Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220209 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy en onderstreep aan die einde van elke vraag. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE ONTPLOOING VAN MISSIELE NA KUBA TOT KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE IN DIE 1960’s BYGEDRA? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Watter land, volgens die Sowjetunie, sou die wêreld in ʼn kernoorlog dompel? (1 x 1) (1) 1.1.2 Noem DRIE optredes van die VSA wat deur die USSR as oorlogsprovokasies beskou was. (3 x 1) (3) 1.1.3 Waarom dink jy het die USSR Kuba van industriële toerusting en goedere voorsien? (1 x 2) (2) 1.1.4 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir studente wat die redes vir die Russiese ontplooiing van kernmissiele na Kuba navors. (2 x 2) (4) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die kaart oorgedra word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te staaf. (2 x 2) (4) 1.2.2 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik hoe president Kennedy en sy ExComm (‘uitvoerende bestuur’) op die installering van missiele in Kuba gereageer het. (1 x 2) (2) 1.3 Oorweeg Bron 1C. 1.3.1 Wat het die VSA aangespoor om die noukeurige waarneming van Kuba vol te hou? (1 x 2) (2) 1.3.2 Wat, volgens die bron, was die doel van die basisse in Kuba? (1 x 2) (2) 1.3.3 Definieer die begrip kwarantyn in die konteks van die Kubaanse Missielkrisis. (1 x 2) (2) 1.3.4 Lewer kommentaar op die rede waarom jy dink Kennedy besluit het om die Amerikaanse volk toe te spreek. (2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.4 Vergelyk Bronne 1C en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1B rakende die Amerikaanse reaksie op die ontplooiing van missiele na Kuba ondersteun. (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na Bron 1D. 1.5.1 Noem TWEE voorstelle wat Khrushchev aan die VSA gemaak het om die Kubaanse Missielkrisis op te los. (2 x 1) (2) 1.5.2 Hoe, volgens die bron, het Khrushchev die Amerikaanse vlootblokkade beskou? (1 x 2) (2) 1.5.3 Verduidelik wat Khrushchev geïmpliseer het met die stelling: “En ʼn oomblik mag kom wanneer daardie knoop so styf vasgemaak is, dat selfs hy wat dit vasgemaak het nie die krag sal het om dit los te maak nie, en dit sal dan nodig wees om daardie knoop te sny’ in die konteks van die Kubaanse Missielkrisis. (2 x 2) (4) 1.5.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Kubaanse missielkrisis opgelos was. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die ontplooiing van kernmissiele na Kuba tot die Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR bygedra het. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE BY DIE ANGOLESE ONAFHANKLIKHEIDSOORLOG BETROKKE GERAAK? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae. 2.1 Gebruik Bron 2A. 2.1.1 Definieer die begrip ‘onafhanklikheid’ in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Noem die DRIE bevrydingsbewegings wat vir die onafhanklikheid van Angola geveg het. (3 x 1) (3) 2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die drie bevrydingsbewegings nie met die magsdelings- ooreenkoms soos bepaal deur die Alvor-akkoorde kon saamstem nie. (1 x 2) (2) 2.1.4 Lewer kommentaar oor waarom die Suid-Afrikaanse regering daarteen gekant was dat die MPLA Angola regeer het. (2 x 2) (4) 2.1.5 Waarom dink jy het die Angolese krisis in ʼn Koue Oorlog slagveld ontwikkel? (1 x 2) (2) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Wat, volgens die bron, was die basis van Suid-Afrika se buitelandse beleid? (1 x 2) (2) 2.2.2 Noem DRIE redes uit die bron vir Suid-Afrika se ingryping in Angola. (3 x 1) (3) 2.2.3 Watter gevolgtrekkings kan uit die stelling gemaak word: ‘Beide die MPLA en SWAPO is tydens die Koue Oorlog as Sowjet- gevolmagtigdes beskou.’? (1 x 2) (2) 2.2.4 Waarom dink jy het die VSA Suid-Afrika onder druk geplaas om by die Angolese burgeroorlog betrokke te raak? (2 x 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Haal VIER bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die VSA direk by die Angolese burgeroorlog betrokke was. (4 x 1) (4) 2.3.2 Waarom dink jy het die CIA vals inligting oor die Russiese en Kubaanse betrokkenheid in Angola gepubliseer en gerapporteer? (1 x 2) (2) 2.3.3 Verduidelik die bruikbaarheid van die bron vir historici wat die redes vir Amerika se betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog navors. (2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskap wat die fotograaf probeer oordra met betrekking tot die verhouding tussen die MPLA en Kuba. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te staaf. (2 x 2) (4) 2.4.2 Wat is die beperkinge van hierdie bron vir historici wat Angola se onafhanklikheid in 1975 navors? (2 x 2) (4) 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes vir die buitelandse moondhede se betrokkenheid by die Angolese onafhanklikheidsoorlog verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SWARTMAGBEWEGING OP AFRO-AMERIKANERS IN DIE 1960’s? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae. 3.1 Bestudeer Bron 3A. 3.1.1 Definieer die begrip burgerregte in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Wat dink jy het Carmichael geïmpliseer met die stelling: ‘Die Swartmagbeweging was ʼn keerpunt vir swart-wit-betrekkinge in die Verenigde State.’ (2 x 2) (4) 3.1.3 Noem DRIE redes uit die bron waarom swart Amerikaners besluit het om by die Swartmagbeweging aan te sluit. (3 x 1) (3) 3.1.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom swartmense in die VSA ontnugter met die Burgerregtebeweging geraak het. (2 x 2) (4) 3.2 Oorweeg Bron 3B. 3.2.1 Wie het, volgens die bron, die gratis ontbytmaaltye aan die kinders voorsien? (1 x 2) (2) 3.2.2 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Amerikaanse regering nie van die Black Panther-party gehou het nie. (3 x 1) (3) 3.2.3 Waarom dink jy het die Black Panther-party besluit om swart kinders te voed voordat hulle skool toe gaan? (1 x 2) (2) 3.2.4 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Maar vir studente wat ontbyt eet, was die politiek van die Black Panther minder interessant as die maaltye wat hulle voorsien het’. (1 x 2) (2) 3.2.5 Sal jy saamstem met die stelling dat die Black Panther-party se Gratis Ontbyt-programme suksesvol was? Ondersteun jou antwoord met TWEE aanhalings uit die bron. (2 x 2) (4) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publikasie van hierdie foto? Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te staaf. (2 x 2) (4) 3.3.2 Vergelyk Bron 3B en 3C. Hoe ondersteun die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3C rakende die gemeenskapsprogramme van die Black Panther-party? (2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 3.4 Verwys na Bron 3D. 3.4.1 Hoe, volgens die bron, het Ericka Huggins by die Swartmag- beweging betrokke geraak? (1 x 2) (2) 3.4.2 Watter gebeurtenis, volgens die bron, het Ericka oortuig om by die Black Panther-party aan te sluit? (1 x 2) (2) 3.4.3 Verduidelik hoe die rol van Ericka Huggins die tradisionele siening van die Black Panther-party as ʼn mans-gedomineerde organisasie weerspreek het. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak van die Swartmagbeweging op Afro-Amerikaners in die VSA in die 1960’s, verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA Verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie daarin geslaag het om China vanaf ʼn agterlike landelike staat tot ʼn industriële staat te omskep. Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko (Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) die ekonomiese en politieke uitdagings aangespreek het wat hul onderskeie lande ná die verkryging van hul onafhanklikheid gekonfronteer het. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING ‘Die verskillende vorme van protesaksies van die Burgerregtebeweging het die lewens van swart Amerikaners in die VSA in die 1960's suksesvol verbeter.’ Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all