Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202313 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V1 2023 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees AL die instruksies sorgvuldig. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Trek 'n streep ná elke afdeling. 6. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL HET JOU KIND 'N RUGGRAAT VIR DIE LEWE? 1 Verantwoordelikheid is 'n onmisbare element van volwassenheid. Kinders of tieners wie se karaktereienskappe nie verantwoordelikheid insluit nie, sal nooit werklik volwaardige volwassenes mét 'n ruggraat word nie. 2 Volwasse verantwoordelikheid is om aan jouself verantwoording te doen vir die eise van die lewe en om te doen wat gedoen moet word. Verantwoordelike 5 mense gooi nie maklik tou op nie – veral nie as ander op hulle reken nie. Hulle is bereid om rekenskap van hulle optrede te gee en die gevolge van hulle besluite te aanvaar. Wanneer hulle nié hulle verantwoordelikhede nakom nie, maak hulle nie verskonings, gee ander of die omstandighede die skuld óf speel die verontregte slagoffer nie. 10 3 Ongelukkig is só 'n tekort aan verantwoordelikheid 'n epidemie in ons land, want dit kom oral voor: van die parlement tot in ons skole en huise. Ons het dringend 'n verantwoordelikheidsetiek* op elke vlak van die samelewing nodig. Waar moet ons begin? 4 Kinders en tieners moet vroeg leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat 15 hulle doen of nié doen nie én vir die gevolge daarvan. In hierdie groeiproses móét hulle ouers 'n voorbeeld stel van hoe 'n verantwoordelike persoon optree. 5 Kinders leer verantwoordelikheid wanneer hulle van jongs af bepaalde take kry om te verrig, soos om hulle diere kos te gee, hulle beddens op te maak, of speelgoed weg te pak. Soos hulle ouer word en wys dat hulle hulle 20 verantwoordelikhede kan nakom, kan hulle met méér vertrou word. Handhaaf egter altyd 'n balans tussen te min en te veel verantwoordelikhede sodat kinders as verantwoordelike jongmense ontwikkel sonder dat hulle oorweldig voel. 6 Vandag se jongmense is deeglik bewus van hulle regte, maar minder 25 opgewonde oor die verantwoordelikhede wat daarmee saamgaan. Hulle het 'n reg op onderwys, maar daarmee saam kom verantwoordelikhede soos om in die klas op te let, hard te werk, die skool se gedragskode te gehoorsaam asook onderwysers en ander leerders met respek te behandel. Laasgenoemde impliseer ook dat daar geen onskuldige toeskouers sal wees wanneer iemand 30 by die skool geboelie word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/2023 SS/NSS 7 As leerders moet hulle besef dat húlle vir hulle skoolwerk verantwoordelik is; dit is nie nét die onderwysers se verantwoordelikheid om hulle deur 'n skoolgraad te kry nie. Húlle moet opdragte voltooi en betyds indien, oplet wanneer die onderwyser die werk verduidelik, vrae vra en self hulle huiswerk 35 doen. Dit is ironies dat daar ouers is wat hulle kinders se skooltake namens hulle doen. 8 Onderwysers sukkel juis om verantwoordelikheid by leerders te vestig, omdat ouers dikwels nie tuis reeds daarmee begin nie. Onderwysers mag nie leerders aanspreeklik hou nie. Suid-Afrika is een van die min lande waar leerders slegs 40 een keer in 'n fase mag druip; indien 'n kind wel 'n tweede keer druip, word hy/sy bloot na die volgende fase "bevorder". Volgens die onderwysdepartement se beleid mag geen onderwyser vir 'n leerder nul vir 'n taak gee nie. Dít versterk onverantwoordelike optrede verder, want leerders beleef geen negatiewe gevolge wanneer hulle nie hulle kant bring nie. Hulle 45 leer dus nie van jongs af om aanspreeklikheid vir hulle optredes te aanvaar nie en kan daarom as ruggraatloos beskou word. 9 Ongelukkig aanvaar ouers en onderwysers boonop dikwels flou verskonings vir onverantwoordelike optrede, omdat hulle nie lus of krag het vir konfrontasie nie. Gevolglik maak ons 'n geslag groot wat dink dat dit aanvaarbaar is om lyf 50 weg te steek en nié verantwoordelikhede hoef na te kom nie, want jy kan wegkom met verskonings of deur ander of die omstandighede die skuld te gee. Dié denkpatroon hou uiters skadelike gevolge vir hulle toekoms in – binne gesinsverband sowel as by die werk. 10 'n Gebrek aan selfagting is maar één daarvan. Om verantwoordelikheid vir jou 55 eie lewe, keuses en besluite te aanvaar is die begin van selfagting. Hoe meer jy verantwoordelikheid vir jou eie keuses en optrede aanvaar, hoe beter voel jy oor jouself. Volgens die gesinsterapeut, Mary Pipher, is ware selfagting 'n gevolg van verantwoordelike optrede; dit word nie gebou deur kinders gedurig te prys nie. Baie ouers maak die fout om meer op hulle kinders se gevoelens 60 en selfbeeld te konsentreer as op hulle karakter. 11 Verantwoordelikheid kan nooit van harde werk geskei word nie. Dit vereis immers dat jy inkoop op bepaalde verantwoordelikhede, hard sal werk en sal doen wat gedoen moet word. 12 Elke kind en jongmens sal moet leer: die wêreld skuld jou niks nie; dis jý wat 65 die wêreld iets skuld. Kom uit jou droomwêreld en ontwikkel 'n ruggraat, nie 'n wensbeen nie. Begin soos 'n verantwoordelike persoon dink, werk en optree. 13 Ouers én onderwysers sal doelbewus daarop moet konsentreer om die waardes van verantwoordelikheid en hardwerkendheid by kinders te vestig, want sonder 'n ruggraat is swaarkry hulle voorland. 70 * Die verantwoordelikheid van 'n individu om bewus te wees van die gevolge van/of verantwoordelikheid te aanvaar vir sy/haar dade. [Aangepas uit Maroela Media, 6 Junie 2022] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/2023 SS/NSS TEKS B: VISUELE TEKS [Aangepas uit Die Burger, 15 April 2020] VRAE: TEKS A 1.1 Wie is, volgens die opskrif, die teikengroep van hierdie teks? (1) 1.2 Op watter DRIE maniere sal 'n kind wat nie oor verantwoordelikheid beskik nie, optree? (3) 1.3 Wat word in paragraaf 3 ten opsigte van Suid-Afrikaners se waardes geïmpliseer? Stem jy met hierdie mening van die skrywer saam? Motiveer jou antwoord. (2) 1.4 Herlees paragraaf 5. 1.4.1 Met watter DRIE praktiese take kan ouers hulle kinders van jongs af verantwoordelikheid leer? (3) 1.4.2 Watter raad word in dié paragraaf aan ouers gegee? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/2023 SS/NSS 1.5 Herlees paragraaf 6. Leerders wat nie verantwoordelikheid aangeleer het nie, dra by tot probleme vir die skoolstelsel. Motiveer hierdie stelling met VIER voorbeelde van probleme. (4) 1.6 Stem jy saam dat ouers wat hulle kinders se take namens hulle doen, ironies optree? Gee 'n rede vir jou siening. (1) 1.7 Dink jy die onderwysdepartement is daarvoor verantwoordelik dat leerders nie aan verwagtinge voldoen nie? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 1.8 Waarom is dit vir ouers en onderwysers gerieflik om flou verskonings te aanvaar én watter TWEE negatiewe implikasies hou dit vir die jonger geslag se toekoms in? (3) 1.9 Watter TWEE foute maak baie ouers, volgens die gesinsterapeut Mary Pipher, in 'n poging om hulle kinders se selfagting te versterk? (2) 1.10 Met watter TWEE waardes in die slotparagraaf word "ruggraat" in die titel omskryf? (2) VRAE: TEKS B 1.11 Wat is die kunstenaar se bedoeling met dié spotprent? Dink jy hy slaag in sy doel? Motiveer jou antwoord. (2) 1.12 Wat impliseer die pa met die gebruik van die woord "toe"? (1) 1.13 Kan die aanname gemaak word dat die ma in die spotprent oor 'n verantwoordelikheidsin beskik? Motiveer jou antwoord. (1) VRAAG: TEKS A EN B 1.14 Herlees TEKS B asook paragraaf 6 en 7 van TEKS A. Watter TWEE belangrike verantwoordelikhede, wat saam met die reg tot onderwys kom, is na jou mening by die tuisonderrigleerders in TEKS B afwesig? (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE waardevolle wenke vir mense wat geëmigreer het, maar weer na Suid-Afrika wil terugkeer. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C TERUG NA DIE LAND VAN SONSKYN Die belofte van 'n beter lewe oorsee lok baie mense na die vreemde, maar soms moet 'n mens eers weggaan om werklik te besef wat jy alles mis. Heelwat Suid-Afrikaners vind na 'n jaar of vyftien dat die gras aan die ander kant toe nie noodwendig groener is nie en keer dan terug na die land van braaivleis, sonskyn en humor. Angel Jones, uitvoerende hoof van die werwingsagentskap, Homecoming Revolution, sê hulle navorsing toon dat 34% Suid-Afrikaners wat oorsee bly, wil terugkeer. Tina Visser, 'n kenner, sê mense keer terug, omdat hulle sosiaal en kultureel nie die gevoel van "behoort" kry soos wat hulle dit in Suid-Afrika ervaar het nie. Volgens Marie Groen, 'n lewensafrigter, is die grootste besluit egter wanneer mense heeltemal van voor af moet begin – op alle lewensterreine. Dit is ook finansieel allermins 'n goedkoop stap om oorsee te verhuis en dan terug te kom. Die impak van so 'n besluit op hulle emosionele lewe kan traumaties wees, want die hele gesin kan moeilik aanpas. Visser en Groen gee goeie raad vir dié wat wil terugkom. Indien daar kinders betrokke is, moet ouers vooraf 'n skool kies waarby ander nuwe gesinne ook hulle kinders inskryf. Ouers moet ook vroegtydig seker maak dat hulle kinders met dié ander kinders in aanraking gebring word om die aanpassing in 'n nuwe skool te vergemaklik. Voor die gesin na Suid-Afrika terugkeer, moet die ouers by die dorp of gemeenskap se Facebook-groep aansluit, sodat hulle waardevolle inligting (name, kontakbesonderhede, ligging van nooddienste) kan inwin. Voorts is dit belangrik om ook 'n ondersteuningsnetwerk te kry wat die gesin in staat sal stel om tydens skoolgeleenthede te sosialiseer. Dit is wys om – sodra 'n gesin terug is – 'n lewensafrigter of berader te spreek, sodat die hele gesin hulle selfvertroue kan opbou vir die nuwe uitdagings wat voorlê. Hulle moet gesonde finansiële besluite neem deur volgens 'n begroting te werk sodat nie te veel skuld aangegaan word nie. Dit is wys om dalk eers vir 'n ruk by vriende of familie te woon totdat die gesin finansieel stabiel genoeg is om weer onafhanklik te leef. Onthou, alles in die lewe gebeur soos dit moet en hoe terugkerendes dit gaan hanteer, is 'n keuse. [Aangepas uit TAALGENOOT, Somer 2020] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/2023 SS/NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D Petro A Kyk wat ek gratis gekry het! Stuur dit aan. B SARIE_JAN/FEB22 Susan C Hoe het jy die nuwe uitgawe verniet gekry? Jy mag nie! Petro D Wie gee om? Stuur dit net aan. E1 E2 E3 AS JY 'N PDF-PUBLIKASIE OP E-POS, WHATSAPP OF ENIGE ANDER BOODSKAPDIENS E4 ONTVANG, RAPPORTEER DIT ASSEBLIEF AAN REPORT@MEDIA24.COM E5 [Aangepas uit SARIE Mrt/Apr 2022 en freepik.com] VRAE: TEKS D 3.1 Op watter manier word die spreker in TEKSBLOKKIE A se sterk emosie in die teks oorgedra? (1) 3.2 Wat is die funksie van die visuele uitbeelding in TEKSBLOKKIE B? (1) 3.3 Hoe versterk Susan se lyftaal die boodskap dat sy nie so entoesiasties soos Petro is nie? (1) 3.4 In watter opsig verskil Susan en Petro se waardes oor die aanstuur van die PDF-publikasie en wie, dink jy, se siening is verteenwoordigend van die meeste mense in ons samelewing? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/2023 SS/NSS 3.5 Gebruik die homoniem van die woord "steel" in reël E2 in 'n verklarende sin van jou eie. (1) 3.6 Wat is die boodskap wat met hierdie advertensie oorgedra word? Op watter manier word die boodskap in reël E1–E5 effektief oorgedra? (2) 3.7 Waarom kan vroue moontlik voel dat daar in dié advertensie teen hulle gediskrimineer word? (1) 3.8 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.1) en die letter (A–D) neer. In watter een van die volgende afleiers is daar NIE 'n diftong in een van die twee woorde NIE? A stuur; gekry B nuwe; uitgawe C verniet; hoe D kyk; wie (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT EN SPOTPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E OUPA BEN EN JAN NEE! Nie weer nie! O wêreld! Al weer. Jan, die vreemdste ding het Dit is regtig kleiner op pad hierheen gebeur … as gister se stampie. Nè? Sjoe! Sjoe, jy het 'n Ouboet sê sy dra 'n voorskroot, Sjoe, dis nogal 'n jammerte! Dit is nuwe motor! nie 'n voorskoot nie. so 'n spoggerige motor! Ja, pa Ben. Danksy haar was die oue net goed vir die skrootwerf. Ek het 'n plan! [Aangepas uit www.gocomics.co.za] VRAE: TEKS E 4.1 Watter TWEE visuele aanduidings in RAAMPIE 1 wys dat die vrou vinnig gery het? (2) 4.2 Herlees RAAMPIE 3. 4.2.1 Met watter woord probeer die vrou dit regkry dat Jan met haar moet saamstem? (1) 4.2.2 Skryf die vrou se woorde in die indirekte rede. Begin jou antwoord met: Sy het gesê ... (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/2023 SS/NSS 4.3 Volgens die HAT beteken skroot "afval van metaal". Evalueer die gepastheid van Ouboet se gebruik van "voorskroot" in plaas van "voorskoot". (1) 4.4 Herlees RAAMPIE 3, 4 en 6. Watter DRIE verskillende emosies word in die drie raampies afsonderlik met die woord "Sjoe" uitgedruk? (3) 4.5 Herskryf die twee sinne in RAAMPIE 6 sodat dit een neweskikkende sin vorm. (1) 4.6 Is dit 'n geregverdigde afleiding dat vrouebestuurders met hierdie strokie gestereotipeer word? Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F (5.1) OORAANBOD VAN FLIEKS BOET GEHALTE IN Min (bly) stromingswaarde Emile Joubert 1 (5.2) Is die dae van die klassieke rolprent al getel? 2 Daar is baie opsies vir die hedendaagse fliekvlooi. 'n Paar vingerdanse op die elektroniese apparaat en jy het binne 'n sekonde honderde moontlikhede vir vermaak. Dit is 'n sneltrein van keuses op een skerm. (5.3) Ons word gebombardeer met gedurige aanbevelings: "mees gewildste fliek van die 5 week", "topkeuse" en "jy sál hiervan hou". Dus is die versoeking daar om nooit te wonder oor jou rolprentkeuse nie. 3 Word jy binne tien minute siek en sat vir die storie is dit net een klik en die volgende fliek rol. Dis hoe ek vandag se rolprentaanbiedings vind – (5.4) by die een oog in en die ander oog uit. 10 4 Dit laat my wonder of die dae van die klassieke rolprent (5.5) waarna mense vir maande uitgesien het, getel is. Daardie flieks waarvoor mense skaars kon wag dat dit uitgereik word – belangrik, rolprente wat ná drie, vier dekades en meer nog onthou word. 5 Daar is, natuurlik, altyd talle onvergeetlike rolprente en elke fliekliefhebber het 15 sy of haar voorkeur. Gevolglik is die uitdaging om tussen die oormaat van stromingsdienste en eindelose keuses die meesterlike raak te sien. [Aangepas uit Die Burger, 24 April 2021] VRAE: TEKS F 5.1 Skryf die basis/stam van "gehalte" (in die titel) en gee die korrekte vorm van die deelwoord in die subtitel. (2) 5.2 Skryf die vraag in paragraaf 1 oor in die ontkennende vorm. (1) 5.3 Herlees die onderstreepte sin in paragraaf 2. Skryf die vetgedrukte sinsdeel in die bedrywende vorm en gee die korrekte vorm van die pleonasme. (2) 5.4 Herlees die onderstreepte woorde in paragraaf 3. Watter oorspronklike uitdrukking is hier ter wille van die konteks verander? Is hierdie verandering van die uitdrukking geslaagd? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/2023 SS/NSS 5.5 Benoem die onderstreepte bysin in paragraaf 4. (1) 5.6 "dekades" (paragraaf 4) verwys na tydperke van tien jaar. Gee EEN woord vir 'n "tydperk van 1 000 jaar" en gebruik dié woord in 'n verklarende sin. (1) 5.7 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.7) en die letter (A–D) neer. Watter verbindingswoord in paragraaf 5 dui oorsaak en gevolg aan? A natuurlik B altyd C gevolglik D meesterlike (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all