Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*IAGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 2023 QP (Afr)
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 520.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November Exam 2023
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paper · Afr (4)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · AfrMemo · Afr (2)
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paper · Afr (4)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · AfrMemo · Afr (2)
Questions in this paper
- Question 1.1Organic chemistry in agriculture20 marks
- Question 1.2Soil physics10 marks
- Question 1.3Basic agricultural chemistry10 marks
- Question 1.4Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 2.1Basic agricultural chemistry8 marks
- Question 2.2Soil chemistry and organic matter7 marks
Show all 21 questions
- Question 2.3Bio-molecules8 marks
- Question 2.4Organic chemistry in agriculture6 marks
- Question 2.5Bio-molecules6 marks
- Question 3.1Soil physics7 marks
- Question 3.2Soil physics7 marks
- Question 3.3Soil moisture, air and temperature7 marks
- Question 3.4Soil physics4 marks
- Question 3.5Soil moisture, air and temperature6 marks
- Question 3.6Soil moisture, air and temperature4 marks
- Question 4.1Soil morphology and classification8 marks
- Question 4.2Soil morphology and classification3 marks
- Question 4.3Soil chemistry and organic matter10 marks
- Question 4.4Soil chemistry and organic matter7 marks
- Question 4.5Soil chemistry and organic matter5 marks
- Question 4.6Soil chemistry and organic matter2 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon AL jou berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van organiese
verbindings? .
A Koolstofdioksied
B Lipiede
C Ammoniak
D Water
1.1.2 Die valenselektron van ʼn element met ʼn massagetal van 27 en ʼn
atoomgetal van 13 sal … wees.
A 2
B 4
C 1
D 3
1.1.3 Die volgende stellings is WAAR met betrekking tot metaan:
(i) Is die eenvoudigste alkaan en die hoofkomponent van aardgas
(ii) Dit produseer O2 en H2O wanneer dit meer CO2 verbrand
(iii) Dit word as ʼn bron van energie in landelike huise gebruik
(iv) Het een koolstof en vier waterstowwe
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.4 Die monomere van stysel en glikogeen word deur … bindings verbind.
A peptied
B ester
C datief
D glikosidiese
1.1.5 Die volgende is NIE die faktor wat die ontwikkeling van grondstruktuur
beïnvloed NIE.
A Teenwoordigheid van organiese materiaal
B Aktiwiteit van erdwurm
C Onveranderde grondvogtoestand
D Hoë klei-inhoud
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.1.6 Die gevlekte voorkoms in grond is ʼn aanduiding van die volgende:
(i) Die reduksie van rooi yster-ioon tot blougrys yster-ioon
(ii) Baie vlekke in die ondergrond
(iii) Plekke roes, geel en grys kleure
(iv) Versuiping vir die deel van die dag
Kies die regte kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.7 ʼn Verlies aan water deur transpirasie kan beheer word deur ...
A oormatige gebruik van stikstof kunsmis te verminder.
B ammoniumfosfaat toe te pas.
C die keuse van ʼn kultivar met ʼn hoë transpirasieverhouding.
D onkruid toe te laat om die grond te bedek.
1.1.8 Die skematiese voorstelling hieronder demonstreer die …
Na + CaSO4 Ca2+ + NaSO4
A herwinning van neutrale grond.
B herwinning van grondvrugbaarheid.
C herwinning van brak grond.
D herwinning van grondsuurheid.
1.1.9 Die volgende is NIE die prosedure wat gevolg word wanneer die
grond geklassifiseer word NIE.
A Identifisering van meesterhorisonne
B Verbetering van diagnostiese horisonne
C Bepaling van grondreekseienskappe
D Bepaling van grondfamilie
1.1.10 Die grond mikro-organismes wat verantwoordelik is vir die ontbinding
van plant- en dierereste.
A Bakterieë en erdwurms
B Aalwurms en aktinomisete
C Muise en molle
D Swamme en duisendpote (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A. Skryf slegs
A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld slegs 1.2.6 B.
KOLOM A KOLOM B
A: Anioon
1.2.1 Positief gelaaide ioon
B: Katioon
A: Saamgestelde ʼn Stof wat bestaan uit twee of meer
1.2.2 B: Mengsel verskillende elemente gekombineer in ʼn
vaste verhouding
A: Grondverdigting Rangskikking van gronddeeltjies om
1.2.3
B: Grondtekstuur aggregate te vorm
A: Fyn tekstuur Hoë mate van samehangende kragte en
1.2.4
B: Growwe tekstuur plastisiteit
A: Humiese A Diagnostiese horison deur hoë organiese
1.2.5
B: Melanistiese A materiaalinhoud gekenmerk
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Die kleinste deeltjie van ʼn stof wat onafhanklik kan bestaan en steeds
die eienskappe van daardie stof behou
1.3.2 Die struktuur waarin die buitenste elektron(e) van ʼn atoom deur kolletjies
of kruisies voorgestel word
1.3.3 ʼn Tekstuur wat ʼn deursnee van minder as 0,002 mm het
1.3.4 Die graad van grootmate volume van grond wat nie soliede eenhede is
nie
1.3.5 Baie klein negatief gelaaide deeltjies wat in water gesuspendeer kan
word (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 ʼn Komplekse proteïen lewer slegs aminosure wanneer dit gehidroliseer
word.
1.4.2 Verwelkingpunt is die maksimum voghouvermoë van grond waar alle
porieë met water gevul is.
1.4.3 Katioonuitruilvermoë is die binding van katione op die oppervlak van die
kolloïede grond.
1.4.4 Stikstofmineralisasie is die absorpsie en binding van beskikbare
stikstofverbindings deur grondmikro-organismes.
1.4.5 Eluviasie is die proses waardeur materiaal vanaf A-horison na ʼn
B-horison neergelê word. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
AFDELING B
VRAAG 2: BASIESE LANDBOU CHEMIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die tabel hieronder toon die binding wat in landbou gebruik word.
2.1.1 Klassifiseer die verbinding in die tabel hierbo. (1)
2.1.2 Noem die elemente gemerk A en B. (2)
2.1.3 Beskryf die tipe binding wat in die tabel hierbo betrokke is. (2)
2.1.4 Dui die lading van die elemente hieronder na binding aan:
(a) Element B (1)
(b) Element A (1)
2.1.5 Noem EEN belangrikheid van die verbinding in die tabel hierbo. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
2.2 In ʼn eksperiment het die onderwyser gelyke hoeveelhede HCℓ en NaOH met
dieselfde konsentrasie gemeng.
2.2.1 Voorspel die pH van die mengsel. (1)
2.2.2 Dui die stof in die mengsel aan wat ʼn … is.
(a) basis (1)
(b) suur (1)
2.2.3 Tabuleer TWEE verskille tussen die stowwe in die mengsel. (4)
2.3 Ontleed die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vrae wat daarop
gebaseer is.
2.3.1 Noem die verbinding gemerk A. (1)
2.3.2 Identifiseer etiket B en C. (2)
2.3.3 Dui die letter van ʼn bio-molekule aan wat by elk van die eienskappe
hieronder pas:
(a) Dit is van dierlike oorsprong (1)
(b) Vloeistof by kamertemperatuur (1)
2.3.4 Gee TWEE funksies van die verbinding in VRAAG 2.3.1 genoem. (2)
2.3.5 Skryf die chemiese formule van die verbindings gemerk D neer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.4 Suikerriet en mielies word gekweek en verwerk vir hul alkohol-inhoud wat
deur middel van fermentasie geproduseer word soos in die vergelyking
hieronder getoon:
C6H12O6 2C2H5OH + 2 CO2
2.4.1 Noem die alkohol in die vergelyking hierbo. (1)
2.4.2 Teken die struktuurformule van die alkohol in VRAAG 2.4.1. (3)
2.4.3 Noem EEN verskil tussen alkohole en alkane gebaseer op hul
struktuurformule. (2)
2.5 Die struktuur hieronder verteenwoordig ʼn struktuurformule van ʼn organiese
verbinding.
2.5.1 Identifiseer die struktuur hierbo geïllustreer. (1)
2.5.2 Verskaf die byskrifte vir A en B in die struktuur hierbo. (2)
2.5.3 Noem die polimeer wat gevorm word wanneer die strukture hierbo in
ʼn ketting verbind word. (1)
2.5.4 Gee TWEE funksies van die polimeer wat in VRAAG 2.5.3 gestel
word. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
VRAAG 3: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die illustrasie hieronder verteenwoordig grondmonsters met verskillende
deeltjiegroottes.
3.1.1 Dui die monster aan wat by elk van die eienskappe hieronder pas:
(a) Groter oppervlakte vir chemiese reaksies (1)
(b) Lae vermoë om vog en voedingstowwe te behou (1)
(c) Hoë hittegeleiding (1)
3.1.2 GRONDMONSTER B, het ʼn massa van 480 g en beslaan ʼn volume
van 460 cm3.
Bereken die massadigtheid van GRONDMONSTER B. (3)
3.1.3 Noem EEN rede waarom boere die tekstuurklas van die plaasgrond
moet ken. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.2 Die diagramme hieronder toon verskillende grondstrukture op hul vorm
gebaseer.
A B C
3.2.1 Identifiseer die strukture gemerk A, B en C. (3)
3.2.2 Dui die letter aan wat die struktuur voorstel wat:
(a) Algemeen in kleipangrond aangetref word (1)
(b) Geskik vir gewasproduksie is (1)
3.2.3 Noem TWEE faktore wat tot die ontwikkeling van die grondstruktuur
gemerk C bygedra het. (2)
3.3 Die diagram hieronder illustreer waterbeweging deur die grond.
3.3.1 Dui die waterbeweging aan wat hierbo gedemonstreer is. (1)
3.3.2 Noem TWEE kragte wat ʼn effek op die waterbeweging in Grond C het. (2)
3.3.3 Identifiseer die grond wat deur elk van die volgende voorgestel word:
(a) Grond C (1)
(b) Grond A (1)
3.3.4 Stel ʼn rede vir elk van die volgende voor:
(a) Hoogste watervlak in grond C (1)
(b) Laagste watervlak in grond A (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.4 Die kleur van die grond gee die inligting oor grondeienskappe en die toestand
as dit korrek geïnterpreteer word.
Dui die toestand van die grond met betrekking tot vog en lug aan wanneer die
volgende kleure oorheers:
(a) Rooi (2)
(b) Grys (2)
3.5 ʼn Grondkundige het ʼn eksperiment gedoen om die invloed van grondlug in
plante te toets.
EKSPERIMENT NR. EKSPERIMENT 1 EKSPERIMENT 2
Saad geplant in grond Saad in verkrummelde
wat versuip is grond geplant en nat-
GRONDTOESTAND
gemaak wanneer daar ʼn
behoefte is
RESULTATE Geen groei het Groei het plaasgevind
plaasgevind nie
3.5.1 Noem die gas wat in EKSPERIMENT 1 tekort is. (1)
3.5.2 Dui die rol aan wat die gas genoem in VRAAG 3.5.1 kon gespeel het as
daar nie ʼn tekort was nie. (1)
3.5.3 Vergelyk die atmosferiese gasse en grondgasse in:
(a) Eksperiment 2 (2)
(b) Eksperiment 1 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.6 Die grafiek hieronder toon ʼn faktor wat ʼn invloed op grondtemperatuur het.
3.6.1 Identifiseer die faktor wat die grondtemperatuur beïnvloed soos in die
grafiek hierbo geïllustreer. (1)
3.6.2 Verduidelik hoe die faktor wat in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer was ʼn
invloed op grondtemperatuur het. (2)
3.6.3 Noem EEN effek van grondtemperatuur op die chemiese prosesse
wat in die grond plaasvind. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
VRAAG 4: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die skematiese voorstelling hieronder toon horisontale lae grond.
4.1.1 Kies ʼn letter (A tot I) wat ʼn horison verteenwoordig wat by elk van die
beskrywings hieronder pas:
(a) Gedeeltelik verweerde materiaal (1)
(b) Gekonsolideerde rots (1)
(c) Gedeeltelik ontbinde organiese materiaal (1)
4.1.2 Identifiseer die deel gemerk J uit die skematiese voorstelling hierbo. (1)
4.1.3 Skets die profiel van die grond met die horisontale lae wat in die
skematiese voorstelling in VRAAG 4.1 geïllustreer word. (2)
4.1.4 Noem TWEE diagnostiese horisonne wat sigbaar kan wees in die
horison gemerk F in die skematiese voorstelling hierbo. (2)
4.2 Grondklassifikasie is die metode wat grondkundiges gebruik om die grond in
verskillende klasse volgens spesifieke eienskappe te groepeer.
4.2.1 Noem TWEE redes waarom klassifikasie van grond belangrik is in die
landbou. (2)
4.2.2 Noem die grondklassifikasiestelsel wat in Suid-Afrika gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2023)
4.3 Die tabel hieronder toon die grond pH-waardes en fosforbeskikbaarheid.
GROND PH BESKIKBAARHEID
VAN FOSFOR (g)
2 0
4 1
6 3
8 4
10 8
12 14
4.3.1 Bied die inligting in die tabel, hierbo in die vorm van ʼn lyngrafiek aan. (6)
4.3.2 Lei die invloed van suurheid en alkaliniteit op die beskikbaarheid van
fosfor af. (2)
4.3.3 Dui die chemiese stof aan wat ʼn boer kan toepas om die volgende
toestande op te los:
(a) Verminderde beskikbaarheid van fosfor in gronde met ʼn pH van
tussen 2 en 4 (1)
(b) Giftige hoeveelhede fosfor in grond met pH van 14 (1)
4.4 Die skematiese voorstelling hieronder toon katioon in grondoplossing en
grondkolloïed.
4.4.1 Lei die term af wat van toepassing op die proses in B is. (1)
4.4.2 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 4.4.1. (1)
4.4.3 Dui die tipe suurheid in A en B aan. (2)
4.4.4 Identifiseer die katioon wat deur die kolloïed hierbo geïllustreer word
wat sodisiteit in grond kan veroorsaak as dit in oormaat is. (1)
4.4.5 Noem TWEE effekte van die teenwoordigheid van die katioon in
VRAAG 4.4.4 op plantegroei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.5 Die diagram hieronder stel grondorganismes voor wat in grond voorkom.
4.5.1 Klassifiseer die grondorganismes in die diagram hierbo. (1)
4.5.2 Noem TWEE belangrikhede van grondorganismes in VRAAG 4.5.1. (2)
4.5.3 Noem TWEE vereistes vir die effektiewe funksionering van die
grondorganismes in die diagram hierbo. (2)
4.6 Plante en diere speel ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van grond deur die
byvoeging van organiese materiaal.
Dui TWEE faktore aan wat die organiese materiaalinhoud in grond verlaag. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2023 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2025 Memo (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Question paper