Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2023 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202311 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2023, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken/Karet Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Spelfoute = Dubbelstreep onder die spelfout Paragraafindeling [ Hakie aan die begin van die nuwe paragraaf Begin van 'n nuwe sin L Halwe hakie aan die begin van die nuwe sin Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord. Erkenning van Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of  taaljuweeltjies uitdrukkings Onduidelik/onverstaanbaar ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep Punktuasie  Omkring Neem taalvariëteit in ag. AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld: 1.1 Daardie woorde sal ek nooit vergeet nie. Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n verhalende opstel aanbied deur die storie te vertel waarom hy/sy die spesifieke woorde nooit sal vergeet nie. In 'n beskrywende opstel met hierdie titel kan die kandidaat stap vir stap sy/haar belewing van die woorde beskryf. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld oor emosies skryf wat hy/sy beleef het as gevolg van die woorde waaraan hy/sy telkens herinner word./terugkerende emosies wat hy/sy nooit sal vergeet nie. As 'n beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer waarom hy/sy nooit die woorde sal vergeet nie./oor die voor-/nadele van woorde wat 'n mens se lewe beïnvloed. [50] 1.2 As ek oor kon begin ... As basis vir 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van 'n insident/insidente wat plaasgevind het en hom/haar tot by die punt gelei het waar hy/sy besluit het om oor te begin. In 'n beskrywende opstel kan 'n kandidaat byvoorbeeld beskryf watter voordele/positiewe gevolge die insident/insidente vir hom/haar sal inhou indien hy/sy oor sou begin. Daar kan in 'n bespiegelende opstel besin word oor die noodsaaklikheid om oor te begin of dat tweede kanse heel dikwels lewensveranderend kan wees. Soms dien oorbegin as bepeinsing van die foute uit die verlede. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer/redeneer/ besin oor die wenslikheid/sinvolheid/waarde daarvan om oor te begin. [50] 1.3 Elke seisoen is eintlik mooi. 'n Verhalende opstel kan op letterlike vlak na een seisoen afsonderlik/individueel verwys, maar meer as een seisoen kan ook onder die loep geneem word. Die opstel kan handel oor verskillende gebeurlikhede/insigte – ook wat lewenseisoene betref – tydens 'n bepaalde seisoen wat die kandidaat kies en wat dit vir hom/haar eintlik mooi maak. Indien die kandidaat sy/haar emosies beskryf wat hy/sy gedurende die betrokke seisoen beleef,/wat dit vir hom/haar besonder/mooi maak, kan dit as beskrywende opstel dien. Wanneer die kandidaat mymer oor sekere aspekte wat die onderskeie seisoene eintlik mooi maak, kan hy/sy dit as inhoud vir 'n bespiegelende opstel aanbied. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel sal die inhoud moontlik handel oor sekere kenmerke van die onderskeie seisoene wat dit vir hom/haar mooi/besonders maak. Die kandidaat kan tot die insig kom dat die seisoen mooi is, nadat daar aanvanklik op die lelike/seer/onooglike van die seisoen gefokus is. Die onderwerp kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word. [50] 1.4 Die hoofdoel van opvoeding is om 'n leë kop met 'n oop kop te vervang. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel wat daartoe gelei het dat opvoeding 'n leë kop met 'n oop kop vervang. Emosionele ervarings wat 'n kandidaat beleef (het) tydens die opvoedingsproses van leë kop tot oop kop, kan die basis vir 'n be- skrywende opstel wees. Indien die kandidaat besin oor die impak wat die proses van leë kop tot oop kop op sy/haar lewe/menswees gemaak het, kan 'n bespiegelende opstel aangebied word. Argumente/redenasies waarom opvoeding suksesvol gebruik kan word as middel om 'n leë kop met 'n oop kop te vervang, kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel uiteengesit word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 Jy leef net een keer ... lek die bak uit! 'n Verhalende opstel oor hierdie onderwerp sou kon handel oor 'n geleentheid waartydens die kandidaat besef waarom hy/sy tot hierdie slotsom gekom het. Die emosionele gewaarwordings van iemand wat besef dat hy/sy net een keer leef en die geleentheid moet gebruik, kan in 'n beskrywende opstel aangebied word, terwyl daar in 'n bespiegelende opstel gemymer kan word oor redes wat aanleiding gee tot die insig dat jy net een keer leef en daarom elke geleentheid moet aangryp. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word. Die kandidaat kan die onderwerp letterlik interpreteer, mits hy/sy tot 'n gevolgtrekking kom. [50] 1.6 Prent: Plan A/B 'n Verhalende opstel sou die storie van 'n spesifieke insident/insidente kon vertel waartydens daar van Plan A na Plan B oorgeskakel moes word of waarom daar gedeeltelik van Plan A én Plan B gebruik gemaak moes word. Indien die inhoud byvoorbeeld die atmosfeer – wat tydens die omskakeling van Plan A na Plan B of die gebruikmaking onderskeidelik van Plan A én Plan B geheers het – beskryf, sal die opstel beskrywend van aard wees. Daar kan in 'n bespiegelende opstel besin word oor die ingesteldheid van mense om te alle tye vir 'n Plan A en/of Plan B voorsiening te maak. Die voor- en nadele om vir beide 'n Plan A en Plan B te beplan, kan in 'n beredeneerde opstel aangebied word, terwyl 'n argumenterende opstel oortuigende argumente kan aanbied oor die wenslikheid van 'n Plan A én Plan B al dan nie. [50] 1.7 Prent: Man met getekende sterk arms 'n Verhalende opstel kan die storie vertel van 'n insident of gebeurtenis waartydens die kandidaat hom/haar in 'n situasie bevind het waarin hy/sy hom/haar as sterk moes voordoen./ervaar het dat hy/sy sterker is as wat hy/sy gedink het./met ontnugtering besef het dat hy/sy verkeerd was. Die opstel kan ook geïnterpreteer word as ʼn persoon wat letterlik klein gebou is, maar besluit het om te begin oefen en die regte kossoorte te eet om sterk te word./om sy voorkoms te verbeter. In 'n beskrywende opstel kan situasies wat tot emosionele/geestelike ervarings lei/gelei het soos deur die visuele prikkel uitgebeeld, deur die kandidaat beskryf word. 'n Bespiegelende opstel se inhoud kan fokus op watter emosionele effek die voordoen van sterk wees op 'n mens het. Daar kan ook verwys word na emosionele groei wat plaasgevind het. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die voor- en nadele van sterk wees teen mekaar opgeweeg en gemotiveer word, terwyl die tema van minderwaardigheid teenoor bombasme/meerderwaardigheid ook ondersoek kan word. Enige tipe opstel met 'n komiese inslag kan ook deur 'n kandidaat aangebied word en moet op die nodige meriete beoordeel word. [50] 1.8 Prent: Voete wat gesigte het Enige storie wat handel oor die belangrike/opofferende/lydende/hardwerkende rol van voete in 'n mens se lewe,/die lewenspad wat almal moet loop, kan as inhoud vir 'n verhalende opstel gebruik word. Die verhalende opstel kan ook fokus op 'n staptog/dag waarin die voete 'n rol speel. Die verband tussen voete en die visuele uitbeelding van verskillende emosies kan in 'n beskrywende opstel aangebied word. Die belangrikheid van gesonde voete of die emosies wat die verlies van voete kan meebring, kan in 'n bespiegelende opstel verwoord word. Redes waarom mense se voete met sekere emosies in verband gebring kan word, kan in 'n argumenterende/ beredeneerde opstel ondersoek word. Kandidate kan in hulle opstelle ook na die emosie(s) in binne konteks van hierdie prikkel verwys. Enige tipe opstel met 'n komiese inslag kan ook deur 'n kandidaat aangebied word en moet op die nodige meriete beoordeel word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).  'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.  'n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Die verlede tyd word gewoonlik gebruik. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne  'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.  'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.  'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (dit behoort by beplanningsgedeelte te wees). 2.1 FORMELE E-POS Die formele e-pos word in 'n waarderende trant aan L. Cordier geskryf wat vir die kandidaat se studies betaal het./sal betaal. Die kandidaat moet na die studies/ naskoolse opleiding en die betaling daarvan verwys. Hou die volgende in gedagte:  Die skryfstyl is formeel/semiformeel en korrekte taal word vereis.  Die formaat moet voorsiening maak vir 'n e-posadres (skrywer én ontvanger s'n) asook 'n onderwerp soos in die vraestel aangetoon.  Die e-pos moet ʼn aanhef hê, bv. Geagte ...  Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem behoort te val op die studies/naskoolse opleiding waarvoor daar betaal gaan word. Die e- pos kan op verskillende maniere begin: Baie dankie vir u goedhartigheid./gewilligheid./bereidheid./Dit is 'n besondere voorreg dat u ...  Die treffende slot is net so belangrik soos die inleiding. Daar is 'n paar standaardmaniere om die formele e-pos af te sluit: Dankie vir u bydrae tot my onderrig./studies./U ruim bydrae gaan nie ongesiens verby nie./is 'n riem onder die hart ...  Afsluitingswoorde moet in 'n nuwe reël geskryf word. (Dieselfde reël ten opsigte van die leesteken na die afsluitingswoord geld soos by die formele brief.) Die uwe .../By voorbaat dankie./Met groot waardering ...  Die skrywer se naam (voorletters) en van – soos by die formele brief – maar sonder die handtekening, is noodsaaklik. [25] 2.2 INFORMELE BRIEF Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar onderwyser/-es waarin hy/sy hom/haar van een van die lewenslesse vertel wat hy/sy die kandidaat geleer het en wat dit vir hom/haar beteken het. Hou die volgende in gedagte:  Gebruik informele/semiformele taal, register en styl.  Die skrywer lig sy/haar onderwyser/-es in oor die lewensles by hom/haar geleer.  Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.  Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.  Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.  Die adres en die datum moet boaan verskyn.  Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.  Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3 HULDEBLYK Die inhoud is hoofsaaklik 'n weergawe van die vriend/-in wat oorlede is, se lewensgeskiedenis en ander belangrike gebeurtenisse wat uit sy/haar lewe oorgedra word. Hou die volgende in gedagte: Die volgende belangrike persoonlike besonderhede behoort funksioneel en met groot sensitiwiteit/omsigtigheid ingesluit te word:  Die oorledene se naam en van, adres, ouderdom, datum van afsterwe, plek waar die persoon oorlede is.  Name van gesinslede agtergelaat  Prestasies/hoogtepunte uit die persoon se lewe  Gemeenskapsbetrokkenheid  Interessante gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene kan gegee word, asook persoonlike herinneringe van familie en vriende.  Die familie kan ook vertroos word.  Die leser moet 'n duidelike beeld van die oorledene kan vorm.  Die kandidaat behoort nie sentimenteel te raak nie.  Die taal, styl en register is formeel (soms semiformeel) en moet by 'n huldeblyk aan 'n oorledene pas. [25] 2.4 VERSLAG Die verslag fokus op die nodige inligting oor die motorongeluk wat vir die versekeringsmaatskappy gestuur sal word. Hou die volgende in gedagte:  Die verslag bevat 'n kort, bondige opskrif.  'n Inleiding wat die doel van die verslag aandui, moet geformuleer word.  Die volgende vrae moet beantwoord word: Wie? Wat? Waar? Wanneer? Waarom?  Die skrywer kan van subopskrifte gebruik maak.  'n Treffende slot moet die inhoud van die verslag saamvat.  Die taal en styl moet by die aard van die verslag pas.  Paragrawe moet 'n logiese verloop handhaaf.  Die verslag kan onderteken en dateer word. [25] 2.5 ONDERHOUD Die werksonderhoud fokus spesifiek op toepaslike vrae deur die personeel- bestuurder en antwoorde deur die kandidaat. Hou die volgende in gedagte:  Twee mense voer die gesprek.  Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word.  Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.  Taalgebruik, styl en register is formeel.  Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.  'n Scenario kan, voordat die dialoog/onderhoud begin, geskets word. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 2.6 TYDSKRIFARTIKEL Die fokus van die tydskrifartikel konsentreer op die feit dat kinders nie meer kinders is nie. Redes word aangebied en/of ondersoek. Hou die volgende in gedagte:  Die doel is om lesers in te lig, op te voed en relevante inligting te verskaf.  Die titel/opskrif moet kort en treffend wees en by die onderwerp pas.  Die inleidingsparagraaf moet kort en kragtig wees en moet dadelik die inhoud ontsluit.  Die omgekeerde piramiedemetode word gebruik waar die belangrikste inligting eerste genoem word; die ander inligting word daarna in dalende volgorde van belangrikheid aangebied.  Die tydskrifartikel word (hoofsaaklik) in die bedrywende vorm geskryf.  Die inhoud kan in kolomme óf in paragrawe, met of sonder subopskrifte, geskryf word.  Die inhoud moet duidelik uiteengesit word.  Die inhoud moet by die teikengroep pas.  Aanhalings kan gebruik word.  Die slotparagraaf moet 'n gevolgtrekking maak. [25] [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 10 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A)  Punte van 0 – 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlak-subkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL (50 PUNTE) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING Respons is uitsonderlik/ Respons baie goed; Respons bevredigend Wisselvallige samehang Respons heeltemal (Respons en treffend en bo getuig van vaardigheid in respons irrelevant idees) verwagting Organisering Idees is intelligent, Idees heeltemal relevant, Idees redelik Idees onduidelik, nie Idees deurmekaar en nie Hoë vlak volwasse en stem leser interessant en lewer samehangend en oorspronklik nie op onderwerp gefokus van idees vir tot nadenke bewys van oortuigend nie beplanning; volwassenheid Vaag en herhalend Bewustheid Organisasie baie goed Redelike organisasie en Min bewys van Geen organisasie nie/ van doel, Uitsonderlike organisasie en samehangend, redelik samehangend, organisasie en is onsamehangend en samehang, insluitend gehoor en inleiding, liggaam en insluitend inleiding, insluitend inleiding, samehang konteks liggaam en liggaam en samevatting/ samevatting/slot samevatting/slot slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 Respons uitmuntend; Respons goed; getuig Respons bevredigend; Respons is grootliks Geen poging aangewend uitsonderlike treffende van vaardigheid verval soms in irrelevant om in ooreenstemming eienskappe van 'n opstel onduidelikheid met onderwerp te wees ontbreek nie Lae vlak Idees intelligent en Idees relevant, Idees redelik same- Idees begin los staan en Heeltemal irrelevant en volwasse interessant hangend en oortuigend kan verwarrend wees ontoepaslik Knap organisasie en Organisasie goed en 'n Mate van organisasie Skaars 'n bewys van Deurmekaar en geen 30 PUNTE samehang insluitend samehangend, insluitend en samehang, insluitend organisasie en fokus nie inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en samehang samevatting/slot samevatting/slot samevatting/slot Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL & 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, woordeskat hoogs gepas woordeskat baie gepas woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas vir styl en woorde- vir doel, gehoor en vir doel, gehoor en doel. gehoor en konteks gepas vir doel, gehoor doel. gehoor en konteks skat is geskik vir konteks konteks en konteks nie Hoë vlak doel/effek en Taalgebruik getuig van Taalgebruik effektief/ Gepaste taalgebruik om Taalgebruik baie basies Taal onverstaanbaar konteks vertroue, indrukwekkend 'n deurlopende gepaste betekenis oor te dra toon word gebruik Punktuasie, grammatika, Toon retories treffend en Grammatika en spelling Toon is gepas Toon en woordkeuse Woordeskat so beperk spelling, effektief grootliks foutvry Retoriese middele skaars toepaslik dat dit onmoontlik is om woordkeuse Grammatika en spelling gebruik om betekenis te Baie beperkte sin te maak feitlik foutvry Baie goed gedoen verstek woordeskat Knap gedaan Taalgebruik en 13 10 7 4 konvensies Taalgebruik uitstekend Taalgebruik toepaslik en Voldoende taalgebruik – Taalgebruik en toon is retories oor die algemeen teenstrydighede onvoldoende Lae vlak effektief effektief opgemerk 15 PUNTE Grammatika en spelling Toon gepas en effektief Toon oor die algemeen Weinig indien enige feitlik foutvry Enkele foute in gepas en beperkte sinsverskeidenheid Baie goed tot knap grammatika en gebruik van retoriese Woordeskat baie beperk gedaan spelling/Goed gedoen middele STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 Kenmerke van Uitstekende ontwikkeling Logiese ontwikkeling van Relevante detail Sommige punte geldig Noodsaaklike punte teks van onderwerp detail ontwikkel ontbreek Uitsonderlike detail Samehangend Paragraaf- Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe ontwikkeling en uitsonderlik gekonstrueer logies en toon variasie goed gekonstrueer foutief foutief sinskonstruksie Opstel maak nog sin Opstel maak effens sin Opstel maak nie sin nie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 11 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, BEPLANNING & 13–15 10–12 7–9 4–6 0–3 FORMAAT Respons uitsonderlik, bo Respons baie goed Respons voldoende Basiese respons Respons toon geen kennis verwagting van kenmerke van die soort Respons en idees: Idees intelligent en teks nie Organisering van idees volwasse vir beplanning; Grondige kennis van Demonstreer goeie kennis Toon voldoende kennis van Toon geringe kennis van Doel, gehoor, kenmerke van die soort teks van kenmerke van die soort kenmerke van die soort teks kenmerke van die soort teks kenmerke/konvensies en teks konteks Skryfwerk behou fokus Behou fokus – geen Nie heeltemal gefokus nie – Aanduiding van fokus, maar Betekenis onduidelik met groot 15 PUNTE afwyking nie enkele afwykings met afwykings afwyking Samehang in inhoud Samehang in inhoud Redelike samehang in inhoud Inhoud en idees nie altyd Geen samehang in idees en Idees behoorlik uitgebrei Idees baie goed uitgebrei en idees samehangend nie inhoud nie Detail wat die onderwerp Detail wat die onderwerp Sommige detail ondersteun die Min detail ondersteun die Baie min detail ondersteun die ondersteun ondersteun onderwerp onderwerp onderwerp Gepaste en akkurate Gepaste formaat met Formaat oorwegend gepas, Nodige reëls van formaat Nodige reëls van formaat nie formaat onbeduidende foute maar met enkele foute vaagweg toegepas toegepas nie Kritiese foute begaan TAAL, STYL & 9–10 7–8 5–6 3–4 0–2 REDIGERING Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir woordeskat baie geskik vir woordeskat is geskik vir doel, woordeskat minder geskik vir woordeskat stem nie ooreen Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks doel, gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks met doel, gehoor en konteks doel/effek, gehoor en nie konteks; Grammatika akkuraat en Grammatika oor die alge- Enkele grammatikafoute Grammatika onakkuraat met Besaai met foute en verward Taalgebruik en goed gekonstrueer meen korrek en goed etlike foute konvensies; gekonstrueer Woordkeuse; Punktuasie en spelling Baie goeie woordeskat Voldoende woordeskat Basiese woordeskat Woordeskat nie geskik vir doel nie 10 PUNTE Feitlik foutloos Oorwegend foutloos Foute belemmer nie betekenis Betekenis belemmer Betekenis ernstig belemmer nie Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all