You're offline
Skip to content
Question paper

NW 6 AFR HL QP NOV 2024

Subject: Afrikaans HlGrade 6202413 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL RESPONS OP TEKSTE NOVEMBER 2024 PUNTE: 50 TYD: 2 uur NAAM EN VAN : ______________________________________________ SKOOL : ______________________________________________ LEO : ______________________________________________ DISTRIK : ______________________________________________ Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 2 NW/November 2024 Graad 6 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae: VRAAG 1: LEESBEGRIP (20) VRAAG 2: VISUELE TEKS (10) VRAAG 3: OPSOMMING (5) VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES IN KONTEKS (15) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees al die vrae noukeurig deur. 4. Waar een-woord antwoorde nodig is, skryf net die korrekte woord. 5. Vir meervoudigekeuse-vrae, omkring SLEGS die korrekte letter (A–D) langs die vraagnommer. 6. Gee spesiale aandag aan korrekte taalgebruik. Skenk veral baie aandag aan spellling en sinskonstruksie. 7. Skryf netjies en leesbaar. VRAAG TOTAAL LEERDERPUNTE 1. Leesbegrip 20 2. Visuele teks 10 3. Opsomming 5 4. Taalstrukture en - 15 Konvensies in konteks TOTAAL: 50 Die vraestel begin op die volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 3 NW/November 2024 Graad 6 VRAAG 1: LEESBEGRIP Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OLIMPIESE SPELE 2024: PARYS GEREED OM DIE WÊRELD SE GROOTSTE SPORTBYEENKOMS AAN TE BIED 1. Parys word die stad van liefde genoem, maar oor minder as twee maande gaan dit die stad van Olimpiese aksie wees. 2. Dis byna tyd vir die wêreld se grootste sportskouspel om af te skop. Vir beter goedvoeldoepa as die Olimpiese Spele in Parys kan ’n mens beswaarlik vra. 3. As daar een ding is wat die wêreld aangryp, inspireer en verenig, is dit die jong mans en vroue wat soms geweldige persoonlike uitdagings oorkom in hul strewe na goud. Die pandemie het ’n lang skaduwee oor die 2020-spele in Tokio gegooi. Eers is dit uitgestel en toe moes atlete in byna leë stadions meeding. 4. Hopelik sal dié donker dae vergete wees wanneer die Olimpiese vlam op 26 Julie in Parys se Stade de France aangesteek word. 5. “Games wide open” is die slagspreuk vir die 33ste Olimpiese Somerspele – en dit beloof om ’n onvergeetlike geleentheid te wees. Die Franse hou immers daarvan om dinge met flair te doen, en hulle belowe ook verskeie eerstes. 6. Vir die eerste keer ooit gaan die openingsoptog buite ’n stadion plaasvind – en die verhoog gaan Parys se imposante Seine wees. Dis reg, die plan is dat die duisende atlete op ’n armada van 160 bote sal vaar, met die stad en sonsondergang as dramatiese agtergrond. 7. Die rivieroptog sal 6 km lank wees. Tot 325 000 toeskouers sal na verwagting die oewers volpak en die internasionale televisiegehoor word op ’n miljard kykers geraam. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 4 NW/November 2024 Graad 6 8. “Ek dink dit gaan een van die beste openingseremonies ooit wees, indien nie die heel beste nie,” voorspel die Olimpiese atleet Usain Bolt. Hy het juis verlede jaar met die Olimpiese fakkel op die Seine gevaar vir die laaste skof van die oorhandigingseremonie aan die gasheerland. “Stel jou voor hoe almal buite en op die brûe staan en die atlete toejuig. Dis nog nooit voorheen gedoen nie.” 9. Die rivieroptog sal by die Trocadéro-plein oorkant die Eiffeltoring eindig. Dié wêreldbekende baken is versier met reuse- Olimpiese ringe, gemaak van herwonne Franse staal. 10. In die geval van ’n ernstige terreurbedreiging sal die seremonie na die Trocadéro- gebou of die Stade de France verskuif word, met slegs toesprake en geen optog nie. [Bron: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/olimpiese-spele-2024-parys-gereed-om-die- wereld-se-grootse-sportbyeenkoms-aan-te-bied-20240531] 1.1 Wat word Parys genoem? Kies EEN van die volgende opsies: A Die stad van hartseer. B Die stad van woede. C Die stad van liefde. D Die stad van teleurstelling. (1) 1.2 Wanneer begin die Olimpiese spele? Kies EEN van die volgende opsies: A 26 Junie B 26 Julie C 26 Augustus D 26 September (1) 1.3 Waarna verwys die woord “goud” in paragraaf 3? (1) 1.4 In watter stad is die Olimpiese spele die vorige keer gehou? (1) 1.5 Wat dink jy bedoel die skrywer met “die donker dae”? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 5 NW/November 2024 Graad 6 1.6 Die volgende stelling is ONWAAR. Staaf waarom die stelling onwaar is. Atlete het in oorvol stadions meegeding. (2) 1.7 Verduidelik wat ‘n slagspreuk is in jou eie woorde. (1) 1.8 Die hoeveelste Olimpiese spele sal dit die jaar wees? (1) 1.9 “Die Franse hou immers daarvan om dinge met flair te doen. ” Wat dink jy beteken die woord “flair”? (1) 1.10 Watter tyd van die dag is sonsondergang? (1) 1.11 Beskryf die openingsoptog in jou eie woorde. (2) 1.12 Haal EEN woord uit die teks aan wat vir ons sê dat die Olimpiese spele deur kykers regoor die wêreld gekyk gaan word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 6 NW/November 2024 Graad 6 1.13 Wat het die Franse opening anders gemaak as al die vorige Olimpiese spele openinge? (1) 1.14 Dink jy die Franse is voorbereid vir die Olimpiese spele? Haal EEN sin uit die leesstuk aan om jou antwoord te staaf. (2) 1.15 Beskryf hoe die Eiffeltoring as baken versier was. (2) TOTAAL VRAAG 1: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 7 NW/November 2024 Graad 6 VRAAG 2: VISUELE TEKS Bestudeer die visuele teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SA OLIMPIESE SPAN VIR PARYS 2024 SWEM (9) PLUIMBAL (1) STOEI (1) FIETSRY (8) SKAATSPLANKRY (3) SKERM (1) SEWESRUGBY (30) HOKKIE (36) JUDO (1) ATLETIEK (26) GHOLF (4) PERDRY (1) GIMNASTIEK (1) KANO (4) ROEI (3) SPORTKLIM (4) DRIEKAMP (3) BRANDERPLANKRY (3) BOOGSKIET (1) [Aangepas uit: https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fwww.netwerk24.com%2Fnetwerk24%2Fsport% 2Folimpiese-spele] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 8 NW/November 2024 Graad 6 2.1 Hoeveel spanne gaan deelneem aan die Olimpiese spele in Parys? (1) 2.2 Watter sportsoort het die meeste deelnemers? (1) 2.3 Noem die sportsoort waar ‘n dier gebruik word. (1) 2.4 Watter sportsoort volgens die teks word met ‘n ovaalbal gespeel? (1) 2.5 Noem TWEE sportsoorte waar deelnemers planke gebruik? (2) 2.6 Wat dink jy behels die sportsoort “Judo”? (1) 2.7 Noem die sportsoort waaruit die vlagdraer gekies was vir die opening van die Olimpiese spele 2024 in Frankryk. (1) 2.8 Watter sportsoort volgens die teks, is jou gunsteling? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2) TOTAAL VRAAG 2: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 9 NW/November 2024 Graad 6 VRAAG 3: OPSOMMING Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming. DIE GROEN OLIMPIESE DORP 1. Die Olimpiese- en Paralimpiese verblyf sal oor dele van drie stedelike gebiede versprei wees: Saint-Denis, Saint Ouen en L’Île-Saint-Denis. Meer as die helfte van die strukture wat vir die Spele gebou of opgeknap word, insluitend die dorpie, is in Seine-Saint-Denis, die armste streek van die land. 2. Die dorpie, so groot soos 70 sokkervelde, is aan albei oewers van die Seine. Dit sal 14 250 atlete en afrigters huisves gedurende die Olimpiese Spele, en 8 000 gedurende die Paralimpiese Spele. 3. Daar is geen lugversorging nie – doeltreffende isolering en sonskerms hou die vertrekke koel. Ondervloerse waterpype, gekoppel aan ’n geotermiese kragopwekker wat koel water uit die grond onttrek en deur die pype sirkuleer, help met dié taak. 4. Die dorpie het sy eie watersuiweringsentrum, wat afvalwater sal opvang en suiwer vir tuingebruik. Een eksperimentele gebou, bekend as “die kringloopgebou”, sal gesuiwerde reënwater gebruik vir toilette. Hierdie toilette sal urine en ontlasting skei en laasgenoemde in kunsmis omskep. 5. Die atlete se bedkassies is gemaak van herwinde pluimbalballetjies. Maaltye sal op borde sonder logo’s bedien word sodat dit ná die Spele hergebruik kan word. Wanneer die atlete groet, sal die dorpie in 2 500 nuwe huise omskep word om 6 000 mense te huisves, asook kantore vir 6 000 werkers. [Verwerk uit: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/olimpiese-spele-2024-parys-gereed-om- die-wereld-se-grootse-sportbyeenkoms-aan-te-bied-20240531] INSTRUKSIES: 1. Begin ELKE sin met ‘n hoofletter en eindig met ‘n punt. 2. Som VYF omgewingsvriendelike maatreëls op in 60 tot 70 woorde. 3. Skryf die omgewingsmaatreëls PUNTSGEWYS in vyf volsinne neer. 4. NOMMER jou sinne van 1 tot 5. 5. Skryf eers jou eerste poging rofwerk. 6. Bring veranderinge op die rofwerk aan en sorg dat jy binne die riglyne van 60 tot 70 woorde bly. 7. Skryf die finale poging. 8. Skenk aandag aan taalgebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 10 NW/November 2024 Graad 6 Eerste poging: 1. 2. 3. 4. 5. Aantal woorde: _______ Finale poging: Aantal woorde: _________ TOTAAL VRAAG 3: 5 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 11 NW/November 2024 Graad 6 VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES IN KONTEKS Die vrae wat volg, is op die leesstuk hieronder gebaseer. DIE SLEGTE REUKIE 1. Dis dalk veilig óp die rivier, maar wat van ín die water? Die plan is dat die oopwaterswem (’n 200 m-vryslag- en 200 m-hindernisnommer) en die swemskofte van driekampnommers in die Seine sal plaasvind. Maar besoedelingsvlakke is ’n probleem – twee vooraf toetsbyeenkomste is verlede jaar weens buitensporige E. coli-vlakke gekanselleer. 2. ’n Groot opruimingsoperasie van R28,5 miljard is begin. Nuwe watersuiweringeriewe sal glo teen 1 Junie in werking wees. Gedurende die spele sal watergehalte daagliks getoets word. 3. Die Seine was laas veilig om in te swem toe Frankryk die Olimpiese Spele in 1924 aangebied het. Parys se burgemeester, Anne Hidalgo, en die Franse president, Emmanuel Macron, het belowe om self in die die rivier te swem om te wys dis veilig. [Aangepas uit: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/olimpiese-spele-2024- parys-gereed-om-die-wereld-se-grootse-sportbyeenkoms-aan-te-bied-20240531] 4.1 Gee ‘n ANTONIEM vir die woord “veilig” in paragraaf 1. (1) 4.2 Skryf die VERBINDINGSWOORD neer vir die volgende sin in paragraaf 1: Die plan is dat die oopwaterswem en die swemskofte van driekampnommers in die Seine sal plaasvind. (1) 4.3 Verander die volgende sin in paragraaf 1 na ‘n vraagsin: Twee toetsbyeenkomste is verlede jaar gekanselleer. (1) 4.4 Skryf die ONDERWERP, GESEGDE en VOORWERP in die volgende sin uit paragraaf 1 neer: Die oopwaterswem sal in die Seine plaasvind. ONDERWERP: ________________________________________ GESEGDE: ________________________________________ VOORWERP: ________________________________________ (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 12 NW/November 2024 Graad 6 4.5 Breek die woord “opruimingsoperasie” in paragraaf 2 op in LETTERGREPE: (1) 4.6 Skryf die volgende sin in paragraaf 2 oor deur ‘n BYVOEGLIKE NAAMWOORD by te voeg: Die Seine was laas veilig om in te swem. (1) 4.7 Skryf die STAMWOORD vir die woord “getoets” uit paragraaf 2 neer. (1) 4.8 Skryf die sin hieronder oor in die ONTKENNENDE VORM: Gedurende die spele sal die watergehalte getoets word. (2) 4.9 Skryf die sin hieronder oor in die VERLEDE TYD: Nuwe watersuiweringsgeriewe sal teen 1 Junie in werking wees. (2) 4.10 Skryf die TRAPPE VAN VERGELYKING vir die woord “veilig”. VERGROTENDE TRAP: ____________________________________ OORTREFFENDE TRAP: ___________________________________ (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT/Respons op tekste 13 NW/November 2024 Graad 6 4.11 Skryf die sin hieronder oor in die DIREKTE REDE: Die president het belowe om self in die rivier te swem. (1) TOTAAL VRAAG 4: 15 GROOTTOTAAL: 50 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 6 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all