Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12202014 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 1: HOE HET DIE ONTPLOOING VAN MISSIELE NA KUBA TOT KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE IN DIE 1960’s BYGEDRA? BRON 1A Hierdie bron is ʼn uittreksel uit ʼn Sowjet-verklaring oor ʼn potensiële Kubaanse aanval deur die Verenigde State (11 September 1962). Die regering van die USSR vind dit nodig om die aandag van die regerings van alle lande en die wêreldmening te vestig op die provokasies wat die Amerikaanse regering nou uitvoer; provokasies (uitlokkings) wat die wêreld tot die ramp van ʼn universele wêreldoorlog met die gebruik van kernwapens kan dompel. Oorlogsgesinde reaksionêre elemente van die Verenigde State voer al lankal ʼn ongebreidelde (onbeheerde) propagandaveldtog teen die Kubaanse republiek uit, waarin hulle vra vir ʼn aanval op Kuba, ʼn aanval op Sowjet-skepe wat die nodige goedere en voedsel aan die Kubaanse bevolking vervoer, in een woord, ʼn oproep vir oorlog. Die president van die Verenigde State het Kongres gevra om die oproep van 150,000 reserviste aan die gewapende magte van die Verenigde State toe te laat ... So ʼn stap deur die Amerikaanse regering kan nie anders beoordeel word as ʼn skerm vir aggressiewe planne en voornemens van die Verenigde State opsigself en sal onvermydelik daartoe lei dat die internasionale atmosfeer vererger. ... Ons verberg nie vir die wêreldpubliek dat ons Kuba regtig voorsien van industriële toerusting en goedere wat bydra tot die versterking van haar ekonomie en die opheffing van die welsyn van die Kubaanse bevolking ... daar moet onthou word dat ʼn sekere hoeveelheid wapentuig ook van die Sowjetunie na Kuba gestuur word op versoek van die Kubaanse regering in aanleiding van die dreigemente deur aggressiewe imperialistiese groepe. Die Kubaanse staatsamptenare het die Sowjet-regering ook versoek om Sowjet-militêre spesialiste, tegnici wat die Kubane sou oplei in die hantering van die jongste wapens, aan Kuba te stuur, omdat die jongste wapens nou hoë vaardigheid en baie kennis vereis. Dit is net natuurlik dat Kuba nog nie sulke spesialiste het nie. Die bewapening en militêre toerusting wat na Kuba gestuur word, is uitsluitlik vir defensiewe doeleindes ontwerp en die president van die Verenigde State en die Amerikaanse weermag, net soos die weermag van enige land weet wat die verdedigingsmiddele is. Hoe kan hierdie middele die Verenigde State bedreig? [Uit http://www.mtholyoke.edu/acad/intrel/precrisis.htm. Toegang op 21 November 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die volgende bron is ʼn kaart wat die VSA gepubliseer het om die impak van die missiele in Kuba aan te dui. [Uit https://www.gettyimages.com/photos/cuban-missile-crisis?mediatype=photography&phrase =cuban%20missile%20crisis&sort=mostpopular. Toegang op 15 December 2019 verkry.] KANADA KUBA VSA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) BRON 1C Hierdie bron is ʼn uittreksel uit die toespraak van president John F. Kennedy aan die Amerikaanse nasie op radio en televisie oor die Sowjet-missiele in Kuba op 22 Oktober 1962. Goeie naand, my medeburgers. Hierdie regering het, soos belowe, die noukeurige waarneming (toesig) van die opbou van die Sowjet-militêre op die eiland van Kuba vol gehou. Gedurende die afgelope week het onmiskenbare bewyse die feit bevestig dat ʼn reeks offensiewe missielterreine nou in aanbou op die omringde eiland is. Die doel van hierdie basisse is niks anders as om ʼn kern-aanvalsvermoë teen die Westelike Halfrond te bied. Die kenmerke van hierdie nuwe missielpersele dui op twee duidelik onderskeibare soorte installasies. Verskeie van hulle sluit in meduim-afstand ballistiese missiele wat in staat is om ʼn kernplofkop vir meer as 1 000 seemyl te kan vervoer. Kortom, elkeen van hierdie missiele is in staat om Washington, DC, die Panamakanaal, Kaap Canaveral, Mexikostad of enige ander stad in die suidoostelike deel van die Verenigde State, in Sentraal- Amerika of in die Karibiese gebied te tref. Om hierdie offensiewe opbou te stop, word ʼn streng kwarantyn (blokkade) op alle offensiewe militêre toerusting wat na Kuba gestuur word, begin. Alle skepe van enige aard wat na Kuba moet reis, van watter land of hawe ook al, as dit gevind word dat daar vragte van offensiewe wapens is, sal moet teruggedraai word. ... Ons ontken egter tans nie teen hierdie tyd, die lewensnoodsaaklikhede soos die Russe in hul Berlynse-blokkade van 1948 probeer doen het nie. [Uit https://spartacus-educational.com. Toegang op 16 Desember 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Hierdie bron is ʼn vertaling van 'n telegram van Khrushchev na Kennedy wat op 26 Oktober 1962 van die ambassade in die Sowjetunie aan die Staatsdepartement, Moskou gestuur is. Laat ons dus staatsmanagtige wysheid toon. Ek stel voor dat ons, van ons kant, sal verklaar dat ons skepe, wat na Kuba op pad is, geen wapens het nie. Jy sal verklaar dat die Verenigde State Kuba nie sal binneval nie met sy magte of enige ander magte sal ondersteun wat van plan is om ʼn inval van Kuba uit te voer nie. Dan sal die noodsaaklikheid vir die teenwoordigheid van ons militêre spesialiste in Kuba verdwyn. Meneer die president, ek doen ʼn beroep op jou om goed op te weeg wat die aggressiewe, seerowery optrede, wat jy verklaar die VSA in internasionale waters gaan uitvoer, na kan lei. Jy weet self dat ʼn verstandige man eenvoudig nie hiermee kan saamstem, en nie jou reg tot sulke optrede kan erken nie. As jy dit gedoen het as die eerste stap in die rigting van die ontketening van oorlog, dan is dit duidelik dat daar niks anders aan ons oorbly as om hierdie uitdaging van jou te aanvaar nie. As jy egter nie jou selfbeheersing verloor het nie en verstandig kan dink waartoe dit kan lei, dan, meneer die president, sal ons en julle nie nou aan die eindpunte van die tou trek waar jy die oorlogsknoop vasgemaak het nie, want hoe meer ons twee trek, hoe stywer word die knoop vasgemaak. En ʼn oomblik mag kom wanneer daardie knoop so styf vasgemaak is dat selfs hy wat dit vasgemaak het, nie die krag sal het om dit los te maak nie, en dit sal dan nodig wees om daardie knoop te sny. En wat dit sou beteken, is nie vir my om aan jou te verduidelik nie, want jy verstaan self heeltemal oor watter verskriklike magte ons lande beskik. Gevolglik, as daar geen voorneme is om die knoop stywer te trek en sodoende die wêreld tot die ramp van kernoorlog te bring nie, laat ons dan nie net die magte wat aan die ente van die tou trek, verslap nie, laat ons dan maatreëls tref om die knoop los te maak. Ons is gereed daarvoor. [Uit https://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html. Toegang op 16 Desember 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE BY DIE ANGOLESE ONAFHANKLIKHEIDSOORLOG BETROKKE GERAAK? BRON 2A Hierdie bron verduidelik die magstryd wat ontstaan het nadat Angola in 1974 onafhanklik geword het. Drie belangrike militêre bewegings het sedert die 1960’s vir Angolese onafhanklikheid geveg. Die Populêre Beweging vir die Bevryding van Angola (MPLA) was ʼn Marxistiese organisasie gestasioneer in die hoofstad, Luanda en was deur Agostinho Neto gelei. Die Nasionale Front vir die Bevryding van Angola (FNLA), gelei deur Holden Roberto, was in die noorde van die land gevestig en het sterk bande met die Amerikaanse bondgenoot (vriend), Mobutu Sese Seko, in die naburige Zaïre gehad. Die Nasionale Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (UNITA), ʼn afstammeling van die FNLA, is deur Jonas Savimbi gelei en ondersteun deur die land se grootste etniese groep, die Ovimbundu. Na die Portugese staatsgreep (rewolusie) het hierdie drie rewolusionêres in Januarie 1975 met verteenwoordigers van die nuwe Portugese regering vergader en die Alvor- ooreenkoms onderteken wat Angolese onafhanklikheid toegeken het en voorsiening vir drieledige magsdeling gemaak het. Vertroue het egter vinnig onder die drie groepe verbrokkel, en die land het in ʼn burgeroorlog ontketen (geval), namate elkeen vir totale mag meegeding het. Die krisis in Angola het ontwikkel tot ʼn Koue Oorlog slagveld, namate die supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp aan hul voorkeur-kliënte verleen het. Die Verenigde State het hulp en opleiding vir sowel die FNLA as UNITA verskaf, terwyl troepe uit Zaïre, Holden Roberto en sy vegters bygestaan het. China het ook militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Gedurende die somer van 1975 kon die Sowjet-ondersteunde MPLA die mag in Luanda konsolideer en die VSA-ondersteunde FNLA uit die hoofstad verdryf, maar die FNLA het voortgegaan om aan te val. [Uit https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola. Toegang op 05 April 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die onderstaande bron gee ʼn uiteensetting van die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid in Angola gedurende die 1970's. Die eerste Suid Afrikaanse ingryping in Angola blyk te wees as gevolg van die behoefte om sy eie belange te beveilig en te beskerm. Die regering was op daardie tydstip erg anti-kommunisties, aangesien die idee van die ‘totale nasionale strategie’ teen die ‘totale aanslag’ van kommunisme die allesomvattende faktor geword het wat die buitelandse beleid bepaal het. Suid Afrika se detente-politiek teenoor Afrika op hierdie tydstip was redelik suksesvol gevoer voor die Angolese ingryping om buffersones te stig wat Suid- Afrika hopelik teen die toenemende kommunistiese bedreiging sou beskerm. Boonop het SA toenemend bekommerd geraak oor hierdie moontlike bedreiging namate die USSR en Kuba hul steun aan die MPLA ná die staatsgreep in Portugal in 1974 uitgebrei het. Die konsentrasie SWAPO-rebelle aan die grens van die suide van Angola het SA se belange in SWA ook in gevaar gestel, aangesien SWAPO een van die grootste Afrika- bondgenote van die MPLA was. Beide die MPLA en SWAPO is tydens die Koue Oorlog as Sowjet-gevolmagtigdes beskou. Boonop is SA deur sommige in die internasionale gemeenskap onder druk geplaas om vir die eerste keer in Angola betrokke te raak. Die VSA, net soos SA was ook sterk anti- kommunisties en het SA se aanvanklike betrokkenheid tot ʼn sekere mate ondersteun. Frankryk het ook bekommernisse gehad. SA het ook sy beperkte aanvanklike betrokkenheid gesien as ʼn geleentheid om ʼn minder vyandige regering in Angola te vestig as wat reeds in Mosambiek gevestig was. Die FNLA, UNITA en verskeie Afrika en internasionale rolspelers soos Zaïre en selfs Zambië het soortgelyke versoeke gerig. Suid-Afrika het besluit dat dit in sy eie, sowel as die beste belang van die streek sou wees om in die Angolese konflik in te gryp. [Uit Suid-Afrika se ingryping in Angola: Voor Cuito Cuanavale en daarna lêer: /// E: /Angola%202/labuschagne_south_2009.pdf. Toegang op 05 April 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) BRON 2C Die onderstaande uittreksel dui aan hoe die Verenigde State van Amerika UNITA tydens die Angolese burgeroorlog ondersteun het. Die Sentrale Intelligensie-agentskap (CIA) het sy eerste wapenbesending na die FNLA in Julie 1975 gestuur. Dus, het die VSA net soos die Russe en Chinese, hulp aan een kant van die Angolese burgeroorlog verleen op ʼn veel groter skaal as wat hulle ooit tevore gedurende die stryd teen Portugese kolonialisme voorsien het. Die Verenigde State was tot ʼn duidelike (merkbare) mate direk betrokke by die burgeroorlog. Benewens die opleiding van Angolese gevegseenhede, het Amerikaanse personeel aansienlike vlugte tussen Zaïre en die Kongo onderneem om verkennings- en toevoermissies uit te voer, en die CIA het meer as ʼn miljoen dollar aan ʼn ambisieuse huursoldaatprogram bestee. Verskeie berigte het in die Amerikaanse pers verskyn wat verklaar dat baie Amerikaanse guerrillas – van tellings tot 300, in Angola geveg het teen die MPLA en dat baie ander in die Verenigde State gewerf en opgelei was om by hulle aan te sluit. Maar John Stockwell, die hoof van die CIA se Angola-taakmag, stel die aantal Amerikaanse huursoldate wat Angola bereik het, op slegs 24. Die CIA het ook die bewapening van Britse huursoldate (wat in Angola geveg het) direk gefinansier. Vervolgens het die Staatssekretaris, Henry Kissinger, die senaat ingelig dat 'die CIA nie betrokke is by die werwing van huursoldate vir Angola nie. ... Deur gewerfde joernaliste wat die belangrikste nuusagentskappe verteenwoordig het, kon die agentskap (CIA) internasionale dekking van vals berigte vir Sowjet-adviseurs in Angola ontwikkel. Een CIA-verhaal, wat deur UNITA aan die pers bekend gemaak was, was dat 20 Russe en 35 Kubane in gevange geneem was. ʼn Ander aanmaking (leuen) het betrekking gehad op beweerde verkragtings wat deur Kubaanse soldate in Angola gepleeg was; dit is uitgebrei om hul inhegtenisneming, verhoor en teregstelling in te sluit ... [Uit http://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola. Toegang op 7 Maart 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Hierdie plakkaat beeld president Agostinho Neto en Fidel Castro uit na die Angolese onafhanklikheidsvieringe. [Uit https://mrdivis.wordpress.com/2016/12/02/remembering-fidel-castros-impact-in-southern-africa/. Toegang op 7 Maart 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN SWARTMAGBEWEGING OP AFRO- AMERIKANERS IN DIE 1960’s? BRON 3A Die onderstaande uittreksel skets Stokely Carmichael se verduideliking rakende die filosofie van Swart mag Die Swartmagbeweging het ontstaan uit die Burgerregtebeweging wat deur die 1950’s en 1960’s voortdurend momentum gekry het. Alhoewel dit nie ʼn formele beweging was nie, was die Swartmagbeweging ʼn keerpunt in swart-wit-betrekkinge in die Verenigde State en in hoe swartes na hulself gekyk het. Die beweging was deur sommige beskou as 'n positiewe en proaktiewe mag wat swartes gehelp het om volle gelykheid met blankes te bewerkstellig, maar dit was deur ander uitgejou (gehaat) as ʼn militante, soms gewelddadige faksie, wie se primêre doel dit was om ʼn wig (verdeling) tussen blankes en swartes te skep. In werklikheid was die Swartmagbeweging ʼn ingewikkelde gebeurtenis wat plaasgevind het in ʼn tyd toe die samelewing en kultuur in die Verenigde State getransformeer was, en die nalatenskap daarvan weerspieël die ingewikkelheid. Swartes het nog steeds laer lone as blankes, hoër misdaadsyfers in hul woonbuurte en onuitgesproke, maar waarneembare rassediskriminasie beleef. Veral jong swartes het die Burgerregtebeweging as te hoofstroom gesien om werklike sosiale verandering te bewerkstellig. Wat hulle wou hê, was iets wat die proses sou bespoedig (versnel) en swartes dieselfde geleenthede sou gee as blankes, nie net sosiaal nie, maar ook ekonomies en polities. Miskien belangriker, hulle het gevoel dat die burgerregtebeweging meer op wit persepsies van burgerregte gegrond was as op swart persepsies. Teen die middel van die sestigerjare het ontevredenheid met die tempo van verandering onder swartes gegroei. Die term ‘swart mag’ het al sedert die vyftigerjare bestaan, maar dit was Stokely Carmichael, hoof van die Studente Nie-gewelddadige Koördineringskommitee (SNCC), wat die term in 1966 populêr gemaak het. [Uit http://www.encyclopedia.com/social-sciences-and-law/sociology-and-social- reform/socialreform/black-power-movement. Toegang op 18 November 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Die onderstaande bron gee ʼn uiteensetting van die redes waarom die Black Panther- party hul ontbytprogram geloods het. In 1969 het ʼn groep kinders gaan sit vir ʼn gratis ontbyt net voor die skool begin het. Op die spyskaart: sjokolademelk, eiers, vleis, graan en vars lemoene. Die toneel sou nie onvanpas in ʼn hedendaagse skoolkafeteria wees nie, maar die federale regering het nie die voedsel voorsien nie. In plaas daarvan was ontbyt danksy die Black Panther-party bedien. Destyds was die militante Swart Nasionalistiese party in die nuusmedia gekritiseer en gevrees deur diegene wat geïntimideer was deur die boodskap van swart mag en sy verbintenis tot die beëindiging van polisie-brutaliteit en onderdanigheid (onderdrukking) van swart Amerikaners. Maar vir studente wat ontbyt eet, was die politiek van die Black Panthers minder interessant as die maaltye wat hulle voorsien het. ‘Die kinders, van wie baie nooit ontbyt geëet het voordat die Panthers met hul program begin het nie,’ het die verslaggewer van die The Sun geskryf “het gedink die Panthers is ‘aangenaam’ en ‘baie gaaf’ om dit vir hulle te doen. Die program was moontlik ‘aangenaam’, maar die doel daarvan was om revolusie aan te wakker deur swart mense se oorlewing aan te moedig. Vanaf 1969 tot in die vroeë 1970’s het die Black Panthers se Gratis Ontbyt vir Skoolkinders-program tienduisende honger kinders gevoed. ... skoolbeamptes het onmiddellik resultate gerapporteer by kinders wat voor skool gratis ontbyt geëet het. “Die skoolhoof het afgekom en ons vertel hoe verskillend die kinders was.” Ruth Beckford, ʼn gemeentelid wat met die program gehelp het, het later gesê, “hulle het nie in die klas aan die slaap geraak nie, hulle het nie met maagkrampe gehuil nie.” … Voedsel was nie die enigste deel van die BPP se sosiale programme nie; hulle het uitgebrei om alles van gratis mediese klinieke tot gemeenskapsambulansdienste en regsklinieke te dek. [Uit //www.hist.com/news/free-school-breakfast-black-panther-party. Toegang op 07 Maart 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) BRON 3C Hierdie foto toon lede van die Philadelphia Black Panthers-organisasie wat help om ontbyt aan kinders te bedien. [Uit https://www.cbsnews.com/pictures/inside-the-black-panthers-photographer-stephen- shames/16/. Toegang op 21 November 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit ʼn artikel geskryf deur Mary Philips genaamd Power of the First-person narrative: Ericka Huggins and the Black Panther Party. Ericka Huggins, gebore Ericka Cozette Jenkins op 5 Januarie 1948 in Washington, DC, het in 1967 by die BPP in Los Angeles aangesluit. As universiteitstudent aan die Lincoln University in Pennsylvania, was sy betrokke by die Black Student Congress (BSC), ʼn kampus-organisasie, ondanks die feit dat die BSC teen vroulike lidmaatskap gekant was: ‘Hulle het nie gewaardeer dat vroue by die Black Student Congress kon aansluit soos dit destyds genoem was nie, maar hulle het my wel toegelaat”. Op universiteit het sy ʼn Ramparts-tydskrifartikel gelees op aanklagte teen Huey P. Newton vir die moord op 'n polisiebeampte in Oakland. Ontroerd deur die onmenslike behandeling van Newton ná sy inhegtenisneming, het Huggins melding gemaak van die ‘prentjie’ in die Ramparts-tydskrifartikel wat Huey uitgebeeld het sonder ʼn hemp wat aan die hospitaal draagbaar vasgemaak was met 'n koeëlwond in sy maag. Die wit polisiebeampte het klaarblyklik die kamera bewaak. Geïnspireer deur die beeld en die verhaal het sy en haar minnaar, John Huggins, besluit om die skool te verlaat, na Kalifornië te verhuis en by die BPP aan te sluit. Sy is later met Huggins getroud en hulle het ʼn dogter, Mai, gehad. In die BPP het Ericka Huggins in baie hoedanighede gedien, insluitende as redakteur van die BPP-koerant, The Black Panther, ook bekend as The Black Panther Intercommunal News Service. Toe haar man deur COINTELPRO-agente vermoor was, het Huggins na haar tuisdorp verhuis en ʼn BPP-tak in New Haven, Connecticut, geopen. Na haar inhegtenisneming, verhoor en vrylating in 1971, het sy gedien as direkteur van die BPP se Oakland Community School (OCS), en na die daaglikse bedrywighede omgesien vanaf 1973 tot 1981. Sy was die medeskrywer van die kurrikulum sowel as die toelaes vir die skool, benewens die toesig en bestuur van personeellede. Terwyl sy as direkteur gedien het, het sy deur die land gereis en aanbiedings oor die pedagogiek van die skool gelewer. [Uit https://www.erickahuggins.com/resources. Toegang op 21 November 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2020) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende verkry: http://www.mtholyoke.edu/acad/intrel/precrisis.htm https://www.gettyimages.com/photos/cuban-missile- crisis?mediatype=photography&phrase =cuban%20missile%20crisis&sort=mostpopula https://spartacus-educational.com. https://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola Suid-Afrika se ingryping in Angola: Voor Cuito Cuanavale en daarna lêer: /// E: /Angola%202/labuschagne_south_2009.pdf. http://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola https://mrdivis.wordpress.com/2016/12/02/remembering-fidel-castros-impact-in- southern-africa/. http://www.encyclopedia.com/social-sciences-and-law/sociology-and-social- reform/socialreform/black-power-movement www.hist.com/news/free-school-breakfast-black-panther-party. https://www.cbsnews.com/pictures/inside-the-black-panthers-photographer-stephen- shames/16/. https://www.erickahuggins.com/resources Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all