Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
*AFRHL3*
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2012 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 7 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 302.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (30)
AFDELING C: Korter Tekste:
Transaksionele, Naslaan- en Informatiewe Tekste (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde,
ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk
gedoen word.
Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
word.
7. Jy behoort ongeveer 80 minute aan AFDELING A, 40 minute aan AFDELING B
en 30 minute aan AFDELING C te bestee.
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Voorsien elke teks van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif word
nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400 tot 450 woorde.
Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.
Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.
Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan
die einde van die skryfstuk aan.
LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging
oorgeskryf het.
Ja, nee, j ja, nee, ja!
1.1
[50]
OF
1.2
Die langste drie minute
in my lewe ...
[50]
OF
Emigrasie: 101 redes waarom
1.3
dit beter is om in Suid-
Afrika te bly of om te gly.
[50]
OF
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2012)
1.4
AS EK KON KLOON
[50]
OF
1.5
Stille nag, Heilage nag
Wanneer kry djulle dan klaar
moet die song?
Gwaan loop, djy’s naar –
Bethlehemster flikker dan nou elke djaar
hellerder innie O.K. Bazaar!
Adam Small [50]
OF
1.6 1.6.1
(Uit: Die Burger Galery) [50]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
OF
1.6.2
(Internet: Ben Goossens) [50]
OF
1.6.3
(Internet: Ben Goossens) [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2012)
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn skryfstuk van 180 tot 200 woorde.
Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.
Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.
Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan
die einde van die skryfstuk aan.
LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging
oorgeskryf het.
2.1 BRIEF VAN SIMPATIE/MEEGEVOEL
Een van jou hoërskool-onderwysers het onlangs ʼn kind in ʼn motorongeluk
verloor. Skryf ʼn brief waarin jy met hom of haar simpatiseer. [30]
OF
2.2 VERSLAG
Jy is deur jou skoolhoof gevra om ondersoek in te stel na sake wat leerlinge in
jou skool ongelukkig stem. Skryf ʼn kort VERSLAG waarin jy jou bevindinge en
ʼn paar aanbevelings aan die hoof deurgee. [30]
OF
2.3 BRIEF AAN PERS
“Kinders glo die dood is omkeerbaar en verstaan nie aldag die betekenis en
effekte daarvan nie. Drie tieners is gearresteer in verband met die wrede
moord op ʼn vyfjarige seuntjie van hul woonbuurt. Wat is besig om met ons
kinders te gebeur?”
Skryf ʼn BRIEF AAN DIE PERS waarin jy jou mening oor bostaande
aangeleentheid gee. Rig jou brief aan: Die Redakteur, Die Burger, Posbus 12,
Kaapstad, 8000. [30]
OF
2.4 TOESPRAAK
Jy kry die geleentheid om ʼn toespraak vir die matrieks te lewer oor:
Die horlosie word ons baas en jaag ons in verskillende rigtings, maar
positiewe gebruik daarvan kan jou net tot voordeel strek.
Dui in jou toespraak die belangrikheid van beplanning aan en motiveer hulle
om vroeg te begin werk. [30]
TOTAAL AFDELING B: 30
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
AFDELING C: KORTER TEKSTE: TRANSAKSIONELE/NASLAAN-
/INFORMATIEWE TEKSTE
VRAAG 3
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn skryfstuk van 100 tot 120
woorde.
Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning/redigering gee.
Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk/teks aan.
Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies
aan die einde van die skryfstuk aan.
Grafiese ontwerp mag gebruik word, maar dit tel nie punte nie.
LET WEL: Trek ʼn streep deur die beplanning NADAT jy jou finale poging
oorgeskryf het.
3.1 DAGBOEKINSKRYWING
Iemand wat jou vyandiggesind is, het iets baie lelik van jou op die internet
versprei. Jy weet nie hoe om die situasie te hanteer nie en stort jou hart
uit deur ʼn DAGBOEKINSKRYWING te maak. Skryf jou gevoelens en
gedagtes oor hierdie hartseer aangeleentheid neer. [20]
OF
3.2 PLAKKAAT
Jy wil graag ekstra sakgeld verdien deur individuele foto’s van leerlinge te
neem. Maak ʼn PLAKKAAT wat jy op die kennisgewingborde by jou skool kan
plaas om hierdie geldmaakpoging van jou te adverteer.
LET WEL: Dié is ʼn informatiewe teks. Jy sal dus GEEN punte vir versiering
verdien NIE. [20]
OF
3.3 INSTRUKSIES
Jou vriend/vriendin is gedurig in ʼn stryery met een van sy/haar ouers betrokke
oor selfs die onbenulligste goed denkbaar. Gee aan hom/haar instruksies oor
hoe om die verhouding te normaliseer of selfs te verbeter. [20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2012 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2016 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper