Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE : 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers %20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)



View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 583.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendum · isiXhosaAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (14)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (16)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan
die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in
staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf
aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos
aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn
inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn
slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal
bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied
deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te
ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer
te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook
ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder
om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse.
Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese
assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien
die klem op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in
die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met
ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van ʼn
opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt
(argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail
E bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit
verband hou met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord
deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument.
E
Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument
vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak
(op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande en
gestruktureerde opstel. Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon soms bewys van Poging aangewend om Weinig of geen poging
AANBIEDING beplande en gestruktureerde opstel. gestruktureer. Bewyse ʼn gestruktureerde en antwoord te struktureer. om die opstel te
Goeie sintese van
inligting. Het ʼn goed gestruktureerde Poog om ʼn duidelike tot ʼn sekere mate beplande argument. Grootliks beskrywend struktureer nie.
gebalanseerde, opstel. ʼn Relevante argument te ontwikkel. gebruik om argument te Poog om ʼn argument
of poog om argument
oorspronklike argument argument is gevolg. ondersteun. Slotsom vol te hou.
Gevolgtrekking gemaak te ontwikkel. Geen
ontwikkel met bewyse. Bewyse gebruik om die bereik op grond van Gevolgtrekking nie
uit bewyse om die bewyse. poging om ʼn
Argument deurgaans argument te verdedig. duidelik ondersteun
Poog om ʼn argument te gevolgtrekking te maak
volgehou en verdedig. deur bewyse nie.
Onafhanklike onafhanklike ondersteun. nie.
gevolgtrekking gemaak gevolgtrekking uit die
uit bewyse om die bewyse te maak om die
argument te argument te
ondersteun. ondersteun.
INHOUD
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten volle
47–50 43–46
relevant tot argument
wat gevolg is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie relevant 43–46 40–42 38–39
tot argument wat gevolg
is
VLAK 5
Vraag grotendeels
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
beantwoord. Inhoud
toereikend en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of irrelevante
keuse van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad nie. 14–17 0–13
Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN (SB) DIE
SUID-AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970’s BEÏNVLOED?
1.1 1.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1A – V1]
Aanvaar jouself as swart/selfwaarde/selfbeeld/selfwaarde
Om trots te wees op wat jy is/swart trots
Swart Suid-Afrikaners moet trots op hulself wees en vir
selfstandigheid strewe
Swart Suid-Afrikaners moet onafhanklik word
Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Motiveer swartes om te verenig en teen apartheid te veg
Swart Suid-Afrikaners moet opstaan en vir hul regte veg
Swart Suid-Afrikaners moet hul gedagtegang/denke verander
Swartes moet ophou minderwaardig voel
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Dit het mense gemobiliseer toe al die belangrike politieke opposisie
verbied was en hul leiers in ballingskap (in die buiteland) of in die
tronk was (1 x 2) (2)
1.1.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 1A – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
Dit het die mondstuk/stem van die onderdrukte mense in Suid-
Afrika geword
Dit het die politieke vakuum/leemte wat op daardie stadium bestaan
het, gevul
Dit het swart Suid-Afrikaners bewus gemaak om nie hul
onderdrukking deur die apartheidsregering te aanvaar nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Onafhanklike denke
Selfonderhoud
Vreesloosheid
Waardigheid (4 x 1) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Selfbegrip
Selfagting (2 x 1) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Die apartheidsregering het die SBB as ʼn bedreiging beskou
Menige lede was gevangenisstraf opgelê/verban
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Daar was magte wat gedreig het om met hulle ‘af te reken’
Indiensneming te ontneem as ons nie ons politieke oortuigings
opgee nie (2 x 1) (2)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Omdat hulle die idees van Swartbewussyn versprei het (1 x 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Belangrike anti-apartheid organisasies was op hierdie stadium
verban
Beïnvloed deur die SBB, het hulle geleer om apartheid te weerstaan
Hulle het bewus geword van die sosiale, politieke en ekonomiese
onderdrukking wat hulle verduur het
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Hy was verban
Aangehou
Kon nie King William’s Town verlaat nie
Hy kon nie vergaderings bywoon nie
Die polisie het gereeld sy huis deurgesoek om na hom te gaan kyk
Kon nie vir koerante of tydskrifte skryf nie
Hy was ʼn paspoort geweier en kon nie die land verlaat nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Wou wit minderheidsregering behou
Sien die Swartbewustheidsbeweging as ʼn bedreiging
Sien die Swartbewustheidsbeweging as opstokers wat die regering
wou omverwerp
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Vreesloos
Onafhanklik
Bereid om vir sy oortuigings/idees te sterf
Hy het volgens sy oortuigings geleef
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Krag aan die mense (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 9
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1A en 1D – V3]
Beide bronne openbaar dat die SBB die jeug beïnvloed het
Beide bronne toon dat die jeug geleer was om vreesloos te word
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
SBB het die mense gemobiliseer (Bron 1A)
SBB het onafhanklike denke, selfvertroue, vreesloosheid en waardigheid
ingeboesem (Bron 1A)
Breek die stilte van die tyd (Bron 1A)
Dit maak swart Suid-Afrikaners bewus om teen onderdrukking op te staan
(Eie kennis)
Jong swartes het geweier om in ʼn minderwaardigheidsposisie gehou te
word (Eie kennis)
Studente was op die voorgrond van die stryd (Bron 1B)
Swartmense moet trots op hul velkleur wees (Bron 1B)
Laat swart Suid-Afrikaners hul selfwaarde besef (Bron 1B)
Maak swart studente bewus om apartheid te verwerp (Bron 1B)
Lei tot die vorming van gemeenskapsorganisasies (Eie kennis)
Studente beïnvloed deur die skrywes van Biko (Bron 1C)
Beïnvloed deur die SBB, het studente vreesloos geword (Bron 1A en 1D)
Is verander in gedissiplineerde swart jongmans (Bron 1C)
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor hoe die filosofie van
Swartbewustheid die Suid-Afrikaanse jeug in die
VLAK 1 Punte: 0–2
1970’s beïnvloed het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe
die filosofie van Swartbewustheid die Suid-
VLAK 2 Punte: 3–5
Afrikaanse jeug in die 1970’s beïnvloed het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf
te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip oor hoe die filosofie van
Swartbewustheid die Suid-Afrikaanse jeug in die
VLAK 3 Punte: 6–8
1970’s beïnvloed het.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
KOMMISSIE (WVK) IN DIE HANTERING VAN DIE MOORD OP
AMY BIEHL?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Bepaal die oorsake, aard en omvang van growwe menseregte-
skendings
Deur ondersoeke uit te voer en verhore te hou
Die toestaan van amnestie aan persone wat volle openbaring van
al die relevante feite verwant aan dade wat geassosieer was met
ʼn politieke doelwit gemaak het, te fasiliteer
Om die menslike en burgerlike waardigheid van slagoffers te
herstel
Reparasie-maatreëls aan te beveel
ʼn Verslag saam te stel van sy bevindings en aktiwiteite en
maatreëls aanbeveel om toekomstige skendings van menseregte
te voorkom (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Apartheid het die menseregte van die meeste Suid-Afrikaners
geskend
Apartheid het op grond van velkleur teen Suid-Afrikaners
gediskrimineer
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 2A – V2]
Om amptelike kwytskelding vir politieke gemotiveerde dade toe te
staan
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.4 Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 2B – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
Dit verduidelik die redes vir die stigting van die WVK
Dit gee ʼn oorsig van die tydperk van die ondersoek
Dit gee redes waarom daar ʼn behoefte aan die WVK was
Dit gee inligting oor die komitees wat die werk van die WVK sal
uitvoer
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Menseregteskending-komitee
Amnestie-komitee
Reparasie en Rehabilitasie-komitee (3 x 1) (3)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Sy was ʼn slagoffer van rassegeweld
Sy was wit (2 x 1) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Geslaan
Gesteek (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 11
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Sy was ʼn anti-apartheid aktivis
Sy het regsnavorsing vir die ANC gedoen
Het gehelp met kiesers registrasie/opvoeding
Met onbevoorregte gemeenskappe gewerk
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Om wit mense dood te maak
Deur wit mense te vermoor sou hulle hul land terugkry
Wou apartheid beëindig
Wou hê wittes moet voel wat swartes moes verduur
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Mzikhona Nofemela
Ntobeka Peni
Vusumzi Ntamo
Mongezi Manqina (Enige 3 x 1) (3)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Wou hul vergifnis hê
Wou amnestie kry
Berou vir hul sinnelose dade getoon
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
“Ek voel jammer en baie hartseer, veral vandag, met die besef
van Amy Biehl se bydrae tot die stryd” (1 x 2) (2)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Die WVK het ʼn platform verskaf aan oortreders om hul stories te
vertel
Dit het ʼn platform aan slagoffers gebied om berusting te vind
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Om die waarheid te praat
Om te bewys dat hul dade polities gemotiveerd was
Om uit die tronk vrygelaat te word
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – L3]
Bron 2C dui aan dat die moordenaars van Amy Biehl aansoek doen vir
amnestie en Bron 2D wys dat hulle voor die Amnestie-komitee verskyn
Beide bronne dui aan dat dit ʼn platform gebied het vir die moordenaars
om die waarheid oor hul misdade te onthul
Beide bronne wys dat hulle betoon het vir hul aksies berou
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Die rede vir die stigting van die WVK was om die verlede te hanteer
(Bron 2A)
Die WVK het volle amnestie aan die wat vorentoe gekom het en hul
misdade bely het geoffer (Bron 2A)
Die WVK het ʼn platform verskaf aan die moordenaars van Amy om die
waarheid te onthul oor die redes vir hul aksies (Bron 2C)
Peni onthul die waarheid van hul aksies en beweer dat dit polities
gemotiveerd was by sy amnestie verhoor (Bron 2C)
Slagoffers het die geleentheid gekry om dié te konfronteer wat hul
geliefdes beseer het (eie kennis)
Oortreders het die geleentheid om berou te betoon (Bron 2C en 2D)
Die WVK het ʼn platform vir Amy se ouers gebied om hul opinies oor die
amnestie-proses te lig (Bron 2C)
Slagoffers het vir die eerste keer gehoor wat met hul geliefdes gebeur het
en hoe hulle vermoor is (eie kennis)
Ouers vergewe die oortreders (Bron 2C)
Oortreders word uit die gevangenis vrygelaat (Bron 2C)
Oortreders ontvang amnestie (Bron 2C en 2D )
Die Amy Biehl-stigting word op die been gebring deur haar ouers om
Amy te herdenk (Eie kennis)
Oortreders werk op grondvlak, doen gemeenskapswerk en werk om
geweld te voorkom (Eie kennis)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 13
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip of die Waarheid-en-
Versoeningskommissie suksesvol was in die
VLAK 1 Punte: 0–2
hantering van die moord op Amy Biehl.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip of die Waarheid-en-
VLAK 2 Versoeningskommissie suksesvol was in die Punte: 3–5
hantering van die moord op Amy Biehl.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip of die Waarheid-en-
Versoeningskommissie suksesvol was in die
VLAK 3 hantering van die moord op Amy Biehl. Punte: 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES (MNK’s)
OP GLOBALE KULTURE IN DIE 1990’s GEHAD?
3.1 3.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V1]
Verwys na die tegnologiese, politieke en ekonomiese veranderinge
wat daartoe gelei het dat die wêreld op ʼn ander manier funksioneer
as wat dit 20 jaar gelede was
Enige ander relevante verduideliking (1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Internasionale handel
Beleggings (2 x 1) (2)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
‘Vir duisende jare, mense – en later, korporasies – het gekoop van
en verkoop aan mekaar in lande teen groot afstande’ (1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Minder handelsversperrings tussen lande
Massa-produksie deur MNK lei tot goedkoper produkte
Tegnologiese vooruitgang veroorsaak dat goedere vinniger tussen
lande beweeg
Baie lande het ʼn vrye markstelsel aangeneem
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Amerikaanse lande
Europese lande (2 x 1) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Televisie
Radio
Satelliet
Internet (Enige 2 x 1) (2)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Verbruikers het toegang tot ʼn verskeidenheid goedere en dienste
Interkonneksie van die wêreld deur inligtingstegnologie
Mense kan van ander mense se kulture en tradisies leer
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Evalueer die betroubaarheid van die bewyse uit Bron 3B – V3]
Die bron is betroubaar omdat:
Die bron wys beide die positiewe en negatiewe effekte wat
globalisering op die kulture van mense regoor die wêreld het
Dit is nie eensydig nie
Mense wat handelsmerke van oorsese korporasies dra het ʼn
daaglikse verskynsel geword
Baie mense regoor die wêreld het ʼn bietjie kennis van die Engelse
taal bekom
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 15
3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
Hongerloonfabrieke
Kinderarbeid (2 x 1) (2)
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
Boston
Washington D.C.
Bangalore
San Pedro Sula (Enige 2 x 1) (2)
3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Mense het onder haglike omstandighede gewerk
Mense was lae lone betaal
Dit het nie werkers se regte gerespekteer nie
Die belofte om die maatskappy se praktyke te verander was nie
geïmplementeer nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
Dit wys opposisie teen korporasies
Dit beskuldig groot korporasies dat dit mense verslaaf
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
REGVERDIG
MNK’s se enigste motief was om wins te maak
Mense moes in haglike omstandighede vir lae lone werk
MNK’s gebruik kontrakteurs en sub-kontrakteurs en spaar dus op
bedryfskoste en laat hulle toe om te vertrek wanneer hulle wil
Enige ander relevante antwoord
OF (4)
NIE-GEREGVERDIG
MNK’s verskaf werk
Hulle stimuleer ekonomiese groei
Dit bevorder toegang tot tegnologie en vaardighede
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3C en 3D – V3]
Bron 3C toon dat demonstrasies teen Nike-hongerloonfabrieke en Bron 3D
wys opposisie teen hongerloonfabrieke gehou was
Bron 3C dui aan dat mense in haglike omstandighede gewerk het en
Bron 3D dui aan dat korporasies mense in hongerloonfabrieke soos slawe
behandel het
Beide bronne dui daarop dat MNK’s beskuldig word dat hulle mense uitbuit
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.6 Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte insluit:
Kulture het as gevolg van globalisering verander (Bron 3B)
Mense se kulture het verander deur televisie, radio, satelliet en internet
(Bron 3B)
Globalisasie het veroorsaak dat mense van ander mense se kulture leer
(eie kennis)
Handelsmerkprodukte wat deur MNK geproduseer word, word ʼn populêre
verskynsel wêreldwyd (Eie kennis)
Dit het gelei tot die vernietiging van plaaslike kulture en identiteit (Eie
kennis)
Dit het armoede vir menigte nasies teweeggebring omdat baie mense nie
plaaslike produkte koop nie (Eie kennis)
Dit het armoede in menigte lande veroorsaak omdat die wins wat gemaak
was vanaf produksie uit die land geneem is (Eie kennis)
Mense het in haglike toestande in hongerloonfabrieke gewerk (Bron 3C)
MNK gee slegs om oor winsmotief (Eie kennis)
Gelei tot opposisie teen MNK (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor die impak wat
Multi-Nasionale Korporasies op globale
VLAK 1 Punte: 0–2
kultuur in die 1990’s gehad het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip oor die impak wat Multi-Nasionale
VLAK 2 Korporasies op globale kultuur in die Punte: 3–5
1990’s gehad het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
ʼn deeglike begrip oor die impak wat
Multi-Nasionale Korporasies op globale
VLAK 3 kultuur in die 1990’s gehad het. Punte: 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip oor
die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 17
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui tot watter mate demonstrasies, boikotte, sanksies en
disinvestering deur die internasionale anti-apartheid organisasies tot die uiteindelike
ondergang van apartheid in die 1980’s bygedra het.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en demonstreer hoe verskillende
aksies wat deur die internasionale anti-apartheid organisasies geneem is
uiteindelike tot die ondergang van apartheid gelei het.
UITBREIDING
Stigting en rol van die Anti-Apartheidsbeweging (AAM) in Brittanje/Ierse Anti-
Apartheidsbeweging (agtergrond)
Die rol van die Internasionale Verdedigingsfonds (IDAF) wat fondse vir anti-
apartheidsaktiwiteite beskikbaar gemaak het
PW Botha het probeer om apartheid te hervorm/kosmetiese hervormings
PW Botha se Rubicon-toespraak van 1985 het die internasionale gemeenskap tot
aksie aangespoor wat verskeie vorms van boikotte, sanksies en disinvestering
teen die apartheidsregering geloods het
Sportsboikotte: SANROK, HART en SACOS
Kulturele boikotte: In 1985 het VSA kunstenaars teen apartheid geprotesteer en
geweier om in Suid-Afrika op te tree en geld vir bevrydingsorganisasies (In 1986
die ‘Freedom Festival’ in Londen) ingesamel;
Musikante het hulle solidariteit met die mense in SA getoon
Akademiese boikotte: Internasionale geleerdes het geweier om na Suid-Afrika
te reis/Internasionale uitgewers het geweier om Suid-Afrikaanse manuskripte te
publiseer en om toegang tot informasie te gee/Internasionale konferensies het
Suid-Afrikaanse geleerdes verbied/Buitelandse instellings het Suid-Afrika
akademiese toegang geweier en het geweier om Suid-Afrikaanse grade te erken
Verbruikersboikotte: OPEC het ʼn verbod op die verkoop van olie aan Suid-
Afrika geplaas (Suid- Afrika het ʼn ekonomiese resessie gedurende die 1980’s
beleef)/Ierse werkers het geweier om vrugte uit Suid-Afrika te hanteer/Invoer van
natuurlike produkte uit Suid-Afrika – steenkool, yster, staal – is verbied
Disinvestering: In die 1980’s het buitelandse beleggings met 30% gedaal/Teen
1980 het Brittanje alreeds van die Simonstad marinewerf(hawe) onttrek/General
Motors en Barclays Bank het uit Suid-Afrika onttrek/In die 1980’s het die Suid-
Afrikaanse ekonomie gesukkel omdat beleggers die land verlaat het/Die
uitwerking van die AAM-protesaksie het ʼn negatiewe effek op die Suid-Afrikaanse
regering gehad
Tussen 1985 en 1990 het meer as 200 Amerikaanse maatskappye uit Suid-Afrika
onttrek/Die Universiteit van Kalifornië het beleggings van meer as drie miljoen
dollars uit Suid-Afrika onttrek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
Sanksies: In 1985 het die Amerikaanse Bank Chase Manhattan Bank bande met
Suid-Afrika verbreek; die Johannesburgse Aandelemark (JSE) het vir vier dae
gesluit/Die waarde van die rand het met 35% gedaal van 54 tot 34 sent teenoor
die dollar)/In 1986 het die VS Kongres ʼn wet aanvaar wat alle nuwe beleggings
en lenings in Suid-Afrika verbied het
Groot maatskappye soos General Electric, Pepsi Cola, General Motors, Mobil en
IBM het hul aktiwiteite in Suid-Afrika gestop/Die VSA het gedreig om wapen-
verkope aan lande wat wapens aan Suid-Afrika verskaf te staak/In 1986 het die
Anti-Apartheid Wet van die VSA veroorsaak dat Europa en Japan sanksies teen
Suid-Afrika instel; Internasionale banke het vertroue in Suid-Afrika se ekonomie
verloor
In 1982 het die Verenigde Nasie (VN) apartheid veroordeel en vir sanksies teen
SA gevra
In 1985 het die Europese Ekonomiese Gemeenskap nuwe beleggings in Suid-
Afrika verbied
In 1988 het een vyfde van Britse maatskappye uit SA as gevolg van druk van
aandeelhouers onttrek/Barclays Bank het sy aandele verkoop as gevolg van druk
van aandeelhouers/Die Suid-Afrikaanse ekonomie het aanhou stagneer en het
slegs groei van 1,1% getoon
Vrylating van Mandela-veldtog: (Wembley Stadium/Verenigde Nasies/VN
Sekuriteitsraad en VN Algemene Vergadering maak ʼn beroep vir die vrylating van
Nelson Mandela)
Die rol van internasionale vakbonde: Die AAM in Europa en Australië/Liverpool
dokwerkers/Finland se Transport Werkersvereniging stel ʼn verbod op handel met
Suid-Afrika
Dit het veroorsaak dat SA groot ekonomiese probleme ondervind het en
onderhandelings in alle erns met die vryheidsorganisasies in SA begin het
Die rol van Frontliniestate
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 19
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
SKIKKING EN DIE RNE
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe Suid-Afrika se pad na demokrasie deur
verskillende uitdagings, probleme en struikelblokke beïnvloed is, maar dit was die
gees van intense onderhandelinge, besliste leierskap en toewyding wat uiteindelik tot
die geboorte van ʼn demokratiese bedeling in 1994 gelei het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui hoe die gees van
intense onderhandelinge, besliste leierskap en toewyding wat uiteindelik tot die
geboorte van ʼn demokratiese bedeling in 1994 gelei het.
UITBREIDING
De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond
De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990 (Politieke leierskap)
Vrylating van Mandela en die ontbanning van die ANC, PAC en SACP
Verwydering van beperkings op COSATU, AZAPO ens. (Politieke leierskap en
toewyding)
Grootte Schuur-minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet; ANC delegasie gelei
deur Nelson Mandela; NP delegasie gelei deur FW de Klerk (Politieke leierskap
en toegewydheid)
Apartheid wetgewing herroep, soos die Wet op Afsonderlike Geriewe
(Politieke leierskap en toewyding)
Pretoria-minuut, 6 Augustus 1990 (Opskorting van die gewapende stryd deur die
ANC)
KODESA 1 (19 politieke partye, uitsluitend AZAPO, KP en PAC; 300
verteenwoordigers ontmoet) (Politieke leierskap en toewyding)
Geweld breek uit in sommige dele van die land, soos die Witwatersrand en Natal
Slegs wittes-referendum en die impak daarvan (Maart 1992) (Politieke leierskap)
KODESA 2 (2 Mei 1992 stort in duie); partye kon nie ooreenkom oor nuwe
grondwet en tussentydse regering nie (Politieke leierskap en toewyding)
NP wou minderheidsveto gehad het terwyl die ANC ‘n tussentydse regering vir
nie langer as 18 maande gehad het nie en eenvoudige meerderheidsregering
Boipatong-slagting en sy gevolge (17 Junie 1992)
Bhisho-slagting het die onderhandelingsproses laat skeef loop (7 September
1992)
Memorandum van Verstandhouding tussen Roelf Meyer en Cyril Ramaphosa
geteken (Politieke leierskap en toewyding)
Sluipmoord van Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika
(Politieke leierskap)
Veelpartyonderhandelingsforum (Politieke leierskap en toewyding)
Bestorming van die Wêreldhandelsentrum deur die regses (AWB) en die gevolge
daarvan
Toenemende geweld – rollende massa-aksie (i.e. Boipatong, Bisho, ens.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
Sonsondergangsklousule voorgestel deur Joe Slovo breek onderhandelings
dooiepunt (Politieke leierskap en toewyding)
Verkiesingsdatum aangekondig, 27 April 1994 (Politieke leierskap)
ANC wen verkiesing en Mandela word die eerste swart Suid-Afrikaanse president
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 21
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989.
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling en aandui of
dit die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 was wat aansienlik bygedra het tot die
politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui of dit die ineenstorting van
die Sowjetunie was wat aansienlik bygedra het tot die politieke transformasie wat in
Suid-Afrika plaasgevind het .
UITBREIDING
Gorbachev se Glasnost- en Perestroika-hervormingsbeleide
Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer en die gevolge daarvan
Die kommunistiese regimes in Oos-Europa stort ineen
Veranderinge in die wêreld het tot druk op die apartheidsregering geplaas om met
veranderinge te begin
Die ineenstorting van kommunisme het beide die Nasionale Party en die ANC
geaffekteer
Die Nasionale Party was nou bereid om met die ANC te onderhandel
Die Nasionale Party se vrees van ‘n kommunistiese beheerde ANC het nou
ongegrond gelyk
Na die val van kommunisme in die USSR het die ANC nie verdere ondersteuning van
die Sowjetunie ontvang nie
Die ANC kon nie langer op die Sowjetunie vir ekonomiese en militêre ondersteuning
staatmaak nie
Die val van USSR ontneem die ANC van sy hoofbron van ondersteuning (finansieel;
militêr, moreel en die gevolge daarvan)
Die Nasionale Party se bewering dat dit as ʼn ‘skans’ optree teen kommunistiese
uitbreiding in Suider-Afrika, het onrealisties geword
Westerse wêreldmagte ondersteun die idee dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam
en demokraties op kan oplos
Dit het duidelik geword dat die voortgesette onderdrukking van swart Suid-Afrikaners
deur die apartheidsregering nie gehandhaaf kon word nie en politieke onstabiliteit tot
gevolg kon het
Die regering het begin glo dat hervorming nodig was en moes die ontwikkeling van ‘n
sterk middelklas insluit wat as ʼn ‘teenvoeter teen die rewolusie’’ sou dien
Invloedryke lede van die Nasionale Party het besef dat apartheid nie die antwoord op
die behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling was nie
Die Slag van Cuito Cuanavale en die gevolge daarvan
Die sekuriteitsmagte en noodtoestand het nie lokasie-opstande gestop nie
Teen die laat 1980’s was Suid-Afrika in ʼn toestand van ekonomiese depressie
Die rol van besigheidsleiers in Suid-Afrika se politieke transformasie
PW Botha het ʼn beroerte gehad en is deur FW de Klerk opgevolg
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
FW de Klerk het besef dat in ʼn Suid-Afrika politieke verknorsing is en het begin
aanvaar dat die swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie ʼn sameswering was
wat vanaf Moskou gereël word nie
Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies te onderhandel
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ‘ ʼn nuwe regverdige grondwetlike bedeling’
aangekondig
De Klerk ontban alle anti-apartheidsorganisasies, insluitend die ANC, PAC en die
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
Dit het die einde van apartheid en die begin van die onderhandelingsproses aangedui
Enige ander relevante antwoord [50]
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat.
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Addendum