Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 1220236 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2023, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 2023 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kern- woorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 100 minute AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Daardie woorde sal ek nooit vergeet nie. [50] 1.2 As ek oor kon begin ... [50] 1.3 Elke seisoen is eintlik mooi. [50] 1.4 Die hoofdoel van opvoeding is om ‘n leë kop met 'n oop kop te vervang. (Malcolm Forbes) [50] 1.5 Jy leef net een keer … lek die bak uit! [50] Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer. 1.6 [Bron: Google images: marketing91.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2023 SS/NSS 1.7 [Bron: https://www.dreamstime.com/photos-images/portrait.html] [50] 1.8 [Bron: https://lowvelder.co.za/272512] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 FORMELE E-POS 'n Vreemdeling, L Cordier, het uit die bloute aangebied om vir jou studies/naskoolse opleiding te betaal. Gebruik die formaat hieronder en skryf 'n E-POS aan dié vreemde L Cordier waarin jy hom/haar bedank. Van Aan lcordier@gmail.com Datum Onderwerp Boodskap: [25] 2.2 INFORMELE BRIEF Jy het deur die jare baie lewenslesse by jou opvoeders geleer. Skryf 'n BRIEF aan een van jou onderwysers/onderwyseresse waarin jy hom/haar vertel van een van dié lewenslesse en wat dit vir jou beteken het. [25] 2.3 HULDEBLYK 'n Natuurramp het jou omgewing getref en een van jou goeie vriende/vriendinne is tydens die ramp oorlede. Skryf 'n HULDEBLYK oor hom/haar wat jy tydens sy/haar roudiens moet lewer. [25] 2.4 VERSLAG Jy het 'n motorongeluk oorleef, maar jou voertuig is erg beskadig. Die versekeringsmaatskappy vereis 'n volledige verslag oor die ongeluk. Skryf die VERSLAG. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2023 SS/NSS 2.5 ONDERHOUD Jy word vir 'n werksonderhoud by 'n maatskappy waar jy baie graag wil werk, genooi. Die personeelbestuurder voer die onderhoud met jou. Skryf die ONDERHOUD in dialoogvorm neer. [25] 2.6 TYDSKRIFARTIKEL Skryf 'n ARTIKEL vir 'n gesinstydskrif oor die volgende onderwerp: Kinders is nie meer kinders nie. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all