Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12202014 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN (SB) DIE SUID- AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970’s BEÏNVLOED? BRON 1A Hierdie uittreksel fokus op die betekenis van die filosofie van Swart Bewustheid (Swartbewussyn) van Steve Biko in 1968. Biko het ʼn duidelike insig in die psigologiese (sielkundige) aspek van die onderdrukking van sy tyd gehad wat tot ʼn kortstondige politieke magteloosheid gelei het. Omdat politiek deur apartheid rasbelaaid was, is die beweging Swart Bewustheid genoem. Sy boodskap was eenvoudig en duidelik: Moenie deel van jou onderdrukking wees nie. Dit was ʼn belangrike ingryp, ʼn vars, jeugdige en duidelike stem wat mense gemobiliseer het toe die belangrike politieke opposisie almal verbied was en hul leiers in ballingskap (in die buiteland) of in die tronk was. Dit het ʼn nuwe, noodsaaklike, verenigde element aan die ANC gegee, soos Wally Serote gesê het: ‘Suurstof en nuwe lewe, wat die beweging desperaat nodig gehad het’. Swart Bewustheid het met ooreenstemmende besluitneming gewerk. Dit het onafhanklike denke, selfvertroue, vreesloosheid en waardigheid ingeboesem. Biko en sy tydgenote (kollegas) het die geskokte stilte van hulle tyd verbreek. Die weiering van ʼn generasie (geslag) van jong swartes om onderdanig te wees of om verneder te word, selfs in die aangesig van die dood, het die aard van die stryd verander. Biko het self vir hierdie waarheid geleef en gesterf. As ʼn sleutelvoorstander van transformasie (verandering), het Biko se generasie ʼn kultuur van vreesloosheid geïnspireer. [Uit Steve Biko deur L. Wilson] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die bron hieronder beskryf die invloed van die Swart Bewustheidsbeweging (Swart Bewussynsbeweging) op Veli Mbele wat in 1976 in Soweto gewoon het. Ek het opgegroei in ʼn omgewing waar baie van my portuurgroep nie hul eie lewens gewaardeer het nie en ek het myself as baie gelukkig beskou dat ek Swart Bewustheid op ʼn vroeë stadium teëgekom het. Swart Bewustheid het gehelp om my selfbegrip en selfagting op ʼn merkwaardige manier te hervorm. Toe ek by die Swart Bewustheidsbeweging aangesluit het, was ek net 16. In die tyd was die omgewing nie heeltemal vriendelik teenoor die SBB nie. Ons geloof in Swart Bewustheid was so sterk dat ons nie bereid was om weg te gaan kruip net omdat ander magte gedreig het om met ons ‘af te reken’ of indiensneming te ontneem as ons nie ons politieke oortuigings opgee nie. Hierdie tipe reaksie het ons net meer versterk (aangespoor) en ons het besluit om die boodskap van Swart Bewustheid selfs sterker te versprei. Te danke aan Swart Bewustheid, het baie in my generasie (ʼn geslag mense uit dieselfde tyd) verander na jong gedissiplineerde swart mans wat deur hul gemeenskapsaktivisme, die respek en bewondering van hul portuurgroep, families en die gemeenskap verwerf het. Vandat ek in kontak gekom het met Swart Bewustheid, het ek heel gevoel, tevrede met wie ek is en die belangrikste, dat ek respek en waardigheid verdien. [Uit We Write What We Like deur C. Van Wyk] Kopireg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) BRON 1C Hierdie uittreksel fokus op die invloed van die Swart Bewustheidbeweging (SBB) op studente in die 1970’s. In 1976 was die Swart Bewustheidsbeweging (SBB) baie sterk en swart studente was op die voorgrond van die stryd. Polisie het baie studente-leiers gearresteer en hulle laat verhoor. Deur hierdie politieke verhore wou die regering wys dat die studente gevaarlik was omdat hulle die idees van Swart Bewustheid versprei het. Die polisie het gesê dat swart bewustheid veroorsaak dat swart mense die wittes haat. In Mei het Steve die kans gekry om te wys dat dit nie waar was nie. Hy is as ʼn getuie vir die verdediging in die verhoor van nege jong Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) studente geroep. ʼn Getuie in ʼn hofverhoor kan dinge sê wat deur almal gehoor kan word en verslag word oral in die land gegee. Dit was die eerste keer in drie jaar dat Steve in die openbaar gepraat het. Die hele wêreld het hom oor Swart Bewustheid gehoor praat. Hy het gewys dat die beweging nie probeer het om swart mense wit mense te laat haat nie. Swart Bewustheid wou swart mense laat trots wees op hul velkleur, nie skaam wees nie. Die wêreld het aandagtig geluister na wat Steve te sê gehad het, maar die Suid-Afrikaanse regering het geweier om te luister. Woede het in die woongebied (lokasie) gegroei. Op 16 Junie 1976 het duisende Soweto-studente in die straat teen apartheidswette geprotesteer. Die sekuriteitsmagte het op hulle geskiet en studente is doodgemaak. [Uit Steve Biko deur L. Price] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Hierdie is ʼn spotprent deur Zapiro om Steve Biko te herdenk en is in die Daily Maverick op 19 September 2017 gepubliseer. [Uit Zapiro, Daily Maverick] Kopireg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS- EN-VERSOENINGS- KOMMISSIE (WVK) IN DIE HANTERING VAN DIE MOORD OP AMY BIEHL? BRON 2A Hierdie uittreksel verduidelik die redes vir die instelling van die WVK tydens die eerste demokraties verkose parlement in 1995. In die jaar na die verkiesings, het die Parlement se Justisie (Geregtigheids) Portefeulje-komitee wetgewing ontwerp om ʼn Waarheids-en-Versoenings- kommissie te stig. Die sewentien-lede Kommissie is die taak gegee om – sover moontlik – ʼn volledige beeld vas te stel van die moontlike oorsake, aard en omvang van growwe menseregteskendings wat in die tydperk tussen 1 Maart 1960 en 1994 gepleeg is, deur ondersoeke uit te voer en om verhore te hou. Hierdie tydperk is gesien as die ergste ‘misdade [wat] teen die mensdom’ deur die apartheidsregime gepleeg is. Dit moes ook die toestaan van amnestie aan persone wat volle openbaring van al die relevante feite verwant aan dade wat geassosieer was met ʼn politieke doelwit gemaak het, fasiliteer. Verder is daar van die Kommissie vereis om die menslike en burgerlike waardigheid van slagoffers te herstel en reparasiemaatreëls aan te beveel. Hulle moes ook ʼn verslag saamstel van hulle bevindings en aktiwiteite en maatreëls aanbeveel om toekomstige skendings van menseregte te voorkom. Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) soos dit ooreenkomstig gestig was, het uit drie komitees bestaan. Die eerste van hierdie was die Menseregteskendings-komitee, wat ondersoek moes instel na die verslae van slagoffers deur verhore en ondersoeke. Die tweede was die Amnestie-komitee wat die amnestie-aansoeke moes evalueer. Dit moes die Norgard-beginsels aanwend om te bepaal of ʼn aansoek vir amnestie gekwalifiseer het. Die derde komitee was die Reparasie en Rehabilitasie-komitee, wat ʼn reparasiebeleid moes formuleer om die lewens van slagoffers en oorlewendes van menseregteskendings te herstel en te rehabiliteer. [Uit Country of my Skull deur A. Krog] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Hierdie bron fokus op hoe en hoekom Amy Biehl op die 25ste Augustus 1993 in Kaapstad vermoor is. Kort voor die einde van die apartheidsera, is Amy Biehl vermoor. Sy was ʼn slagoffer van rassegeweld. Amy was wit. Sy het haarself daaraan toegewy om apartheid in Suid-Afrika te beëindig en was verbonde aan die Universiteit van die Wes-Kaap en het in minderbevoorregte gemeenskappe gewerk. Sy het ook met kieser-registrasie vir die voorgenome ‘Vryheidsdagverkiesings’ gehelp. Amy het Gugulethu en sy mense goed geken, of gedink sy het. Sy sou byna elke dag en nag in die lokasie gevind word, sy kon isiXhosa praat en die pantsula doen. “Dit is hoe baie sy hier ingepas het,” het Melanie Jacobs, die swart vrou wat ʼn huis met Amy gedeel het in Kaapstad, gesê. “Sy het Afrika liefgehad. Sy was nie net nog ʼn wit persoon nie.” Op die aand van 25 Augustus 1993, het Amy deur die Gugulethu-lokasie bestuur en die prooi (slagoffer) van ʼn woedende groep swart jeugdiges geword. Hulle het Biehl se motor met klippe gegooi (gebombardeer), haar gedwing om te stop, haar toe uit die motor gesleep en haar vermoor. Hulle het gegil: “Maak die Setlaar dood!” Haar ouers is ingelig dat hul dogter geslaan en doodgesteek is. Die polisie het twee tiener-verdagtes gearresteer, studentelede van ʼn militante nasionalistiese groep, die Pan Africanist Congress, wie se slagspreuk, ‘Een setlaar, een koeël’ is. In Kaapstad het die doodmaak van die gewilde student (‘scholar’) ʼn swart teenreaksie teen die militante groep wat haat vir wittes aangemoedig het, aangewakker. Die African National Congress het sy lokasienetwerk aangebied om die moordenaars te identifiseer. Vriende en kollegas, wat Mejuffrou Biehl met vryheidsliedere herdenk het, het deur Gugulethu geparadeer (in optogte geloop) met plakkate wat verklaar het, “Kamerade kom in alle kleure”. [Uit https://www.nytimes.com1993/08/27/world/how-american- sister-died-in-atownship.html. Toegang op 1 September 2019 verkry.] Kopireg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) BRON 2C Hierdie bron fokus op die amnestie-verhoor van die moordenaars van Amy Biehl op 8 Julie 1997 in Kaapstad. Die vier jeugdiges, Mzikhona Nofemela, Ntobeka Peni, Vusumzi Ntamo en Mongezi Manqina wat vir die moord op Amy veroordeel is en tronkstraf van agtien jaar gegee is, het om amnestie aansoek gedoen. Die moordenaars van Amy het haar ouers om verskoning gevra vir wat die Waarheidskommissie-prokureur ʼn betekenislose barbaarsheid deur ʼn ‘bende moordenaars’ genoem het. Die Pan Africanist Congress (PAC) ondersteuners is uitgedaag oor hulle aansprake voor die Amnestie-komitee dat die moord deur die groep polities gemotiveerd was. Biehl se ouers, Peter en Linda, het aan die begin van die verrigtinge hande geskud met familielede van die vier mans. In geskrewe beëdigde verklarings wat by die WVK se Amnestie-komitee ingedien is, het die vier gesê dat hulle berou gehad het oor die moord en Biehl se ouers om vergifnis gevra. “Ek voel jammer en baie hartseer, veral vandag, met die besef van Amy Biehl se bydrae tot die stryd,” het Peni gesê. Nogtans het hy en sy mede-aansoekers aangedring dat die moord polities gemotiveerd was en deur die PAC se slagspreuk, “Een setlaar, een koeël” geïnspireer is. Peni het getuig dat Paso se bestuursleier sy lede beveel het om Gugulethu onregeerbaar te maak en om die PAC se gewapende vleuel, die Azanian People’s Liberation Army, te help om swart mense se grond terug te wen. “Ek het hierdie beskou as ʼn opdrag (instruksie) om ook wit mense skade te berokken, seer te maak en dood te maak.” In 1998 het Biehl se moordenaars amnestie deur die WVK (ʼn besluit wat die familie se goedkeuring gehad het) ontvang en is hul uit die tronk vrygelaat nadat hulle vier jaar tronkstraf uitgedien het. Die Biehls het gesê dat hulle glo dat hul dogter die Kommissie se besluit om amnestie toe te staan, sou ondersteun. [Uit www.justice.gov.za/trc/media/1997/9707/s970708f.htm. Toegang op 1 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Hierdie foto toon die moordenaars van Amy Biehl by die amnestieverhoor op 8 Julie 1997 in Kaapstad. [Uit images amy biehl newpaper. jfif-photos. Toegang op 1 September 2019 verkry.] REKONSILIASIE- KOMMISSIE WAARHEID DIE PAD NA REKONSILIASIE Kopireg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 3: WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES (MNK’s) OP GLOBALE KULTURE IN DIE 1990’s GEHAD? BRON 3A Die bron hieronder verduidelik die betekenis van globalisering. Globalisering is ʼn proses van interaksie en integrasie tussen mense, maatskappye en regering van verskillende nasies, ʼn proses wat deur internasionale handel en beleggings gedryf word, en deur inligtingstegnologie ondersteun word. Hierdie proses het gevolge op die omgewing, kultuur, politieke stelsels, ekonomiese ontwikkeling en vooruitgang en op menslike fisiese welstand in samelewings regoor die wêreld. Globalisering is egter niks nuuts nie. Vir duisende jare, het mense – en later, korporasies – gekoop van en verkoop aan mekaar in lande op verre afstande van mekaar. Net so (eweneens), vir eeue, het mense en korporasies in sake- ondernemings in ander lande belê. Beleid en tegnologiese ontwikkelings van die afgelope dekades het stygings in kruisgrens-handel, beleggings en migrasie aangespoor tot so ʼn mate dat baie waarnemers glo die wêreld het ʼn kwalitatiewe nuwe fase in sy ekonomiese ontwikkeling betree. Vanaf 1950, byvoorbeeld, het die volume van wêreldhandel 20 keer gestyg; van 1997 tot 1999 het buitelandse beleggings byna verdubbel, van $468 biljoen tot $827 biljoen. Die huidige (globalisasie) golf kan van vroeëre golwe onderskei word, volgens die skrywer Thomas Friedman, deurdat globalisasie vandag ‘vinniger, goedkoper en dieper’ is. [Uit https://www.globalisation101.org>what-is-globalisation. Toegang op 17 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Hierdie bron beskryf die impak van globalisasie op die kulture van ontwikkelende lande. Globalisasie het baie voordele maar is ook skadelik (het nadele) vir die kultuur van ontwikkelende lande. Baie kulture in ontwikkelende lande is deur globalisasie en nabootsing van ander kulture soos Amerika en Europese lande verander. Voor globalisasie sou dit nie moontlik gewees het om van ander lande en hul kulture te weet nie. Deur belangrike toerusting/hulpmiddels (‘tools’) van globalisasie soos televisie, radio, satelliet en internet, is dit vandag moontlik om te weet wat in enige ander land gebeur. Meer nog, mense wêreldwyd kan mekaar beter deur globalisasie ken. Vandag kan ons die hewige impak (‘heavy effect’) van globalisasie op jongmense in verskillende arm nasies duidelik sien. Dit is baie alledaags om tieners te sien wat Nike T-hemde en seilskoene sowel as Adidas-skoene dra, en Hip-Hop musiek speel, Apple iPads gebruik, en by McDonalds, KFC en Domino’s Pizza eet. Dit lyk asof jy hulle slegs aan hul taal kan onderskei. Aan die ander kant, is baie ontwikkelende lande besorg oor die styging in globalisasie omdat dit mag lei dat hul eie kultuur, tradisies, identiteit, gebruike en hul taal vernietig kan word. In baie Arabiese lande, byvoorbeeld, trek mense aan en tree soos ontwikkelde nasies op; slegs ʼn paar mense dra hul tradisionele kleredrag waaraan hulle gewoond is. Verder het globalisasie gelei tot die verdwyning van baie woorde en uitdrukkings van plaaslike tale omdat baie mense Engels gebruik. [Uit http://www.tigweb.org/youth-media/panorama/article.html?Contentl. Toegang op 10 September 2019 verkry.] Kopireg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) BRON 3C Die uittreksel hieronder beskryf hoe die burgerlike samelewing in 1998 teen die multi-nasionale maatskappy ‘Nike’ geprotesteer het. Nike, ʼn leidende sportdragvervaardiger, is een van die besigheidswêreld se skitterende voorbeelde van hoe om ʼn openbare beeld skoon te maak. In die 1990’s, is die maatskappy deur verslae gepla dat dit hongerloonfabrieke en kinderarbeid gebruik. Druk het gegroei tot 1998, toe Nike mede-stigter Phil Knight homself openlik daartoe verbind het om die maatskappy se praktyke te verander, en Nike die volgende dekade daaraan spandeer het om presies dit te doen. Tans dreig ʼn terugkeer na Nike se hongerloonfabrieke. Op Julie 29, het studente en aktiviste regoor die wêreld deelgeneem aan ʼn dag van protes teen Nike, georganiseer deur Verenigde Studente Teen Hongerloonfabrieke (VSTHF). Die demonstreerders, in stede soos Boston, Washington D.C., Bangalore en San Pedro Sula, het meer beskuldigings teen Nike verteenwoordig wat stadig kookpunt bereik het. Hieronder was daar aansprake van werkers by ʼn Nike-fabriek in Hansae, Vietnam, wat gely het onder loondiefstal en verbale mishandeling en vir ure in temperature ver oor die wettige limiet van 90 grade gewerk het, tot die punt waar hulle voor die naaldwerkmasjiene sou ineenstort. Nike is ook daarvan beskuldig dat hul poste by Hansae-fabriek gesny het sowel as die onttrekking van produksie van ʼn fabriek in Honduras met ʼn sterk unieverteenwoordiging, wat gelei het dat honderde werkers belangrike poste verloor het. Die maatskappy het na bewering ook geweier dat die onafhanklike moniteringsgroep (kontroleringsgroep), Werkers Regte Konsortium (WRK) toegang kon kry om sy kontrakfabrieke te inspekteer. [Uit https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave--of-anti-sweatshops-protest. Toegang op 10 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Hierdie plakkaat val groot korporasies (besighede) in 1998 in Washington D.C. aan. [Uit New Generation History deur S. Govender et al] HONGERLOONFABRIEKE: VRY HANDEL -OF- KORPORATIEWE SLAWERNY Kopireg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Govender, S. et.al. 2007. New Generation History (New Generation Publishers) http://www.tigweb.org/youth-media/panorama/article.html?Content https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave--of-anti-sweatshops-protest https://www.globalisation101.org>what-is-globalisation https://www.nytimes.com1993/08/27/world/how-american- sister-died-in- atownship.html images amy biehl newpaper. jfif-photos Krog. A. 1999. Country of my Skull (Vintage Publishers) Price, L. 2013. Steve Biko (Sached Books (Pty) Ltd) Van Wyk, C. 2007. We Write What We Like (Wits University Press) Wilson, L. 2011. Steve Biko (Jacana Media (Pty) Ltd) www.justice.gov.za/trc/media/1997/9707/s970708f.htm Zapiro, Daily Maverick Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all