Skip to content

Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202110 pages

Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 GEOGRAFIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) INLIGTING EN INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae. 2. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 3. Waar benodig, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme. 4. Laat ʼn reël oop tussen die onderafdelings van die vrae wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 8. In AFDELING B word jy van ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart (2329 BB LOUIS TRICHARDT) en ʼn ortofotokaart van ʼn gedeelte van die gekarteerde gebied, verskaf. 9. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word. 10. Die maateenheid, waar van toepassing, moet in die finale antwoord verskaf word, byvoorbeeld 10 km, 4 °C, oos. 11. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar en ʼn vergrootglas gebruik maak. 12. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgemerk is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 13. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GEOGRAFIE V2 3 AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 A. 1.1.1 … beïnvloed die standplaas van ʼn landelike nedersetting. A Mense B Water C Olie D Dienste 1.1.2 Die vorm van ʼn liniêre nedersetting word gewoonlik deur ... bepaal. A toeganklikheid B tradisie C kanale D sekuriteit 1.1.3 Grond- … is ʼn proses om mense te vergoed vir grond wat hulle verloor het. A hervorming B onteiening C eienaarskap D restitusie 1.1.4 … landelike nedersettingspatrone maak groter winste. A Verspreide B Vierkantige C Kruispad D Kern 1.1.5 Volgens grootte en kompleksiteit is ... die tweede laagste in die hiërargie van nedersettings. A plaasopstalle B boeredorpies C gehuggies D dorpe 1.1.6 … nedersettings is in hoogliggende gebiede geleë as gevolg van dreigende oorstromings. A Droëpunt- B Waterpunt- C Semi-sirkel D T-vorminge Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.1.7 Spookdorpe beskryf landelike gebiede waar die ... A minste geleerde mense agtergelaat word. B aantal MIV/Vigs mense toegeneem het. C geboue en plase verlate is. D water en vrugbare grond skaars is. 1.1.8 … is een van die uitdagings wat met grondhervorming geassosieer word. A Onteiening B Sosiale geregtigheid C Gewillige koper/verkoper-klousule D Sosiale ongeregtigheid (8 x 1) (8) 1.2 Pas die onderstaande stellings by die term Stad, Dorp of Boeredorp. Skryf slegs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) en jou antwoord neer, bv.1.2.8 Dorp. 1.2.1 Bied ʼn wye verskeidenheid funksies van hoë-orde aan, byvoorbeeld spesialis dokters 1.2.2 Het ʼn kleiner invloedsfeer 1.2.3 Hierdie nedersettings in nie ʼn voorbeeld van ʼn sentrale-plek nie 1.2.4 Bied slegs lae-orde dienste en funksies aan 1.2.5 Hierdie nedersetting het die laagste drempelbevolking 1.2.6 Het ʼn hoër rangorde op die stedelike hiërargie 1.2.7 Die nedersetting wat die grootste reikwydte het (7 x 1) (7) 1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat die gevolge van landelike ontvolking toon. 1.3.1 Haal bewyse uit FIGUUR 1.3 aan wat daarop dui dat die ouderdomstruktuur deur ontvolking in landelike nedersettings beïnvloed word. (1 x 1) (1) 1.3.2 Gee TWEE faktore wat landelike ontvolking veroorsaak. (2 x 1) (2) 1.3.3 Verduidelik die negatiewe sosiale impak van landelike ontvolking op landelike nedersettings. (2 x 2) (4) 1.3.4 Waarom is dit so belangrik om die ekonomie van landelike nedersettings te groei? (2 x 2) (4) 1.3.5 Verduidelik hoe die proses van grondherverdeling die ekonomie van landelike nedersettings in Suid-Afrika sal verbeter. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GEOGRAFIE V2 5 1.4 FIGUUR 1.4 is ʼn foto van ʼn SSK wat ʼn stedelike grondgebruiksone is. 1.4.1 Gee bewyse vanuit die foto wat die stelling dat hierdie ʼn Sentrale Sakekern (SSK) is, ondersteun. (1 x 1) (1) 1.4.2 Waarom word die SSK as ʼn stedelike grondgebruiksone geklassifiseer? (1 x 2) (2) 1.4.3 Beskryf TWEE faktore wat die konsentrasie van kommersiële funksies in die SSK sou bepaal het. (2 x 2) (4) 1.4.4 Verduidelik waarom kommersiële desentralisasie ʼn negatiewe uitwerking op die SSK gehad het. (2 x 2) (4) 1.4.5 Stel TWEE strategieë voor wat geïmplementeer kan word om die SSK aantrekliker vir besighede te maak. (2 x 2) (4) 1.5 Lees die gevallestudie in FIGUUR 1.5 wat die kwessie van stedelike nedersetting van ʼn gebrek aan dienslewering beklemtoon. 1.5.1 Volgens die uittreksel, hoeveel informele nedersettings steel/roof elektrisiteit? (1 x 1) (1) 1.5.2 Haal TWEE basiese dienste aan wat in informele nedersettings ontbreek. (2 x 1) (2) 1.5.3 Verduidelik waarom munisipaliteite sukkel om basiese dienste te verskaf. (2 x 2) (4) 1.5.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die ekonomiese impak wat ʼn tekort aan basiese dienste op die Johannesburgse stad sal het. (4 x 2) (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 2 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 A. 2.1.1 Die ... sektor verwys na besighede wat nie geregistreer is nie en nie belasting betaal nie. A formele B ekonomiese C informele D tersiêre 2.1.2 ʼn Sosiale faktor wat die ontwikkeling van die industriële gebied in Gauteng bevoordeel het: A Grondstowwe B Gelyke grond C Digte bevolking D Goedkoop krag 2.1.3 ... -boerdery in Suid-Afrika word deur ʼn veranderlike prys en oorbeweiding belemmer. A Mielie B Bees C Suikerriet D Bestaans 2.1.4 Voedselsekerheid is wanneer mense in ʼn land ... A nie toegang tot voedsame voedsel het nie. B toegang tot grond het. C nie toegang tot genetiese-gemodifiseerde gewasse het nie. D toegang tot voedsame voedsel het. 2.1.5 … industrieë produseer bederfbare goedere. A Grondstof-georiënteerde B Mark-georiënteerde C Swaar D Brug 2.1.6 Groot stukke goedkoop en gelyke grond aan die buitewyke is ʼn gespesialiseerde vereiste vir ... nywerhede. A ongebonde B ligte C swaar D alomteenwoordige Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GEOGRAFIE V2 7 2.1.7 ... is die verskil tussen ʼn land se uitvoere en invoere oor ʼn gegewe tydperk. A Handelsbalans B Negatiewe handelsbalans C Positiewe handelsbalans D Betalingsbalans (7 x 1) (7) 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 (A) en (B) wat voorbeelde van verskillende ekonomiese sektore toon. Pas die onderstaande beskrywings by een van die ekonomiese sektore. Skryf slegs die ekonomiese sektor langs die vraagnommers neer (2.2.1 tot 2.2.8), byvoorbeeld 2.2.9 primêr. 2.2.1 Hierdie sektor word met hoë vlakke van besoedeling geassosieer 2.2.2 Geneties gemodifiseerde gewasse word in hierdie sektor geproduseer 2.2.3 ROI’s en IOS’s is strategieë wat gebruik word om hierdie sektor te groei 2.2.4 Ontginning van grondstowwe uit die omgewing 2.2.5 Die sektor wat die meeste tot die BBP van Suid-Afrika bydra 2.2.6 Vervoer is ʼn voorbeeld van ʼn aktiwiteit in hierdie sektor 2.2.7 Die sektor is betrokke by die ontwikkeling van entstowwe vir die korona- virus 2.2.8 Die sektor wat die minste tot die BNP bydra (8 x 1) (8) 2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 en bestudeer die inligting oor steenkoolmynbou in Suid- Afrika. 2.3.1 Volgens FIGUUR 2.3, in watter provinsie word die meeste steenkool geproduseer? (1 x 1) (1) 2.3.2 Noem die kragvoorsiener wat elektrisiteit in Suid-Afrika produseer. (1 x 1) (1) 2.3.3 Haal bewyse uit FIGUUR 2.3 aan wat daarop dui dat steenkoolmynbou deur alternatiewe energiebronne vervang kan word. (1 x 1) (1) 2.3.4 Noem TWEE fisiese faktore wat die produksiekoste van steenkoolmynbou in hierdie provinsie kon verlaag het (jou antwoord op VRAAG 2.3.1). (2 x 1) (2) 2.3.5 Hoe het die nabyheid van die steenkoolmyne die ontwikkeling van die nywerheidsgebied in Gauteng bevoordeel? (1 x 2) (2) 2.3.6 Bespreek die negatiewe impak wat arbeid op die steenkoolmynbedryf het. (2 x 2) (4) 2.3.7 Verduidelik hoe die omgewingsvoordeel om ʼn net-zero- koolstofvrystelling teen 2050 te bereik, ʼn negatiewe ekonomiese impak op Suid-Afrika sal hê. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.4 FIGUUR 2.4 is gebaseer op strategieë vir industriële ontwikkeling; die Saldanhabaai Industriële Ontwikkelingsone (SBIOS). 2.4.1 Noem EEN doelwit van ʼn Industriële Ontwikkelingsone (IOS). (1 x 1) (1) 2.4.2 Gee ʼn bewys van EEN fisiese (natuurlike) faktor wat Saldanha- baai ʼn ideale plek vir industriële ontwikkeling maak. (1 x 1) (1) 2.4.3 Identifiseer EEN sektor uit FIGUUR 2.4 waar nuwe beleggings- ooreenkomste onderteken is. (1 x 1) (1) 2.4.4 Bespreek die negatiewe impak wat hierdie nuwe beleggings- ooreenkomste op die mense van Saldanhabaai kan hê. (2 x 2) (4) 2.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die maniere waarop die Saldanhabaai Industriële Ontwikkelingsone ʼn positiewe bydrae tot die Suidwes-Kaap industriële gebied gelewer het. (4 x 2) (8) 2.5 FIGUUR 2.5 is ʼn spotprent oor internasionale handel. 2.5.1 Watter bewyse toon dat die spotprent gebaseer is op internasionale handel en nie binnelandse handel nie? (1 x 1) (1) 2.5.2 Identifiseer Suid-Afrika se handelsvennoot uit die spotprent. (1 x 1) (1) 2.5 3 Watter bewyse op die spotprent toon dat Suid-Afrika nie die enigste handelsvennoot van China is nie? (1 x 1) (1) 2.5.4 Wat is die betekenis van die onderskrif ‘Chinese wegneemete’ in die spotprent? (1 x 2) (2) 2.5.5 Hoe bevoordeel internasionale handel die bruto binnelandse produk (BBP) van Suid-Afrika? (1 x 2) (2) 2.5.6 Waarom het Suid-Afrika ʼn negatiewe handelsbalans met China? (2 x 2) (4) 2.5.7 Verduidelik die impak wat ʼn negatiewe handelsbalans op die ekonomie van Suid-Afrika sal hê. (2 x 2) (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GEOGRAFIE V2 9 AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2329 BB LOUIS TRICHARDT, sowel as die ortofotokaart van ʼn deel van die gekarteerde gebied. VRAAG 3 KAARTWERK-VAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE 3.1 Die magnetiese peiling vir 2012 tussen twee punte op die topografiese kaart was 14°23' W van ware noord. 3.1.1 Sal die magnetiese peiling in 2021 tussen twee punte groter of kleiner wees? (1 x 1) (1) 3.1.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1. (1 x 1) (1) 3.2 Verwys na die afgebakende gebied in ROOI en SWART op die topografiese kaart wat die area wat deur die ortofotokaart gedek word, voorstel. 3.2.1 Gebruik die topografiese kaart om die area wat deur die ortofotokaart gedek word, in vierkante meter (m²), te bereken. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Formule: Area = Lengte x Breedte (5 x 1) (5) 3.2.2 Verduidelik waarom die area wat deur die ortofotokaart gedek word, kleiner op die topografiese kaart lyk. (1 x 2) (2) 3.3 Gee EEN rede waarom ʼn persoon wat by 5 staan sigbaar sal wees vir ʼn persoon wat by 6 staan. (1 x 1) (1) KAART-INTERPRETASIE 3.4 Die ekonomiese aktiwiteit by O in blok C2 op die topografiese kaart behoort aan die ... sektor. A sekondêre B tersiêre C primêre D kwaternêre (1 x 1) (1) 3.5 Die gebied wat noord en noord-oos van die hospitaal (blok B5) op die topografiese kaart, geleë is, toon kenmerke van ʼn hoë-inkomste residensiële gebied. Gee TWEE bewysstukke om hierdie stelling te ondersteun. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.6 Verwys na die plaasopstal M in blok C3. 3.6.1 Is die plaasopstal ʼn waterpunt- of ʼn droë-punt nedersetting? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3) 3.6.2 Verduidelik EEN mensgemaakte faktor wat die keuse van standplaas M vir die plaasopstal beïnvloed het. (1 x 2) (2) 3.7 Noem EEN verskil tussen die nedersettingpatroon by N in blok C1 en die nedersettingpatroon by S in blok B1. (2 x 1) (2) GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) 3.8 Verwys na die ortofotokaart. 3.8.1 Definieer die term attribuut data. (1 x 2) (2) 3.8.2 Die hoofpad 522 na Louis Trichardt is ʼn teerpad. Sou jy hierdie inligting as ruimtelike- of attribuut data beskou? (1 x 1) (1) 3.8.3 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.8.2. (1 x 2) (2) 3.9 Verwys na BYLAAG 3.9 wat ʼn uittreksel van die Dorprivier in blokke E2/3 op die topografiese kaart toon, waar boere ʼn buffer geskep het. 3.9.1 Definieer die term buffersone. (1 x 2) (2) 3.9.2 Gee EEN rede vir die skep van ʼn buffersone langs die Dorprivier. (1 x 1) (1) [30] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all