Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202328 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023, 28 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V2 2023 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2023 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)  Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2023 SS/NSS 9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2023 SS/NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. "Vincent van Gogh" Opstelvraag 10 6 2. "Nog in my laaste woorde" Kontekstuele vraag 10 7 3. " 'n vigslyer sterf" Kontekstuele vraag 10 8 4. "oupa Thomas Daniel Granfield" Kontekstuele vraag 10 9 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. "VIERUUR IN DIE MÔRE" Kontekstuele vraag 10 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 12 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 15 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 15 10. Vatmaar Opstelvraag 25 17 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 17 12. Onderwêreld Opstelvraag 25 20 13. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 20 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 23 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 23 16. Mis Opstelvraag 25 26 17. Mis Kontekstuele vraag 25 26 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2023 SS/NSS KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK NOMMER BEANTWOORD () A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–11 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 12–15 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2023 SS/NSS AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Vincent van Gogh – DJ Opperman 1 Jy het as 'n miskende 2 heilige vergeefs geveg teen die ellende 3 en die onreg in die krotte van die myn, 4 in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn 5 en skriklike stryd van God 6 leer ken, wat mens en boom verknot 7 in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe 8 in aanbidding van die son kon verwe, 9 boere, wasvrouens en gepynigde gesigte, 10 die kantelende landskap in die snelle ligte 11 geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek 12 tot branding van die skone kon verwek, 13 toe is Sy hartstog eers in jou volbring 14 soos groen sipresse tot 'n vlam verwring. [Bron: Heilige beeste, 1937] In die gedig word Van Gogh se belewing van mislukking teenoor sy ervaring van vervuldheid/sukses deur middel van kontraste en beeldspraak oorgedra. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Nog in my laaste woorde – NP van Wyk Louw 1 Nog in my laaste woorde sal jy wees, 2 nog in die laaste skeemring van my dink 3 en weet, as ek alleen in die bitter vrees 4 van sterwe lê, en al die mindre sink 5 in my deur vaal vergetelheid: veel haat, 6 veel liefde wat kon waag om min te vra, 7 ure wat rus geken 't, of blote daad, 8 en nie die teken van jou onrus dra, 9 o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind 10 vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand; 11 wat áls kon eis en nooit volkome vind 12 versadiging! Dán weet ek het jou hand 13 my jeug se oopgelate kring voltooi: 14 mooi is die lewe en die dood is mooi. [Bron: Die halwe kring, 1937] 2.1 Watter woord in versreël 1 en 2 sluit by die oorgang van lewe na die dood aan? (1) 2.2 Bied versreël 3 en 4 genoeg inligting om die gebruik van "bitter" (versreël 3) te verklaar? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 2.3 Herlees versreël 4. 2.3.1 Waarna verwys "mindre" (versreël 4)? (1) 2.3.2 Dink jy die gebruik van "mindre" in plaas van "mindere" is funksioneel? Gee 'n rede vir jou antwoord. (1) 2.4 "o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind vir smart" (versreël 9 en 10) 2.4.1 Benoem die beeldspraak waarmee die spreker sy/haar bewondering vir die aangesprokene aandui en verduidelik watter eienskap van die "jy" met dié beeld oorgedra word. (2) 2.4.2 Watter stylfiguur word in versreël 9 gebruik om dié bewondering te ondersteun? (1) 2.5 Benoem die rymsoort in versreël 13 en 14. (1) 2.6 Wat bedoel die spreker met versreël 14? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. ꞌn vigslyer sterf – Vincent Oliphant 1 die takelwerk word afgetakel 2 stadig sien sy geliefdes hom inplof 3 die bekende vlees na binne stort 4 hulle sien hom reeds stof word 5 iets wil huil oor die bros vel 6 wat soos dun seil oor brose stokke lê 7 oor die mond wat iets wil sê 8 die gewig van lug 9 is vir die hand te swaar 10 die lyf 11 nou klein en seer 12 het byna alles reeds verleer 13 net die oë bly groter staar 14 op soek na raad teen al die skade 15 na die genade van sag gaan 16 na verstaan [Bron: Poësiepalet, 2007] 3.1 Met watter woord in die titel dui die spreker die onbetrokkenheid wat in strofe 1 uitgebeeld word, aan? (1) 3.2 Herlees versreëls 1 tot 3. Met watter woord weerspreek die spreker sy/haar gebruik van "inplof" en watter woord versterk die gedagte? (2) 3.3 Herlees versreëls 5 tot 7. Die gedig het ten doel om simpatie vir die vigslyer te wek. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 3.4 Herlees versreëls 8 tot 10. Hoe ondersteun die tipografie die gedagte van fisiese agteruitgang by die vigslyer? (1) 3.5 "hulle sien hom reeds stof word" (versreël 4) Verduidelik die metafoor in dié versreël en dui die verband tussen dié versreël en die titel enersyds EN die slotstrofe van die gedig andersyds aan. (3) 3.6 Skryf die boodskap van die gedig na aanleiding van versreël 16 neer. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2023 SS/NSS VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda Kamfer 1. 1 dis vandag my oupa Thomas 2 se verjaardag 3 dit sou gewees 4 het 5 hy is dood 6 toe ek in matriek was 7 dit is al wat ek regtig van 8 matriek kan onthou 9 die oggend toe die telefoon lui 10 het my ma nie kom sê nie 11 sy en my pa het opgestaan 12 en is weg hospitaal toe 13 al die grootmense my oupa se kinders en hulle 14 mans en vroue is hospitaal toe 15 ek wou saamgaan 16 ek wou net my oupa 17 belowe dat ek okay sou wees 18 dat ek eendag 'n boek gaan skryf 19 en hom nooit sal vergeet nie en 20 dat ek die liefste vir hom was 21 my ma het 'n paar uur later 22 gebel om te sê dat ek vir my en my suster moet kos maak 23 sy het niks gesê van my oupa nie 24 haar woorde het soos vlermuise oor my gevlieg 25 ek het gewag vir iets 26 vir Pappa is dood 27 of dis verby of hy's oorlede 28 maar sy't aanhou praat oor kos 29 toe ek haar uiteindelik stop en vra 30 het die vlermuise aanhou vlieg 31 ''ja, vroeg vi-oggend'' Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2023 SS/NSS 2. 32 die swaarste vir my was nie dat my oupa dood was nie 33 maar 34 dat die aarde aanhou draai het 35 dat ek aanhou leef het 36 dat alles wat verkeerd was nog steeds verkeerd is 37 dat ek kon slaap en wakker word 38 matriek slaag en aan 'n toekoms dink 39 die ergste van alles was dat ek alles kon doen wat 40 ek moes doen 41 en al wat ek regtig wou doen was om te huil 42 ek wou dae aaneen huil 43 ek wou sy leeftyd uithuil 44 ek wou huil vir wie hy was en vir wie hy kon wees 45 ek wou huil oor die onregverdigheid 46 en ek wou huil omdat hy regtig lief was vir my 47 en omdat ek geweet het dat hy lief was vir my [Bron: grond/Santekraam, 2011] 4.1 Waarom verskil die spreker se verwysing na die oupa in versreël 1 van die volledige name in die titel? (1) 4.2 Waarom, dink jy, kan 'n mens die ma van onsensitiwiteit in versreëls 9 tot 12 beskuldig? Motiveer jou antwoord. (1) 4.3 Dink jy die spreker het getrou aan hierdie beloftes in versreëls 15 tot 20 gebly? Motiveer jou antwoord deur na DRIE van haar beloftes te verwys. (3) 4.4 Hoe verskil die beeldspraak in versreël 24 van dié in versreël 30? Hoekom is die herhaling van die beeld in versreël 30 effektief? (2) 4.5 Die afwesigheid van leestekens en 'n vaste strofebou ondersteun die inhoud van die gedig. Motiveer hierdie stelling met TWEE redes. (2) 4.6 Dink jy die tema van die gedig is aktueel? Motiveer jou antwoord. (1) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2023 SS/NSS ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. VIERUUR IN DIE MÔRE – Pieter Hugo 1 Dis vieruur in die môre. 2 Terwyl 'n donkie veraf begin balk, 3 staan ek en rook in Beaufort-Wes 4 se verlangwye nag. 5 Ek stuur vir jou 'n boodskap 6 uit dieptes gans verlore. 7 In 'n hotel 'n honderd stasies verder 8 kry jy my boodskap 9 bel my 10 staan op 11 gaan uit en 12 kyk ook op. 13 Ons word twee helder sterre 14 op die oosterkim. [Bron: ALCHEMIE van my muse, 2019] 5.1 Watter ooreenkoms is daar tussen die spreker en die donkie in strofe 1? (1) 5.2 Watter stemming word in versreël 2 geskep? Hoe hou hierdie stemming verband met die emosie in versreël 4 enersyds en die spreker se handeling in versreël 5 andersyds? (3) 5.3 Benoem die halfrym in versreël 10 en 11. (1) 5.4 Herlees versreël 13 en 14. 5.4.1 Benoem die beeldspraak en verduidelik die beeld. (2) 5.4.2 Wat noem ons 'n strofe wat uit twee versreëls bestaan? Is dié strofebou in hierdie geval funksioneel? Motiveer jou antwoord. (2) 5.5 Dink jy die gebruik van "ook" in versreël 12 dra by tot die verstaan van die slotstrofe? Motiveer jou antwoord. (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2023 SS/NSS AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG In die roman kom Iris tot nuwe insigte oor haar lewe wanneer sy haar bekende omgewing verlaat en oorsee gaan. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A In die skoenafdeling het ek my klam hare agtertoe geskud en gesien hoe die kamera flits. Ek het dit geïgnoreer en toegelaat dat die assistent tongklikkend my blou voete meet. 'n Seëning was dit, 'n warm omhelsing toe my voete gehul is in wolsokke en stewels met trekkerbandsole. "Aa," het ek gesug en die helfte van my Kersfeesbonus aan die winkeldame betaal. 5 "Dis so," het die Engel agter my beaam, maar ek het my nie aan hom gesteur nie omdat hy natuurlik nie regtig bestaan nie en bloot so opdringerig geword het omdat hy Peter se telefoongesprek afgeluister het. "Waarheen nou?" het Joe gevra en self geantwoord. "Wat van die park? Ek kan mooi foto's van jou neem." 10 "Verskoon my," het ek beleef geantwoord. "Maar wat is hierdie beheptheid met foto's neem? Nie eens as baba is ek so gedurig afgeneem nie. 'n Derde kind se oulikhede is ou nuus en … " "Jy't 'n interessante gesig. Ons kan iets daarvan maak." Ek het 'n paar potensiële leuens agtermekaar gekry. Sou ek noem dat my ma by 15 die hotel vir my wag? "My agent sal nie hiervan hou nie," het ek die swakste moontlike verskoning opgediep. "Agent? Ek het nie geweet jy het een nie." Hy het die lensdop van die kamera teruggedruk. "Wie is hy? Ons kan 'n ooreenkoms aangaan." "Sy naam is … wel, eintlik het ek hom nog nie ontmoet nie. Hy het my hierheen 20 ontbied en ek eet vanaand saam met hom." "Sies," het die Engel in my oor gesis. 7.1 Waarom bevind Iris haar in 'n vreemde land? (1) 7.2 Met watter doel neem die fotograaf so baie foto's van Iris en watter karaktereienskap van Iris blyk uit die feit dat sy dit ignoreer? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2023 SS/NSS 7.3 Hoe dra Joe by tot latere spanning tussen Peter en Iris? Noem DRIE feite. (3) 7.4 " … omdat hy natuurlik nie regtig bestaan nie …" (reël 7). Is hierdie woorde van Iris ten opsigte van die rol van die Engel in haar lewe geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. (1) 7.5 Is dit funksioneel dat Joe self sy vraag in reël 9 en 10 beantwoord? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 7.6 Op watter VIER maniere beïnvloed die verskillende betekenistoepassings wat Iris aan haar eie naam koppel, haar menswees? (4) 7.7 Watter soort verteller kom in TEKS A voor? Waarom is hierdie verteller in TEKS A effektief? (2) EN TEKS B "Bobbejane," het die oom gegrom. "Onnosele ape." "Tja," het die tannie gesug. " 'n Mens kan deesdae maar net bid dat daar nog beskermengele oor is om na ons kinders te kyk." "Ek het een," het ek gesê. As ons mekaar moes leer ken, wat die idee van die naweek was, moes ons seker al die karakters aan mekaar voorstel. 5 " 'n Wat?" het die oom gevra. " 'n Beskermengel. Ek het hom van my ouma geërf." "Hom?" het die tannie gevra. "Ek dag engele is vroue." "Nee, myne is 'n man." Die oom het my nadenkend aangekyk om te sien of ek die gek skeer. My ernstige 10 gesig moes hom oortuig het. "Weet Piet daarvan?" het hy gevra. "Ja, oom. Hy gee nie om nie." Peter het nie sterk gevoelens oor die Engel gehad nie. Omdat hy hom nooit in aksie gesien het nie, het hy nie regtig geglo dat hy bestaan nie, maar hy was bereid om toegewings te maak. "Kan jy hom sien?" het die tannie verwonderd gevra. 15 "O ja." Sy het stadig deur die kombuis gekyk, verby die wit geverfde kombuiskaste, die stel blou en wit gekraakte porseleinflesse met aanwysings daarop soos "Thee" en "Rijs", die outydse beskuittrommel waarvoor Elsa haar agtertande sou gee, die plafon met sy vlieëgompapier en terug na my. "Is hy nou hier?" 20 Ek het ook om my gekyk, maar meer spesifiek na die venster. "Nee." Die oom het vinnig opgestaan. "Kwit," het hy gesê. "Die kind sien gesigte. Ek gaan na my duiwe toe." 7.8 Wie is die oom na wie in reël 1 verwys word? (1) 7.9 Die Engel speel 'n belangrike rol om Iris tot sekere lewensinsigte te bring. Bewys hierdie stelling met DRIE feite. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2023 SS/NSS 7.10 Dink jy hulle kennis van die Engel beïnvloed Iris se verhouding met Peter se pa enersyds en sy ma andersyds? Motiveer jou antwoord. (2) 7.11 Herlees reëls 6 tot 8 asook reël 22 van TEKS A en reëls 2 tot 5 van TEKS B. 7.11.1 Hoe verskil die rol van die Engel in Teks A van die tannie se idee van 'n beskermengel in TEKS B? Noem ook TWEE geleenthede waaroor Iris die Engel beskuldig het dat hy nie as 'n beskermengel opgetree het nie. (3) 7.11.2 Hoe verander die Engel se rol in Iris se lewe nadat sy en Peter getrou het? (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2023 SS/NSS MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG In die roman ontwikkel Baas ꞌn nuwe insig oor sy lewe wanneer hy gedwing word om sy bekende omstandighede in Rhodesië te verlaat. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C Nanna kyk oor die silwer water van die Zambezirivier weg. "Dis ongelooflik," sê sy. "Hier sal ꞌn mens kan skilder, sowaar ... Dink jy nie ook so nie, Griesel?" Griesel antwoord haar nie. "Dit is nie soos ek gedink het dit gaan wees nie, oom Scholtzie," sê hy uiteindelik. "Ja, Grieseltjie, die Here se weë is nie ons weë nie." 5 Oom Scholtzie draai sy rug op hulle. Die katarakte pla weer. Hy loop af water toe en leun oor ꞌn dwarsbalk van ꞌn stellasie waarop ꞌn platboomboot rus. Die romp is vol gate waar die ou hout uitgebreek en nog nie vervang is nie. Nanna kom staan styf teen oom Scholtzie. Die ou vrou kom stadig van die buitetafel af nader. Sy het klaar vir die honde kos 10 gegee. Sy slaan haar arms om die twee mense wat wit is. "Julle kan maar huil," sê sy. "Ek het ook gehuil oor ons kerk." Sy vee met haar blinkverweerde hand oor Nanna se wange. "Ek is die vrou van muluti Joseph, die man wat dood is. Hy was die sendeling van Manaka. Jy kan vir my ouma Essie sê. Dis hoe die mense my noem." 15 Oom Scholtzie vat haar aan die skouers. "Ouma Essie? En watse ge-Engels- pratery is dit met jou?" Sy haal die bril af, buk vorentoe. "Muluti Malila? Is dit dan jy? En jy huil nog net so baie soos altyd?" Haar uitspraak is verroes, maar dis Afrikaans wat sy praat. Oom Scholtzie omhels haar. "Die jare het aangestap." 20 9.1 Hoekom kom Griesel en Nanna na Manaka toe? (1) 9.2 Herlees reëls 1 tot 5. In watter opsig is hierdie reëls karakteropenbarend van Nanna en Griesel onderskeidelik? Hoe beïnvloed hierdie verskil in persoonlikhede hulle aanpassing op Manaka? Verwys in jou antwoord na Nanna en Griesel afsonderlik. (4) 9.3 Op watter ander DRIE karakters op Manaka het oom Scholtzie se antwoord (reël 5) ook indirek betrekking? Motiveer jou antwoord. (3) 9.4 Waarom is die platboomboot (reël 7) nog nie herstel nie? Hoe beïnvloed die onklaar boot Baas se droom oor die toekoms? Noem TWEE feite. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2023 SS/NSS 9.5 Watter figuurlike betekenis het die naam, Manaka, vir Baas, ouma Essie en die inwoners van Barotseland onderskeidelik? (3) 9.6 Watter soort verteller kom in TEKS C voor? Waarom is hierdie verteller in TEKS C effektief? (2) EN TEKS D "Julle moet ophou sonde doen en julle harte vir die Here gee," preek Griesel toe twee ma's opdaag vir die Sondagdiens waarvan hul kinders hul vertel het. Hy het sy donker strepiespak aan. Ouma Essie tolk. "Julle moet ophou om die bier te drink wat julle van die graan maak. Dit is ꞌn sonde teen die Here. Julle moet ophou om die muloi te laat kom as iemand siek is. Die Here sal julle gesond maak. Hy sal ook julle siele gesond 5 maak, sodat julle kinders van die lig kan wees en nie meer kinders van die duisternis nie." Aan die einde van sy diens sê Griesel dié wat hulle harte vir die Here wil gee en by die kerk wil aansluit, moet opstaan. Die vrouens staan tydsaam op en begin wegstap. "Die kinders het vir hulle gesê dat die muluti vir hulle vleis sal gee as hulle na die kerk 10 toe kom," tolk ouma Essie hulle antwoord. "Ons kan ꞌn sangdiens hou." Nanna slaan ꞌn harde basnoot oor die snare van haar kitaar. "Jesus loves me! This I know," sing sy en Grace die kinderliedjie soos ꞌn marslied. Die vrouens gaan staan. "For the Bible tells me so. Little ones to Him belong; they are weak but He is strong." 15 Die kinders onder die worsboom kry die ritme, toe die wysie. Ouma Essie hou tyd met haar Bybel bo haar kop. Die geparste kremetartblom val uit. Sy tel dit op en sit dit weer tussen die opgepofte bladsye in. Die twee vrouens kom sit weer. 9.7 Herlees reëls 1 tot 7. 9.7.1 Waarom word die erediens op dieselfde plek gehou as in die tyd van Baas se oupagrootjie? (1) 9.7.2 Is dit geloofwaardig dat ouma Essie Afrikaans kan praat? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) 9.8 Watter ooreenkoms is daar tussen Griesel se preek en ouma Essie se vertolking daarvan? Waarom is ouma Essie se preek vir die mense van Barotseland meer geloofwaardig? (2) 9.9 Ouma Essie en Grace tree nie net as tolke vir taalkwessies op nie. Is dit 'n geregverdigde afleiding? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) 9.10 Herlees reël 18 en 19 van TEKS C en reëls 16 tot 18 van TEKS D. 9.10.1 Watter ooreenstemmende emosie van ouma Essie word hier aangetref? (1) 9.10.2 Dink jy daar bestaan 'n verband tussen ouma Essie se emosionele ervaring in TEKS C en TEKS D? Motiveer jou antwoord. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2023 SS/NSS VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG In die roman is Ta Vuurmaak, Oom Chai en Tant Wonnie rolmodelle vir die mense van Vatmaar ten opsigte van tradisies, kultuur en waardes. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS E Daar is hulle, my Baas, het hy gesê. Hulle moes al hulle goed vat en voor twee mans op bicycles uit dra. Jakob Kierie het agter saam met die wit poliesman geloop. By die poliesstasie het die sersant gevra: What is the charge? Let us search them first, sê die poliesman. One of their sort says that they have a 5 diamond to sell. Siesie Lena kon dit verstaan, maar Bet en Flippus het net die woord "diamond" geken. Hulle is oor en oor en oor deurgesoek. Jakob Kierie was baie seker dat hulle diamante by hulle het en hy het aanhou sê: Baas, ek het die diamante gesien. 10 Nee, het Siesie Lena gesê, Sir, ons het net die trein Kimberley toe kom vat en van daar af Postmasburg toe. Toe hulle niks kry nie, roep die sersant sy vrou, want hy was seker dat die diamante onder die lelike lappe op Bet se rok vasgewerk was. Come! Sê die sersant se vrou en maak die deur toe. Sy bevoel die lapplekke. Toe 15 maak sy die deur oop en roep: Manuel! Die bruinman kom deur toe en sy sê: You look. Sy gee vir hom die rok aan en maak weer die deur toe. Hy het gevoel en gekyk en seker gemaak daar is niks in nie. Die hele tyd het Jakob Kierie na die speurder se hande gekyk sonder om 'n oog te knip, want hy was lekker getrek. 20 Siesie Lena was klaar deurgesoek. Die sersant se vrou sê toe vir haar: You go. 11.1 In watter dorp bevind Siesie Lena, Bet en Flippus hulle in die uittreksel? (1) 11.2 Hoe dra hulle agtergrond by tot Sus Bet en Flippus se onvermoë om Engels te praat? Hoe bevoordeel hulle onvermoë vir Siesie Lena? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2023 SS/NSS 11.3 Herlees reël 9 en 10. 11.3.1 Waarom was Jakob Kierie se eerste plan om die diamante te verkoop onsuksesvol? Op grond waarvan kan ons uit Jakob Kierie se tweede plan aflei dat hy nie baie intelligent is nie? (2) 11.3.2 Die polisie sou vir Jakob Kierie van die begin af as 'n ongeloofwaardige informant kon beskou. Motiveer jou antwoord EN verduidelik watter negatiewe gevolg hierdie plan vir hom gehad het. (2) 11.4 Hoe skakel Flippus se aandeel in die diamantgebeure met die titel van die roman? Watter voordeel sou Siesie Lena en Sus Bet onderskeidelik uit die diamante trek? (3) 11.5 Siesie Lena en Sus Bet se vriendskap het in Lichtenburg by die delwerye ontstaan. 11.5.1 Kan die leser vir Siesie Lena daarvan beskuldig dat sy onder valse voorwendsels 'n vriendskap met Sus Bet begin het? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 11.5.2 Hoe het hierdie vriendskap vir Sus Bet voorberei op die rol wat sy in Vatmaar sou speel? Noem TWEE feite. (2) 11.6 Watter soort verteller kom in TEKS E voor? Waarom is hierdie verteller in TEKS E effektief? (2) EN TEKS F Suzan was in haar vroumens-word-jare en meisies van daardie jare was altyd in aanvraag. Oom Chai, wat geweet het Mister May kan nie by jong meisies vertrou word nie, het gesê: My kind, vat wat jy nodig het en gaan huis toe en kom môre-oggend weer. Dankie. Van al die ouer vroue en jong meisies was die drie, Tant Wonnie en haar twee 5 dogters, die mooiste in Vatmaar. Hulle was Duitse Basters en mooigeit is toe, soos nou, aan Europese gelaatstrekke, hare en vel gemeet. Tant Wonnie en haar dogter het niks, of laat ons sê min, besit. Hulle het op ander se genade in 'n buitekamer gebly wat eens op 'n tyd aan hulle behoort het, want Tant Wonnie was een van Vatmaar se eerste intrekkers. Die een-kamer is destyds met 10 Ta Vuurmaak se Kimberleystene gebou. Dit het 'n venster gehad en 'n deur wat kon oopmaak. Die skarniere was van twee stukke rouleer en die werwel was 'n stok aan 'n stokkie riem. Die sinkdak was vasgepak met klippe en die mure en vloer is gereeld gesmeer, iets wat die kamer 'n lekker ruik gegee het. Later het haar man soos Oom Chai en Oupa Lewies, ook 'n groter huis op dieselfde 15 erf gebou. Maar toe sy en Suzan van Sannah Vosloo se begrafnis af teruggekom het, moes Tant Wonnie die groot huis aan Mister Wingrove verkoop. Sy het net die buitekamer uitgehou en gesê een kamer is beter as geen kamer nie. Die drie vroumense het op diervelle op die grond geslaap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2023 SS/NSS 11.7 Waarom is Suzan in TEKS F by Oom Chai se huis? (1) 11.8 Herlees reëls 1 tot 4. 11.8.1 By watter ander geleentheid het Oom Chai ook aan 'n jong meisie 'n goeie daad bewys? (1) 11.8.2 Wat dink jy is die rede vir Oom Chai se geheimhouding ten opsigte van hierdie goeie daad? (1) 11.9 Op watter DRIE maniere het Tant Wonnie die Vatmaar-gemeenskap gedien? Watter ander waarde het Suzan by haar ma geleer? (4) 11.10 Herlees reëls 2 tot 6 van TEKS E en reëls 5 tot 7 van TEKS F. Sus Bet sowel as Tant Wonnie beland by die "poliesstasie" as gevolg van beskuldigings. Dink jy dié vroue is dieselfde deur die polisie behandel? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2023 SS/NSS ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Nadat Greg by kuberkrakery betrokke geraak het, verwerf hy insig in sy eie lewe. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G Later die oggend, toe die speurders weg is, skuif ek weer voor my laptop in met 'n koppie sterk koffie langs my. Die ouens is terug van die kerk. Plank en TJ kom maak 'n draai, gesels oor iets wat op die bus gebeur het. Ek luister skaars. Maak later 'n stupid verskoning oor 'n hoofpyn sodat hulle my kan los. Kamerdeur toe. Ek teken aan op die web. Ek kry Eckardt se website in die 5 dropdown list by die adresse. Die site verskyn. Soos gisteraand. Die oop invulveld wat wag: Password ... "Partykeer is daar nie 'n password nie. Partykeer is die kasteel se deur klaar oop en moet jy bloot daarteen leun en dit sal oopgaan ..." Eckardt se woorde tydens een van sy opleidingsessies. 10 Ek probeer dit. Los bloot die invulveld oop en enter. Dit werk nie. Toe klik ek regs op die skerm en roep die site se source code op. Dit is eenvoudiger as van die ander wat ek gesien het. Ek lees dit en my oog vang iets wat ek nie op die website gesien het nie. Daar moet 'n link op die website wees wat die password na jou 15 toe kan mail as jy dit vergeet. Of in hierdie geval na Eckardt kan mail as hý dit vergeet. Maar dis nie hy wat dit nodig het nie, dis ek! En hoekom het ek nie die link gesien nie? Omdat dit in swart geskryf staan teen die swart agtergrond, natuurlik sodat enige siel wat toevallig op die site afkom dit nie 20 dadelik kan raaksien nie. 13.1 Waarom was die speurders vroeër die oggend by die koshuis? (1) 13.2 Waarom is Greg dié spesifieke oggend nie saam met die ouens kerk toe nie en is sy optrede binne konteks geregverdig? Motiveer jou antwoord met EEN rede. (2) 13.3 Herlees reëls 2 tot 4. Van watter belang is hierdie reëls vir die verloop van die roman? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2023 SS/NSS 13.4 Herlees reëls 5 tot 7. 13.4.1 Dink jy die gebruik van die kort sinne is effektief? Motiveer jou antwoord. (1) 13.4.2 In hierdie reëls probeer Greg om toegang tot Eckardt se onderwêreldlêers te verkry. Op watter DRIE maniere verkry hy toegang tot Dok Pienaar se rekenaar? (3) 13.5 In watter opsig kan die "swart agtergrond" (reël 20) op letterlike vlak met die tonnel-ritueel én op figuurlike vlak met Greg se verhouding met sy pa verbind word? Beoordeel Dok Pienaar se sakebelange teen die "swart agtergrond". (3) 13.6 Watter soort verteller kom in TEKS G voor? Noem 'n voordeel van dié soort verteller in TEKS G. (2) EN TEKS H Waar eindig die onderwêreld? Hulle kom na my kamer toe, inspekteur Cele en sersant Botha. Ek staan met my rug teen die koue muur, klaar gestort en skoolklere aangetrek. Hulle sit op my opgemaakte bed. Sersant Botha se baard is nou nog langer, sy klere gekreukel van die slaap op die bank. Inspekteur Cele lyk vars, maar onvanpas in 'n seunskoshuiskamer. 5 "Ek moet met julle 'n deal maak," sê ek so sag dat ek dit self skaars kan hoor bo die effense dreuning van die aircon. " 'n Deal, Greg?" frons inspekteur Cele. Sersant Botha kry 'n lagtrek om sy mond. "Hierdie is nie 'n fliek nie. Besef jy wat hier aangaan?" 10 "Ek weet ek het goed gedoen wat ek nie veronderstel was om te doen nie. Ek weet ek is skuldig aan hacking. Maar as julle my kan help, kan ek julle help ... dalk ..." "Help waarmee?" vra die inspekteur. "Dis oor iets heeltemal anders ..." "Wat?" 15 Ek sug, kyk dan op, reguit in haar strak gesig. "Ek dink ek weet hoekom Eckardt weg is. En dit het niks met my uit te waai nie. Daar is iemand anders betrokke." "Wie?" "Ek kan julle help om die bewyse teen die persoon te kry, maar ..." "… maar dan wil jy 'n deal maak?" voltooi sersant Botha my sin. "Jy wil hê ons moet 20 vergeet van jou hacking? Jy wil as informant optree?" "Hoe weet ons dit is nie die een of ander slimpraatjie van jou nie, Greg?" vra inspekteur Cele. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2023 SS/NSS 13.7 Herlees reël 1. Noem VIER betekenistoepassings van die titel van die roman. (4) 13.8 "Ek weet ek is skuldig aan hacking. Maar as julle my kan help, kan ek julle help ... dalk ..." Op grond waarvan kan die leser aanvoer dat naïwiteit tot Greg se betrokkenheid by kuberkrakery gelei het? Noem TWEE redes. (2) 13.9 Inspekteur Cele het rede om skepties te wees oor Greg se versoek om te onderhandel. Motiveer die stelling met DRIE redes. (3) 13.10 Herlees reëls 19 tot 21 van TEKS G en reël 1 van TEKS H. 13.10.1 Watter bedreiging hou hierdie verwysings vir die ideaal agter Lawson Kollege se leuse in? (1) 13.10.2 Dink jy Dok Pienaar en Greg onderskeidelik het die skool se leuse uitgeleef? Motiveer jou antwoord. (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2023 SS/NSS AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Die titel, Krismis van Map Jacobs, is binne die konteks van die drama ten opsigte van Map, Blanchie en Antie Grootmeisie geslaagd. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I MAUD: Cavernelis, please, laat staan die rubbish and go your own way. Wat staan jy nog daar? Kry jou koers en kom in! CYRIL: Daars'ie orders! Good luck, ou dad! Hoe sil jy sê, ou Tommy? To health, wealth, and happiness … and living like real persons! Hê! Living like real persons! Best of luck, mister Cavernelis, best of 5 luck … Stilte, dan – CYRIL: (venynig): En mister Cavernelis, mister Cavernelis wiet natuurlik lat Map Jacobs ytkom nou, die sewende vannie maand, op parole, ja … Map Jacobs … (Begin lag) Net nou lat Blanchie sukke luck 10 beginne strike! Cavernelis verstyf, staar. Cyril lag. Richie dan ook. CAVERNELIS: (ongelowig): Map … Jacobs? CYRIL: Het mister Cavernelis dan nie gewiet nie? Ek mien van Map Jacobs, lat hy ytkom nie? (Hy lag en lag.) 15 MAUD: (roep): Cavernelis! CAVERNELIS: Map … Jacobs? (Hy staar.) CYRIL: (lag): Onthou mister Cavernelis nog, vi' Map Jacobs? Onthou mister Cavernelis nog? (Lag.) Die lig verander. Cyril-hulle verdwyn. Cavernelis alleen. Dan kom 20 Blanchie in. Asof in die Cavernelisse se "flat". 'n Terugflits. CAVERNELIS: Blanchie … BLANCHIE: (huiwerend): Daddy? CAVERNELIS: Map … Jacobs … BLANCHIE: Daddy? … Daddy mien … Johnnie … 25 CAVERNELIS: (nog starend): Map Jacobs … BLANCHIE: Hoe … mien Daddy … Johnnie … CAVERNELIS: (hard): Map! BLANCHIE: (ook hard): Nee! Nie Map nie! … Johnnie … Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/2023 SS/NSS CAVERNELIS: Maar Blanchie … kind … het jy gehoor, het jy dan nie gehoor, wat 30 gebeur het … Blanchie? … BLANCHIE: Maar … Daddy … (Dan huil sy.) … 'Is nie soes Johnnie nie … 'is nie … CAVERNELIS: Bly stil! BLANCHIE: (ken haar pa nie só teenoor haar nie): Daddy! 35 Stilte. CAVERNELIS: Ek is … jammer … Blanchie … Maar … Dis hy ... 15.1 Herlees reëls 1 tot 3. 15.1.1 Na watter "rubbish" verwys Maud? (1) 15.1.2 Wat suggereer Cyril oor Cavernelis wanneer hy in reël 3 sê: "Daars'ie orders"? (1) 15.2 Watter emosie ervaar Cavernelis in reël 12? Is hierdie emosie geregverdig? Noem TWEE feite. (3) 15.3 Waarom verskil die manier waarop Cavernelis (in reël 13) en Blanchie na Map Jacobs verwys? Wie van die twee se siening oor Map is volgens jou reg? Motiveer jou antwoord. (2) 15.4 Waarom slaag die dialoog in reël 14 en 15 in sy doel? (1) 15.5 "(Hy lag en lag.)" reël 15. Watter TWEE karaktereienskappe blyk uit Cyril se optrede teenoor Cavernelis? Noem 'n ander geleentheid waartydens hierdie karaktertrekke van Cyril na vore kom. (3) 15.6 Noem TWEE funksies van die neweteks in reël 20 en 21. (2) 15.7 Na watter gebeurtenis verwys Cavernelis in reël 30 en 31? (1) EN TEKS J BLANCHIE: (snik, praat dan): Daddy! … Johnnie … hy word nooit so nie, hy't nog … nooit … nog … so … Johnnie … gekyk nie … Toe … loop hy net … weg … net … loop hy net … Map sit sy arm om haar, maar asof dit 'n elektriese skok is, ruk sy haar weg. 5 BLANCHIE: Nee! MAP: Okay … Okay … BLANCHIE: (van haar wysie af): Nie okay nie … Shuddup!! Dis Daddy!! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/2023 SS/NSS MAP: (skreeu nou): Blanchie! Sal jy stilbly! (Hy gryp haar vas.) BLANCHIE: Dis Daddy! (Sy worstel in Map se greep.) Los my! 10 MAP: (hard met haar): Sal jy … sal jy stilbly! … (Dan sagter.) Blanchie … Blanchie … (Sy verslap in sy arms.) Blanchie … BLANCHIE: Johnnie … MAP: Daar's … niks wat ons kan doen nie … Blanchie … Dit … moet nou … so gebeur … 15 BLANCHIE: Daddy … Ek weet … ek … (Dan skielik, hard.) Johnnie … Wat het … met ons gebeur … Wat … Ek … is so … sleg … MAP: (sit sy hand op haar mond): Nee! … Jy's … goed … BLANCHIE: Jy lieg … Jy … lieg, Johnnie … lieg, lieg, lieg!!! MAP: (asof hy haar geskreeu nie hoor nie): Dis ek wat sleg is … Dis … 20 ek … Blanchie … Wat het met ons gebeur … (Hy hou haar vas, stýf; sy hom. Hy lig sy oë op.) Apostel George! Here! Ma! … Blanchie … Blanchie … Wat het met ons … gebeur … BLANCHIE: Ek is so vuil, Johnnie … MAP: Jy is … mooi … 25 BLANCHIE: (saggies): Johnnie … Wat het … van ons geword … Lang stilte. MAP: Alles … en niks … Blanchie … 15.8 Wat gee aanleiding tot Blanchie se woorde in reëls 1 tot 3 en op watter manier word haar lewe direk na hierdie gesprek ontwrig? (2) 15.9 Dink jy hierdie beskrywing in die neweteks (reël 4 en 5) is effektief? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) 15.10 Herlees reël 28. 15.10.1 In watter opsig is die woorde "alles" en "niks" op Map van toepassing? (2) 15.10.2 Dui ook aan hoe hierdie woorde op Blanchie betrekking het. (2) 15.11 In watter opsig maak Map se selfinsig in reël 28 die titel van die drama ironies? (1) 15.12 Herlees reëls 3 tot 5 van TEKS I en reël 26 van TEKS J. Die sosiopolitieke omstandighede is nie verantwoordelik vir Cavernelis en Map se onvervulde drome in die slot van die drama nie. Motiveer hierdie stelling deur na albei te verwys. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/2023 SS/NSS MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 16 MIS – OPSTELVRAAG Die titel, Mis, is binne die konteks van die drama, geslaagd. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS K MIEM: Ja-nee. Vannag moet mens jou ore oophou. En jou oë. Die gevaar is oral. (Skud haar kop en sug diep. Werk dan verder. Na ꞌn stilte.) Daar is mense wat sê dat dit iets ... bonatuurliks is. MEISIE: (bang) Hoe meen Ma nou? MIEM: (onheilspellend) Iets ... onheiligs. Iets wat ronddwaal ... op soek na 5 bevrediging ... van onaardse drange. MEISIE: O, dis verskriklik. MIEM: (gerusstellend) Maar toe maar, my kind. Die dominee en al die ouderlinge bid die hele nag. Ag nee, nou het dit weer uitgegly. Sit tog vir my die garing deur, my kind. (Hou die naald na MEISIE uit) 10 Al is die gat groot, sien ek maar sleg. MEISIE staan op en beweeg na die lamp op die wastafel om beter te sien. MIEM: (sien skielik dat MEISIE by die venster uitloer) En vir wat loer jy deur die gordyne! 15 MEISIE: (vinnig) Ek kyk net na die liggies. MIEM: (staan op. Kwaai) Liggies! Jy weet ek het jou verbied! MEISIE: Ja, Ma. (Steek die garing deur die naald, gee dit vir MIEM en gaan sit vinnig) Die sagte huilwind verdof en verdwyn dan. 20 MIEM: (Skud haar kop en sug. Gaan sit swaar en begin weer werk. Skielik hard na die stilte terwyl sy met ꞌn vinger na die venster wys) Dit is ꞌn euwel!! MEISIE: (sag) Ja, Ma. MIEM: En dan wil jy nog kyk! 25 MEISIE: (vinnig) 'skuus, Ma. MIEM: Het jy geen skaamte nie? MEISIE laat haar kop sak. MIEM: Destyds het jou ongehoorsaamheid my diep gegrief. Jy onthou seker hoe siek ek was. Ek kon vir twee weke net gortsop eet! 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/2023 SS/NSS 17.1 Herlees reël 1 en 2. 17.1.1 Gee die datum van "vannag". (1) 17.1.2 Na watter gevaar verwys Miem? Dink jy Miem se kommer in hierdie stadium van die drama is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2) 17.2 Watter emosie wil Miem met haar woorde in reël 5 en 6 by Meisie versterk? Om watter TWEE redes is hierdie dialoog belangrik vir die verloop van die drama? (3) 17.3 Om watter rede is die neweteks in reël 8 ironies? (1) 17.4 Met watter TWEE handelinge weerspreek Miem haar gerusstelling (reël 8) deur die loop van die aand? (2) 17.5 Waarna verwys die liggies in reëls 14 tot 17 en watter TWEE assosiasies het Meisie met hierdie liggies? Watter ander karakter in die drama het dieselfde belangstelling in die liggies? (4) 17.6 Waarom slaag die dialoog in reëls 14 tot 17 in sy doel? (1) 17.7 Hoe skakel dié handeling in reël 18 en 19 met Miem en Meisie se sosiomaatskaplike omstandighede? Hou dié handeling met die titel verband? Motiveer jou antwoord. (2) 17.8 Watter karaktereienskap van Miem kom in reëls 27 tot 30 na vore en hoe skakel dit met die tema van bevryding? (2) EN TEKS L MIEM: Gertie, vir wat dwaal jy daar buite rond? Jy besef tog die gevaar. GERTIE: (effens verbouereerd) Oefening en koue, vars lug ... bevorder ꞌn goeie nagrus. MIEM: En maak toe die deur! GERTIE: Jammer, Miem. (Maak die deur toe) 5 Die sirkusmusiek word nie meer gehoor nie. MIEM: (staan swaar op) Nou ja, dan gaan kruip ek maar in. GERTIE: Ek ook. MIEM: Ek moet vroeg op. Die besending mis word sewe-uur gelaai. GERTIE: Die skoolklok lui al kwart voor agt. 10 Honde wat blaf. MIEM: Hoor net. Dis die polisiehonde wat so blaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/2023 SS/NSS GERTIE: Die dorp word goed beskerm. (Kyk skaam na die KONSTABEL) Ek is seker daar sal dié keer niks gebeur nie. MIEM: Ek weet nie, Gertie. Ek ... het so ꞌn aardige gevoel. Maar wag, ek 15 wil nie spoke opjaag nie. Kom ons gaan slaap. Nou goed, Konstabel, ek hoop ons sien u gou weer. (Draai albei lampe se pitte af) Ek draai maar die lampe se pitte af, Konstabel. Alles kos geld en vir u is dit om't ewe, nie waar nie? KONSTABEL: Dit is so, Mevrou. 20 MIEM: Goeienag, Konstabel. KONSTABEL: Goeienag, Mevrou. Goeienag, Juffrou. GERTIE: Goeienag, Konstabel. GERTIE en MIEM verdwyn deur die gangdeur. Die verhoog is byna nou in donker gehul. Die KONSTABEL sit doodstil. ꞌn Deur 25 klap toe. Die KONSTABEL sit nog vir ꞌn paar oomblikke stil, dan voel-voel hy onder die stoel na sy sak. Hy kry die sak en sit dit voor hom op die tafel neer. Dan kyk hy vinnig om in die gangdeur se rigting. Hy maak die sak oop, steek sy boarm in en voel-voel op die bodem rond. 30 17.9 Gee TWEE redes waarom Miem die agterdeur wil toehou. Dink jy die toe deur verseker die vroue se veiligheid? Motiveer jou antwoord. (3) 17.10 Dink jy die letterlike donkerte in reël 17 en 18 is vooruitwysend na die slot van die drama? Motiveer jou antwoord. (1) 17.11 Noem 'n rede waarom Konstabel in reël 28 "vinnig" omkyk. (1) 17. 12 Herlees reël 17 en 18 van TEKS K en reël 4 van TEKS L. Met watter ander karakter in die drama praat Miem op dieselfde manier en hoekom slaag sy nie met hierdie persoon in haar doel nie? (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all