You're offline
Skip to content
Question paper

NW 6 AFR HT NR NOV 2024

Subject: Afrikaans HlGrade 620245 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL NOVEMBER 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 50 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaaans HT 2 NW/November 2024 Graad 6 – Nasienriglyne VRAAG 1: LEESBEGRIP VRAAG 1 ANTWOORD PUNT KOGNITIEWE VLAK 1.1 C) Die stad van liefde. 1 1 1.2 B) 26 Julie.  1 1 1.3 Goud verwys na die spelers wat wil wen. Dit verwys ook 1 4 na die spelers se strewe om ‘n goue medalje te verwerf. 1.4 Tokio. 1 3 1.5 Donker dae verwys na die pandemie, Covid-19.  Almal 2 4 moes in hulle huise gebly het. Niemand mag die huis verlaat het nie tensy dit vir inkopies was of mediese ongevalle. Mense moes ‘n permit gehad het om te ry. Sosiale afstande moes gehandhaaf word. Geen fisiese kontak en byeenkomste was toegelaat nie. Baie mense was siek en moes isoleer en in kwarantyn geplaas word. Baie mense het van hulle geliefdes verloor aan die dood. Daarom was dit donker dae.  (Een punt vir pandemie en een punt vir enige relevante rede.) 1.6 Dis onwaar, want atlete moes in leë stadions meeding.  2 4 (Twee punte vir rede om stelling te staaf.) 1.7 ‘n Slagspreuk is ‘n kort, kragtige sin wat vir propaganda of 1 3 kommersiële doeleindes gebruik word.  (Enige korrekte verduideliking.) 1.8 Die 33ste Olimpiese spele.  1 2 1.9 ‘n Natuurlike vermoë om iets goed te doen. 1 4 Om iets te doen met styl, iets besonders of elegant. Flambojant/skouspelagtig. (Enige relevante antwoord.) 1.10 Skemer of laatmiddag wanneer die sonsak. 1 3 Of Laaste deel van die dag of net voor dit donker word.  1.11 Die verhoog gaan Parys se imposante Seine wees. 2 3 Die duisende atlete gaan op ’n armada van 160 bote vaar, met die stad en sonsondergang as dramatiese agtergrond.  (Enige twee van die bogenoemde verduidelikings vir twee punte.) 1.12 Internasionale. 1 2 1.13 Dit was nie in ‘n stadion nie. Dit was op die rivier, Seine. 1 3 Almal staan buite en op die brûe en juig die atlete toe.  1.14 Ja, want hulle het selfs ‘n plan indien daar ‘n 2 4 terreurbedreiging gaan wees. “In die geval van ’n ernstige terreurbedreiging sal die seremonie na die Trocadéro- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaaans HT 3 NW/November 2024 Graad 6 – Nasienriglyne gebou of die Stade de France verskuif word, met slegs toesprake en geen optog nie.”  (Geen punt vir slegs “Ja”.) 1.15 Die baken is versier met reuse- Olimpiese ringe, gemaak 2 3 van herwonne Franse staal.  TOTAAL VRAAG 1: 20 VRAAG 2: VISUELE TEKS VRAAG 2 ANTWOORD PUNT KOGNITIEWE VLAK 2.1 19 spanne of negentien spanne 1 3 2.2 Hokkie 1 2 2.3 Perdry of perdry  1 3 2.4 Sewesrugby of sewesrugby 1 3 2.5 Skaatsplankry en branderplankry  2 1 2.6 Judo is ‘n ongewapende moderne Japanese vegkuns, 1 4 vegsport.  2.7 Gimnastiek 1 4 2.8 Swem/ fietsry/ sewesrugby/ atletiek/ gimnastiek/ 2 3 sportklim/ boogskiet/ pluimbal/ skaatsplankry/ hokkie/ gholf/ kano/ driekamp/ stoei/ skerm/ judo/ perdry/ roei/ branderplankry. (Enige bogenoemde sportsoort en rede vir twee punte.) TOTAAL VRAAG 2: 10 VRAAG 3: OPSOMMING VRAAG 3 ANTWOORD PUNT KOGNITIEWE VLAK 1. Daar is geen lugversorging; isolering en sonskerms sal die vertrekke koel hou. 2. Die dorp het sy eie watersuiweringsentrum, wat afvalwater sal opvang en suiwer vir tuingebruik. 3. Gesuiwerde reënwater sal gebruik word vir toilette en sal urine en ontlasting skei en in kunsmis omskep. 4. Die atlete se bedkassies is gemaak van herwinde pluimbalballetjies. 5. Maaltye sal op borde sonder logo’s bedien word sodat dit ná die Spele hergebruik kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaaans HT 4 NW/November 2024 Graad 6 – Nasienriglyne Aantal woorde: 68 woorde 5 2 PUNT BESKRYWING 5 Noem 5 relevante feite uit die leesstuk 4 Noem 4 relevante feite uit die leesstuk 3 Noem 3 relevante feite uit die leesstuk 2 Noem 2 relevante feite uit die leesstuk 1 Noem 1 relevante feit uit die leesstuk 0 Noem 0 relevante feite uit die leesstuk Geen punte word vir taalgebruik toegeken/afgetrek nie. TOTAAL VRAAG 3: 5 VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES IN KONTEKS VRAAG 4 ANTWOORD PUNT KOGNITIEWE VLAK 4.1 onveilig 1 1 4.2 en 1 2 4.3 Is twee toetsbyeenkomste verlede jaar gekanselleer? 1 3 (Een vir vraagteken en sinsformaat) 4.4 ONDERWERP: Die oopwaterswem  3 2 GESEGDE: plaasvind VOORWERP: Seine 4.5 op-rui-mings-o-pe-ra-sie 1 2 4.6 Die groot/vuil/mooi/lang/breë Seine was laas veilig 1 3 om in te swem.  (Enige relevante byvoeglike naamwoord.) 4.7 Toets/toets 1 2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans HT 5 NW/November 2024 Graad 6 – Nasienriglyne 4.8 Gedurende die spele sal watergehalte nie getoets word nie.  (Twee punte vir die korrekte gebruik van nie en sinsformaat.) 2 3 4.9 Nuwe watersuiweringsgeriewe sou teen 1 Junie in werking wees.  (Een punt vir sou en een punt vir die korrekte sinsformaat.) 2 3 4.10 VERGROTENDE TRAP: veiliger OORTREFFENDE TRAP: veiligste (Albei vorms moet reg wees vir een punt. ) 1 2 4.11 Die president belowe: “Ek sal self in die rivier swem.” Of Die president belowe: “Ek sal self in die rivier swem!” (Een punt vir korrekte sinsformaat en gebruik van dubbelpunt en aanhalingsteken.) 1 3 TOTAAL VRAAG 4: 15 GROOTTOTAAL: 50 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 6 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all
NW 6 AFR HT NR NOV 2024 | Hlayiso