VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
NASIENRIGLYNE
GESKIEDENIS (VRAESTEL 2) (10792)
26 bladsye
Skip to contentAll 2025 papers %20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
View all





History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 27
This exam
Gauteng Mock Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
10792/25
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe
Historiese vaardighede Gewig van vrae
vlakke
• Onttrek inligting uit bronne
• Seleksie en organisering van relevante 30%
VLAK 1
inligting uit bronne (15)
• Definieer historiese konsepte/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne 40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting uit bronne (20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Raak betrokke by bronne om die
bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid 30%
VLAK 3 en beperkings vas te stel (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyne word aan die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae:
• Gebruik ʼn regmerkie (✓) vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en twee punte elk word toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op
een rede en twee punte word toegeken word (✓✓).
• Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui.
2
10792/25
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken
word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waartoe die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
• Maak regmerkies () wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is aan die
einde van die paragraaf; dui ook die vlak (1, 2 of 3) aan soos aangedui in die
holistiese rubriek en lewer kort kommentaar, bv.
_______________ ___________________________ ______________________
____________________________________________ _______________ ✓✓✓✓
VLAK 2 = 4
Gebruik meestal relevante bewyse om ʼn basiese paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae bymekaar en skryf dan die
32
punt in die kantlyn regs onder, bv.
50
• Maak seker dat die totale punt akkuraat op die buiteblad van die antwoordskrif
oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite
of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarvan bewus wees dat die inhoud van die antwoord
deur die nasienriglyne gelei moet word.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir die nasien van ʼn spesifieke opstel.
3
10792/25
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis
dat die onderwyser die opstel as ʼn geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn
oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om ʼn
argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
inhoud (feite) neer te skryf om ʼn vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer
sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Die holistiese
nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur
bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese
assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die
klem op die volgende val:
• Die leerder se interpretasie van die vraag
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument (beplan, gestruktureer en ʼn
onafhanklike argument)
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir
ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die
argument ondersteun (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyne) en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt
(‘bullet’) in die nasienriglyne), bv. in ʼn opstel waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argument te ondersteun.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
4
10792/25
2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ʼn
opstel:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
• Verkeerde stelling ^
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A✓
• Interpretasie |✓
• Argument LOA
2.5 Die matriks
Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle:
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide
die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken
by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe
vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
mate die hoofmomente gedek is en om die inhoudsvlak (op die
matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met die gebruik van die matriks.
I VLAK 4
26 – 27
A VLAK 3
OPMERKING
Sommige weglatings in die inhoudsdekking
Pogings om ʼn argument te handhaaf
5
10792/25
GLOBALE ASSESSERING VAN OPSTELLE: TOTALE PUNTE – 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed beplande Baie goed Goed beplande en Argument Toon soms Poging Weinig of
en gestruktureerde beplande en gestruktureerde beplan en bewys van ʼn aangewend om geen poging
opstel. Goeie sintese gestruktureerde opstel. gestruktureer. gestruktureerde antwoord te om die opstel
van inligting. Het ʼn opstel. ʼn Bewyse tot ʼn en beplande struktureer. te struktureer
goed gebalanseerde, Relevante Poog om ʼn sekere mate argument. Poog Grootliks nie.
oorspronklike argument is duidelike argument gebruik om om ʼn argument beskrywend of
argument ontwikkel gevolg. Bewyse te ontwikkel. argument te vol te hou.
INHOUD poog om argument
met bewyse. gebruik om die Gevolgtrekking ondersteun.
te ontwikkel. Geen
Argument deurgaans argument te gemaak uit Slotsom bereik Gevolgtrekking
volgehou en verdedig. Poog bewyse om die poging om ʼn
op grond van nie duidelik
verdedig. om ʼn argument te bewyse. gevolgtrekking te
ondersteun deur
Onafhanklike onafhanklike ondersteun. maak nie.
bewyse nie.
gevolgtrekking gevolgtrekking uit
gemaak uit bewyse die bewyse te
om die argument te maak om die
ondersteun. argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47 – 50 43 – 46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudskeuse
relevant tot argument 43 – 46 40 – 42 38 – 39
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag is grotendeels
beantwoord. Inhoud 38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of 30 – 33 28 – 29 26 – 27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26 – 27 24 – 25 20 – 23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud 20 – 23 18 – 19 14 – 17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend of
14 – 17 0 – 13
irrelevante inhoud.
Riglyne vir die toekenning van ʼn punt vir Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om
die opstel te struktureer nie =0
• Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen
poging om die opstel te struktureer nie =1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; minimale poging om die opstel te
struktureer = 7 – 13
6
10792/25
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE BLACK SASH DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE
1980's UITGEDAAG?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
19 Mei 1955 (1 x 1) (1)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Jean Sinclair
• Ruth Foley
• Elizabeth McLaren
• Tertia Pybus
• Jean Bosazza
• Helen Newton-Thompson (Enige 2 x 1) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A-V1]
• veldtog teen die verwydering van gemengde ras kiesers (bekend as
'kleurlinge' in Suid-Afrika) van die kieserslys in die Kaapprovinsie
gevoer
• as ʼn teken van rou oor die dood van die Suid-Afrikaanse grondwet
aangeneem, aangesien die apartheidsregering in al hoe meer
aspekte van die samelewing begin ingryp het.
(Enige 1 x 1) (1)
1.1.4 [Definisie van 'n term uit Bron 1A – V1]
• Stel wette/reëls wat gebruik word om ʼn land te regeer
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ...gereeld nagwake (stil waarnemings) buite die parlement gehou
(1 x 2) (2)
1.1.6 [Interpretasie van inligting in Bron 1A – V2]
• Beperk die beweging van swartes
• Paswette het die lewens van swartes bemoeilik
• As hulle nie die pas by hulle gehad het nie, is hulle gearresteer/Dit
het swartes soos uitgeworpenes/misdadigers behandel.
• Dit was steeds moeilik vir hulle om vir 'n pasboek aansoek te doen.
• Dit het Swartes se basiese reg om by hul familie te woon, uitgedaag.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
7
10792/25
1.2 Gebruik Bron 1B.
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• African National Congress Women’s League (ANCWL)
• Cape Association to Abolish Passes for African Women
(CATAPAW) (2 x 1) (2)
1.2.2 [Interpretasie van inligting in Bron 1B – V2]
• Baie Afrikane is gearresteer vir oortredings van die paswette en het
dus verteenwoordiging benodig.
• Die regering het meer onderdrukkende taktieke gebruik om die
beweging van Afrikane te beperk en die paswette af te dwing.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.2.3 [Verduideliking van historiese konsep uit Bron 1B – V2]
• Vorm van stille, nie-gewelddadige protes wat deur Black Sash-lede
tydens die apartheidsjare gebruik is
• Toe Black Sash stilswyend buite die parlement gestaan het as 'n
manier om apartheidswetgewing te verwerp
• Toe lede van die Black Sash op 'n gereelde basis alleen buite die
parlement en ander regeringskantore gestaan het as 'n manier om
hul afkeur van die apartheidswette te toon
• Lede van die Black Sash het vreedsaam in howe gesit om hul
ontevredenheid oor die vervolging van paswet-oortreders uit te
spreek.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Interpretasie van inligting in Bron 1B – V2]
• Die Black Sash het die pyn wat swart mense tydens Apartheid
ervaar het, blootgelê.
• Betogings wat deur Black Sash georganiseer is, het aan die lig
gebring hoe swart, bruin en Indiër (nie-wit) mense weens
apartheidswette gely het.
• Black Sash het die menseregte van swart, bruin en Indiër (nie-wit)
mense bevorder.
• Die Black Sash-vroue wat in die howe teenwoordig was, het beter
insig gekry oor die uitdagings wat swartes in die gesig gestaar het.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
8
10792/25
1.3 Verwys na Bron 1C.
1.3.1 [Interpretasie van inligting in Bron 1C – V2]
• Om te wys dat die Black Sash vir nie-geweld gestaan
het/vreedsaam geprotesteer het
• Om die dapperheid te wys van die lede/wit vroue van Black Sash
wat apartheid/hul eie regering uitdaag
• Om te wys dat sommige wit mense teen apartheid was
• Om te beklemtoon dat lede van Black Sash opgestaan het vir hul
oortuigings deur die gesag van die apartheidsregime uit te daag
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.3.2 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1C – V3]
Die bron is bruikbaar want:
• Die foto is geneem op 21 September 1989 gedurende die 'Standing
for Truth Campaign'
• Dit is 'n primêre bron, 'n foto wat wys hoe die Black Sash teen die
apartheidsregering betoog.
• Dit wys dat die Black Sash vreedsaam teen onregverdige wette
geprotesteer het.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1B en 1C – V3]
• In Bron 1B word genoem dat die lede deelgeneem het aan sitstakings in
howe as 'n vorm van vreedsame protes en Bron 1C toon dat die lede
vreedsame protesmetodes ondersteun/Beide bronne toon dat die Black
Sash apartheid deur vreedsame protes teengestaan het.
• Dit word in Bron 1B genoem dat die Black Sash saam met vroue van die
ANCWL en CATAPAW gewerk het, en Bron 1C wys vroue uit verskillende
rassegroepe wat vreedsaam teen apartheid se ongeregtighede protesteer.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
9
10792/25
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• wat protes tot slegs een persoon buite die parlement beperk het
(1 x 1) (1)
1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D-V1]
• hulle ʼn massaweerstand in die Groentemarkplein gehou het
(1 x 1) (1)
1.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D-V1]
• Daar is egter slegs foto's en vingerafdrukke geneem, waarna hulle
op hul eie borg (eie belofte) vrygelaat is.
• hulle dikwels beter behandeling as gevolg van hul wit velkleur
ontvang het
(Enige 1 x 2) (2)
1.5.4 [Interpretasie van inligting in Bron 1D – V2]
• Die Black Sash het die apartheidsregering uitgedaag toe dit moeilik
was weens onderdrukking en verbannings/dit het lede van verbode
organisasies tydens onderdrukking ondersteun
• Dit het getoon dat weerstand teen apartheid nie net tot swart Suid-
Afrikaners beperk was nie
• Dit het die belangrikheid van veelrassige solidariteit in die stryd vir
geregtigheid en gelykheid beklemtoon.
• Die Black Sash het onvermoeid geveg teen onreg en ongelykheid in
Suid-Afrika
• Wit vroue het hul wit bevoorregting opgeoffer en apartheid
teengestaan toe dit nie mode was om dit te doen nie
• Die Black Sash het Mandela se oortuiging bewys dat niemand
gebore is om die ander persoon te haat nie/ nie alle wit mense was
rassiste nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
10
10792/25
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
• Die Black Sash het hom beywer teen die verwydering van bruin kiesers
(Bron 1A)
• Die Black Sash het gereelde nagwake buite regeringsgeboue gehou (Bron 1A)
• Advieskantore geskep om die swart bevolkingslede wat in die moeilikheid met
apartheidswette was te help (Bronne 1A & 1B)
• Black Sash het slagoffers van gedwonge verwyderings gehelp (Bron 1B)
• • Die Black Sash het die media gebruik om swart Suid-Afrikaners op te voed
oor die ongeregtighede van Apartheid / om die ongeregtighede van Apartheid
bloot te lê (Bron 1B)
• Black Sash het saam met ander anti-apartheidsbewegings gewerk.
ANCYLWL; CATAPOW; ECC; MDM (Bron 1B)
• Het sitstakings georganiseerde in die kommissiehowe (Bron 1B)
• Ondersteun vreedsame verset (Bron 1C)
• Hulle het gevra vir die beëindiging van verpligte diensplig (eie kennis)
• Black Sash het apartheid teengestaan deur op 'n gereelde basis buite die
parlement en ander regeringskantore te staan (Bron 1D)
• Black Sash het aktief gebly tot die einde van Apartheid, het ook aan die
versoeningsgesprekke deelgeneem (Bron 1D)
• Die Black Sash het vreedsame betogings, petisies en regsaksies gebruik om
apartheidswette en -beleide uit te daag (eie kennis).
• Hulle het ondersteuning verleen aan slagoffers van apartheid (eie kennis)
• Hulle het swart Suid-Afrikaners gehelp om die regstelsel te navigeer en
welsynsbystand te verskaf (eie kennis)
• Black Sash se aktivisme het internasionale aandag gevestig op die
ongeregtighede van apartheid (eie kennis)
Enige ander relevante antwoord (8)
[50]
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip van hoe die Black Sash
VLAK 1 apartheidsregime in die 1980's uitgedaag het. PUNTE 0-2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n
paragraaf skryf nie
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon 'n
mate van begrip van hoe die Black Sash
VLAK 2 PUNTE 3-5
apartheidsregime in die 1980's uitgedaag het.
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf
• Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n
deeglike begrip van hoe die Black Sash
apartheidsregime in die 1980's uitgedaag het.
VLAK 3 PUNTE 6-8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n
georganiseerde paragraaf wat 'n begrip van die
onderwerp toon
11
10792/25
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS- EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN
STAAT OM VIR SWART SUID-AFRIKAANSE FAMILIES VAN
VERMOORDE ANTI-APARTHEIDSAKTIVISTE SOOS NTOMBI
KUBHEKA IN DIE 1980’s GENESING BRING?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• 16 April 1996 (1 x 1) (1)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• dat die waarheid oor hoe apartheidspolisie hul geliefdes genadeloos
gemartel en vermoor het, uiteindelik sou uitkom (1 x 2) (2)
2.1.3 [Definisie van 'n term uit Bron 2A – V1]
• Proses om iemand te vergewe wat 'n polities gemotiveerde misdaad
gepleeg het.
• Om iemand nie te straf wat skuldig is aan politieke
misdade/menseregteskendings nie
• Amptelike kwytskelding of vergifnis van 'n oortreder wat volle
openbaarmaking gelewer het van misdade wat in die verlede gepleeg
is.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Richard Motasi
• Irene Motasi
• Ntombi Kubheka
• Matthews Mabalane
• Phila Ndwande (Enige 3 x 1) (3)
2.1.5 [Interpretasie van inligting in Bron 2A – V2]
• Daar is van oortreders vereis om volledige openbaarmaking te lewer
(die waarheid te vertel)/geen inligting (vir families/slagoffers) te
verberg van polities gemotiveerde misdade wat tydens apartheid
gepleeg is.
• Genesing kon slegs deur slagoffers en families bereik word indien die
volle waarheid geopenbaar is sodat versoening kon plaasvind.
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Umkhonto weSizwe/ MK (1 x 2) (2)
2.2.2 [Interpretasie van inligting in Bron 2B – V2]
• Ntombi is as 'n bedreiging vir die apartheidstaat beskou.
• Sy is gesien as ʼn leierskapfiguur in die ANC/MK en aandadig aan die
geweld in die land.
• Beskou as 'n politieke bedreiging wat beplan het om die NP-regering
omver te werp wat gestuit moes word.
• Die veiligheidspolisie het gehoop om inligting van haar te kry oor die
ANC/MK-ondergrondse aktiwiteite
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
12
10792/25
2.2.3 [Interpretasie van inligting in Bron 2B – V2]
• Om haar oorskot nader aan die huis te bring
• Vind genesing/afsluiting
• Om haar 'n waardige laaste afskeid te gee /ordentlike begrafnis te
gee
• Om erkenning te gee aan haar rol as 'n anti-apartheidsaktivis
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2.4 [Interpretasie van inligting in Bron 2B – V2]
• Uit die dokumentêr het Thuli uiteindelik die waarheid leer ken oor wat
met haar ma gebeur het.
• Dit het haar meer as 3 dekades later gehelp om genesing te vind
• Die storie het haar gehelp om meer uit te vind oor haar ma se
aktivisme/rol as anti-apartheidsaktivis.
• Sy was geskok oor die brutaliteit van die veiligheidspolisie
• Sy het 'n ware verhaal oor haar ma nodig gehad om met haar eie
dogter te deel
• Die oorvertelling van die verhaal het ou wonde oopgemaak
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.3 2.3.1 [Interpretasie van inligting in Bron 2C – V2]
• Om die publiek in te lig oor die komende dokumentêr wat die verhaal
van die vermoorde politieke aktivis Ntombi Kubheka sal oorvertel
• Om die publiek in te lig/dialoog te skep rondom polisiebrutaliteit en
menseregteskendings deur die NP-regering.
• Om die apartheidsregering bloot te stel vir die genadelose maniere
waarop politieke aktiviste hanteer is
• Ter herinnering aan onbesonge helde en heldinne
• Verhoog bewustheid van die stryd teen apartheid
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3.2 [Bepaling van die betroubaarheid van Bron 2C – V3]
• Vervaardig deur gerespekteerde (bekroonde) filmmaker, Enver
Samuels
• Dokumentêre is op feite gebaseer/Dokumentêre is nagevors en dus
feitelik
• Filmmaker is bekend daarvoor dat hy die minder bekende stories van
onbesonge helde en heldinne van die stryd teen apartheid vertel.
• Kan bevestig word met Bronne 2B/2D wat verduidelik hoe Ntombi
deur die veiligheidspolisie vermoor is
• Dit is uitgegee deur die Universiteit van Kwazulu-Natal/Plakkaat het
ook embleme van bekende instellings bekend vir navorsing (UKZN)
• Plakkaat kan verdere navorsing oor die saak van Ntombi Kubheka
aanwakker
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
13
10792/25
2.4 2.4.1 [Verduideliking van konsep uit Bron D – V2]
• 'n Politieke leier/aktivis wat georganiseer/gemobiliseer en
deelgeneem het aan weerstand teen die onderdrukking van die swart
meerderheid deur die wit minderheid (Nasionale Party) in SA vanaf
1948 – 1994
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
(a) Majoor Hendrik Botha
• aan ’n hartaanval dood is, aangesien sy ’n groot vrou en
oorgewig was
• nooit geskiet is nie, maar aan ’n hartaanval gesterf het
(Enige 1 x 2) (2)
(b) Prokureur John Wills
• koeëlgat in haar skedel gevind is (1 x 2) (2)
2.4.3 [Interpretasie van inligting in Bron 2D – V2]
• Polisiebeamptes het gelieg om amnestie te kry.
• Hulle was bang om die waarheid te praat.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• "Kubheka in ’n lokval gelei wat tot haar arrestasie en die uiteindelike
dood aan die hande van Botha en sy span gelei het" (1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van Bronne 2B en 2D om ondersteuning te bepaal – L3]
• Bron 2B dui daarop dat Ntombi gemartel/doodgemaak/tereggestel is, haar
liggaam is naby haar huis deur die Port Natal se Veiligheidstak gestort en
Bron 2D bevestig dat die Veiligheidstak betrokke was by haar ontvoering en
moord/ Beide bronne bevestig dat die Veiligheidstak betrokke was by haar
ontvoering en moord
• Bron 2B verduidelik dat Ntombi ondervra en gemartel is, en Bron 2D
suggereer dat die polisie-informante vir Kubheka in ’n lokval gelei het sodat
sy gearresteer kon word, waarna sy aan die hande van Botha en sy span
gesterf het.
• Die getuienis in Bron 2B impliseer dat Ntombi op ’n grusame wyse
doodgemaak is, en Bron 2D noem dat sy deur die veiligheidspolisie in die kop
geskiet is.
• Albei bronne erken dat sy deur die veiligheidspolisie in die kop geskiet is
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
14
10792/25
2.6 [Interpretasie, sintese en evaluering van bewyse uit relevante bronne – V3
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
In staat om genesing vir swart Suid-Afrikaanse gesinne te bring:
• Swart Suid-Afrikaners was gevul met hoop dat die WVK-amnestiekomitee die
waarheid oor die apartheidspolisie en hul brutaliteit na vore sou bring. (Bron
2A)
• Slagoffers/families, insluitend die familie van Ntombi Kubheka, het gehoop
dat hulle uiteindelik die waarheid kon uitvind oor wat met hul geliefdes gebeur
het (Bron 2A)
• Die WVK het 'n platform geskep vir swart Suid-Afrikaners om die waarheid
oor die moorde op hul geliefdes uit te vind (eie kennis)
• Openbare verhore is oral in die land gehou (eie kennis)
• Oortreders het om amnestie aansoek gedoen en voor die WVK-
amnestiekomitee getuig (Bron 2B en 2D)
• Die WVK het onthul dat Ntombi deur die veiligheidspolisie ontvoer en
vermoor en begrawe is (Bron 2B en 2C)
• Die gesin kon toegang tot haar oorskot kry en Ntombi 'n ordentlike begrafnis
gee en 'n grafsteen oprig. (Bron 2B)
• ’n Dokumentêre program is ter ere van haar vervaardig om haar lewe en rol
te vier (Bron 2C)
• Dit het ’n mate van genesing gebring aangesien daar nie meer twyfel was oor
waar haar oorskot was nie
• (Bron 2D)
• Haar graf sal 'n monument vir die familie wees ter erkenning van haar
dapperheid (eie kennis)
Enige ander relevante antwoord.
OF
Nie in staat om afsluiting vir swart Suid-Afrikaanse gesinne te bring nie:
• In baie gevalle het oortreders gelieg om amnestie te kry (eie kennis)
• Ander het geweier om te getuig nadat hulle 'n dagvaarding van die WVK
ontvang het (eie kennis)
• Baie het gesterf met die geheime oor hul menseregteskendings steeds
verborge (eie kennis)
• Baie gesinne kon nie genesing vind nie, aangesien hulle steeds gehoop het
op geregtigheid, bv. Motatsi, Kubheka, Mabalane en Ndwandwe (Bron 2A)
• Thuli worstel steeds met wat haar ma, Ntombi Kubheka, deurgemaak het en
hoe moeilik die lewe sonder 'n ma vir haar was (Bron 2B)
• Die verfilming van haar ma se dokumentêre program het ou wonde
oopgemaak (Bron 2B)
• Dit is eers 10 jaar later onthul dat Ntombi Kubheka gearresteer, gemartel en
wreed deur veiligheidspolisie geskiet is voor haar liggaam weggegooi is
(Bron 2D)
• Tydens die aansoek om amnestie het veiligheidspolisie gejok oor die oorsaak
van haar dood en beweer dat 'n hartaanval die oorsaak van haar dood was
(Bron 2D)
• Die Kubeka-familieprokureur, John Wills, het die bevindings van die
veiligheidspolisie betwis (Bron 2D)
15
10792/25
• Ntombi se dogter, Thuli, het nie genesing gevind nie en die dokumentêre
program oor haar ma se lewe het haar verlange na 'n moederfiguur vererger
(eie kennis)
• Dit is te betwyfel of sy ooit genesing gevind het selfs ná die geregtelike
doodsondersoek en die dokumentêre uitsending.
Enige ander relevante antwoord (8)
[50]
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen
of min begrip oor of die Waarheids- en
Versoeningskommissie (WVK) in staat was om vir
swart Suid-Afrikaanse families genesing vir die
VLAK 1 PUNTE 0-2
moorde op anti-apartheidsaktiviste soos Ntombi
Kubheka
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon 'n mate van
begrip oor of die Waarheids- en
Versoeningskommissie (WVK) in staat was om vir
VLAK 2 swart Suid-Afrikaanse families genesing vir die PUNTE 3-5
moorde op anti-apartheidsaktiviste soos Ntombi
Kubheka
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
oor of die Waarheids- en Versoeningskommissie
(WVK) in staat was om vir swart Suid-Afrikaanse
VLAK 3 families genesing vir die moorde op anti- PUNTE 6-8
apartheidsaktiviste soos Ntombi Kubheka
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon.
16
10792/25
VRAAG 3: HOE BEÏNVLOED INTERNASIONALE E-HANDELSREUSE
(MAATSKAPPYE) DIE KLEINHANDELSBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN
DIE 21STE EEU?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Aanlynhandelsreuse soos Temu en Shein het die mark
binnegestorm en
• die plaaslike kleinhandelslandskap ontwrig
• ernstige bedreigings vir plaaslike ondernemings inhou. (Enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Temu
• Shein (2 x 1) (2)
3.1.3 [Interpretasie van inligting in Bron 3A – V2]
• Hulle verskaf goedkoop klere/kleinhandelsprodukte waarmee die
plaaslike kleinhandelswinkels nie kan meeding nie
• Die toestroming van klere/produkte vanaf Temu en Shein sal lei tot
werksverliese in die plaaslike klere-/kleinhandelbedryf
• Die plaaslike kleinhandelswinkels kan nie meeding met die lae pryse
wat lei tot ’n verlies aan wins vir plaaslike kleinhandeslwinkels nie
• Hulle bied meer modieuse klere/'n wye verskeidenheid verskillende
style/produkte
• Hierdie platforms bied eenstopinkopies (gerief) wat alles wat 'n
verbruiker nodig mag hê op een platform bied
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is gereed om nuwe
belastingregulasies vanaf 1 Julie 2024 in werking te stel.
• Hierdie veranderinge sal 'n invoerbelasting van 45% plus BTW op
alle klerebesendings instel (Enige 1 x 2) (2)
3.1.5 [Interpretasie van inligting in Bron 3A – V2]
• Weens verhoogde invoerbelasting sal mense nou meer plaaslik
vervaardigde goedere koop wat plaaslike besighede ’n hupstoot sal
gee.
• Die belastingsinisiatief sal daartoe lei dat minder mense hul werk in die
plaaslike bedryf sal verloor
• Die belastingsinisiatief sal gesonde mededinging in die
kleinhandelbedryf ’n hupstoot gee
• Die belastingsinisiatief sal internasionale e-handelswinkels dwing om
volle doeaneregte en BTW op hul produkte te betaal
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
17
10792/25
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Takealot-groep (1 x 1) (1)
3.2.2 [Definisie van 'n term uit Bron 3B – V1]
• Die proses om nywerhede in 'n land te hervestig/herbou na 'n tydperk
van agteruitgang/'n ekonomiese insinking
• 'n Ekonomiese, sosiale en politieke proses wat die organisering van 'n
land se hulpbronne behels om ekonomiese groei te bevorder
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.2.3 [Interpretasie van inligting in Bron 3B – V2]
• Die instroming van goedkoop goedere in die markte het 'n negatiewe
impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie/belemmer ekonomiese groei
• Die instroming van goedkoop goedere in die Suid-Afrikaanse markte
lei daartoe dat klein ondernemings sluit
• Lei tot die verlies aan inkomste vir baie Suid-Afrikaners en beperkte
werksgeleenthede vir die plaaslike bevolking
• Bemoeilik nywerheidsontwikkeling in die kleinhandelbedryf en die skep
van werk/ ordentlike werk
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Foschini
• Bash (2 x 1) (2)
3.3 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3A en 3B om hul ooreenkomste vas te stel –
V3]
• Bron 3A beklemtoon dat aanlynwinkels 'n beduidende bedreiging vir plaaslike
besighede inhou en Bron 3B noem dat Temu en Shein Suid-Afrika se
herindustrialiseringspogings bedreig
• Bron 3A noem dat aanlynwinkels plaaslike handelsmerke vernietig en Bron 3B
sê dat die plaaslike klerebedryf ernstige uitdagings van Temu en Shein in die
gesig staar.
• Albei bronne beklemtoon die maatreëls wat die SAID ingestel het om te
verseker dat die kleinhandelbedryf in Suid-Afrika van die onregverdige
mededinging wat deur Temu en Shein gebied word, herstel.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Interpretasie van inligting in Bron 3C – L2]
• Om uitbuiting van werkers deur aanlynwinkels/vinnige mode-industrieë
soos Temu aan die kaak te stel/veroordeel wat enorme hoeveelhede
klere teen uiters lae pryse verkoop
• Om die lot van fabriekswerkers uit te lig wat gedwing word om lang
skofte te werk vir baie lae lone (die donker kant van ons
liefdesverhouding met Temu)
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
18
10792/25
3.4.2 [Interpretasie van inligting in Bron 3C – V2]
• Temu verkoop groot hoeveelhede goedkoop klere aanlyn, maar
werkers in hierdie fabrieke werk vir lang ure vir karige lone (agtien ure
per week om hul kwotas te bereik)
• Goedkoop pryse dra 'n hoë koste vir die werknemers
• Werkers in hierdie fabrieke word uitgebuit en hul menseregte geskend
(gebruik gedwonge Chinese arbeid)
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.4.3 [Bepaal die beperking van Bron 3C – V3]
Die bron is beperk omdat ...
• dit net die negatiewe kant van Temu uitlig,/Gee die indruk dat net
Temu werkers uitbuit. (die Donker kant van Temu)
• dit 'n eensydige siening uitbeeld van die werkstoestand van werkers in
Temu-fabrieke.
• dit emosionele taal gebruik 'Ons liefdesverhouding met Temu'.
• Die foto wys net een werker en dui nie die volle omvang van die
uitbuiting nie.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• South African Clothing and Textile Workers’ Union/ SACTWU (1 x 1) (1)
3.5.2 [Verduideliking van 'n konsep uit Bron 3D – V2]
• 'n Formele skriftelike versoek wat deur baie mense onderteken is om
nie 'n tariefverhoging van 45% in te stel op klere bo R500 wat by Temu
of Shein aanlynwinkels gekoop word nie
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Suid-Afrikaanse Kleinhandel- Klere, Tekstiel-, Skoene- en Leer
Meesterplan (1 x 2) (2)
3.5.4 [Interpretasie van inligting in Bron 3D – V2]
• Plaaslike fabrieke is gestimuleer deur die meesterplan, waar finansiële
ondersteuning vir die aankoop van toerusting en masjinerie aan klein
fabrieke verskaf is.
• Die meesterplan het gevolglik meer as 20 000 werksgeleenthede in die
kleinhandelsektor geskep
• Dit het gelei tot 'n toename van 60% in plaaslik vervaardigde goedere
• Doeanebelastingbedrog is verminder op ingevoerde goedere
• Die SAID het die inspeksie van goedere verhoog
• SAID doeane konfiskeer en vernietig onwettige goedere
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
19
10792/25
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Aanlynwinkels soos Temu en Shein het die Suid-Afrikaanse markte bestorm
en die plaaslike kleinhandelbedryf ontwrig (Bron 3A)
• Hulle stel 'n ernstige uitdaging vir die plaaslike bedryf omdat hulle die plaaslike
markte oorstroom met goedkoop klere/goedere (Bron 3A)
• Die instroming van goedkoop goedere na die markte het geweldige druk op die
plaaslike kleinhandelbedryf geplaas (Bron 3A)
• Dit het gelei tot onregverdige mededinging wat die plaaslike fabrieke gedwing
het om te sluit (Bron 3A)
• Dit het gelei tot verhoogde werksverliese in die kleinhandelsektor (Bron 3A)
• Suid-Afrikaanse plaaslike handelsmerke kry swaar omdat hulle nie kan
meeding met die goedkoper klere/goedere wat deur Temu en Shein/ander
aanlynwinkels vervaardig word nie (Bron 3A)
• Hierdie aanlynwinkels het voordeel getrek uit die administratiewe skuiwergat
om hul produkte teen 'n baie lae koste na Suid-Afrika in te voer (Bron 3B)
• Temu en Shein is deur die Takealot-groep daarvan beskuldig dat hulle die
herindustrialiseringspogings in Suid-Afrika bedreig (Bron 3B)
• Aanlynwinkels benadeel kleinsakeondernemings in Suid-Afrika (Bron 3B)
• Verbruikers in SA het voordeel getrek uit die goedkoop pryse/verskeidenheid
klere wat deur die aanlynwinkels/vinnige modewinkels aangebied word
(Bron 3D)
• Toe die SAID 'n hoër tarief op die invoer van klere vanaf hierdie aanlynwinkels
ingestel het, het duisende Suid-Afrikaners 'n petisie onderteken wat die besluit
teenstaan (Bron 3D)
• Suid-Afrikaanse verbruikers kla dat plaaslike goedere duur is en daarom die
voorkeur vir goedkoper goedere van Temu en Shein (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord (8)
[50]
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse Toon min begrip van
hoe internasionale e-handelsreuse (maatskappye) die
PUNTE
VLAK 1 kleinhandelbedryf in Suid-Afrika in die 21ste eeu beïnvloed.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf oor die
onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou tot 'n groot mate verband met
die onderwerp, bv. toon 'n mate van begrip van hoe
internasionale e-handelsreuse (maatskappye) die PUNTE
VLAK 2
kleinhandelbedryf in Suid-Afrika in die 21ste eeu beïnvloed. 3–4
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf te
skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
van hoe internasionale e-handelsreuse (maatskappye) die
PUNTE
VLAK 3 kleinhandelbedryf in Suid-Afrika in die 21ste eeu beïnvloed.
5–8
Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf wat
'n begrip van die onderwerp toon.
20
10792/25
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:
SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe Steve Biko en die Swart Bewussynsbeweging
swartes bemagtig het om vir hulself op te staan teen apartheid in die 1960's en 1970's.
Die kritiese bespreking moet aandui hoe Steve Biko en die Swart Bewussynsbeweging
swart mense bemagtig het om vir hulself op te staan en hoe die Apartheidsregering
daarop gereageer het. Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse staaf.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstelle insluit:
Inleiding:
Kandidate moet aandui hoe Steve Biko en die Swart Bewussynsbeweging swart
mense bemagtig het om vir hulself op te staan teen apartheid en hoe die
Apartheidsregering daarop gereageer het. Hulle moet 'n uiteensetting gee van die
inhoud wat hulle sal gebruik vir die fokus op hoe Steve Biko en die Swart
Bewussynsbeweging swartes bemagtig het om vir hulself op te staan teen apartheid in
die 1960's en 1970's.
UITBREIDING
• Politieke vakuum (agtergrond)
• Gestig na die verbanning van die ANC en PAC in 1960
• Gevangenisstraf van politieke leiers in die 1960's
• Leiers in ballingskap
• Onderdrukking van politieke byeenkomste en aktiwiteite in die 1960's
• Rol van die BBC
• Gelei deur Biko in die organisering van swart Suid-Afrikaners rondom die
filosofie van Swartbewussyn
• Swartes is met 'n gevoel van trots gevul
• Om hulleself te aanvaar en selfvertroue/ selfstandigheid/identiteitsgevoel aan te
moedig
• Swartes bemagtig om die gees van selfbejammering te verwerp;
minderwaardigheidskompleks; selfvervreemding en oorheersing deur eksterne
kragte
• SB het swart mense bemagtig om nuwe politieke organisasies te stig
• Swart studente het hulself begin organiseer om wit oorheersing te weerstaan
deur weg te breek van NUSAS en SASO is gestig (1968)
• Swart studente het die filosofie van swartbewussyn aangeneem (Rol van
Biko/SASO)
• SASO was vir universiteitstudente en SASM vir skole
21
10792/25
• SBB en SASO het VIVA FRELIMO-saamtrekke georganiseer (1974) - die
regering het bedreig gevoel deur hierdie mense, uit vrees vir 'n aanval op hulle,
en het beplan om hierdie optrede teen te werk.
• Die regering het SASO-leiers in hegtenis geneem, sommige uit universiteite
geskors, sommige is in ballingskap gegaan.
• Die arrestasies van SB-leiers het politieke aktivisme verhoog
• SB het gelei tot die vorming van die Swartmense se Konvensie (BPC) in 1972
wat studente, kerke, gemeenskappe en vakbonde betrek het
• studenteleiers is voortdurend deur die polisie geteister
• SB en Arbeid het arbeid/bemagtig om onbillike arbeidswette en
werksomstandighede uit te daag
• Vakbonde belyn met die SB-filosofie het die Black Parents' Association en Black
Allied Workers Union (BAWU) ingesluit.
• Organiseer werkers om vakbonde te stig
• SB het gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union (BAWU) –
werkerstakings in Durban in 1973
• SB en Gemeenskapsprojekte - bemagtig selfstandigheid deur die skepping
van gemeenskapsprojekte
• Biko se verbanning na King Williams Town het daartoe gelei dat die fokus na
gemeenskapsprogramme verskuif is
• SB het onafhanklikheid van blankes bevorder deur die vestiging van Swart
Gemeenskapsprogramme om swartes sonder wit bystand te ondersteun.
Voorbeelde is Zanempilo Gesondheidskliniek; Ginsburg Opvoedkundige Trust;
Zimele Trustfonds; Solempilo Gemeenskapsgesondheidsentrum; Ithuseng
Gemeenskapsgesondheidsprogram en winterskoolprojekte
• SB en die Soweto-opstand - SB het studente bemagtig om Bantoe Onderwys
uit te daag/hernude moed om euwels van apartheid uit te daag
• Bantoe-onderwys het Afrikaans as onderrigmedium in skole ingestel (1975)
• Die departementele omsendbrief oor Afrikaans (50/50) was die vonk wat die
Soweto-opstand laat ontvlam het.
• SASO en SASM het die stigting van Soweto Studente Verteenwoordigende
Raad (SSRC) beïnvloed.
• Sowel swart onderwysers as studente het Afrikaans as die taal van die
onderdrukker verwerp
• Suid-Afrikaanse Studentebeweging is in 1972 gestig wat Swartes blootgestel
het aan die ideale van SB
• Sommige onderwysers en leerders is reeds blootgestel aan leerstellings van
Biko en die SB-filosofie deur SASO-studentonderwysers van universiteite
• 16 Junie 1976 het studente vreedsaam betoog teen die implementering van die
omsendbrief
• Polisiereaksie op studentebetogings (Hector Petersen, 'n 13-jarige seun was
een van die eerste slagoffers van hierdie opstand)
• SB en die media - Die media het die verspreiding van die ideologie na alle
sektore van die samelewing beïnvloed
• Media wat die SB-filosofie simpatiek was, bv. The World-koerant, Thrust
• Regeringsreaksie: [50]
22
10792/25
• Al 17 SB-belynde organisasies is verbied
• Biko is in 1977 vermoor terwyl hy in polisie-aanhouding was
• Die regering het meer onderdrukkende wette ingestel
Enige ander relevante antwoord
Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking opsom.
23
10792/25
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik dat die pad na demokrasie gekenmerk is deur 'n
kombinasie van uitdagende omstandighede, wat in 'n mindere of meerdere mate
uiteindelik tot 'n onderhandelde skikking in Suid-Afrika in 1994 gelei het. Hulle moet hul
argument met relevante historiese bewyse staaf.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Kandidate moet verduidelik dat die pad na demokrasie gekenmerk is deur 'n
kombinasie van uitdagende omstandighede, wat in 'n mindere of meerdere mate
uiteindelik tot 'n onderhandelde skikking in Suid-Afrika in 1994 gelei het. Hulle
moet 'n uiteensetting of voorbeelde van inhoud verskaf wat hulle sou gebruik om
hul argument te ondersteun.
UITBREIDING
• De Klerk kom in 1989 aan bewind – kort agtergrond
• De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990
• Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP
• Die opheffing van beperkings op die leierskap van COSATU en AZAPO
• De Klerk se besluit om Mandela op 11 Februarie 1990 uit die tronk vry te laat, wat
die weg vir onderhandelinge gebaan het
• Geweld wat in Sebokeng uitgebreek het tydens huurboikotte – (uitdaging)
• Groote Schuur-Minuut – 2 Mei 1990: ANC en NP het vergader; ANC-afvaardiging
gelei deur Nelson Mandela, NP-afvaardiging gelei deur FW de Klerk – Leierskap
verskille en geweld oorkom
• Pretoria-minuut – 6 Augustus 1990: ANC stem in om die gewapende stryd op te
skort
• Derde-mag-geweld in Natal tussen Inkatha, die ANC en die apartheidsregering
• KODESA 1 – 19 politieke partye uitgesluit AZAPO, KP en PAC 300
afgevaardigdes-
• Referendum slegs vir blankes en die impak daarvan – Maart 1992
• KODESA 2 - 2 Mei 1992- het ineengestort. Partye kon nie ooreenkom oor 'n nuwe
grondwetmakende liggaam en tussentydse regering nie.
• Die NP wou 'n minderheidsveto hê, terwyl die ANC 'n tussentydse regering van nie
langer as 18 maande en eenvoudige meerderheidsregering wou hê –
meningsverskille het die onderhandelinge moeilik gemaak
• Geweld breek uit in sommige dele van die land soos Transvaal en Natal – wat die
delikate onderhandelinge bemoeilik
• Boipatong-slagting en die gevolge daarvan – 17 Junie 1992 – geweld het die
oorgang na demokrasie bemoeilik
• Bisho-slagting het die onderhandelingsproses ontspoor – 7 September 1992
• Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf
Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)
• 1993 Veelparty-onderhandelingsforum
24
10792/25
• "Oorgangsklousule" voorgestel deur Joe Slovo het die dooiepunt in
onderhandelinge verbreek
• Moord op Chris Hani – 10 April 1993 – en die impak daarvan op Suid-Afrika –
geweld het die oorgang na demokrasie bemoeilik
• Regtervleuel (AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum en die gevolge daarvan –
Junie 1993
• St. James-kerk-slagting deur APLA – Julie 1993
• Heidelberg-taverne-slagting deur APLA – Desember 1993
• Geweld in Bophuthatswana – 11 Maart 1994 – op die vooraand van die verkiesing
het die oorgang na demokrasie bemoeilik
• Shell House-slagting en die gevolge daarvan – 28 Maart 1994 – geweld het die
oorgang na demokrasie bemoeilik
• Verkiesingsdatum aangekondig – 27 April 1994
• ANC wen die verkiesing en Mandela word die eerste swart president van Suid-
Afrika
• Regering van Nasionale Eenheid word ingestel
Enige ander relevante antwoord
Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking
opsom. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die stelling dat die ineenstorting van
die Sowjetunie in 1989 as 'n belangrike katalisator (vonk) gedien het vir die politieke
oorgang wat in die 1990's in Suid-Afrika plaasgevind het. Indien kandidate nie
saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse staaf.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur saam te stem of te verskil
dat die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 as 'n belangrike katalisator vir
die politieke oorgang in Suid-Afrika in die 1990's gedien het. Hulle moet 'n
uiteensetting of voorbeelde van inhoud verskaf wat hulle sal gebruik om hul
argument te ondersteun. Indien kandidate nie saamstem nie, moet hulle hul
argument met relevante historiese bewyse staaf.
25
10792/25
UITBREIDING
• Sowjetunie ondervind moeilike ekonomiese toestande (agtergrond)
• Gorbachev neem leierskapsposisie in Sowjetunie in 1985 oor en stel 'Perestrioka'
en 'Glasnost' in
• Perestroika het kleinskaalse privaateienaarskap en regeringsbeheer oor produksie
toegelaat – beweeg weg van kommunisme af
• Perestroika en Glasnost het gelei tot eise dat kommunisme beëindig word en volle
demokrasie ingestel word
• Lei tot die einde van kommunisme en die Koue Oorlog/Rusland is nie meer as
supermoondheid beskou nie/Kommunisme word nie meer as globale dreigement
gesien nie
• Die VSA en sy bondgenote kon nie meer voortgaan om die apartheidsregering te
ondersteun nie
• Die Weste het druk op die NP regering geplaas om met die ANC te onderhandel of
sanksies sou voortgesit word.
• Die ineenstorting van die Sowjetunie het druk op beide die Nasionale Party en die
ANC geplaas om te begin onderhandel
• Die nederlaag van die SAW tydens die Slag van Cuito Caunavale in 1988 het die
Nasionale Party aangemoedig om met die kommuniste te onderhandel oor die
onafhanklikheid van Suidwes-Afrika
• Suid-Afrika het uit Suidwes-Afrika onttrek – SWAPO het die verkiesing gewen
(1990) en dit Namibië genoem
• Die vreedsame oorgang vanaf wit minderheidsregering tot Swart
meerderheidsregering in Namibië het as 'n bloudruk vir SA gedien om dieselfde te
doen
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie wit heersugtige regering
onbepaald kan handhaaf nie
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord
was vir die ontwikkeling van 'wit ekonomiese'- belange nie
• Die regering het begin glo dat hervormings nodig was vir die ontwikkeling van 'n
sterk swart middelklas as 'n 'bolwerk teen rewolusie'
• Die Suid-Afrikaanse regering kon nie meer die bedreiging van kommunisme
gebruik om Westerse ondersteuning te kry nie
• Suid-Afrika kon nie meer op Westerse steun staatmaak vir sy 'antikommunistiese
standpunt nie
• Wêreldpolitiek het verander en dit het 'n invloed gehad op Suid-Afrika se
apartheidsbeleid
• Die apartheidsregime kon nie meer kommunisme gebruik om sy
rassesegregasiebeleid te regverdig nie
• Die Nasionale Party se aandrang dat dit Suid-Afrika van 'n kommunistiese aanslag
beskerm het, het onrealisties geword
• De Klerk het gedink dat die ANC swak was en sy bereidgewilligheid gewys om met
hulle te onderhandel
• Die USSR kon nie meer die ANC finansieel ondersteun nie, want dit was bankrot
• Die USSR wou nie meer die ANC met wapens ondersteun nie omdat dit ten gunste
was van vreedsame onderhandeling
• Die ANC was nie meer in staat om die gewapende stryd teen die NP voort te sit
sonder hierdie militêre en finansiële ondersteuning nie
26
10792/25
• Die ANC het ook nou 'n bereidwilligheid getoon om met die NP te onderhandel as
'n alternatief vir die gewapende stryd
• FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie 'n
sameswering was wat uit Moskou bestuur is nie
• Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies te onderhandel
om 'n blywende oplossing vir Suid-Afrika te kry
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk die ontbanning van alle anti-
apartheidsorganisasies aangekondig en dit het die weg gebaan vir veelparty
onderhandeling
• Hierdie onderhandeling het uiteindelik aanleiding gegee tot demokratiese
verkiesings wat gedurende 1994 gehou is.
Enige ander relevante antwoord
Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking
opsom. [50]
TOTAAL: 150
27
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum