Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
NOVEMBER 2024
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
%20MG%20Afr--552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f/v1-b698b76db92c8affef7e/card.webp)
View all


%20GR12%20MEMO%20SEPT2023_English_hlayiso.com_--dfc975c1-e179-4741-8d4f-e3b20c744c7e/v1-c61c66086bf36fcf31e0/card.webp)

%20Afr_hlayiso.com_--8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1/v1-28cf2259fca9bcde2f63/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 773.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
word.
9. ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.
VRAAG INHOUD PUNTE TYD IN MINUTE
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiale 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Gereedskap en Toerusting 23 20
6 Enjins 28 25
7 Kragte 32 25
8 Instandhouding 23 20
9 Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas) 18 20
Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
10 32 30
Elektronika)
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E. Nov
1.1 Watter stelling hieronder is KORREK met betrekking tot 'n aanbeveling vir
die toepassing van noodhulp?
Moet NIE … NIE.
A enigiets wat aan die wond vassit, verwyder
B die pasiënt se pols nagaan
C aandag gee aan bloedverlies of asemhalingsprobleme
D die omgewing vir gevaarlike voorwerpe nagaan (1)
1.2 Waar daar meer as … werknemers by 'n werksplek in diens is, moet die
werkgewer 'n toeganklike noodhulpkas voorsien.
A 2
B 3
C 4
D 5 (1)
1.3 Wat veroorsaak ongelukke wanneer daar met roterende masjinerie, soos 'n
bankslyper, gewerk word?
A Te veel selfvertroue
B Korrekte wielgrootte
C Gaping tussen gereedskapsrus en slypwiel oorskry nie 3 mm nie
D Korrek gegradeerde slypwiel vir die bankslyper (1)
1.4 Watter toets beskadig NIE 'n werkstuk NIE?
A Vonktoets
B Klanktoets
C Buigtoets
D Masjineringstoets (1)
1.5 Watter van die volgende produkte is dopverhard?
A Blikkies
B Masjienskerms
C Handvyle
D Ratte en nokke (1)
1.6 Watter proses is die eerste stap in die produksie van hoësterkte-staal?
A Normalisering
B Uitgloeiing
C Verharding
D Tempering (1)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
horisontale bandsaag aangeskakel word. (2)
2.2 Noem die DRIE stadia wanneer basiese noodhulpbehandeling toegepas
word om 'n beseerde persoon te help. (3)
2.3 Hoekom mag olie of ghries NIE met die suurstofpasstukke in aanraking kom
wanneer suurstofsilinders hanteer word NIE? (1)
2.4 Noem TWEE nadele van die proseswerkswinkeluitleg. (2)
2.5 Noem TWEE voordele van die produkwerkswinkeluitleg. (2)
[10]
VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)
3.1 Noem of die volgende materiale gedurende die vyltoets maklik of moeilik vyl:
3.1.1 Gietyster (1)
3.1.2 Gietstaal (1)
3.1.3 Sagte staal (1)
3.2 Verduidelik wat hittebehandeling is. (3)
3.3 Verduidelik wat die effekte sal wees indien metaal gedurende die
hittebehandelingsproses te vinnig verhit word. (4)
3.4 Noem die TWEE tipes staal wat die geskikste vir dopverharding is. (2)
3.5 Verduidelik die rede vir die tempering van staal gedurende die
hittebehandelingsproses. (2)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
4.1 'n ABD-skandeerder word op voertuie met … gebruik.
A vergassers
B geen elektroniese beheermodule (EBM) nie
C 'n elektroniese beheereenheid (EBE)
D kontakbreker-ontstekingstelsels (1)
4.2 Watter wielsporingsgereedskap word gebruik om uitsporing te meet?
A Draaitafel
B Dunlop-meter
C Borrelvloeimeter
D Wielbalanseerder (1)
4.3 Watter EEN van die volgende is deel van die wederkerige massa in 'n enjin?
A Nokas
B Kleppe
C Suiers
D Krukas (1)
4.4 Watter EEN van die volgende is die oorsaak van krukasvibrasies?
A Noukeurig gebalanseerde krukaswebbe
B Ovaal krukastappe
C Gebalanseerde roterende massa
D Gebalanseerde wederkerige massa (1)
4.5 Wringkrag word gedefinieer as …
A die roterende frekwensie van 'n as.
B 'n krag wat lineêre beweging veroorsaak.
C die tempo waarteen werkverrigting plaasvind.
D die verwringingskrag wat op 'n roterende as toegepas word. (1)
4.6 Watter metode hieronder word gebruik om die kompressieverhouding van 'n
enjin te verhoog?
A Pas 'n dunner pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop
B Pas die suiers met geskikte laer krone
C Pas 'n dikker pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop
D Pas 'n krukas met 'n korter slag (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.7 Identifiseer die diagram wat in FIGUUR 4.7 hieronder getoon word.
FIGUUR 4.7
A Planimeter
B Indikatordiagram
C Koolstofinhoud-ekwilibriumdiagram
D Spanning-vormveranderingsdiagram (1)
4.8 Watter EEN van die volgende is 'n rede vir 'n hoë koolwaterstof(HC)-lesing
op 'n binnebrandenjin?
A Ideale lug-brandstofverhouding
B Warm kleppe
C 'n Verstopte lugfilter
D Arm lug-brandstofverhouding (1)
4.9 'n Nat kompressietoets kan gebruik word om vas te stel of die silinder by
die … 'n lekkasie het.
A inlaatklep
B uitlaatklep
C suierringe
D koppasstuk (1)
4.10 Watter van die volgende bepaal die korrekte ratverhouding volgens las en
spoed in 'n outomatiese ratkas?
A Rembande
B Hidrouliese suiers
C Klephuis
D Oliepomp (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.11 Watter rat is geselekteer wanneer die planeetdraer op 'n episikliese ratstelsel
gesluit is?
A Eerste of lae rat
B Tweede of intermediêre rat
C Derde of hoogste rat
D Trurat (1)
4.12 Watter van die volgende sal 'n groot positiewe wielvlughoek op die wiele van
'n voertuig veroorsaak?
A Verhoog die negatiewe effekte van KSH
B 'n Negatiewe draai-effek van die voertuig
C Die wiele sal ophou roteer
D Die bande sal eweredig slyt (1)
4.13 Identifiseer die simbool wat in FIGUUR 4.13 hieronder getoon word.
FIGUUR 4.13
A Reguleerder
B Kapasitor
C Diode
D Verdeler (1)
4.14 Wat is die funksie van 'n diesel-partikulêre filter (DPF)?
A Om die inlaatlug skoon te maak
B Om die partikels (deeltjies) vanaf die brandstof skoon te maak
C Om die brandstof te atomiseer
D Om roet in as te verander (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
5.1 Hoekom word die volgende prosedures gedurende 'n kompressietoets
uitgevoer?
5.1.1 Die lugfilter word verwyder (1)
5.1.2 Vuilheid rondom die vonkproppe word verwyder voordat die
vonkproppe verwyder word (1)
5.1.3 Ontkoppel die ontstekingstelsel (1)
5.1.4 Teken die lesings aan (1)
5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n silinderlekkasietoetser. Beantwoord die vrae
wat volg.
Drukmeter
C
A
B
FIGUUR 5.2
5.2.1 Benoem A–C. (3)
5.2.2 Wat is die meeteenheid op die drukmeter? (1)
5.2.3 Wat is die meeteenheid van meter C? (1)
5.3 Noem VIER veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer die
uitlaatgasanalise uitgevoer word. (4)
5.4 Beskryf TWEE funksies van die aanboord- diagnostiese skandeerder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.5 FIGUUR 5.5 hieronder toon 'n masjien wat in 'n motorwerkswinkel gebruik
word. Beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 5.5
5.5.1 Identifiseer die masjien. (1)
5.5.2 Noem TWEE funksies van hierdie masjien. (2)
5.5.3 Watter veiligheidstoestel is NIE aan hierdie masjien gekoppel
NIE? (1)
5.5.4 Hoekom moet hierdie masjien gekalibreer word? (1)
5.6 Verduidelik, in DRIE stappe, hoe om die wielvlughoek te meet nadat die
borrelvloeimeter op die wiel gepas is. (3)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)
6.1 Wat is die primêre funksie van die krukas? (2)
6.2 Noem die onderdeel wat gewoonlik op die neus van die krukas aangebring
word om trillings te verminder. (1)
6.3 Hoekom word die wederkerige massa so lig as moontlik gehou? (1)
6.4 Verduidelik hoe om die ontstekingsorde van 'n enjin se klepgang te verkry
nadat die klepdeksel verwyder is. (3)
6.5 FIGUUR 6.5 hieronder toon die uitleg van 'n viersilinder-vierslagenjin.
Beantwoord die vrae wat volg.
B
A
C
FIGUUR 6.5
6.5.1 Identifiseer die tipe enjinuitleg. (1)
6.5.2 Benoem A–C. (3)
6.6 Teken 'n netjiese, benoemde skets om die posisie van die krukpenne in
'n sessilinder-gelidenjin te illustreer. (3)
6.7 Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot turboaanjaers:
6.7.1 Beskryf DRIE voordele van die gebruik van 'n turboaanjaer op 'n
enjin. (3)
6.7.2 Gee TWEE redes hoekom sintetiese olie gebruik word om
turboaanjaers te smeer. (2)
6.7.3 Watter tipe turboaanjaer het nie wieke nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.8 Verduidelik die volgende terme met betrekking tot turboaanjaers:
6.8.1 Aanjaging (2)
6.8.2 Turbo-sloerwerking (2)
6.9 FIGUUR 6.9 hieronder toon 'n superaanjaer. Beantwoord die vrae wat volg.
B
A
C
FIGUUR 6.9
6.9.1 Identifiseer die tipe superaanjaer. (1)
6.9.2 Benoem A–C. (3)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 Definieer die volgende terme:
7.1.1 Vry volume (2)
7.1.2 Kompressieverhouding (2)
7.2 Bereken die arbeid verrig indien 'n hyser 'n voertuig wat 690 kg weeg, tot op
'n hoogte van 2 m moet hys. (3)
7.3 Noem TWEE metodes om die vry volume van 'n binnebrandenjin te verlaag. (2)
7.4 FIGUUR 7.4 hieronder toon 'n silinder. Beantwoord die vrae wat volg.
A = 79 mm
B = 83 mm BDP
KV = 9 : 1
B A
ODP
FIGUUR 7.4
7.4.1 Benoem afstande A en B. (2)
7.4.2 Bereken die slagvolume in die silinder in cm3 wanneer A = 79 mm
en B = 83 mm. (3)
7.4.3 Bereken die vry volume van die silinder. (3)
7.5 Die volgende data is aangeteken gedurende 'n toets wat op 'n vierslag-
viersilinderpetrolenjin uitgevoer is:
Gemiddelde effektiewe druk: 1 400 kPa
Slag: 110 mm
Boordiameter: 100 mm
Enjinrewolusies: 3 600 r/min
Bereken die aangeduide drywing in kW. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
7.6 Die aangeduide drywing van 'n tweeslagenjin is 50 kW teen 2 000 r/min. Dit
het 'n silinderboordiameter van 35 mm met 'n slaglengte van 40 mm. Die
krag wat benodig word om die vliegwiel te stop, is 50 N met 'n remarmlengte
van 350 mm.
Bereken die volgende:
7.6.1 Wringkrag (3)
7.6.2 Remdrywing in kW (3)
7.6.3 Meganiese doeltreffendheid (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
8.1 TABEL 8.1 hieronder toon inligting oor die uitslae van die uitlaatgasanalise
van 'n binnebrandenjin.
Voltooi TABEL 8.1 deur EEN oorsaak en EEN toepaslike regstellende
maatreël vir ELKE fout te gee. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (8.1.1 tot 8.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
MOONTLIKE REGSTELLENDE
FOUTE (LESING)
OORSAKE MAATREËLS
Hoë koolstofmonoksied-
8.1.1 8.1.2
lesing (CO)
Lae koolstofdioksied-
8.1.3 8.1.4
lesing (CO2)
TABEL 8.1 (4)
8.2 Die lesings hieronder is gedurende 'n kompressietoets op 'n viersilinder-
binnebrandenjin geneem. Beantwoord die vrae wat volg.
Silinder 1: 9 bar
Silinder 2: 7,1 bar
Silinder 3: 8,7 bar
Silinder 4: 8,9 bar
8.2.1 Wat is die maksimum variasie, in persentasie (%), tussen die
kompressielesings toegelaat? (1)
8.2.2 Noem EEN moontlike oorsaak en die regstellende maatreël vir
die lae lesing in silinder 2. (2)
8.3 Identifiseer VIER plekke waar lekkasies gedurende 'n silinderlekkasietoets
waargeneem kan word. (4)
8.4 Noem VIER oorsake van 'n lae oliedruklesing op 'n binnebrandenjin. (4)
8.5 Noem TWEE moontlike oorsake en die regstellende maatreëls vir 'n hoë
brandstofdruklesing gedurende 'n brandstofdruktoets. (4)
8.6 Noem TWEE vervaardigerspesifikasies wat benodig word voordat 'n
verkoelingstelseldruktoets uitgevoer word. (2)
8.7 Noem TWEE funksies van die verkoelerdop. (2)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)
9.1 Noem TWEE nadele van 'n voertuig wat met 'n outomatiese ratkas toegerus
is, in vergelyking met 'n handratkas. (2)
9.2 Verduidelik die werking van 'n koppelomsitter. (5)
9.3 Teken 'n enkel episikliese ratstelsel en benoem die VIER basiese
komponente. (5)
9.4 Noem EEN voordeel van die gebruik van ELK van die volgende
ratverhoudings in die ratkas van 'n motorvoertuig:
9.4.1 Vorentoe reduksie (1ste rat) (1)
9.4.2 Trurat (1)
9.4.3 Vorentoe snelrat (5de rat) (1)
9.5 Noem EEN gebruik van ELK van die volgende komponente met betrekking
tot 'n outomatiese ratkas:
9.5.1 Hidrouliese suiers (1)
9.5.2 Rembande (1)
9.5.3 Transmissiebeheereenheid (1)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN
ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)
10.1 FIGUUR 10.1 hieronder toon 'n bandslytasiepatroon. Beantwoord die vrae
wat volg.
Een kant van
bandloopvlak
uitermate geslyt
FIGUUR 10.1
10.1.1 Watter wielsporingshoek sal die bandslytasiepatroon wat getoon
word, veroorsaak? (1)
10.1.2 Noem TWEE foute op die voertuigonderstel wat hierdie
bandslytasie veroorsaak. (2)
10.1.3 Beskryf TWEE maniere om die oorsaak van hierdie bandslytasie
reg te stel. (2)
10.2 Definieer die volgende wielsporingshoeke:
10.2.1 Positiewe nasporing (2)
10.2.2 Krinkspilhelling (2)
10.3 Noem DRIE sensors wat op die luginlaatstelsel van 'n binnebrandenjin
gevind word. (3)
10.4 Wat is die funksie van die klopsensor wat op die enjin gemonteer is? (2)
10.5 Noem TWEE onderdele van 'n verdelerlose ontstekingstelsel (VOS). (2)
10.6 Noem TWEE chemiese reaksies wat in die katalisator plaasvind. (2)
10.7 Noem TWEE funksies van die spoedbeheerstelsel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
10.8 FIGUUR 10.8 hieronder toon 'n uitskuifaansig van 'n alternator. Beantwoord
die vrae wat volg.
Reguleerder
A C Rotor Gelykrigter
D
B
FIGUUR 10.8
10.8.1 Benoem A–D. (4)
10.8.2 Wat is die funksie van die rotor? (2)
10.8.3 Wat word deur die reguleerder in die alternator beheer? (1)
10.8.4 Wat is die funksie van die gelykrigter? (2)
10.9 Noem DRIE faktore wat die hoeveelheid brandstof wat deur die inspuiter
gespuit word, beïnvloed. (3)
[32]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
1. F=m×a
Waar:
m = Massa
a = Versnelling
2. Arbeid verrig = Krag × Verplasing OF W=F×s
Krag Verplasing Fs
3. Drywing = OF P
Tyd t
4. Wringkrag = Krag × Radius OF T=F×r
5. AD = P × L × A × N × n
Waar:
AD = Aangeduide drywing
P = Gemiddelde effektiewe druk
L = Slaglengte
A = Area van suierkroon
N = Aantal kragslae per sekonde
n = Aantal silinders
6. RD = 2πNT
Waar:
RD = Remdrywing
N = Omwentelinge per sekonde
T = Wringkrag
7. Remdrywing met Prönyrem = 2 × π × N × F × R
Waar:
RD = Remdrywing
N = Omwentelinge per sekonde
F = Krag
R = Remarmlengte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
RD
8. Meganiese doeltreffendheid = 100%
AD
9. Kompressieverhouding = SV VV
VV
Waar:
SV = Slagvolume
VV = Vry volume
πD 2
10. SV = L
4
Waar:
D = Boordiameter
L = Slaglengte
SV
11. VV =
KV-1
Produk van tande op gedrewe ratte
12. Ratverhouding =
Produk van tande op dryfratte
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo (Eng)
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afr)
%20MG%20Afr--552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f/v1-b698b76db92c8affef7e/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 Memo (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2023_English_hlayiso.com_--dfc975c1-e179-4741-8d4f-e3b20c744c7e/v1-c61c66086bf36fcf31e0/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo
%20Afr_hlayiso.com_--8d31d25d-e192-4aa9-b448-efab233391a1/v1-28cf2259fca9bcde2f63/card.webp)
Question paper