NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
MEGANIESE TEGNOLOGIE: PAS EN MASJINERING
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye, insluitend ʼn 4-bladsy formuleblad.
Skip to contentAll 2023 papers 


%20QP%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4/v1-11c7be1f296a6fed80b7/card.webp)
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afrikaans_hlayiso.com_--f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f/v1-60c224a1f4f80b992ccd/card.webp)
%20GR12%20QP%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6/v1-33d87fafab028045bbcf/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
%20MG%20Afr--552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f/v1-b698b76db92c8affef7e/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 620.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM op die ANTWOORDEBOEK.
2. Lees ALLE vrae noukeurig.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en teken-
instrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. ʼn Formuleblad is by die vraestel aangeheg.
11. Skryf netjies en leesbaar.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
in minute
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiaal 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
Terminologie (Draaibank en
5 18 20
Freesmasjien)
6 Terminologie (Indeksering) 28 25
7 Gereedskap en Toerusting 13 10
8 Kragte 33 33
9 Instandhouding 18 12
10 Hegtingmetodes 18 12
11 Stelsels en Beheer (Aandryfstelsels) 28 28
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES) (VERPLIGTEND)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1
tot 1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7 A.
1.1 Watter van die volgende opsies hieronder beskryf die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV Nr. 66 van 1995) in Suid-Afrika wat die mense
met MIV/Vigs leef, beskerm?
A Alle werkgewers moet verseker dat die werkplek veilig is, en dat
werknemers nie die risiko loop om met MIV by die werk besmet te word
nie.
B Brei uit hoe almal die reg het op billike arbeidspraktyke.
C Werkgewer kan nie bloot ʼn werknemer ontslaan wat met MIV besmet is
nie.
D Bevorder nie-diskriminasie in die werkplek. (1)
1.2 Ondersoekprosedure is een van die prosesse wat onderneem word om die
tipe noodhulpmaatreëls te bepaal wat toegepas moet word op ʼn werknemer
wat in ʼn ongeluk in ʼn werkplek betrokke is.
Identifiseer die opsie hieronder wat hierdie proses die beste beskryf.
A Omgewingswaarneming
B Sigbare tekens en simptome
C Diagnose-aanduidings
D Al die bogenoemde (1)
1.3 Die volgende veiligheidsmaatreëls moet gevolg word wanneer gasbottels
hanteer word:
A Alle silinders moet in horisontale posisies gehou word
B Gebruik volkome geïsoleerde elektrodehouers
C Moet nooit silinders bo-op mekaar stapel nie
D Die kleurkode van ʼn suurstofsilinder is groen (1)
1.4 Watter EEN van die hittebehandelingsprosesse word gebruik om interne
spanning en brosheid, wat veroorsaak word deur verharding, te verwyder?
A Uitgloeiing
B Dopverharding
C Tempering
D Normalisering (1)
1.5 Watter van die volgende toets word gebruik om die koolstofinhoud van staal
te bepaal?
A Klanktoets
B Buigtoets
C Vyltoets
D Al die bogenoemde. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
1.6 Hoekom is dit baie belangrik om ʼn klein werkstuk stewig vas te klem voordat
boorwerk uitgevoer kan word?
A Om wrywing te verminder
B Om te verhoed dat die boorpunt breek asook om ongelukke te voorkom
C Om die snygereedskap en werkstuk koel te hou
D Al die bogenoemde (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 5
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Gee DRIE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat jy in ag moet neem voordat
boogsweiswerk kan begin. (3)
2.2 Noem TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls waaraan jy moet voldoen
wanneer jy ʼn staanboormasjien gebruik om ʼn gat op ʼn soliede vierkantige
staaf te boor. (2)
2.3 Wat is die maksimum dikte van staalplaat wat ʼn handguillotine kan
akkommodeer as daarmee gesny word? (1)
2.4 Gee TWEE voordele van elk van die volgende werkswinkeluitlegte:
2.4.1 Produkuitleg van masjiene (2)
2.4.2 Prosesuitleg van masjiene (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)
3.1 Noem die TWEE hoofdoelwitte van dopverharding van sagte staal. (2)
3.2 Waarom kan hoëkoolstofstaal nie vir dopverharding gebruik word nie? (1)
3.3 Noem DRIE faktore wat die hardheid van staal tydens die hittebehandeling
van metale, bepaal. (3)
3.4 Noem DRIE tipes afkoelmiddels. (3)
3.5 Wat is die doel van die kleurkodering wat op ingenieursmateriaal gemerk is? (1)
3.6 Noem die tipe toets wat gebruik kan word om die volgende eienskappe van
metaal te verkry:
3.6.1 Hardheid (1)
3.6.2 Koolstof-inhoud (1)
3.6.3 Rekbaarheid (1)
3.7 Noem die masjien wat vir vonktoets gebruik word. (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 7
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(4.1 tot 4.14) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 4.15 A.
4.1 FIGUUR 4.1 hieronder toon ʼn Brinell-hardheidstoetser om die hardheid van
ʼn toetsstuk te bepaal.
FIGUUR 4.1
Identifiseer deel X:
A Laer
B Deursnee van inkeping/duik
C Beweging
D Brinell-bal (1)
4.2 Identifiseer die tipe freesbewerking wat in FIGUUR 4.2 getoon word.
FIGUUR 4.2
A Gewone reguittandfrees
B Reguittand-kantfreessnyer
C Klimfrees
D Bladsny (1)
4.3 Watter EEN van die volgende is ʼn draaibankkomponent?
A Slypwiel
B Voeras
C Drukmeter
D Voerhefboom (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
4.4 Waarvoor staan die afkorting RNB?
A Rekenaar Numeriese Beheer
B Nuwe beheerkodering
C Maatskappynommersbeheer
D Geeneen van die bogenoemde nie. (1)
4.5 In ʼn trektoets word ...
A ʼn toetsstuk tot vernietiging gelaai.
B balke gebruik om die struktuur van ʼn sweislas te bepaal.
C ʼn hamer gebruik om die toetsmateriaal te breek.
D vloeibare kleurstof gebruik om sweisdefekte op te spoor. (1)
4.6 Die hoofrede vir die uitvoering van ʼn hardheidstoets op ingenieursmateriaal
is om die ... te bepaal.
A elastisiteit van die materiaal
B weerstand van die materiaal teen induiking
C korrosie van die materiaal
D vloeibaarheid van die metaal (1)
4.7 Wat dui die punt E op die Spanning-/Vervormingsdiagram in FIGUUR 4.7
aan?
FIGUUR 4.7
A Verhoudingsperk
B Elastisiteitsgrens
C Maksimumspanning
D Breekspanning (1)
4.8 Tensy anders vermeld, watter vryloophoek word normaalweg gebruik om die
voorsny- en nasny gereedskaphoeke van ʼn vierkantige snybeitel te
bereken?
A 90°
B 3°
C 60°
D 45 ° (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 9
4.9 Wat is die boorgrootte van ʼn M12 x 1,5 skroefdraad?
A 13,5 mm
B 1,5 mm
C 12 mm
D 10,5 mm (1)
4.10 ʼn Werkstuk moet 13 rattande op sy omtrek hê. Watter tipe indeksering sal
op hierdie ru-rat uit gevoer word?
A Hoekinstelling
B Eenvoudige indeksering
C Snel-indeksering
D Nuwe indeksering (1)
4.11 As die module van ʼn reguit rat 2,5 is, wat sal die addendum wees?
A 6 mm
B 3 mm
C 2,5 mm
D 9 mm (1)
4.12 Identifiseer die boorbewerking in FIGUUR 4.12.
FIGUUR 4.12
A Versinking
B Moerdraadsnyding
C Draaiwerk
D Freeswerk (1)
4.13 Daar is verskillende tipes masjienprosesse in vervaardiging. Watter proses
sal jy gebruik om gate tot die presiese toleransie te vergroot?
A Moerdraadsnyding
B Boring
C Gleufwerk
D Ruimwerk (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
4.14 Identifiseer die simbool, getoon in FIGUUR 4.14 hieronder, wat met ʼn
pneumatiese stelsel verband hou.
FIGUUR 4.14
A Klep
B Filter
C Kompressor
D Motor (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 11
VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)
5.1 Bereken die snydiepte van ʼn metrieke V-skroefdraad met ʼn spoed van
2,5 mm deur die saamgesteldebeitelslee-metode te gebruik. (3)
5.2 Noem TWEE metodes wat gebruik word om skroefdrade met ʼn draaibank
te sny. (2)
5.3 ʼn Sirkelvormige as met ʼn buitedeursnee van 100 mm moet met ʼn tweevoud-
vierkantige skroefdraad van 12 mm steek bewerk word.
Bereken die volgende:
5.3.1 Die styging van die skroefdraad (2)
5.3.2 Die gemiddelde diameter van die skroefdraad (2)
5.3.3 Die helikshoek van die skroefdraad (2)
5.4 FIGUUR 5.4 hieronder toon die komponente rondom die snyarea van ʼn
freesmasjien. Beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.4
5.4.1 Identifiseer die tipe freeswerk in FIGUUR 5.4. (1)
5.4.2 Benoem dele A–F. (6)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 6: TERMINOLOGIE (SPESIFIEK)
6.1 Noem TWEE voordele van groepfreeswerk. (2)
6.2 Noem EEN gebruik van die volgende freessnyers.
6.2.1 T-gleuffreessnyer (1)
6.2.2 Skagfrese (1)
6.2.3 Saagfrese (1)
6.3 Definieer die term module soos dit op ratte toegepas word. (1)
6.4 Verduidelik, deur gebruik te maak van ʼn netjiese benoemde skets, hoe
opfreeswerk gedoen moet word. (2)
6.5 Sizwe is ʼn masjinis en hy word vereis om 163 tande op ʼn reguit tandwiel te
frees. Die verdeelkopverhouding is 40 : 1.
(WENK: Gebruik N = 160 verdelings vir die eenvoudige indeksering.)
6.5.1 Bereken die indeksering wat benodig word. (3)
6.5.2 Bereken die wisselratte wat vir die verdeelkop benodig word. (4)
6.5.3 Wat is die betekenis van die positiewe (+) teken en die negatiewe (-)
teken vir die verandering van ratte? (2)
6.6 FIGUUR 6.6 toon twee presisierollers wat in ʼn eksterne swaelstert geplaas
is. Gebruik die gegewe inligting om die volgende vraag te beantwoord.
FIGUUR 6.6
6.6.1 Bereken die afstand Y en X. (11)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 13
VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
7.1 Verduidelik die prosedure/stappe om die Brinell-hardheidstoetser op te stel
en die toets te doen. (5)
7.2 Noem die DRIE maniere waarop hardheid gemeet word. (3)
7.3 Bestudeer die diagram wat in FIGUUR 7.3 hieronder getoon word en
beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 7.3
7.3.1 Wat is die naam van die ingenieursapparaat in FIGUUR 7.3? (1)
7.3.2 Benoem die dele A–D. (4)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)
8.1 FIGUUR 8.1 hieronder toon ʼn stelsel van kragte met vier mededingende/
saamvlakkige toegepaste kragte.
FIGUUR 8.1
Bereken die:
8.1.1 Som van die horisontale komponente in grootte en rigting (3)
8.1.2 Som van die vertikale komponente in grootte en rigting (3)
8.1.3 Grootte en rigting van die resulterende krag en sy ekwilibrant (4)
8.2 FIGUUR 8.2 hieronder toon ʼn balk met twee vertikale toegepaste
puntbelastings van 1 400 N en nog 1 600 N en ook ʼn 350 N/m eenvormig
verspreide las vir ʼn totale spanwydte van 6,7 m.
FIGUUR 8.2
Bereken die grootte van reaksies RA en RB. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 15
8.3 Sakhi is opdrag gegee om ʼn sagte staalpen te gebruik om ʼn bus met ʼn
hidrouliese pers uit die juk te verwyder. Die tekening van die pen, in
FIGUUR 8.3 getoon, dui ʼn las van 100 kN aan wat ʼn spanning van 204 MPa
veroorsaak.
FIGUUR 8.3
8.3.1 Bereken die deursnee van die pen in millimeter. (6)
8.3.2 Bereken die spanning wat in die pen geïnduseer word as Young se
elastisiteitsmodulus 210 GPa is. (3)
8.3.3 Bereken die verandering in die lengte van die pen as die
oorspronklike lengte 110 mm is. (3)
8.3.4 Watter tipe spanning word in die pen geïnduseer? (1)
8.4 FIGUUR 8.4 hieronder toon ʼn spanning-vervorming-diagram.
FIGUUR 8.4
Benoem dele A, B en C. (3)
[33]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
Soliede nylon word vir ingenieursdoeleindes gebruik. FIGUUR 9.1 toon ratwiele van
soliede nylon gemaak.
FIGUUR 9.1
9.1 Noem DRIE eienskappe wat nylon besonder vir die vervaardiging van ratte
geskik maak. (3)
9.2 Hoekom is dit noodsaaklik om snyvloeistof op ʼn freesmasjien of draaibank
te gebruik. Noem TWEE redes. (2)
9.3 Wat is die moontlike gevolge van versuim om instandhouding te doen? (2)
9.4 Gee TWEE redes vir die gebruik van koolstofvesel in die vervaardiging van
fietsrame. (4)
9.5 Vergelyk in tabelvorm TWEE kenmerke en TWEE gebruike van PVC. (4)
9.6 Noem DRIE roetine-aspekte wanneer voorkomende instandhouding
uitgevoer word. (3)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 17
VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)
10.1 ’n Reguittandwiel het 48 tande en ’n module van 3.
Bepaal, deur middel van berekeninge, die volgende:
10.1.1 Die steeksirkeldeursnee (2)
10.1.2 Die addendum (1)
10.1.3 Die tussenruimte (2)
10.1.4 Die dedendum (2)
10.1.5 Die buitedeursnee van die rat (2)
10.1.6 Die sirkulêresteek (1)
Bestudeer FIGUUR 10.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 10.2
10.2 Benoem dele A–D. (4)
10.3 Waarom sal ʼn meervoudige skroefdraad meestal bo ʼn enkelskroefdraad
verkies word? (2)
10.4 Waarvoor staan die afkorting ISO? (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (SPESIFIEK)
11.1 Definieer die term druk. (1)
11.2 ʼn Hidrouliese stelsel word gebruik om ʼn draaibank op te lig. Die
spesifikasies van die stelsel word diagrammaties in FIGUUR 11.2
voorgestel.
FIGUUR 11.2
Bereken die volgende:
11.2.1 Die deursnee van suier A. (WENK: VA = VB) (9)
11.2.2 Die druk wat op suier A uitgeoefen word (2)
11.2.3 Die krag wat op suier B uitgeoefen word (4)
11.3 Definieer wat met hidroulika bedoel word. (1)
11.4 ʼn Kragsaag se motor het ʼn katrol, 130 mm in deursnee, wat teen 1 205 rpm
draai. Die spoed waarteen die aangedrewe katrol die saaglemme aandryf
is 385 rpm.
Bereken die deursnee van die aangedrewe katrol. (2)
11.5 Maak netjiese, vryhandsketse van die ISO-simbole wat die volgende
pneumatiese komponente verteenwoordig:
11.5.1 Silinder (1)
11.5.2 Akkumulator (1)
11.5.3 Elektriese motor (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 19
11.6 FIGUUR 11.6 hieronder toon ʼn rat-aandrywingstelsel. ʼn Dryfrat op die as
van ʼn elektriese motor het 20 tande en is ingekam met ʼn rat op ʼn teenas
met 36 tande. Op hierdie teen-as is nog ʼn dryfrat met 18 tande wat inkam
met ʼn rat met 46 tande op ʼn tweede teen-as. Die tweede teen-as het ʼn
dryfrat met 42 tande wat ʼn rat met 80 tande op die uitset-as aandryf.
FIGUUR 11.6
Bereken die:
11.6.1 Rotasiefrekwensie van die uitset-as op die elektriese motor as die
elektriese motoras teen 160 r/min roteer (3)
11.6.2 Snelheidsverhouding tussen die inset- en uitset-as (2)
11.6.3 Rigting waarin die aangedrewe as sal draai as die dryfrat
antikloksgewys roteer (1)
[28]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
(PASWERK EN MASJINERING)
1. BANDAANDRYWINGS
πDN πDN
Bandspoed = of v=
60 60
Diameter van dryfkatrol
Spoedverho uding =
Diameter van gedrewe katrol
N 1 D1 = N 2 D 2
2 π NT
Drywing ( P ) =
60
T1
Verhouding van stywe kant tot slap kant =
T2
(T1 − T2 ) π D N
Drywing = waar T1 = krag in die stywe kant
60
T2 = Krag in die slap kant
T1 − T2 = effektiewe krag (Te )
2. SPANNING EN VORMVERANDERING
Krag F
Spanning = of (σ = )
Area A
verandering in lengte ( ΔL )
Vormverandering ( ε ) =
oorspronklike lengte (L )
spanning σ
Young se modulus (E ) = of ( )
vormverandering ε
πd 2
A as =
4
π(D 2 − d 2 )
A pyp =
4
Breekspanning
Veiligheidsfaktor =
Veilige werkspanning
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 21
3. HIDROULIKA
Krag ( F )
Druk ( P ) =
Area ( A )
Volume = Deursnee - oppervlakt e slaglengte
4. SPYE EN SPYGLEUWE
Diameter van as
Wydte van spy =
4
Diameter van as
Dikte van spy =
6
Lengte van spy = 1,5 Diameter van as
Standaardt aps van tap se spy : 1 in 100 of 1 : 100
5. RATAANDRYWINGS
2NT
Krag ( P ) =
60
N1T1 = N 2 T2
Produk va n die aantal tande op dryfratte
Ratverhoud ing =
Produk van die aantal tande op gedrewe ratte
N
inset = Produk va n die aantal tande op dryfratte
N Produk van die aantal tande op gedrewe ratte
uitset
Wringkrag = krag radius
Wringkrag oorgebring = ratverhoud ing insetwring krag
Steeksirke ldiameter (SSD )
Module ( m ) =
Aantal tande (T)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) (EC/SEPTEMBER 2023)
sirkelstee k ( CP ) aantal tande ( T )
Steeksirke ldiameter ( SSD ) =
π
Buitediame ter ( OD ) = SSD + 2 module
Addendum ( a ) = module ( m )
Dedendum ( b ) = 1,157 m of Dedendum ( b ) = 1,25 m
Snydiepte ( h ) = 2,157 m of Snydiepte ( h ) = 2,25 m
Vryruimte ( c ) = 0,157 m of Vryruimte ( c ) = 0,25 m
Sirkelstee k ( CP ) = m π
Tm 90
Add c = m + 1− cos
2 T
90 90
t c = Tmsin of t c = SSDsin
T T
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) MEGANIESE TEGNOLOGIE (PAS EN MASJINERING) 23
6. SKROEFDRADE
Steekdiame ter = buitediame ter − ½ steek
Steekomtre k = π steekdiame ter
Styging = steek aantal beginpunte
Hoogte van skroefdraa d = 0,866 p waar p = steek van die skroefdraa d
Diepte van die skroefdraa d = 0,613 p waar p = steek van die skroefdraa d
lengte
Aantal draaie =
styging
styging
Helikshoek : tan θ =
steekdiame ter
Ingrypbeit elhoek = 90 − (helikshoek + vryloophoe k )
Sleepbeite lhoek = 90 + (helikshoek − vryloophoe k )
7. CINCINNATI-VERDEELKOP-TABEL VIR DIE FREESMASJIEN
Gatsirkels
Kant 1 24 25 28 30 34 37 38 39 41 42 43
Kant 2 46 47 49 51 53 54 57 58 59 62 66
Wisselratte
24 x 2 28 32 40 44 48 56 64 72 86 100
40
Eenvoudige indekserin g = ( waar n = aantal verdelings )
n
n
Hoekige indekserin g =
9
Dr 40 Dr ( A − n ) 40
Wisselratt e: = (A − n ) of =
Gd A Gd A 1
(waar A = gekose verdelings ) (waar n = werklike verdelings )
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo
%20QP%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4/v1-11c7be1f296a6fed80b7/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Automotive 2018 QP (Afr)
%20GR12%20QP%20SEPT2018_Afrikaans_hlayiso.com_--f267a2fe-bb93-4858-93e7-70d27c2f390f/v1-60c224a1f4f80b992ccd/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 Fitting And Machining 2018 QP
%20GR12%20QP%20SEPT%202018_Afrikaans_hlayiso.com_--c1024fd4-200a-4d46-9c99-f73e378081f6/v1-33d87fafab028045bbcf/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo (Eng)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afr)
%20MG%20Afr--552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f/v1-b698b76db92c8affef7e/card.webp)
Memorandum