Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November Prediction 2026 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12202612 pagesPublisher: Hlayiso

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Prediction Exam 2026, 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC November Prediction Exam 2026

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Voorspelling hlayiso mock exams Oefenreeks: Graad 12 NSS-voorbereiding WWW.HLAYISO.COM NIE 'N AMPTELIKE DBO-VRAESTEL NIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 VOORSPELLINGSEKSAMEN 2026 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Afrikaans Huistaal/V1 2 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 4. Trek ’n streep ná elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ’n reël oop ná elke antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 3 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL BLAAI JY NOG, OF SWIEP JY NET? Nog nooit was boeke so maklik bekombaar nie – nogtans lees al hoe minder tieners vir die pret daarvan. Is die boek besig om sy laaste hoofstuk te skryf? 1 Die tiener lê op haar bed, foon in die hand. Haar duim vlieg oor die skerm: ’n video van vyftien sekondes, nog een, en nog een. Twee uur later het sy honderde “stories” gesien, maar nie een enkele storie gelees nie. 2 Dié prentjie is vir baie ouers en onderwysers pynlik bekend. Volgens ’n opname wat verlede jaar onder 1 200 graad 10-leerders in drie provinsies gedoen is, lees 5 net een uit elke vyf tieners nog gereeld ’n boek vir plesier. Byna die helfte van die leerders het erken dat hulle die afgelope jaar geen boek buiten hul voorgeskrewe werke klaargelees het nie. 3 “Ons kinders is nie lui nie, en hulle is beslis nie dom nie,” sê dr. Elmarie Fourie, ’n opvoedkundige sielkundige wat al twintig jaar lank met jongmense werk. “Hulle 10 brein is net afgerig op ’n ander soort lees: vinnig, vlak en vol prikkels. Om ’n roman van 300 bladsye te lees, verg ’n spier wat by baie van hulle nog nooit opgebou is nie.” 4 Volgens dr. Fourie is daar ’n hardnekkige wanpersepsie dat lees bloot ’n stokperdjie is – iets vir “boekwurms” wat niks beters het om te doen nie. Die 15 teendeel is waar: navorsing wys oor en oor dat kinders wat gereeld vir plesier lees, beter vaar in feitlik álle skoolvakke, ook wiskunde. Lees brei die woordeskat uit, skerp die konsentrasievermoë en leer ’n mens om komplekse inligting te verwerk. 5 Maar die voordele strek verder as die klaskamer. ’n Goeie boek laat jou in 20 iemand anders se skoene staan. Wanneer jy saam met ’n karakter treur, vrees of juig, oefen jy empatie – die vermoë om ander se gevoelens te verstaan. Lees is boonop een van die beste maniere om te ontspan: reeds ses minute se lees kan, volgens sommige studies, stresvlakke merkbaar verlaag. 6 Kagiso Molefe, ’n Afrikaansonderwyser van Mahikeng, is egter minder 25 optimisties oor die rol van die skool. “Ons dwing kinders om voorgeskrewe boeke te ontleed totdat daar niks meer van die storie oorbly nie. Hulle leer dat lees werk is, nie plesier nie. Ons is self besig om die vuur dood te blus wat ons probeer aansteek.” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 4 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 7 Dr. Fourie stem nie heeltemal met hom saam nie. Sy meen die skool kan nie 30 alleen die skuld dra nie: “Kinders boots na wat hulle sien. As ’n kind nooit sy ouers met ’n boek in die hand sien nie, waarom sal hy glo dat lees belangrik is?” 8 Tog is daar ligpunte. In Soweto het die biblioteekaris Thandeka Mahlangu drie jaar gelede ’n leesklub vir tieners begin. Die reël is eenvoudig: niemand hoef ’n opstel oor ’n boek te skryf nie, en niemand word oor ’n boek getoets nie. 35 “Die eerste week het vier leerders opgedaag,” vertel sy. “Vandag moet ons ’n waglys hou.” Die lede kies self wat hulle lees – strokiesboeke, fantasieverhale en tydskrifte is net so welkom soos die klassieke. 9 Mahlangu het ook gevind dat tegnologie nie noodwendig die vyand is nie. Sommige van haar lede lees e-boeke op hul fone of luister na oudioboeke terwyl 40 hulle in die taxi ry. “Dit maak nie saak óf jy op papier óf op ’n skerm lees nie,” sê sy. “Wat saak maak, is dat jy die storie klaar lees.” 10 Wat kan ouers dan doen? Kenners stel voor dat gesinne elke aand vyftien minute opsy sit waarin almal – ook die volwassenes – hul fone neersit en lees. Ouers kan kinders gereeld na die plaaslike biblioteek neem en boeke as geskenke gee 45 eerder as nog ’n speletjie vir die foon. Bowenal: laat kinders self kies wat hulle wil lees. 11 ’n Land waarin kinders nie lees nie, betaal later ’n hoë prys – in swak skoolprestasie, in werkloosheid en in burgers wat nie krities kan dink nie. Of soos Thandeka Mahlangu dit stel: “’n Kind wat lees, word ’n grootmens wat dink. 50 En ’n grootmens wat dink, kan nie maklik mislei word nie.” [Eksaminator se eie teks. Alle name, plekke en syfers is fiktief.] TEKS B: SPOTPRENT GESINSTYD STOF Zzz A: Jy sit heeldag op daardie foon! Toe ek so oud soos jy was, het ek elke week ’n boek by die biblioteek gaan uitneem. B: Ek lees heeldag, Pa … net nie jou soort boeke nie. [Eksaminator se eie spotprent] Beskrywing: ’n Pa en sy seun sit op ’n rusbank, elkeen met ’n selfoon in die hand. Die pa kyk na sy skerm terwyl hy praat, en die seun antwoord sonder om na hom te kyk. Die boekrak links is met stof en spinnerakke bedek. ’n Hond slaap op ’n stapel boeke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 5 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 VRAE: TEKS A 1.1 Verwys na die titel en die subtitel. 1.1.1 Verduidelik die kontras wat deur die woorde “blaai” en “swiep” in die titel geskep word. (2) 1.1.2 Wat word geïmpliseer deur die woorde “sy laaste hoofstuk te skryf” in die subtitel? (1) 1.2 Verwys na paragraaf 1. Waarom is die woord “stories” (reël 3) tussen aanhalingstekens geplaas? (1) 1.3 Verwys na paragraaf 2. Evalueer die betroubaarheid van die opname as bewys dat Suid-Afrikaanse tieners nie meer lees nie. Verwys in jou antwoord na TWEE aspekte van die opname. (2) 1.4 Wat bedoel dr. Fourie met die woorde “verg ’n spier wat by baie van hulle nog nooit opgebou is nie” (reël 12)? (1) 1.5 Verwys na paragraaf 4. Watter wanpersepsie oor lees bestaan, EN watter bewys lewer dr. Fourie dat dié wanpersepsie nie waar is nie? (2) 1.6 Noem VIER voordele wat lees vir plesier volgens paragraaf 4 en 5 vir ’n mens inhou. (4) 1.7 “Ons is self besig om die vuur dood te blus wat ons probeer aansteek” (reël 28). Verduidelik die ironie waarna Kagiso Molefe met dié woorde verwys. (2) 1.8 Dink jy Kagiso Molefe se kritiek op die manier waarop voorgeskrewe boeke in skole behandel word, is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (1) 1.9 Verwys na paragraaf 6 en 7. In watter opsig verskil Kagiso Molefe en dr. Fourie se sienings oor wie vir die leesprobleem verantwoordelik is? (2) 1.10 Verwys na paragraaf 8 en 9. 1.10.1 Noem TWEE redes waarom Thandeka Mahlangu se leesklub so suksesvol is. (2) 1.10.2 Is Mahlangu se woorde “Dit maak nie saak óf jy op papier óf op ’n skerm lees nie” (reël 41) ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord. (1) 1.11 Watter DRIE wenke word in paragraaf 10 aan ouers gegee? (3) VRAE: TEKS B 1.12 Watter TWEE visuele aanduidings in die spotprent toon dat die boeke in dié huis lanklaas gelees is? (2) 1.13 Wat word deur die seun se antwoord in spraakborrel B geïmpliseer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 6 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 VRAE: TEKS A EN B 1.14 Verwys na paragraaf 7 van TEKS A en na TEKS B. Hoe bevestig die pa se optrede in TEKS B dr. Fourie se siening in paragraaf 7? Verwys in jou antwoord na die pa se woorde EN sy optrede. (2) 1.15 Watter EEN wenk uit paragraaf 10 van TEKS A sal die gesin in TEKS B na jou mening die meeste help? Motiveer jou antwoord. (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 7 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van die SEWE wenke wat ’n tiener kan volg om beter te slaap. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in ’n paragraaf aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C SLAAP JOU SLIM Matriekleerders is berug daarvoor dat hulle tot laat in die nag sit en blok, en dan die volgende oggend soos zombies skool toe strompel. Slaapkenners waarsku egter dat dit ’n gevaarlike gewoonte is: tydens slaap verwerk die brein wat jy bedags geleer het en berg dit in jou langtermyngeheue. Wie nie genoeg slaap nie, vergeet dus juis dít wat hy so hard probeer leer het. Navorsing toon dat die meeste tieners heelwat minder slaap kry as wat hul liggame nodig het. Die belangrikste raad is om jou liggaam ’n vaste ritme te gee. Gaan elke aand op dieselfde tyd slaap en staan elke oggend op dieselfde tyd op, selfs oor naweke. Jou liggaamshorlosie hou nie van verrassings nie. Die blou lig van selfone, skootrekenaars en televisieskerms mislei die brein om te dink dit is nog dag. Sit dus alle skerms minstens ’n uur voor slaaptyd weg – en laai jou foon verkieslik búite jou kamer. Koffie, energiedrankies en selfs sommige koeldranke bevat kafeïen, wat ure lank in jou bloedstroom bly. Vermy dié drankies vanaf die laatmiddag. Jou slaapkamer moet boonop ’n rusplek wees: hou dit donker, stil en koel. Liggaamlike oefening help jou om vinniger aan die slaap te raak, maar moet dit nie net voor slaaptyd doen nie, want dan is jou liggaam te opgewek om te rus. Skep eerder vir jouself ’n kalm roetine vir die laaste halfuur van die dag: neem ’n warm stort, lees ’n paar bladsye of luister na sagte musiek. Laastens: weerstaan die versoeking om ná skool ure lank te slaap. ’n Kort middagslapie van hoogstens twintig minute kan jou verfris, maar ’n lang slaap in die middag maak dit moeiliker om saans aan die slaap te raak. Onthou: slaap is nie ’n luukse wat jy kan opoffer nie. Dit is jou geheime wapen vir die eksamen. [Eksaminator se eie teks] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 8 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D MOENIE IN DIE DONKER GELAAT WORD NIE! A B 1 Beurtkrag, kragonderbrekings en elke jaar ’n duurder kragrekening? 2 Ons het die oplossing: skakel oor na sonkrag! 3 ✓Gratis kwotasie binne 24 uur 4 ✓Installering deur gesertifiseerde elektrisiëns 5 ✓Betaal maandeliks – géén deposito nie 6 ✓Tien jaar waarborg op alle panele 7 Teken voor 30 November 2026 in en kry ’n GRATIS slimkragmeter! 8 SONSKYN-SONKRAG: Ons bring lig in jou lewe. Vir eienaars van vrystaande huise [Eksaminator se eie teks. Die maatskappy is fiktief.] Beskrywing: By A is ’n donker straat met swart huise sonder ligte onder ’n sterrehemel. By B straal die son op ’n huis met sonpanele op die dak; die huis se vensters is helder verlig. VRAE: TEKS D 3.1 Noem TWEE tegnieke wat in die opskrif gebruik word om die leser se aandag te trek. (2) 3.2 Verduidelik die woordspeling in die opskrif deur na die denotatiewe EN die konnotatiewe betekenis van “in die donker gelaat” te verwys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 9 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 3.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.3) en die letter (A–D) neer, bv. 3.3 E. Watter klankverskynsel vind plaas indien “sonkrag” (reël 2) as “songkrag” uitgespreek word? A Nasalering B Assimilasie C Palatalisasie D Vokaalreduksie (1) 3.4 Hoe ondersteun die kontras tussen die visuele uitbeelding by A en B die boodskap van die advertensie? (1) 3.5 Watter inligting in reëls 3 tot 6 sal ’n leser wat nie baie geld beskikbaar het nie, oortuig om sonkrag te installeer? Motiveer jou antwoord. (1) 3.6 Gebruik die homoniem van “lig” (reël 8) in ’n verklarende sin van jou eie. (1) 3.7 Watter groep lesers word moontlik deur die inligting in die kassie regs in die advertensie uitgesluit? Motiveer jou antwoord. (1) 3.8 Is die slagspreuk in reël 8 ’n geslaagde slot vir die advertensie? Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 10 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 Ons het belowe ons leer vandag vir die eksamen! Net nog EEN episode … 14:00 Kyk hoe spannend eindig hierdie een! Nou ja … nog net een. 19:00 leë bak Waar het die dag heen gegaan?! Moenie paniekerig raak nie. Ons maak nou ’n studierooster. Nou is dit pragtig – kleurgekodeer en alles! Ek is baie trots … ons rooster. 23:00 Zzz … So … hoe het die leer gegaan? [Eksaminator se eie strokiesprent] Beskrywing van die prente: In RAAMPIE 1 staan Mia met ’n skooltas en boeke by Zola se voordeur, terwyl Zola met ’n afstandbeheerder voor die televisie sit. In RAAMPIE 2 sit albei op die rusbank met ’n bak springmielies; die horlosie wys 14:00. In RAAMPIE 3 is dit donker buite, die horlosie wys 19:00 en Mia het haar hande teen haar kop. In RAAMPIE 4 lig Zola haar vinger op. In RAAMPIE 5 wys hulle trots na hul kleurryke studierooster. In RAAMPIE 6 (23:00) slaap albei met hul koppe op die lessenaar, terwyl Zola se ma met ’n opgetrekte wenkbrou in die deur staan. VRAE: TEKS E 4.1 Watter visuele bewys is daar in RAAMPIES 2 en 3 dat baie tyd verbygegaan het? (1) 4.2 Watter emosie ervaar Mia in RAAMPIE 3, EN hoe word hierdie emosie beklemtoon? (2) 4.3 Wat word deur Zola se woorde “Net nog EEN episode …” (RAAMPIE 1) geïmpliseer, wanneer RAAMPIE 2 in ag geneem word? (1) 4.4 Skryf die sin “Ons maak nou ’n studierooster.” (RAAMPIE 4) in die lydende vorm. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 11 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 4.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.5) en die letter (A–D) neer, bv. 4.5 E. Die ma se vraag in RAAMPIE 6 is … A stereotiperend. B diskriminerend. C sarkasties. D bevooroordeeld. (1) 4.6 Voltooi Mia se woorde in RAAMPIE 5 met die korrekte voorsetsel. (1) 4.7 Verduidelik waarom RAAMPIE 6 as ’n antiklimaks beskou kan word. (1) 4.8 Gee die oortreffende trap van “pragtig” (RAAMPIE 5). (1) 4.9 Evalueer die gepastheid van hierdie strokiesprent vir graad 12-leerders in die eksamentyd. Motiveer jou antwoord. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 12 NSS Voorspelling Hlayiso/Voorspelling 2026 VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F ’N TUIN OP DIE DAK 1 Waar daar vroeër net warm sinkplate en duiwe was, groei daar vandag spinasie, tamaties en kruie op die dak van ’n hoërskool in Pretoria-Wes. (5.2) Die projek is deur ’n groep graad 11-leerders begin. 2 (5.3) Hulle het opgemerk dat baie leerders sonder ontbyt skool toe kom. Hulle wou iets daaraan doen. (5.4) “Ons het geen grond, geen geld en geen ervaring 5 gehad nie,” erken Lesedi Mokoena (17), een van die stigters. 3 Met die hulp van ’n plaaslike kwekery het die leerders bakke, kompos, saad (5.5) ensovoorts bymekaargemaak. Die groentetuin (5.7) voorsien nou (5.6) daagliks groente aan die skool se voedingskema. Die oes – meer as 40 kilogram groente per maand (5.9) – word deur die skoolkok in sop en bredies verwerk. 10 4 (5.8) Die leerders wat in die tuin werk, leer ook hoe om ’n begroting op te stel en hoe om water te bespaar. Lesedi glimlag: “Ons het nie net kos gekweek nie. Ons het selfvertroue gekweek.” [Eksaminator se eie teks. Die skool en name is fiktief.] 5.1 Skryf die woord uit die titel neer wat ’n diftong bevat, en onderstreep die diftong. (1) 5.2 Skryf die sin by (5.2) in die bedrywende vorm. (1) 5.3 Verbind die TWEE sinne by (5.3) met ’n gepaste onderskikkende voegwoord. Skryf die nuwe sin neer. (1) 5.4 Skryf Lesedi se woorde by (5.4) in die bevestigende vorm. (1) 5.5 Skryf die korrekte afkorting van “ensovoorts” (5.5) neer. (1) 5.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.6) en die letter (A–D) neer, bv. 5.6 E. In die sin by (5.6) is die woord “daagliks” ’n … A byvoeglike naamwoord. B bywoord. C werkwoord. D selfstandige naamwoord. (1) 5.7 Skryf die kern van die samestelling “groentetuin” (5.7) neer. Gebruik dan dié kern as die bepaler van ’n nuwe samestelling in ’n verklarende sin van jou eie. (2) 5.8 Skryf die byvoeglike bysin in die sin by (5.8) neer. (1) 5.9 Wat is die funksie van die aandagstrepe in die sin by (5.9)? (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all