas om uit Viëtnam te onttrek.
• Die VSA het teen 1973 al hul troepe onttrek (President Nixon het op 27 Januarie
1973 die Paryse Vredesooreenkoms onderteken, wat die VSA se betrokkenheid
by die Viëtnamoorlog beëindig het).
• Noord-Viëtnam het in 1975 beheer van Saigon oorgeneem.
• Viëtnam is onder kommunistiese beheer verenig.
(Enige ander relevante antwoord)
Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argumente met 'n relevante slot saamvat [50]
25
10791/25
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe Mobutu Sese Seko probeer het om die Kongo se
afhanklikheid van Westerse moondhede te verminder deur sy politieke en ekonomiese
beleide.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of Mobutu Sese Seko daarin geslaag het of
misluk het om die Kongo se afhanklikheid van Westerse moondhede te verminder deur
middel van sy politieke en ekonomiese beleide. Hulle moet hul argument met relevante
historiese bewyse ondersteun.
Politiese Beleide
➢ Paternalisme – die Kongolese is soos kinders behandel, sonder enige
verantwoordelikheid in die administrasie of verteenwoordiging van die regering.
➢ Politieke partye is verban, en met België se vinnige onttrekking ná die Leopoldville-
onluste van 1959, is daar baie politieke partye gevorm wat verskillende streke en
etniese groepe verteenwoordig het; hierdie partye is georganiseer volgens streek- en
etniese groeperings.
➢ 120 politieke partye het aan die verkiesing van 1960 deelgeneem; geen enkele party
het ’n volstrekte meerderheid behaal nie – Patrice Lumumba se Movement National
Congolais (MNC) het die meeste setels gewen, aangesien dit, in teenstelling met
ander streekgebaseerde partye, ’n mate van nasionale steun geniet het.
➢ Gebrek aan politieke eenheid.
• Die Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklik geword, met Kasavubu as president en
Lumumba as eerste minister.
• Kasavubu het ’n federale staat verkies, terwyl Lumumba ’n sterk, gesentraliseerde
nasionale regering voorgestaan het/Lumumba was ook in konflik met Moise Tshombe.
• Die Kongo het met groot politieke onstabiliteit begin, met Tshombe wat gefokus het op
die afskeiding van Katanga vir sy eie onafhanklikheid.
• Mobutu het in 1965 deur ’n staatsgreep beheer oorgeneem van Kasavubu.
• Hy het daarin geslaag om ’n vorm van politieke stabiliteit te vestig, hoewel dit gegrond
was op outoritarisme.
• In 1967 het Mobutu die Katanga-rebellie beëindig en sy land ’n nuwe grondwet gegee
as ’n eenparty-staat onder sy party, die Volksbeweging vir die Rewolusie (MPR).
• Die Kongo het binne die eerste vyf jaar 'n eenpartystaat geword nadat dit
onafhanklikheid verkry het met alle opposisie onderdruk.
• Mobutu het 'n persoonlikheidskultus/ideologie van Mobutuisme ontwikkel.
• Mobutu het die Kongo 'n outokratiese staat gemaak onder hom as militêre diktator.
26
10791/25
• Mobutu is deur die VSA ondersteun omdat hy as 'n anti-kommunistiese bondgenoot
gesien is.
• Hy het 'n sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings, bevorderings en
die toewysing van staatsinkomste beheer.
• Hy het 'n beleid van Zaireanisering ingestel, 'n beleid wat geskoolde buitelanders of
diegene wat strategiese bestuursposisies beklee vervang het met die ongeskoolde
plaaslike inwoners – wat gelei het tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke
leiersrolle.
• Hy het nepotisme en kleptokrasie toegelaat.
• Mobutu het as 'lewenslange president' gebly tot sy dood in 1997.
(Enige ander relevante antwoord)
Ekonomiese beleide
• By onafhanklikheid is die Kongo as die mees welvarend beskou, maar met die
ekonomiese rykdom wat deur buitelandse eienaars besit is.
• Het 'n kapitalistiese ekonomie van België/enkelproduk-ekonomie geërf.
• Aanvanklik is die ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders gelaat/groot
kloof tussen opkomende middelklas en die landelike klas.
• Die land se ryk natuurlike hulpbronne van koper, kobalt, diamante en ander materiale
het buitelandse beleggings gelok.
• Nasionalisering: Mobutu het die land se kopermynbedryf genasionaliseer en winste uit
die koperbedryf gebruik om sy 10-jaar industrialiseringsplan te finansier.
• Genasionaliseerde maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding.
• Buitelandse maatskappye is onder die beheer van sy bondgenote en familielede
geplaas.
• Zaireanisering ingestel (vervang buitelanders met Zaïrese burgers).
• Zaireanisering het tot korrupsie, diefstal en wanbestuur gelei.
• Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme (het 'n groot gaping geskep
tussen die elite en gewone burgers/ryk en arm).
• Die swak ekonomiese beleid het gelei tot die afname in die toestand van infrastruktuur
soos paaie ens.
• Mobutu het 'n kleptokrasie geskep waar 'n groep aangestelde staatsamptenare hul
posisie vir finansiële gewin misbruik het.
• Mobutu is gedwing om retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars) in te stel.
• Baie min buitelandse eienaars het teruggekeer.
• Die Kongo se ekonomie het weens hoë inflasie in duie gestort.
• Die Kongo het van buitelandse hulp en belegging afhanklik geraak, bv. van die
Wêreldbank.
(Enige ander relevante antwoord)
Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking
saambind. [50]
27
10791/25
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer
is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging na vore getree het
as 'n radikale vorm van protes onder swart Amerikaners. Kandidate moet die
verskillende politieke, sosio-ekonomiese en kulturele faktore identifiseer en
verduidelik wat die ontstaan van hierdie nuwe vorm van protes gestimuleer het.
Kandidate moet hul argument met relevante historiese bewyse staaf.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en verduidelik tot watter mate die
Swartmagbeweging na 1965 as 'n radikale vorm van protes onder swart Amerikaners
na vore getree het. Hulle moet ook 'n uiteensetting gee van hoe hulle hul standpunt
sou ondersteun.
UITBREIDING
Agtergrond
o Die Swartmagbeweging het die sosio-ekonomiese gelykheid tussen swart en
wit Amerikaners uitgedaag.
o Voortdurende armoede, werkloosheid, diskriminasie en swak
lewensomstandighede van Afro-Amerikaners in die Noorde.
o Die aanvaarding van die Wet op Burgerregte (1964) en die Wet op Stemregte
(1965) was oorwinnings vir Burgerregtebeweging, maar die meerderheid swart
mense was armer met minder geleenthede as hul wit eweknieë.
o Ontnugtering met geweldloosheid en stadige pas van verandering.
o Swart gemeenskap se frustrasie met voortdurende polisie-teistering.
o Veral jeugdiges was gefrustreerd met die voortdurende geweld, intimidasie en
arbitrêre arrestasies.
o Baie jong swart aktiviste het die onluste/opstande in stede gesien as
geregverdigde weerstand teen onderdrukking en 'n teken dat geweldloosheid
ondoeltreffend was.
Swartmagfilosofie
• Ideologie wat rassetrots, selfstandigheid, bereiking van swart ekonomiese en
politieke vryheid voorgestaan het.
• Afro-Amerikaners aangespoor om hulself teen polisiebrutaliteit te beskerm.
• Selfverdediging en terugveg indien nodig was 'n belangrike aspek van die Swart
Mag
• Het gevoel dat BRB-aktiviste uitgebuit is weens hul geweldloosheid.
• Afro-Amerikaners aangemoedig om vryheid van wit heerssugtiges te soek.
• Geïnspireerde selfrespek en swart trots.
• Verwerping van rasse-integrasie en assimilasie.
• Bewussynsverhoging deur die 1960's (van 'neger' na 'swart' tot 'Afro-American'
spoor eise aan vir meer as politieke regte en assimilasie.
• Swart trots en slagspreuke soos 'Black is Beautiful' aangemoedig.
• Kulturele trots en identiteit van die Afrika-erfenis, haarstyle, kleredrag aanvaar.
28
10791/25
Malcolm X
• Hy het 'n sleutelrol in die inspirasie vir die Swartmagbeweging gespeel.
• Hy het in swart separatisme geglo in plaas van integrasie.
• Afro-Amerikaners aangemoedig om hul regte te verseker op 'enige nodige wyse'.
• Bepleit selfverdediging teen wit onderdrukking, ‘bloedvergieting was nodig vir
revolusie’.
• Het swart selfgenoegsaamheid en rassetrots voorgestaan.
• Hy is in 1965 vermoor wat jong aktiviste verder geradikaliseer het.
• Hulle het sy oproep vir swart bemagtiging aanvaar en integrasie verwerp.
Stokely Carmichael
• Hy was 'n Vryheidsryer en die voorsitter van SNCC.
• SNCC, eens opgedra aan geweldloosheid, het onder leiding van Stokely
Carmichael geradikaliseer.
• In 1966 het Carmichael die term 'Swart Mag' gewild gemaak wat vir rassetrots,
politieke beheer en ekonomiese onafhanklikheid gepleit het.
• Bepleit dat Afro-Amerikaners hulself moet verdedig teen rasse-onderdrukking en
manipulasie.
• Hy was teen die nie-gewelddadige strategie van die BRB.
• Hy het in swart separatisme geglo in plaas van rasse-integrasie.
• .
• Hy het by die Black Panther Party aangesluit wat die Swart Mag-idees in werking
gestel het.
• Hy is 27 keer in hegtenis geneem op nie-gewelddadige Burgerregte-
demonstrasies.
• Hy het hom sterk uitgespreek die VSA se deelname aan die Viëtnam-oorlog
Die Black Panther Party (BPP)
• Die BPP vir selfverdediging is gevorm deur Huey Newton en Bobby Searle in
1966.
• Die BPP het die strate gepatrolleer om aktiwiteite te monitor (polisiëring van die
polisie) en hulself teen polisiebrutaliteit verdedig.
• Die BPP het openlik wapens vir selfverdediging gedra.
• Hulle het gemeenskapsprogramme gevestig, soos gratis ontbyt vir kinders en
gesondheidsklinieke.
• Die Black Panther se radikale houding en bereidwilligheid om die staat te
konfronteer het hulle 'n sentrale krag in die Black Power Movement gemaak.
• Die FBI se COINTELPRO-program het swartmagleiers geteiken.
• Lang- en Korttermynsuksesse.
(Enige ander relevante antwoord)
Gevolgtrekking: Kandidate moet hul standpunt herbevestig en hul argument saamvat
met 'n relevante gevolgtrekking. [50]
TOTAAL: 150
29
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum