Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ’n addendum van 14 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)



_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 279.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendum · isiXhosaAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID- AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE:
ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord die DRIE vrae soos volg:
4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
moet ’n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om die vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN (SB) DIE
SUID-AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970’s BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die begrip Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Lewer kommentaar op wat Biko bedoel het met sy boodskap:
‘Moenie deel van jou onderdrukking wees nie’ . (2 x 2) (4)
1.1.3 Waarom, volgens die bron, was Swart Bewussyn ʼn belangrike
ingryping? (1 x 2) (2)
1.1.4 Hoe bruikbaar sal die inligting in die bron vir ’n historikus wees wat
die belangrikheid van die stigting van die Swart Bewussyns-
beweging (SBB), bestudeer? (2 x 2) (4)
1.1.5 Wat, volgens die bron, het die Swart Bewussynsbeweging (SBB)
by swart Suid-Afrikaners ingeboesem? (4 x 1) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Noem TWEE idees van die Swart Bewussynsbeweging (SBB) wat
gehelp het om Veli Mbele se denkwyse te verander. (2 x 1) (2)
1.2.2 Lewer kommentaar op wat Veli bedoel het met sy verklaring:
‘In daardie tyd was die omgewing nie heeltemal vriendelik teenoor
die SBB nie’. (1 x 2) (2)
1.2.3 Wat, volgens die bron, kon met Veli en sy medepligtiges gebeur as
hulle nie hul politieke oortuigings opgee nie? (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Waarom, volgens die bron, het die regering opgemerk dat die
studente gevaarlik was? (1 x 2) (2)
1.3.2 Waarom, dink jy, was swart studente op die voorgrond van die
stryd in 1976? (2 x 2) (4)
1.3.3 Verduidelik waarom Biko vir die eerste keer in drie jaar in die
openbaar kon praat. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom, dink jy, het die Suid-Afrikaanse regering geweier om te
luister? (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Wat impliseer die opskrif: ‘Ek skryf wat ek van hou’ oor Steve
Biko? (2 x 2) (4)
1.4.2 Verduidelik wat met ‘die gebalde vuis op Biko se bors’ bedoel
word. (1 x 2) (2)
1.5 Vergelyk Bron 1A en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A
soortgelyk is met die bewyse in Bron 1D met betrekking tot die invloed van
die filosofie van Swart Bewussyn op swart Suid-Afrikaners. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die filosofie van Swart Bewussyn (SB) die Suid-Afrikaanse
jeug in die 1970’s beïnvloed het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
KOMMISSIE (WVK) IN DIE HANTERING VAN DIE MOORD OP
AMY BIEHL?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die WVK? (2 x 1) (2)
2.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
waarom apartheid as ’n misdaad teen die mensdom beskou is.
(1 x 2) (2)
2.1.3 Definieer die begrip amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar waarom jy die inligting in hierdie bron as
bruikbaar sal beskou as jy die rol van die WVK bestudeer. (2 x 2) (4)
2.1.5 Identifiseer die DRIE komitees wat die werk van die WVK verrig
het. (3 x 1) (3)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron, is Amy vermoor? (2 x 1) (2)
2.2.2 Watter inligting het Amy se ouers aangaande die dood van hul
dogter ontvang? (2 x 1) (2)
2.2.3 Waarom, dink jy, het die ANC gehelp om Amy se moordenaars te
vind? (2 x 2) (4)
2.2.4 Wat, dink jy, het die PAC bedoel toe hulle die slagspreuk: ‘Een
setlaar, een koeël’ gebruik het? (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Noem die DRIE jeugdiges wat aan die moord op Amy Biehl skuldig
bevind is. (3 x 1) (3)
2.3.2 Lewer kommentaar op die redes waarom die moordenaars Amy se
ouers om verskoning gevra het. (2 x 2) (4)
2.3.3 Haal ’n sin uit die bron aan wat daarop dui dat Peni berou vir sy
dade getoon het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.4 Gebruik Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskap word in hierdie foto met betrekking tot die
doelwitte van die WVK oorgedra? (1 x 2) (2)
2.4.2 Waarom, dink jy, het die mans voor die Amnestie-komitee
verskyn? (1 x 2) (2)
2.5 Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D met betrekking tot die moord van Amy Biehl
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe suksesvol die WVK in die hantering van die moord op Amy
Biehl was. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES
(MNK’s) OP GLOBALE KULTURE IN DIE 1990’s GEHAD?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Hoe, volgens die bron, word die proses van globalisasie gedryf?
(2 x 1) (2)
3.1.3 Haal ’n sin uit die bron aan wat daarop dui dat globalisasie nie nuut
was nie. (1 x 2) (2)
3.1.4 Verduidelik wat Thomas Friedman bedoel het toe hy gesê het dat
globalisasie ‘vinniger, goedkoper en dieper’ is. (2 x 2) (4)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Watter lande se kulture word deur ontwikkelende lande nageboots?
(2 x 1) (2)
3.2.2 Noem TWEE belangrike hulpmiddels (‘tools’) van globalisasie wat dit
moontlik maak om te weet wat in enige ander land gebeur. (2 x 1) (2)
3.2.3 Lewer kommentaar oor hoe globalisering mense se kulture regoor
die wêreld positief beïnvloed het. (2 x 2) (4)
3.2.4 Verduidelik die betroubaarheid van die inligting in die bron vir ʼn
geskiedkundige wat die impak van globalisering op die kulture van
ontwikkelende lande, bestudeer. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Hoe, volgens die bron, is Nike-produkte geproduseer? (2 x 1) (2)
3.3.2 Noem TWEE stede waar betogings gehou is. (2 x 1) (2)
3.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik
waarom daar demonstrasies teen die Nike-maatskappy gehou is.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.4 Bestudeer Bron 3D.
3.4.1 Watter boodskap word in hierdie plakkaat met betrekking tot
korporasies oorgedra? (2 x 2) (4)
3.4.2 Lewer kommentaar of die kritiek teen multi-nasionale korporasies
regverdig was. (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse
in Bron 3D met betrekking tot die redes vir demonstrasies teen multi-nasionale
korporasies ondersteun. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ’n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
wat multi-nasionale korporasies op globale kulture gehad het in die 1990’s te
verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ten minste DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
Verduidelik tot watter mate demonstrasies, boikotte, sanksies en disinvestering deur
die internasionale anti-apartheidsorganisasies tot die uiteindelike ondergang van die
apartheidsregime in die 1980’s bygedra het.
Ondersteun jou argument deur relevante bewyse te gebruik. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
‘Suid-Afrika se pad na demokrasie is deur verskillende uitdagings, probleme en
struikelblokke beïnvloed. Dit was die gees van intense onderhandelinge, besliste
leierskap en toewyding aan demokrasie wat uiteindelik tot die geboorte van ’n
demokratiese bedeling in 1994 gelei het.’
Bespreek die stelling krities. Ondersteun jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
‘Dit was die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 wat aansienlik bygedra het tot
die politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het.’
Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)
_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum