Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 


%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 623.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendum · isiXhosaAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (14)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit bronne.
Verduidelik inligting verkry uit 40%
VLAK 2
bronne. (20)
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om
bruikbaarheid, betroubaarheid,
eensydigheid en beperkings vas te 30%
VLAK 3
stel. (16)
Vergelyk en kontrasteer
interpretasies en perspektiewe in die
bronne en kom tot onafhanklike
gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
geassesseer word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag
te beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die
kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die
paragraaf te beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2 of
3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar
bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende
wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer,
organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om
ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om
sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn
opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van
bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting
hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke
opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet
kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal
bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied
deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument
te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’
neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal
leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te
neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se
mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde
nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende
taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument
te ondersteun.
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien
word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies
toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt
(‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat
volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking
(aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord
waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van ʼn
opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt
(argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail
E bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe
dit verband hou met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord
deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument.
E
Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument
vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en
samehangend geskryf is.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in
die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel
moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn
Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en
aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die
matriks)
van die aanbieding
bepaal. I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande en
gestruktureerde opstel. Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon soms bewys van Poging aangewend om Weinig of geen poging
AANBIEDING beplande en gestruktureerde opstel. gestruktureer. Bewyse ʼn gestruktureerde en antwoord te struktureer. om die opstel te
Goeie sintese van
inligting. Het ʼn goed gestruktureerde Poog om ʼn duidelike tot ʼn sekere mate beplande argument. Grootliks beskrywend struktureer nie.
gebalanseerde, opstel. ʼn Relevante argument te ontwikkel. gebruik om argument te Poog om ʼn argument
of poog om argument
oorspronklike argument argument is gevolg. ondersteun. Slotsom vol te hou.
Gevolgtrekking gemaak te ontwikkel. Geen
ontwikkel met bewyse. Bewyse gebruik om die bereik op grond van Gevolgtrekking nie
uit bewyse om die bewyse. poging om ʼn
Argument deurgaans argument te verdedig. duidelik ondersteun
Poog om ʼn argument te gevolgtrekking te maak
volgehou en verdedig. deur bewyse nie.
Onafhanklike onafhanklike ondersteun. nie.
gevolgtrekking gemaak gevolgtrekking uit die
uit bewyse om die bewyse te maak om die
argument te argument te
ondersteun. ondersteun.
INHOUD
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN MISSIELE NA KUBA TOT
KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE
VERENIGDE STATE IN DIE 1960’s BYGEDRA?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
VSA (1 x 1) (1)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Oorlogsgesinde reaksionêre elemente van die Verenigde State
voer al lankal ʼn ongebreidelde (onbeheerde) propaganda-
veldtog teen die Kubaanse Republiek uit waarin hulle vir ʼn
aanval op Kuba vra
ʼn Aanval op Sowjet-skepe wat die nodige goedere en voedsel
aan die Kubaanse bevolking vervoer, in een woord, ʼn oproep
vir oorlog.
Die president van die Verenigde State het Kongres gevra om
die oproep van 150 000 reserviste aan die gewapende magte
van die Verenigde State toe te laat (3 x 1) (3)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Kuba het Rusland genader vir hulp na die mislukte Bay of Pigs
inval.
Kuba was ʼn kommunistiese land en daarom het die USSR
haar ondersteun.
Om die impak van die Amerikaanse isolasie en boikotte teen
te staan.
Om Kuba se bestaan as ʼn kommunistiese land te beskerm.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Bepaling van beperkinge van Bron 1A – V3]
Die bron is bevooroordeeld teenoor Rusland
Die bron beeld die VSA as ʼn aggressiewe, vyandige
moondheid uit
Die bron ontken dat die USSR Kuba met kernmissiele voorsien
het.
Die bron wys nie die USSR se werklike redes vir die
ontplooiing van missiele na Kuba nie.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Kaart wys dat Kuba met kernwapens toegerus was
Kaart wys dat die kernmissiele binne trefafstand van alle groot
Amerikaanse stede was
Kaart wys dat Kuba ʼn bedreiging vir die VSA was.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Hulle was ontstoke oor die installering van die kernmissiele.
Hulle het verskillende opsies bespreek om die bedreiging stop
te sit.
Hulle het besluit om ʼn blokkade in te stel om Rusland te dwing
om die missiele te onttrek
Hulle het Defcon 2 afgekondig – militêre gereedheid vir
moontlike oorlog.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Opbou van Sowjet-militêre vermoë op die eiland van Kuba.
(1 x 2) (2)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Om kern-aanvalsvermoë teen die Westelike halfrond te bied.
(1 x 2) (2)
1.3.3 [Omskrywing van ʼn historiese begrip Bron 1C – V1]
Die blokkade van internasionale waters rondom Kuba om die
aflewering van kernwapens na daardie land te verhoed
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Hy wou die Amerikaanse bevolking bewus maak van die
moontlike bedreiging wat hulle in die oë gestaar het
Hy wou die Amerikaanse publiek verseker dat hy in beheer van
die situasie was
Hy wou ʼn mate van gerusstelling onder die Amerikaanse
publiek teweeg bring
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4. [Vergelyking van bewyse van Bron 1B en 1C – V3]
Bron 1C verklaar dat die VSA Kuba die waarneming van Kuba volgehou
het – dit word ondersteun deur die kaart (1B) wat die eindresultaat van
die waarneming was.
Bron 1C verklaar dat die missiele die potensiaal gehad het om groot
stede soos Washington te verwoes – dit word ondersteun deur die kaart
(Bron 1B) wat wys dat groot Amerikaanse stede binne trefafstand van
die missiele was.
Beide bronne wys dat Kuba met kernmissiele toegerus was
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 9
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
‘ ... Ek stel voor dat ons, van ons kant, sal verklaar dat ons
skepe, wat na Kuba op pad is, geen wapens het nie.’
‘Jy sal verklaar dat die Verenigde State Kuba nie met sy magte
sal binneval...’
‘... of enige ander magte sal ondersteun wat van plan is om ʼn
inval van Kuba uit te voer nie.’ (Enige 2 x 1) (2)
1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
As aggressiewe, seerowery optrede (1 x 2) (2)
1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Hy impliseer dat die VSA die krisis eskaleer tot ʼn punt waar die
VSA self nie die krisis sou kon afweer nie.
Hy impliseer dat die VSA se weiering om die kwarantyn op te
hef kan lei tot ʼn kernoorlog
Hy impliseer dat indien die twee moondhede nie die krisis
vreedsaam kon oplos nie, dit tot kernoorlog sou lei
Hy impliseer dat die krisis ʼn dooiepunt bereik het wat net deur
oorlog beslis sou kon word
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Leiers het ʼn kompromis bereik
Rusland sou die missiele uit Kuba onttrek op voorwaarde dat
die VSA Kuba nie sou binneval nie
Die VSA het in die geheim ingestem om sy missiele uit Turkye
te onttrek
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende punte gebruik om die vraag te beantwoord:
Kuba het Russiese hulp versoek na die mislukte Bay of Pigs inval (eie
kennis)
Rusland dring daarop aan dat die VSA Kuba wil aanval sowel as
Russiese skepe wat onderweg na Kuba was (Bron 1A)
Spanning vererger toe die VSA 150 000 reserviste opkommandeer het
(Bron 1A)
Rusland erken dat hy wapens aan Kuba vir defensiewe doeleindes
verskaf (Bron 1A)
VSA beskou ontplooiing van missiele na Kuba as ʼn bedreiging (Bron 1A
en 1B)
Spanning vererger toe die VSA ʼn kaart publiseer wat wys dat al die groot
stede van die VSA binne trefafstand van die missiele was (Bron 1B)
President Kennedy maak mense bewus van die gevaar en belowe dat hy
dit sal teenstaan (Bron 1C)
Kennedy inisieer ʼn blokkade van Kuba en dreig om Russiese skepe te
sink (Bron 1C)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
Rusland beveel sy skeepskapteine om die blokkade te verontagsaam
(eie kennis en Bron 1D)
Rusland waarsku dat die missielkrisis tot ʼn rampspoedige kernoorlog
sou lei (Bron 1D)
Rusland verklaar dat hy ten gunste van ʼn vreedsame oplossing vir die
krisis is (Bron 1D)
Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op elementêre wyse.
Vraag nie beantwoord nie.
Toon geen of min begrip van hoe die
ontplooiing van kernmissiele na Kuba tot
VLAK 1 0–2
Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en
die USSR bygedra het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van hoe die
ontplooiing van kernmissiele na Kuba tot
VLAK 2 3–5
Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en
die USSR bygedra het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante en toepaslike bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van hoe die
ontplooiing van kernmissiele na Kuba tot
Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en
VLAK 3 6–8
die USSR bygedra het.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van
die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE BY DIE ANGOLESE
ONAFHANKLIKHEIDSOORLOG BETROKKE GERAAK?
2.1 2.1.1 [Definisie van historiese konsepte uit Bron 2A – V1]
Die reg om ʼn land te bestuur sonder enige inmenging van
buitelandse moondhede
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
MPLA
FNLA
UNITA (3 x 1) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Elkeen wou die land alleen bestuur
Hulle het te veel etniese verskille gehad
Hulle het te veel ideologiese verskille gehad
Daar was te veel buitelandse inmenging
Hulle het mekaar gewantrou wat die magsdeling-ooreenkoms
bemoeilik het.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
MPLA was kommunisties
MPLA was teen SA se apartheidsbeleid gekant
MPLA het die ANC toegelaat om basisse daar te open om die
gewapende stryd teen SA voort te sit
MPLA het SWAPO toegelaat om basisse daar op te rig om die
stryd vir onafhanklikheid voort te sit
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Byna al die supermoondhede het by die burgeroorlog betrokke
geraak
Supermoondhede het militêre hulp verskaf om hul eie belange in
Angola te beskerm
Supermoondhede het betrokke geraak om hul ideologie in Angola
uit te brei
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Die totale aanslag van kommunisme (1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Om sy eie belange te beveilig en te beskerm
Om Suid-Afrika teen die toenemende kommunistiese bedreiging te
beskerm.
Die USSR en Kuba het hul steun aan die MPLA uitgebrei
Die konsentrasie SWAPO-rebelle aan die grens van die suide van
Angola het SA se belange in SWA ook in gevaar gestel
Boonop is SA deur sommige in die internasionale gemeenskap
onder druk geplaas om vir die eerste keer in Angola betrokke te
raak.
Die internasionale gemeenskap het Suid-Afrika onder druk geplaas
om betrokke te raak
Dit is in eie en streeksbelang. (Enige 3 x 1) (3)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Albei organisasies was indirek deur Rusland beheer
Rusland het beide organisasies van wapens voorsien om sy
kommunistiese agenda in Afrika te handhaaf
Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Die VSA was gekant teen kommunistiese indringing in Angola
omdat dit hul kapitalistiese belange daar in gevaar sou stel.
Die VSA wou nie direk betrokke geraak het nie en daarom het hulle
SA gevra om kapitalisme in Suider-Afrika te beskerm
Die VSA was onder druk na hul mislukte veldtog in Viëtnam en wou
nie troepe na Angola ontplooi nie.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Die VSA het Angolese gevegseenhede opgelei
Amerikaanse personeel … het verkennings- en toevoermissies
uitgevoer
CIA bestee meer as ʼn miljoen dollar aan 'n ambisieuse
huursoldaatprogram
Baie Amerikaanse guerrillas veg in Angola teen die MPLA
Die CIA het ook direk die bewapening van Britse huursoldate
gefinansier (Enige 4 x 1) (4)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Om die aandag oor hul eie betrokkenheid in Angola weg te neem
Om hul inmenging in Angola te regverdig
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 13
2.3.3 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 2C – V3]
Bruikbaar tot ʼn groot mate
Bron wys dat die VSA militêre hulp aan sekere bevrydingsorganisasies
verleen het
Bron wys dat die VSA direk betrokke was by die Angolese burgeroorlog
Bron wys ook dat die VSA finansiële hulp verleen het om sy doelwitte in
Angola te verwesenlik
Bron wys dat die VSA ook van propaganda gebruik gemaak het om die
aandag van hul inmenging in Angola te verskuif.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Dit wys dat Neto en Castro ʼn baie goeie verhouding gehad het
Dit wys dat Castro die MPLA ondersteun het
Bron wys dat baie mense tevrede met die MPLA-regering was
Dit wys dat Castro tot die bewindsaanname van die MPLA bygedra het
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Bepaling van beperkinge van Bron 2D – V3]
Dit kan as propaganda beskou word.
Nie al die burgers het die MPLA ondersteun soos wat die bron te kenne
wil gee nie
Die bron wys nie die verdeeldheid wat in Angola na onafhanklikheid
bestaan het nie.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.5 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate mag die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Buitelandse moondhede raak betrokke by die Angolese onafhanklikheidsoorlog
om hul ekonomiese en ideologiese belange te bevorder (Bron 2A)
Hulle het militêre hulp aan hul voorkeurkliënte gelewer. (Bron 2A)
SA ondersteun UNITA en FNLA omdat hulle anti-kommunisties was (Bron 2B)
Beide UNITA en die FNLA het onderneem om SWAPO-aanvalle op Suid-Afrika
teen te werk. (Bron 2B)
SA was teen die kommunistiese MPLA gekant. (Bron 2B)
SA het ʼn behoefte gesien om sy eie belange te beveilig en te beskerm
(Bron 2B)
Die VSA wou die verspreiding van kommunisme in Angola en Suider-Afrika
voorkom (Bron 2C)
Die VSA het oliekontrakte in Angola gehad en was gekant teen die
kommunistiese uitbreiding wat dit in gevaar sou stel. (Eie kennis)
Rusland en Kuba het die MPLA ondersteun omdat hulle kommunisties was (Eie
kennis en Bron 2D)
Angola se geografiese ligging was vir beide die VSA en Rusland van
strategiese waarde (Eie kennis)
Kuba het op versoek van die MPLA betrokke geraak. (Eie kennis en Bron 2D)
Kuba het betrokke geraak om die opmars van die Suid-Afrikaanse weermag in
Angola te stop (Eie kennis)
Enige ander relevante antwoord,
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op elementêre wyse.
Vraag nie beantwoord nie.
Toon geen of min begrip van waarom
buitelandse moondhede by die Angolese
VLAK 1 0–2
onafhanklikheidsoorlog betrokke geraak
het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van waarom
buitelandse moondhede by die Angolese
VLAK 2 3–5
onafhanklikheidsoorlog betrokke geraak
het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante en toepaslike bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van waarom
buitelandse moondhede by die Angolese
onafhanklikheidsoorlog betrokke geraak
VLAK 3 6–8
het.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 15
VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SWARTMAGBEWEGING OP
AFRO-AMERIKANERS IN DIE 1960’s?
3.1 3.1.1 [Definisie van historiese begrippe uit Bron 3A – V1]
Burgerregte is die sosiale en politieke regte wat aan alle
burgers gegee word wat binne dieselfde grense woon, ongeag
velkleur.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Dit het die manier waarop swartmense na hulself gekyk het,
verander
SM het ʼn dryfkrag laat ontstaan wat bereid was om Blankes te
beveg vir dit waarin hulle geglo het
SM het probeer om rasse-onafhanklikheid te bewerkstellig en
wou nie in die wit-gedomineerde samelewing geabsorbeer word
nie
SM het 'n tydperk van rassegeweld en onrus in die VSA laat
ontstaan
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Swartes het nog steeds laer lone as blankes ontvang
Hoër misdaadsyfers in hul woonbuurte
Hulle het ook onuitgesproke, maar waarneembare rasse-
diskriminasie beleef.
Die Burgerregtebeweging te hoofstroom was om werklike
verandering teweeg te bring
Hulle wou die proses bespoedig (versnel) en swartes dieselfde
geleenthede as blankes gee.
Hulle het gevoel dat die Burgerregtebeweging meer op wit
persepsies van burgerregte as op swart persepsies gegrond
was. (Enige 3 x 1) (3)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Hulle was ontnugter oor die stadige verandering wat deur die
Burgerregtebeweging teweeggebring is.
Die Burgerregtebeweging kon die sosiale en ekonomiese
ongelykhede van swartes nie voldoende aanspreek nie.
Hulle was van mening dat die Burgerregtebeweging te matig
was en meer gebaseer was op wit denke as swart denke
Die beleid van die Burgerregtebeweging ten opsigte van nie-
geweld het nie by sommige swartes byval gevind nie.
(Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Black Panther-party (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Die Swart Nasionalistiese party is in die nuusmedia gekritiseer
Gevrees deur diegene wat deur die boodskap van swart mag
geïntimideer was
Sy verbintenis tot die beëindiging van polisie-brutaliteit en
onderdanigheid van swart Amerikaners (3 x 1) (3)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Hulle wou die leerproses in swart skole verbeter
Swartes was uitgesluit van die voedselprogramme van die
federale regering.
Die Black Panthers het hongerte as ʼn middel van
onderdrukking gesien wat deur voedingsprogramme gestop
moes word.
Om akademiese prestasie te verbeter.
Om die lewenstandaard van swart Amerikaners te verhoog.
Om die grondslag van politieke aktivisme / brandstof vir
revolusie te lê
Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Die kinders het die ontbyt geniet en was nie bewus van die
politieke ondertone daarvan nie
Hulle fokus was net op die ontbyt, en hulle wou nie weet
hoekom die voedsel aan hulle aangebied is nie
Hulle het nie in die politiek van die Black Panther Party
belanggestel nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.2.5 [Evaluering van bewyse uit Bron 3B – V2]
Suksesvol
Die kinders het nie in die klas aan die slaap geraak nie
Hulle huil nie met maagkrampe nie
Kinders was anders. (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Om aan te toon dat die Black Panther-program suksesvol was
Om aan te toon dat swartes die vermoë het om dinge vir hulself
te doen
Om ʼn kultuur van trots onder swartmense te bevorder
Om aan te toon dat swartes armoede en honger sonder
federale steun kan uitwis.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 17
3.3.2 [Vergelyking van bronne om ooreenkomste te bepaal – V3]
Bron 3B noem dat Black Panther-party ʼn program begin het om
vir swart kinders ʼn ontbytmaaltyd te bedien, terwyl Bron 3C toon
hoe swart kinders met ʼn ontbyt bedien word.
Albei bronne toon dat ‘Black Panthers’ dinge vir hulself kan doen
sonder om op wit hulp te vertrou.
Albei bronne wys hoe gelukkig die kinders was om die kos te
ontvang.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
As universiteitstudent aan die Lincoln Universiteit in
Pennsilvanië was sy by die Black Student Congress (BSC)
betrokke. (1 x 2) (2)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
ʼn Tydskrifartikel wat Huey uitgebeeld het sonder ʼn hemp wat
aan die hospitaaldraagbaar met ʼn koeëlwond in sy maag
vasgemaak was.’ (1 x 2) (2)
3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
Vroue het ʼn kritieke rol in alle aspekte in die lewe van die Black
Panther-Party gespeel.
Vroue beklee sleutelposisies in die party weens die program vir
geslagsgelykheid
Byna die helfte van die lidmaatskap van die BPP was vroue
Swart vroue het die werk van die party aan die gang gehou
Vroue het leiersposte beklee om die vakante poste te vul,
aangesien mans deur die federale regering aangekla of
vermoor is.
Vroue was in staat om BPP-takke oop te maak – Connecticut.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.5 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate mag die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Swartes het moedeloos geraak met die Burgerregtebeweging omdat
hulle te lank op hul vryheid moes wag (Bron 3A)
SMB was ʼn keerpunt in swart-wit verhoudinge (Bron 3A)
SMB het swartes ekonomiese en politieke onafhanklikheid aangebied
(Bron 3A)
Swartmagbeweging moedig swartes aan om dinge vir hulself te begin
doen (eie kennis)
BPP het gratis ontbytprogramme vir kinders begin (Bron 3B en 3C)
Ontbytprogramme het ʼn positiewe uitwerking op swart kinders gehad
(Bron 3B en 3C)
Die ontbytprogramme was daarop gemik om die revolusie aan te
wakker (Bron 3B)
BPP het ook gesondheidsklinieke en geletterdheidsklasse vir swartes
aangebied (eie kennis)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
BPP het met die polisie gebots om polisie-brutaliteit te beëindig (Eie
kennis)
BPP se programme was suksesvol en daarom het die federale regering
nie van die Black Panther-party gehou het nie (Bron 3B en 3C)
BPP het selfversorging bepleit – hul eie kinders opgelei (eie kennis)
Baie vroue het by die BPP aangesluit soos Erica Huggins (Bron 3D)
Vroue speel ʼn aktiewe en kritieke rol in die BPP – het takke gestig soos
Erica Huggins (Bron 3D)
Vroue beklee sleutelposisies wat deur mans vakant gelaat omdat hulle
óf deur die federale regering opgesluit of doodgemaak was (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op elementêre wyse.
Vraag nie beantwoord nie.
Toon geen of min begrip van die impak van
VLAK 1 die Swartmagbeweging op Afro- 0–2
Amerikaners in die 1960’s.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van die impak van
VLAK 2 die Swartmagbeweging op Afro- 3–5
Amerikaners in die 1960’s.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante en toepaslike bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van die impak van
die Swartmagbeweging op Afro-
VLAK 3 Amerikaners in die 1960’s. 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van
die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 19
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui tot watter mate die Groot Sprong Vorentoe en die
Kulturele Rewolusie daarin geslaag het om China van ʼn agterlike agrariese
(landelike) staat tot ʼn industriële staat te omskep. Kandidate moet die redes vir
die implementering sowel as die impak van die beleidsrigtings bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Inleiding: Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate die Groot Sprong
Voorspeler en die Kulturele Revolusie daarin geslaag het om China
van 'n agterlike agrariese staat tot ʼn industriële staat te omskep.
UITBREIDING
In 1949 onderteken Mao ʼn Verdrag van Vriendskap met Rusland om sy land
te herbou.
Rusland het geld, masjiene en kundiges aan hulle gegee; met sy hulp het hy
sy eerste vyfjaarplan geïmplementeer.
Hierdie plan was ʼn sukses – steenkoolproduksie het verdubbel en die
produksie van olie het verdriedubbel.
Landbouproduksie het toegeneem, maar kon nie genoeg graan vir stedelike
verbruik produseer nie.
Mao het die Groot Sprong Vorentoe (‘Great Leap Forward’) bekendgestel om
China tot ʼn industriële staat te omskep.
Hy het geglo dat kollektivisering die nywerheidswerkers in die stad sou voed
en kontantgewasse vir uitvoer sou lewer
Plase is deur die staat oorgeneem – staatsteikens is opgestel en hersien
Nie een van hierdie teikens was bereik nie
Nywerheidsproduksie het gedaal – steenkool het tot 180 miljoen ton gedaal
Die swaar industrie het met 65% gedaal
Ligte industrie het met 30% gedaal
Hierdie teikens was nie bereik nie omdat die kleinboere traag was om te
produseer. Hulle was kwaad omdat hulle plase weggeneem was.
Die produksie van yster en staal het gedaal en die gehalte van die yster en
staal was baie swak.
In 1960 het Mao ʼn argument met Rusland gehad. Rusland het hulle kundiges
onttrek wat tot die ineenstorting van al die groot projekte in China gelei het.
In dieselfde jaar was daar ook ʼn groot droogte. Dit het gelei tot hongersnood
waar meer as 30 miljoen mense gesterf het.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
Mao het bedank as president, maar as voorsitter van die Kommunistiese Party
aangebly.
Die gematigdes wat oorgeneem het, het kapitalistiese hervormings
geïmplementeer om die ekonomie te verbeter.
Mao was gekant teen kapitalisme en het die Kulturele Rewolusie geloods.
Hy het die Chinese publiek versoek om almal en alles wat met kapitalisme
geassosieer was, uit te wis.
Hy het hulle aangemoedig om die Vier Oues te vernietig (Ou Idees, Ou
Tradisies, Ou Gewoontes en Ou Kultuur)
Die studente het Mao se oproep beantwoord en die Rooi Wagte gevorm. Hulle
het kerke, skole en universiteite aangeval en vernietig.
Onderwysers, ouers en party-beamptes is in die openbaar verneder en
vermoor.
Studente het nou ook ouers aangeval wat vermoedelik kommunisties was.
Die land was nou gedompel in ʼn burgeroorlog en Mao was gedwing om die
weermag in te roep om wet en orde te herstel.
Miljoene studente is na die platteland vir heronderwys gestuur.
Mao het in 1976 gesterf en dit het tot die einde van die Kulturele Rewolusie
gelei.
Nog 4 miljoen mense is dood as gevolg van hierdie beleid.
ʼn Hele generasie Chinese het nie formele onderwys ontvang nie, aangesien
skole en universiteite vernietig was.
Die ekonomie het in duie gestort aangesien landbouproduksie gedaal het.
Baie Chinese het vertroue in die Kommunistiese Party verloor.
Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argumente met relevante gevolgtrekkings saamvat. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 21
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe Nyerere en Sese Seko hul ekonomiese en
politieke uitdagings na onafhanklikheid die hoof gebied het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet die suksesse en uitdagings wat Tanzanië en die Kongo in
die gesig staar krities bespreek met spesifieke verwysing na hul ekonomiese
en politieke ontwikkeling nadat hulle onafhanklikheid van die koloniale
regerings verkry het.
UITBREIDING
EKONOMIE
Die Kongo en Tanzanië het ʼn eenproduk-ekonomie van hul koloniseerders geërf.
Tanzanië het ʼn sosialistiese ekonomiese model gevolg
Kongo het ʼn kapitalistiese model gevolg
Albei lande het gesukkel om hul onderskeie ekonomieë te ontwikkel.
Nyerere het ʼn Afrika-sosialisme-model aangeneem soos uiteengesit in die
Arusha-verklaring wat gelei het tot die nasionalisering van nywerhede en grond.
Die doel daarvan was om bande met Westerse lande te sny en selfvoorsiening
en selfafhanklikheid te skep.
Die samelewing sou stabiel en vry van ekonomiese ongelykhede wees.
Mobuto het die nywerhede aanvanklik genasionaliseer met behulp van die
Zaïrianisasie-beleid – wat die afneem van plase en besighede vanaf buitelandse
eienaars ingesluit het wat deur Kongolese vervang was.
Toe dit misluk weens ʼn gebrek aan vaardighede en swak bestuur, het hy ʼn
kapitalistiese model aangeneem en besighede aan buitelandse eienaars
terugbesorg.
Nyerere het Ujaama ingestel.
ʼn Landelike gemeenskap met boerdery / kollektiewe arbeid.
Gebrek aan gereedskap, water en bestuursvaardighede het gelei tot weerstand
wat die polisie en militêre magte nie kon beheer nie.
Dit het gelei tot die vernietiging en verlating van landerye.
Tanzanië het die armste en mees onderontwikkelde land gebly.
Tanzanië het korrupsie van regeringsamptenare verminder deur die ‘Leierskap
Kode’.
Albei lande moes buitelandse hulp aanvaar en beleggings toelaat wat Nyerere
aanvanklik as neo-kolonialisme beskou het.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
POLITIESE ASPEKTE
Kongo:
Na die verkryging van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (die Kongo
1960) het J. Kasavubu president en P Lumumba die eerste minister geword
Na die hou van veelpartyverkiesings tydens onafhanklikheid, het die Kongo binne
die eerste vyf jaar na die onafhanklikheid ʼn eenpartystaat geword
Mobuto Sese Seko het tot sy dood in 2007 lewenslank as president aangebly
Mobuto Sese Seko het ʼn kleptokrasie opgerig waar ʼn groep aangewese openbare
amptenare hul posisie vir finansiële gewin misbruik het
Afrika-waardes is teruggebring
Sterk gesentraliseerde regering
Politieke stabiliteit (alhoewel gebaseer op outoritarisme)
Enige ander relevante antwoord
Tanzanië:
Verkryging van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (Tanzanië 1961:
J Nyerere – het die grondwet gewysig om president te word (1962)
Maklike oorgang (vreedsame verandering/rasseharmonie/toewyding tot
bevordering van menslike gelykheid en waardigheid)
Na veelpartyverkiesings tydens onafhanklikheid, het dit ʼn eenpartystaat geword
Nyerere het tussen die 1960’s en 1970’s as president aangebly
Nyerere het die leierskapskode in die Arusha-verklaring bekend gestel wat hoë
vlakke van integriteit van openbare amptenare geëis het
Afrika-sosialisme / Ujamaa was geskik vir inwoners
Stigting van die Verenigde Republiek van Tanzanië (1964)
Gesentraliseerde en eenheidstaat
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argumente met relevante gevolgtrekkings saamvat. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 23
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s – DIE
BURGERREGTEBEWEGING IN DIE VSA
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. Indien jy
saamstem met die stelling, moet hulle dit ondersteun met relevante historiese
bewyse.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie.
UITBREIDING
Rosa Parks (Agtergrond)
In 1960 het ʼn klein groepie swart studente ʼn sitstaking by ʼn restaurant in
Greensboro begin wat geweier het om swartmense te bedien
Hulle het die ‘slegs-blankes’ sitplekke beset en hul bestellings geplaas, maar
is nie bedien nie. Binne twee maande het die sitstaking na 54 stede in 9 state
versprei
Die studente is fisies en verbaal mishandel, maar hulle het King se nie-
gewelddadige strategie gevolg deur nie terug te veg nie
Die veldtog was suksesvol en ʼn paar weke later het ses restaurante in
Nashville gedesegregreer en begin om alle mense te dien, ongeag hul
velkleur
Dit is gevolg deur suksesvolle veldtogte teen gesegregeerde vervoer,
restaurante, swembaddens, teaters, biblioteke, strande en openbare parke
In 1961 het CORE die Vryheidsritte georganiseer waar beide swart en wit
Amerikaners suidwaarts gery het om die doeltreffendheid van die hof se
desegregasie-beslissing te toets.
In Alabama is een van die busse verbrand en ʼn paar aktiviste is aangerand.
Hierdie geweld is op nasionale televisie uitgesaai en het die Vryheidsritte
nasionale aandag verkry
Dit het die federale regering gedwing om in te tree om die aktiviste te beskerm
en om die uitspraak van die Hooggeregshof te handhaaf. Op hierdie manier
het die Vryheidsritte gelei tot die desegregasie van meer busdienste in die
suidelike state
Swartes in Amerika kon net stem indien hulle ʼn geletterdheidstoets kon slaag.
Swart-en-wit studente van die Noorde het kerke en skole in die Suide besoek
en Swartes geleer hoe om te lees en skryf
Die Burgerregtebeweging het nou hul fokus verskuif om stemreg vir Swartes
in Mississippi te verkry deur middel van ʼn strategie genaamd ‘Vryheidsomer’
(Freedom Summer)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
Hulle is mishandel en geteister en minstens drie aktiviste is vermoor. Ten spyte
hiervan is die Vryheidsomer-veldtog voortgesit en was ʼn sukses omdat meer
swartes nou die geletterdheidstoets kon slaag.
Op hierdie manier kon meer swartes nou stem
Birmingham was ʼn sterk KKK-vesting en as Amerika se mees rassistiese stad
beskryf
In April 1963 het King ʼn optog geloods om te protesteer teen segregasie en
onregverdige indiensneming in die stad
Hy is in hegtenis geneem. Hy het gevolglik kinders gebruik om die veldtog in
Birmingham voort te sit. Die polisie het die optog met geweld onderdruk.
Die beelde van kinders wat met hoëdrukwaterpype gespuit word en deur
honde en die polisie aangeval word, het internasionale nuus en veroordeling
veroorsaak
Die media het Amerika weer eens gewys hoe die lewe vir Afro-Amerikaners in
die Suide is
Die optog is deur ʼn kompromie beëindig. Die protesaksie is gestaak en die
stad se fasiliteite is gedesegregreer en meer swartes is in die stad se
departementele winkels in diens geneem
Op 28 Augustus 1963 het King ʼn optog van meer as 200 000 Amerikaners in
Washington vir werk en vryheid gelei
Hy wou die politieke en sosiale uitdagings wat swart Amerikaners elke dag in
die gesig gestaar het, beklemtoon. Die optog het probeer om die werkloosheid
van swartes aan te spreek en om volle rassegelykheid te verkry
Dit het uitgeloop op Martin Luther King Jr. se ‘Ek het ʼn droom’-toespraak, – ʼn
geesdriftige oproep tot rasse-geregtigheid en gelykheid.
Dit het daartoe gelei dat die Federale Regering die Wet op Burgerregte van
1964 aangeneem het wat segregasie in openbare verblyf en diskriminasie in
onderwys en werk verbied het
Dit is opgevolg deur die Wet op Stemreg van 1965, wat alle beperkings op
stemregte verwyder het.
Geletterdheidstoetse en ekstra belasting sou nie langer toegelaat word om te
verhoed dat Afro-Amerikaners stem nie
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat deur te verwys na die sukses van
die Burgerregtebeweging om verandering in die Verenigde State van
Amerika teweeg te bring.
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper